143.Adamus Stemmet (Deel 3)
Vervolg van Deel 2
VERHOUDING MET PW.BOTHA
Met PW as eerste minister het die druk op die Suid-Afrikaanse regering vir demokrasie reeds al hoe groter geword.

Druk vir ‘n demokrasie het reeds onder PW se bewind begin toeneem.
“Die Tak Landsveiligheid, waarvan hy ook lid was, en onder die Departement van die Eerste Minister geval het was PW. se dinkskrum. Hy kon by ons vinnig advies kry wat maande sou neem om uit staatsdepartemente te kry. As ons nie die nodige kundigheid intern gehad het nie, het ons in sy opdrag toegang tot enige bron, die akademie ingesluit, gehad. Natuurlik het die veiligheidstak, nasionale intelligensie, militêre intelligensie en buitelandse sake se inligting altyd die kern gevorm.”
AP was die meeste van sy tyd hier die tweede in bevel het later ook Hoofkoördineerder van Landsveiligheid geword.

PW het hier aan my een of ander toekenning gemaak, ek kan nie eers meer onthou waarvoor dit was nie.
PW het nie maklik na raad van ander geluister nie. Hy was volgens AP ‘n hardekop gewees, maar hy het tog soms na AP en sy mense se raad geluister.
DIE BEELD VAN PW BOTHA
AP vertel ietsie oor vreemde versoeke en beeldbouery met Mnr P W Botha.
” In my jare by Landsveiligheid het ek talle vreemde versoeke gekry. Vredeskep tussen twee Zulu – stamme in Noord Natal , Veiligheid van Mnr Buthelezi, Swapo wat Resolusie 435 verbreek ens ens.
Op ‘n dag kom twee amptenare van Buitelandse Sake en Inligting my spreek. Hulle sê toe dat hulle probleme het om Suid Afrika se saak te bevorder met n Eerste Minister wat so n onvriendelike en stuurs beeld het.
Hulle was te bang vir hom om hul probleem met hom te bespreek ” Maar julle ouens het mos n oop deur met hom “
Ek steek toe my kop vêr uit en skryf n nota aan hom waarin ek die versoek oordra. In die nota vlei ek hom toe om sy droë humorsin meer te gebruik af en toe met n glimlag n grappie te maak. Ek sluit toe nog n paar wenke in waarin ek hom oa versoek om nie met sy wysvinger soos n skoolprinsipaal wat met stoutkinders raas te beduie nie maar om liewer met n oop hand akkommoderend te beduie. Daar sou gereël word dat n paar foto’s van hom in ‘n vriendelike bui deur die media geneem word. Sulke foto’s sou dan aan koerante en TV- stasies verskaf word om telkens te gebruik.
Mnr P W het geduldig geluister en gesê dat ons hom net nie weer soos n sekere Sondagkoerant op n perd se rug kry om vir ure heen en weer te jaag vir foto’s nie. Hy het dit gedoen en al wat in die koerant verskyn , het was n kort beriggie en klein foto’tjie.
Hy belowe toe om ons advies te volg.
Mnr PW het ons advies vir n klein rukkie gevolg en nogal vriendelik oorgekom. Maar toe vererg hy hom vir almal en kom die Rubicon-toespraak waarna die wysvinger weer in die lug teruggekeer het. Vir altyd. “
Die Driekamerparlement
(Omdat ek nie by die politiek betrokke wil raak nie, het ek hierdie nog nooit voorheen op skrif gestel nie. Ek het geen beswaar dat dit nou bekend word nie.)
Op ‘n gereelde besoek uit Kaapstad waar hy gedurende parlementsittings was, dra genl Andre van Deventer die volgende boodskap oor: ” Die Eerste Minister sê hy gaan die aanbevelings van die Schlebush-komitee tov ‘n Driekamer-Parlement aanvaar. Hy het ‘n tweederde meerderheid in die parlement en gaan die RSA se Grondwet wysig sonder ‘n vooraf referendum. Wat sê julle?” Omdat ek en die ringkoppe by die SSVR al hierdie onderwerpe behalwe die referendum-gedeelte stofgetrap het, kon ek onmiddellik reageer: Referendum: ‘n Referendum is ‘n moet: Dit sou vir hom om ‘n horde redes wat ek gegee het as politieke leier fataal wees om die Grondwet eensydig te wysig sonder om die kiesers te ken. Driekamer-Parlement: Dit sou ‘n groot fout wees om die grootste bevolkingsgroep uit te sluit. Ons waarsku uit ‘n veiligheidshoek dat dit ongetwyfeld tot groter weerstand en opstande deur die swart bevolking sou lei. Die veiligheidsmagte kan net tydelik op die deksel van die kokende pot sit. Dit is hoog tyd dat ‘n staatkundige oplossing deur die TAK STAATKUNDIGE ONTWIKKELLING EN POLITICI gevind word. (Nota: Ons was altyd skerp met kritiek op daardie Tak waar nie minder as drie professore was wat geen oplossing gebring het nie.) Dit was na ons mening ‘n mite dat ‘n minderheid vir ewig ‘n meerderheid kon regeer. Afrika is besig om alles wat vreemd aan Afrika is te verwerp. Ons moet versigtig wees dat witmense nie as “vreemd” beskou word nie. Die antwoord het ‘n paar dae later gekom: “Sê vir Mnr Stemmet hy wen hierdie keer i.v.m. die referendum. Dit sal gehou word. Oor die ander: Oor my dooie liggaam. Die tyd daarvoor is nog nie ryp nie.” Partykeer wen jy en partykeer verloor jy. Die referendum is toe in 1983 gehou.
Die Tak Nasionale Vertolking (TNV).
Tradisioneel deel intelligensie dienste/instansies nie inligting nie. Die gevolg is dikwels botsende uitsprake en optrede en selfs lewensverliese .
Dit was ook in die RSA die geval en in 1980 gee die Eerste Minister opdrag dat ʼn Nasionale-inligtingsvertolkingsliggaam geskep moes word. Ministers sou voortaan net op inligting afkomstig van daardie liggaam mog optree. Daar was ʼn gedurige stryd tussen intelligensiedepartemente.
Aangesien ek, pas uit Justisie .heeltemal onafhanklik was , word ek as voorsitter van n komitee aangestel om ʼn implimenteringsverslag saam met die intelligensie departemente op te stel
Ons aanbevelings is aanvaar en Tak Nasionale Vertolking ( TNV) by die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad het tot stand gekom.
Die voorsitter wat elke twee jaar sou roteer, sou op Genl. Maj. vlak wees. Twee lede uit elke intelligensiedepartement op Kolonel/Brigadiersvlak sou die bemanning uitmaak.
Inligting sou daagliks op daardie senior vlak ingevoer, ontleed en vertolk word , waarna een inligtingsdokument aan elke Minister sou gaan.
Almal sou dus voortaan met dieselfde dokument as basis optree. Botsende uitsprake sou so voorkom word.
Die stelsel het dadelik eenvormigheid van optrede gebring. Die Westerse wêreld het nie geglo dat so iets kon werk nie.
Op versoek van die skeptiese Amerikaners en later ook die Franse het ek ons stelsel op televisie verduidelik . Hulle was van mening dat hierdie ‘n wêreldeerste was. Miskien was ons die wêreld voor.
Tak Strategiese Kommunikasie
“PW Botha het destyds gesê die ANC klop Suid-Afrika ‘hands down’ sover dit die propaganda veldtogte aangaan. Hy het gesê ons moet ‘n organisasie skep om ANC se propagandaveldtog te keer. Ek kry toe die taak en stel ‘n span van sewe deskundiges aan om voltyds te werk aan voorstelle. Omdat PW altyd haastig was en ‘n volledige verslag binne twee maande wou hê moes hulle daagliks aan my vordering rapporteer. So het dit aangegaan vir twee weke voordat ons op ‘n model besluit het”.
Daar was baie lande waarby ons kon leer. Ons het gevind dat die Oos-Duitsers, Rusland en die Chinese van The Republic of China(Taiwan) die beste was. “Die Fu Hsing Kang-kollege is ‘n universiteit in Taipei wat mense oplei in politieke oorlogvoering wat propoganda insluit. Hulle het baie goeie materiaal en ons het goeie samewerking met die mense van Taiwan.”
Die SAW het reeds soms soldate na FU HSING KANG KOLLEGE vir kommunikasieoperasie-opleiding gestuur. Om dit uit te brei na ander departemente, het ek met die SAW en Taiwannese se Political Warfare Department ooreengekom om daardie funksie oor te neem. In 1984 is ek en n span na Taiwan om samesprekings te voer en ons vordering te meet. Ons het ook belanggestel in hul werk in verband met die jeug. Ons het geweet van China Youth Corps se kursusse en wou meer daarvan weet, Ons was ook verantwoordelik vir opleiding in die Nasionale Veiligheid Bestuurstelsel en het daarom van ons opleidingspersoneel asook van die Kommissie van Administrasie saamgeneem. Hulle was verantwoordelik vir opleiding van siviele staatsamptenare en hul hoof van opleiding plus een personeellid is saamgenooi.
Die Taiwannese verkies om Chinese genoem te word aangesien sommige van hulle of hul voorgeslag in 1949 uit China gevlug het. In Taiwan en ongeveer 30 klein eilandjies het nog groepies oorspronklike inwoners gewoon.
Die Chinese het vir ons met baie trots soveel as moontlik van die land gewys.
Ek het as burgermag soldaat baie belang gestel in Kinmen-eiland wat ongeveer 2000 meter van Rooi China af geleë is en waar vlieëniers van die S A Lugmag in 1953 gedurende die Koreaanse Oorlog geland het. Ek het geweet dat Rooi China die eiland in 1958 aangeval het en sleg slae gekry het. Natuurlik wou ek weet hoe hulle dit teen die magtige Rooi China reggekry het. Daar kon ons soldate van Rooi China deur ‘n teleskoop beskou.

Tydens die ‘n besoek van die Political Warfare Departement se hoofde aan Mnr Mangosothu Buthelezi: Van links na regs: Tolk, Genl. Yen Pai-chen, Buthelezi, AP en Genl. Wan.

Saam met die stigter van die Inkatha Freedom Party Mangosuthu Buthelezi.
By Fu Hsing Kang het ek ‘n referaat gelewer oor Psychological Warfare in South Africa en ons span het baie gesprekke met hul deskundiges gevoer. Ons span was tevrede dat ons op die regte pad was. Gedurende die besoek is die POLITICAL WARFARE MEDALJE aan ons almal toegeken uit erkenning van ons stryd saam met hulle teen kommunisme..
Vyf jaar later in 1989 is ons weer na Taiwan genooi. Ek was toe terug in die tweede in bevel pos met die benaming hoof koördinerende beampte. ‘n Soortgelyke span as in 1984 is saamgestel, My opvolger by TSK, Brig. gnl Jan Erasmus en ek is genooi om ons vrouens saam te bring.
Hierdie keer het ons gashere weer uit hul pad gegaan en ons is oorweldig deur hul gasvryheid . Hulle het ons regoor die land geneem om besienswaardighede te besigtig . Ons is selfs na hul vloothoofkwartier aan die suidpunt van die land by Kaoshung asook ander militére basisse genooi . Ander pragtige dele van die land is aan ons gewys.

Hierdie keer is die dekorasie : ORDER OF EXCELLENCE aan my toegeken . (Volgens die sitaat was dit vir die bevordering van goeie verhoudings tussen ons lande).

FW ontmoet Genl. Yen Pai-chen, die toe hoof van Polwar.

Met besoek aan die Republiek van China. Gas van die hoof van Political Warfare. Ek dink dit was genl. Hsu li Nung.
Teen daardie tyd was ons al die tak strategiese kommunikasie (TSK) van die SSVR en die akroniem “Stratkom” het ontstaan.

Adamus verduidelik ‘n inval in Angola aan die Chinese in Taipei.
Ons het dadelik begin om amptenare van soveel as moontlik departemente na Fu Hsing Kang te stuur nadat ons hulle eers in die RSA opgelei het. Ekself het Fu Hsing Kang en baie projekte in Taiwan gaan besoek. In die RSA is kursusse gereël om amptenare op te lei. Nie almal kon na Fu Hsing Kang gaan nie.
Hy lag heerlik as hy vertel van die verbasing van die Chinese wat soms in samesprekings Mandaryns gepraat het, besef hy verstaan so ietsie van wat hulle gesels. Want sien, hy kon so bietjie die taal verstaan.

Genl. Yen Pai-Chen hoof ‘Political Warfare Department’ ontmoet. Genl. Willie Willemse, Kommissaris van Korrektiewe Dienste.
“Toe ek weer uitgenooi is om Taiwan te besoek, het ek sleg gevoel omdat ek die hele wêreld vol rits en my vrou moet altyd by die huis bly. Ek stel toe aan Genl. Jan Erasmus voor hy moet sy vrou ook saam neem want ek gaan vir Petro saam neem. Ons groep het ook die hoof van die Taiwanese vloot besoek. Toe ons by die hawe by Kaoshung aankom het ons gevind dat daar ‘n spesiale geleentheid gereël was. Hulle het geweet dat dit Genl. Erasmus en sy vrou se huweliksherdenking was, en het ‘n spesiale geleentheid daarvan gemaak. Hulle het ‘n hele fees aangelê”.

My besoek aan China Youth Corps. Kyk ons vlag is verkeerd drapeer. Ek het niks gesê nie.


Fu Hsing Kang-kollege (Foto: HBH)

Dit was die regering se streng beleid dat die Takveiligheid se amptenare nie uitvoerend mog optree nie. Uitvoering van projekte moes altyd deur departemente binne hul lynfunksie uitgevoer word. Takstrategiesekommunikasie(TSK) kon dus sleg beplan en uitvoering deur departemente koördineer. Staatsdepartemente het nie geld gehad vir hierdie nuwigheid nie. PW het dus opdrag gegee dat TSK projekte moes befonds totdat Departemente in staat was om die projekte te befonds. Intussen sou TSK geheime fondse kry om te befonds. AP het beswaar gehad aangesien hy van mening was dat finansiering ‘n deel van uitvoering was wat heeltemal teen die veiligheidsbestuurstelsel gebots het. Hy was van mening dat as jy finansier dan tree jy uitvoerend op. PW sê egter gaan voort.
Ons het baie groot suksesse behaal in die binneland sowel as in die buiteland. ‘n Bewys van ons sukses was toe die ANC in hul lyfblad, Sechaba, geskryf het: “Do not listen to these people, they are be fucking the minds of our people”. Dit het vir my gewys ons het hulle geslaan waar dit seergemaak het.
Strategiese kommunikasie is maar hoe jy mense beïnvloed. Goed of sleg.

Adamus in gesellige luim saam met twee SAW-kollegas, Genl Kiewiet Geldenhuys en Genl Hans van Rensburg


FW de Klerk het pas as president in sy kantoor ingetrek toe hierdie groepie manne hom besoek het.
Van links is brig.genl. F.C. Erasmus, die toe direkteur-generaal, dr. Jannie Roux en pres. FW. De Klerk
Nota van AP: Genl. Erasmus was op ons personeel by genoemde tak veiligheid en ook die seun van oud-min. F.C. Erasmus van die 1948-kabinet. Hy was ook hofknapie op pres. PW. Botha se troue.

ADAMUS BRING HULDE AAN SY KOLLEGA EN VRIEND. AFSTERWE VAN ADV. KLAUS VON LIERES UND WILKAU.



Von Lieres : Lafaards moes leeukuil toe.
Redakteur, Advokaat Klaus von Lieres se oorlye onlangs bring baie herinneringe terug. Ek het hom ontmoet toe ek en ‘ n kollega in Pretoria onderhoude gevoer het met jong advokate wat pas afstudeer het. Hulle moes in voorkeur volgorde aandui in watter afdeling van die Departement van Justisie hulle geplaas wou word. Die jong Von Lieres was adamant : Net in die prokureur-generaal se afdeling, geen volgorde nie! . Hy is daar geplaas en ons vriendskap het begin
Laat 1975 word ek en Klaus, toe al beide relatiewe senior justisie-amptenare maar ook weermag-soldate, opgeroep om militêre diens in die “operasionele gebied” te doen. Waar dit was, was toe nog ‘n geheim. Vir ons twee ook. Ons benadering was dat ons land ons nodig het en ons sou gaan. Waar ook al.
Ek het die taak gekry om my regiment, die Regiment Oranjerivier, in Kaapstad te gaan mobiliseer. Omdat ons ‘n pantserkar regiment was, het ek besef dat iets groot aan die gang was. Pantser is bedoel en word aangewend in n oorlog — ‘n skietoorlog. Klaus was ‘n kolonel in sewende Divisie. ‘n Divisie voer bevel oor brigades, bataljonne en regimente. Ons afleiding was dus : HIER KOM ‘n GROOT OORLOG. Nie ek of Klaus het getwyfel wat ons plig was nie.
Ek sou die volgende dag saam met my gesin met vakansie gaan. In plaas daarvan moes ek dadelik Kaapstad toe. Daar in die kasteel in my hoofkwartier tref ek een junior offisier en n klerk aan. Ons drie sou ‘n groot regiment mobiliseer. ‘n Reuse taak.
Aansoekers om vrystelling het na ons hoofkwartier gestroom. Onderhoude moes met elkeen gevoer word terwyl drie telefone aanhoudend gelui het. Die redes om nie oorlog toe te gaan nie was vindingryk en soms lagwekkend. Party was eg. Ander was kansvatters. Een goeie rede was dié van ‘n bruid: “Kaptein ons trou volgende Saterdag, Daar is al baie geld spandeer. Dit is die troue van die jaar op Carnarvon. Gaan maak jy jou oorlog, los ons net uit! “Oplossing?” Gaan voort met die troue. Hy kan ‘n week later by ons aansluit. “Ek sou laat weet waar. ‘n Week later het hy getrou in Windhoek, Namibië, by ons aangesluit waar ons regiment per trein noord gereis het. Dit is lojaliteit!
Party aansoekers om vrystelling het gesoebat ander het gevloek en gedreig met sy parlementslid. Die wat goeie redes gehad het, het vrystelling gekry. Die ander nie.
Die verskonings en pogings om mense te laat vrystel het ingestroom. ‘n Paar landdroste bel en probeer my vertel hoe ‘n hof eintlik werk en dat die staatsaanklaer baie noodsaaklik vir ‘n strafhof is om te funksioneer. Hoe durf ek sy aanklaer oproep! .As oud afloslanddros en staatsaanklaer het ek myself gate uit geniet. As jy dan vir hulle vertel dat kapt. Stemmet en ondersekretaris Stemmet van justisie een en dieselfde persoon is was die reaksie: “O my vader meneer, dan het ek mos klaar verloor.!”
Ek en Klaus het ons plig gaan doen in Angola. Ons was teleurgesteld en na ons tuiskoms uitgesproke oor die baie justisie-amptenare wat aansoek om vrystelling van militêre diens gedoen het. Ons en ander het hartlik gesing “Ons sal antwoord op jou roepstem ons sal offer wat jy vra “ensovoorts ensovoorts. Ander was na ons mening lafhartig en dislojaal. Die wat nie ons sentimente gedeel het nie, is reg of verkeerd summier as lafaards verdoem. ‘n Moeë soldaat het nie geduld of genade nie. Vir party was ons helde, ander het ons twee verpes.
‘n Spotprenttekenaar wat die storie gehoor het, steek toe die draak met ons. In ‘n tydskrif verskyn toe die spotprent van my en Klaus wat as Romeinse soldate ‘n ontduiker in die leeukuil gooi — presies soos ons gevoel het.
Mag my vriend, kollega en makker in vrede rus. Ons het die goeie stryd gestry.
Adamus Stemmet



Spotprent

Adamus en Klaus uitgebeeld as Romeinse soldate toe hulle by justisie gewerk het.

Zimbabwe en die wapens
Soos almal weet, kom Suid-Afrika aan die einde van die jaar tot stilstand. So was dit ook in 1980. Die komitee sou toe eers in Januarie 1981 sy werk voortsit
Een oggend daag Genl. Hans van Rensburg van die SAW by my op. Zimbabwe dring aan op die onmiddellike vrystelling van ALLE wapens en ammunisie wat nog in die RSA was. My reaksie was dat hulle tot Januarie 1981 kon wag tot die komitee sy werk afgehandel het. Die generaal kom toe later terug en sê RSA se handelsverteenwoordiger, Waldi Kuhn, het geskakel . Hy berig dat Mugabe sê hy het die wapens dringend nodig en dat hy die Britte sou nader om druk op ons uit te oefen.
Ek probeer toe om Generaals Van Deventer en Magnus Malan te bel maar kon hulle nie kry nie. Eerste Minister P W Botha was ook nie beskikbaar nie. Ons moes toe ‘n plan maak .Ons besluit toe dat aangesien die gevoel by die komitee was dat daar geen beswaar was dat wapens en ammunisie wat nie teen die RSA gebruik kon word nie , ons haelgewere en .22 gewere en ammunisie ens sou vrystel op voorwaarde dat hulle lokomotiewe en trokke van ons Spoorweë wat Mugabe teruggehou het, terselfdertyd moes terugstuur. Ons twee het egter geen magtiging van die regering gehad nie en moes vir tyd speel.

Ek bel toe die Spoorwegpolisie en vra hulle om ʼn paar ton vrygestelde wapens na Beitbrug moes stuur waar dit met twee leë treine omgeruil moes word. Dit gebeur toe maar daar sluip toe ʼn foutjie in. Die vol trein kom toe terug en die leë treine gaan terug na wat toe nog Salisbury was. Waldi Kuhn bel toe en sê Mugabe is woedend. My reaksie was dat Mugabe se onnosel treinpersoneel fouteer het en dat ons die poging moes herhaal.
Toe die vol trein Salisbury bereik, was Mugabe eers kwaad. Hy dring toe weer aan dat jaggewere en oorlogswapens onmiddellik aangestuur moes word. My boodskap aan hom is nie publiseerbaar nie en ek twyfel of die diplomaat Kuhn dit woordeliks oorgedra het.
Na die vakansiedae skryf ek toe n nota aan die Eerste Minister waarin ek hom inlig van wat gebeur het . Natuurlik was ek voorbarig om ongemagtig namens die RSA op te tree eb ek het n paar taai klappe verwag. Toe hy weer die Eerste Minister moes gaan spreek neem Genl van Deventer my nota saam. In plaas daarvan om my tereg te wys, het die Eerste Minister glo heerlik gelag.


ANGOLA
In Desember 1975 sou ons met verlof aan na ons jaarlikse Kersfees diens kry ek op my lessenaar ‘n groot vaal koevert: “…Nademaal die Minister van Vereeniging …90 dae in die operasionele gebied…” Met ander woorde. OORLOG iewers.
“Ek kom toe terug, maak my lessenaar mooi skoon en pak my tassie. Ek kan huis toe en sê vir my vrou, ons kan nie weer weggaan nie, ons gaan maar net op die plasie vakansie hou vir ‘n paar dae. Toe kom die opdrag uit Kaapstad. Ek moet drie dae later in Kaapstad wees om die Regiment te mobiliseer. Die hele regiment is opgeroep, maar niemand wou oorlog toe gaan nie.
“Daar bel toe ‘n landdros my, wat hy nie geweet het nie is dat ek baie lank self ‘n landdros en aanklaer was, hy sê vir my julle het my aanklaer opgeroep en ‘n hof kan nie sonder ‘n aanklaer funksioneer nie. Hy het nie besef dat Kaptein Stemmet en Onder Sekretaris Stemmet een en dieselfde persoon was nie. Toe sê hy ‘o my God, nou het ek klaar verloor’. Landroste het by Justisie gekla omdat hulle personeel opgeroep word, toe Justisie bel en AP vra dat die lede van die regiment moet by die regiment aansoek doen om vrystelling vir hulle lede van die regiment, was hulle reaksie: “Ons mense sê dit help nie, want daar by die Kasteel was daar so ‘n harde gat kapteintjie wat net sê, ja, ja, jy moet rapporteer. Die grootste organisasie vir hierdie mobilisering was in Bloemfontein gewees.
Mike Siddle
“Daar word baie duidelik vir een van die manne, Mike Siddle, wat siek was en word deur die Regiment dokters verbied om grens toe te gaan en daar word baie duidelik vir hom gesê hy moet op die basis agterbly. Ons moes met die trein ry van Bloemfontein af na Grootfontein. In Bloemfontein waar ons almal medies ondersoek is, moes die wat medies ongeskik was op die basis agterbly en mag nie verder saam met ons reis nie.
Een van die troepe, Mike Siddle, was een van die manne wat op Bloemfontein agterbly weens mediese ongeskiktheid. Mike het egter ander planne gehad. Na so uur of twee op die trein buite Bloemfontein, is ek na ‘n kompartement geroep waar Mike onder die treinbank vol stof uitgekruip het. Hy sê toe vir my: “Kaptein, ek gaan saam.” Ek stem toe in maar sê ook aan hom dat hy op Grootfontein weer deur ‘n dokter ondersoek moet word.

In ‘n vliegtuig iewers oor Afrika. (Staande 2de van links: Brig Hans Dreyer van die SA Spoorwegpolisie se veiligheidsafdeling)
“Na hierdie dokters ondersoek op Grootfontein word Mike verbied om verder saam te gaan. Hy moet op Grootfontein agterbly. Ek sit egter een aand in Angola in die kamp en daar kom groot vragmotors in wat voorrade bring. Skielik hoor ek toe ‘n stem wat baie bekend klink. Dit was toe voorwaar Mike se stem gewees. Ek vra toe hom hoe het jy hier gekom. Hy sê ewe vir my ek het gehoor hulle soek vragmotor drywers ek is mos ‘n drywer. Hoe hy dit reggekry het weet ek nie. Hy begin toe sommer dadelik werk. Ek sê toe vir hom dat ek sal hom nie opgee nie, maar dat hy op eie risiko in Angola is.
Mike het toe baie vragte gery, maar toe loop hy hom in een van ons dokters vas en hy word weer afgehaal en teruggestuur na Grootfontein. “Sy pa laat toe weet hy het Mike vreeslik nodig in die besigheid, kan ek hom nie maar huis toe stuur nie. Ek vertel toe vir sy pa hoe ontsettende goeie werker Mike is en hoe bitter graag hy in Angola wil wees. Mike na daardie dag deur die hele bosoorlog gegaan en het nooit siek geword nie. Hy was dwarsdeur die oorlog saam met ons gewees en het saam met ons teruggekom toe ons regiment teruggekeer het. Mike is ongelukkig in die vroeë 1990’s op jong ouderdom oorlede”.
Ons het opdrag gehad dat elke troep elke Maandag vir hulle mense poskaarte huis toe stuur. “Maandae was PPP-dag, pos, pille en padre (predikant) dag. Op ‘n Maandag moes elke troep malaria pille drink.

DIE WAARHEIDS-EN-VERSOENINGSKOMMISSIE.
Die Waarheids-en-Versoeningskommissie (WVK) is in 1995 op die been gebring om beweerde wandade van die verlede, veral van lede van die destydse veiligheids takke van die voormalige Suid-Afrikaanse Polisiemag te ondersoek met die oog op vervolging al dan nie lede nie, of om aan lede wat die volle waarheid voor die kommissie bieg vrywaring van vervolging te gee. Daar is in 1996 met die verhore begin.
Maar wat was die Waarheid-en-versoenings kommissie (WVK) en wat was die doel daarvan. Hy verduidelik.
Geïnspireer deur ‘n Chileense Rettig-verslag, is die WVK ingevolge die Wet op die Bevordering van Nasionale Eenheid en Versoening, Nr. 34 van 1995, gestig en was in Kaapstad gesetel. Dit op rekord te plaas, en in sommige gevalle amnestie aan oortreders van misdade, wat verband hou met menseregteskending, toe te staan, asook om herstel en rehabilitasie te bewerkstellig.
Van die hoë-profiel lede van die WVK was onder meer: Aartsbiskop Desmond Tutu (Voorsiter), Alex Boraine (Adjunk-Voorsitter), Sisi Khampepe, Wynand Malan en Emma Mashinini.
Die WVK is deur baie beskou as ‘n kritieke deel van die oorgang na ‘n volle en vry demokrasie in Suid-Afrika. Ondanks foute, word die WVK oor die algemeen (maar nie universeel nie) as ‘n sukses gesien.
Die Instituut vir Geregtigheid en Versoening is in 2000 gestig as die opvolger van die WVK.
Persone wat vir amnestie in aanmerking wou kom moes:
Die volle waarheid oor hulle misdrywe vertel;
Hul misdade moes polities gemotiveerd gewees het, en ook proporsioneel tot die politieke doel (daar moes ‘n redelike verhouding wees tussen die ernstigheid van die oortreding en die nagestrewe van ‘n politieke doel).
‘Die werksaamhede van die WVK is deur drie komitees verrig:
Die Menseregteskendings- komitee het die skending van menseregte ondersoek wat tussen 1960 tot 1994 gepleeg is.
Die Reparasie- en Rehabilitasie-komitee se pligte was om die slagoffers se waardigheid te herstel, en voorstelle te maak hoe die rehabilitasie moet geskied.
Die Amnestie-komitee het die aansoeke van indiwidue oorweeg wat ingevolge die bepalings van die wet vir amnestie aansoek gedoen het.
As AP gedink het dat hy na sy aftrede by die Raad van Balju’s rustig agteroor gaan sit en ontspan, (nie dat hy die tipe mens is wat dit kan doen nie) het hy hom misgis. Hieroor sê AP: “My goeie vriend, genl. Johan van der Merwe, bel my toe op ‘n dag, ek was regtig verbaas oor dit. “Gaan jy amnestie vra by die WVK”, wou hy weet. “Ek het baie vinnig gesê néé ek gaan nie”. (in die tyd wat ons hierdie onderhoud gevoer het, was genl. Van der Merwe toe reeds meer as ‘n jaar oorlede. Hy onderbreek toe eers die onderhoud om vir my te se dat hy regtig baie spyt was toe hy gehoor het van die Generaal se siekte en afsterwe).
Maar dit was nie die einde van AP en die WVK nie. Hy sê ‘n tyd later op ‘n Donderdag agtermiddag lui sy telefoon. Hy sien hy ken nie die nommer nie wonder wie is nou weer so lastig. “Dit was toe iemand van die einste WVK wat hom bel. “Ek kan nie eers sy naam onthou nie, maar hy sê toe ek moet die volgende oggend in Pretoria voor die kommissie getuig. Toe stuur ek hulle warm plek toe, ek was nie bereid om op kort kennisgewing oornag na Pretoria te vlieg en te getuig oor onderwerpe waaroor ek nie eens ingelois is nie. Ek het hulle gesê dat hulle vooraf reelings moet tref en ‘n lys van hulle vrae moet stuur. Ek hoor toe niks weer verder van hulle nie. Hulle moet my net nie dagvaar om voor die kommissie te gaan getuig nie, ek is bereid om my samewerking te gee”.
Hy gaan toe een Donderdagmiddag na ‘n begrafnis toe. Toe hy die volgende oggend in sy kantoor instap lê daar ‘n verskriklike dik dokument in sy kantoor “’n hele 186 bladsye lank. Die dokument sê toe onder meer ek moet die Maandag oggend in Kaapstad voor die kommissie getuig. Herder, dink ek, hier sit ek in die moeilikheid! My hoof sonde was ek het pakke lêers vernietig om moorde in die Oos-Kaap te verbloem” (bewering).
AP het die hele naweek saam met oud kollegas ‘n studie van die bewerings gemaak. Wat hom kwaad gemaak het was dat hy ‘n bevinding van die navorsers van die WVK op ‘n los bladsy in hulle lang dokument gevind het. Daarin is bevind dat AP honderde leêrs sou vernietig het. Toe hy die Maandag oggend by die WVK kom vra hulle hom wat gaan my strategie wees. Hulle weet of hulle sy geskrewe voorlegging kon kry, maar hy het nie ‘n geskrewe voorlegging gehad nie, hy praat uit my kop. En dit was toe ook so – AP het hulle die heel dag besig gehou en net mooi alles vertel – uit sy kop uit. Aan die einde van die dag sê hulle toe hulle sal alles wat hy gesê het bestudeer en hom dan weer kontak”.
Hy het ook twee dae lank in die destydse Port Elizabeth. (vandag Gqeberha) “Daar was ‘n span van sewe advokate en prokureurs wat my ondervra het toe hy daar voor die WVK se komitee verskyn het. AP is toe ‘n tweede dag weer geroep. Toe het hy aan hulle uit die oorkonde van sy getuienis voor die Hoogeregshof in 1993 ‘n geregtelike nadoodse ondersoek in Port Elizabeth bewys dat die staat reeds in besig was van alle dokumente in verband met die gebeure in Port Elizabeth. Hul navorsers het bloot ‘n halwe werk gedoen.
AP het toe aan hulle sy belied by Landsveiligheid ten opsigte van die vernietiging van amptelike dokumente verduidelik, en het hulle verwys na ‘n brief wat AP aan NI gerig het en waarin AP geweier het om geheime dokumente te oorhandig vir vernitiging. Hy het beweer dat dit onwettig sou wees, ‘n bewering wat as korrek beskou is deur die Hoof Argifaris.
Hulle vra toe of AP hulle sal help om hulle verslag oor te skryf oor sy getuienis. AP het geweier.

AP SE BANDE MET EUGENE DE KOCK.
Oor Eugene de Kock, die man wat tronkstraf moes uitdien in verband met verskeie moorde, vertel AP dat hy en sy vrou, Petro vriende was met Eugene se ouers. So het hy Eugene as kind leer ken. Eugene se pa Louwrens, was ‘n bekende rugbyspeler gewees en AP het ook sy pa as landdros geken.
Eugene en sy broer Vos, wat ook in die polisie was, en was ook leerling aan die Hoërskool Voortrekker in Boksburg. Eugene was ‘n baie begaafde rugbyspeler gewees, eintlik ‘n briljante speler.
Hy vertel ‘n groep ouers van die skool was groot rugby ondersteuners gewees en was gereeld langs die veld, maak nie saak waar die spanne gespeel het nie.
“Ons het die hoërskool rugby vreeslik geniet”.
Dit was 1976/77. Eugene was in 1977 bevelvoerder op Ruacana gewees. “Toe ek die eerste dag by die polisiestasie instap tref ek toe so wraggies vir lt. Eugene de Kok daar aan as stasiebevelvoerder. Perfek en so netjies! Jy kon van die vloer af eet. Ek het egter nie veel kontak met die polisie gehad
90
nie, die polisie het suiwer op misdaad gekonsentreer, daar was geen kryg samewerking gewees nie. Eugene het op ‘n baie lae vlak beweeg. Daar was ‘n goeie verhouding tussen Eugene en die infanteriste.
“Ek was vrek verbaas toe ek later hoor van Vlakplaas en alles wat hy aangevang het. Vir my was dit ‘n groot skok gewees. Hy was vermoedelik te lank in Namibië gewees. (Die destydse Suidwes-Afrika). Niemand weet wat daar verkeerd geloop het nie. Ek het nogal kontak met sy pa gehou toe Eugene in die tronk was. Sy ma, Hope, is oorlede voor hy tronk toe was. Ek het toevallig eendag ‘n stukkie van sy verhoor bygewoon.
(Eugene was verskriklik bang om te praat. Ons het eendag by Maders Steakhouse in Pretoria gaan eet. Sy wagte het ons agtervolg net waar ons gegaan het, na sy vrylating.)



AP en Koedoe Eksteen (Kissinger)
As daar nou iets wat hier oud-landdros en vele meer dinge sommer laat rooi sien is dit wanneer iemand sy vriende te na kom. Die volgende is aanhalings uit ‘n artikel wat Tim du Plessis van Rapport op 3 Desember 2023 op bladsy 9 onder die opskrif Ons steun julle! (En toe nie meer) geskryf het wat hom behoorlik warm onder die boordjie gemaak het. So kwaad dat hy dadelik ‘n brief aan die koerant se briewe redakteur geskryf waarin hy sy misnoeë baie duidelik gemaak het.
Wyle Henry Kissinger, die VSA se super-diplomaat wat nou dood is, het ‘n aanbod gehad in die begin van die Bosoorlog.
Henry Kissinger, die magtige Amerikaanse diplomaat wat dié week dood is, het dit dalk nie geweet nie, hy het ‘n kamee-rol gehad in die Bosoorlog van die middel-70’s tot die vroeë 90’s.
Kissinger was ‘n sleutelspeler in die diplomatieke-militêre maneuver in1975 wat gelei het tot die RSA se eerste-gewapende inval in ’n buurland, Angola.
Vir wit SA was dit die begin van twee jaar se verpligte militêre diens, daarna skofte van drie maande elke, tweede jaar “iewers op die grens.” Brug Veertien, van seuns van skaars 19 in lyksakke op LMB Waterkloof, die seuns se militêre begrafnisse, van patrollie loop en ‘n “kontak stamp”, van “bosbefok” raak jong diensplig dokters wat amputasies doen, die “Recces” kapelane wat bid vir oorwinnings en die End Conscription Campain.
‘n Hele letterkundige genre, “grens-literatuur” het uit die Bosoorlog ontspring, asook ‘n hand vol rolprente, toneelstukke wat steeds nie end kry nie.
Die Bosoorlog verdeel ons vandag nog, amper 40 jaar ná die einde daarvan. Vir die teenstanders van die apartheidsbewind was dit alles behalwe oor die weghou van kommunistiese regimes in ons buurt. Eerder die destabilisering van buurstate wat skuiling gebied het aan in sypelaars.
“The Guns of Gaborone” het die triomfantlike-banier-opskrif van The Sunday Times gelui oor ‘n aanval op ‘n ANC-teiken in Botswana. Soos soortgelyke aanvalle op Maputo en Maseru het onskuldige burgerlikes saam met die geteikende ANC’s gesterf.
Terwyl die meeste militêre konflikte ‘n duidelike wenner en verloorder opgelewer het, twis ons steeds oor Cuito Cuanavale -amper 40 jaar nadat Kissinger die VSA se jawoord vir ‘n SA inval in Angola oorgedra het.
Kissinger het nooit geglo dat SA se militêre toetrede tot die burgeroorlog in Angola in 1975 sou die Westers-gesinde Unita en FNLA die oorhand besorg oor die Sowjet-gesinde MPLA nie, sê die voormalige hoof van die ou SAUK, dr. Riaan (Koedoe) Eksteen die afgelope week aan Rapport. Dit was ook nie Kissinger se idee om die hulp aan die SA-Unita-FNLA-aksies – ‘n skamele $26 miljoen en ‘n klompie Amerikaanse Stinger-missiele – te verleen nie. As minister van buitelandse Sake in die Republikeinse administrasie van pres. Gerald Ford het hy wel formeel met die destydse Suid-Afrikaanse premier, John Vorster, geskakel.
Verskeie lewensketse van Kissinger, die VSA se super-diplomaat praat afwysend oor sy rol in die konflikte in Suider-Afrika gedurende die Koue Oorlog toe die VSA en die Sowjetunie mekaar wêreldwyd met polisiemagte beveg het, Kissinger is onder meer ‘n “massa-moordenaar” en ‘n “oorlog-misdadiger” genoem
Eksteen sê die gedagte dat SA met die VSA aan die kant van Unita en die FNLA teen die MPLA gaan baklei, was dié van William Colby, destydse direkteur van die CIA. In daardie tyd het Colby in Washington DC ‘n gerusstelling oorgedra aan genl. Hein du Toit, destydse senior figuur in die SAW se afdeling militêre intelligensie. SA het niks te vrees nie, die VSA sou by hom staan, sou Colby aan Du Toit gesê het.
PW Botha, minister van verdediging en die destydse hoof van die SAW, genl. Magnus Malan, was lankal lus vir baklei. Krygkor, die land se ontluikende wapenvervaardiger met PW se vriend, kmdt. Piet Marais, aan die stuur, was lankal gretig om die nuwe wapens wat Krygkor aan ontwikkel was te toets. Boonop het die SAW reeds troepe op Angolese grondgebied gehad, glo om die Calvurque-dam en -pompstasie te beveilig, sê Eksteen.
In Julie 1975 magtig die Vorster-regering die SAW om Angola binne te val om steun te verleen aan Unita en die FNLA. Twee veggroepe word gestig en ‘n opmars begin waarin dorpe en vestings in Suid- en Sentraal-Angola op ‘n streep ingeneem word – in die bestek van weke.
PW sou later by verskeie geleenthede spog dat die SA magte in minder as twee maande so diep tot in Angola gevorder het dat hulle “die liggies van Luanda kon sien.
Maar toe verander die politiek in die VSA nadat die Demokratiese senators – Dick Clark van Iowa, Frank Church van Idoho en John Tunney van Kalifornia – Die Amerikaanse kongres oorreed het om die VSA se hulp in Angola te beëindig. In die lig daarvan besluit die SA regering op ‘n taktiese onttrekking suidwaarts. Die SAW is nietemin beveel om in Angola aan te bly en steeds steun veral aan Unita te lewer. Die weermag moes ook weerstand bied teen die groeiende aantal Kubaanse soldate wat dies MPLA-regime na Luanda gestuur het.

Wyle Henry Kissinger.
PW Botha en figure in sy dampkring het vi jare daarna nog smalend gepraat oor Kissinger wat Suid-Afrika dan nou op die nippertjie in die steek gelaat het toe hy op die punt was om die kommuniste uit Luanda te verdryf.
Kissinger het self die brief aan die SA regering geskryf waarin hy hulle meedeel dat die hulp gestaak word. Pres. Gerald Ford het die besluit beskryf as ‘n “diep tragedie”. In hul biografie, PW, oor PW Botha, skryf Dirk en Johanna de Villliers: “Kissinger was in ‘n onmoontlike posisie, hy wou help, maar kon nie,” (bls. 266).
Eksteen sê Kissinger het onwrikbaar geglo dat konflikte soos dié in Suid-Afrika net deur onderhandelinge beëindig kan word. Waar die VSA betrokke was, soos in Viëtnam en kortstondig in Angola, het hy ewe sterk die doktrine aangehang dat sy kant maksimum militêre voordeel moet behaal vóórdat die onderhandelings fase aanbreek.
Kissinger het geglo jy kan nie by ‘n onderhandelings tafel hoop om voordeel te verwerf wat jy nie op de slagveld kon inpalm nie.
In antwoord op hierdie artikel in Rapport, het Adamus dadelik die rekenaar nadergetrek en ‘n brief aan Rapport geskryf waarin hy sy misnoë met die artikel duidelik te kenne gee:
From: Adamus Stemmet<adamusp2602@gmail.com>Date: Sun, 03 Dec 2023, 18:47
Subject: Kissinger, Angola en die waarheid.
To: Rapport Weekliks <pmalan@rapport.co.za+>
Dit is jammer dat my ou vriend Koedoe Eksteen afleidings maak wat dan as die waarheid deur Tim du Plessis in ‘n andersins goeie artikel ingesluit word.
Koedoe, ek wil jou nie in die gesig vat nie maar ek was daar en weet dalk so ietwat meer as jy van wat die situasie op die grond was. Dan hou ek ook daarvan om met feite te werk. Feite wat gestaaf kan word.
Stellings soos die volgende in die artikel op 3 Desember 2023 in Rapport oor Kissinger hou eenvoudig nie water nie of vertel soos my ou swart vriend gesê het, die waarheid nie mooi reg nie. Koedoe sê glo volgens die artikel:
“Mnr P W Botha en die destydse hoof van die S A Weermag genl. Magnus Malan was lankal lus vir baklei.” Genl. Malan was nie die hoof van die S A Weermag tydens die inval in Angola nie. Adm. H H Biermann was. Lus vir baklei? Sak Sarel. Ons praat van menselewens op die spel plaas.
” Krygkor …. was gretig om nuwe wapens …. te toets. “In ‘n oorlog? Bog! Krygkor was nog nie gereed vir ‘n oorlog nie en nuwe wapens is in elk geval elders getoets. Al relatiewe nuwe wapens wat in 1975/76 gebruik is, was die Eland 90 en 60 pantserkarre en dit het ook nog aanpassings nodig gehad soos die oorlog bewys het. Wapensgewys was die RSA nie gereed vir ‘n oorlog nie. Daarvan getuig die ou wapens soos byvoorbeeld die kanonne en ander uitrusting uit die Tweede Wêreldoorlog wat gebruik is wat geen antwoord op byvoorbeeld die Russiese Stalin-orrel was nie.
” Boonop het die SAW reeds troepe op Angolese grondgebied gehad ‘glo’ om die Calueque-dam en pompstasie te beveilig”. Definitief nie ‘GLO’ nie maar werklik. Die Calueque-dam asook die dam en kragstasie by Ruacana was deel van ‘n gesamentlike projek tussen die RSA en die Portugese wat toe nog Angola regeer het. Die RSA het miljoene daarin belê. Dit was bedoel om water (uit Calueque) aan die inwoners van Ovambo en elektrisiteit aan die toe nog SWA en die RSA te verskaf. Natuurlik was dit n teiken van die drie vryheidsbewegings in Angola en Swapo wat toe nog terroriste-organisasies genoem is. Die Portugese kon dit nie meer so vêr Suid beskerm nie. Dit was dus logies dat die RSA sy belange beskerm.
Ek is geen politikus nie en het geen lus om betrokke te raak by vervelige argumente van Slimjannies oor die noodsaaklikheid al dan nie van die sogenaamde Bosoorlog nie maar is dit werklik te veel gevra dat ons by die waarheid hou oor die destydse gebeure? Dit is hartseer genoeg vir ons wat makkers verloor het en nog erger vir die wat geliefdes verloor het om nog aanhoudend agterdog aan te hoor oor die noodsaaklikheid van daardie oorlog. Kom ons hou by die waarheid en eer hul nagedagtenis.
Mense kan gerus weer J.P.J. Coetzer se boek GISTER SE DADE EN VANDAG SE OORDEEL lees en die inhoud op die bosoorlog toepas.
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

JONAS SAVIMBI SE SKOOLTJIE
Adamus met sy besoek aan Joas Savimbi se hoofsaaklik Afrikaanse skooltjie in Angola.

Ek het hom op Jamba gaan besoek en ook die dag daar saam met hom geëet. Hy besluit toe ek moet asseblief kyk na sy skooltjie wat hy daar het. Die skooltjie was verskriklik primitief en daar was ‘n totale tekort aan boeke en skryfbehoeftes, ag sommer ‘n tekort aan alles wat ‘n skool benodig.

Tydens sy besoek aan die destydse leier van UNITA, Jonas Savimbi.
“Ek vra toe vir hom nou wat is nou die skooltjie se behoeftes. Daar vind ek toe uit ‘n baie groot persentasie van die mense daar is Afrikaans sprekend. Maar die heel grootste behoefte daar op JAMA was die dienste van ‘n dokter. Ek die ding so gekyk, as ‘n ou vir my met daardie naalde moet inspuit sal ek so ver as moontlik weghardloop. Daardie naalde was al so stomp gesteek dat ek nie eers weet hoe dit nog in iemand se liggaam ingesteek kon word nie.
“Toe ek toe weer terug is in Suid-Afrika, gaan spreek ek toe die geneesheer-generaal. Ek bespreek die behoeftes van die skooltjie met hom en sê toe sommer ook vir hom kom ons gaan ‘n ooreenkoms aan. Jy gee die mediese voorraad en vir ander goed sal ek sorg. Daar het gereeld vliegtuie in daardie rigting gevlieg so die vervoer sou nie ‘n reuse probleem wees nie. Ek kom toe terug by my kantoor en ek gee vir my mense die geld en ‘n lys van wat die skooltjie benodig. Die opdrag was kyk wat julle kan doen. Hulle het hulle behoorlik gate uit geniet.

Geskenk van Dr Jonas Savimbi. Dit is van ivoor en Dolfhout gemaak in Jamba .
“Ek kon die vragte vol goed opstuur na Savimbi en sy skooltjie. Ek het daarna nooit weer van hom gehoor nie, maar ek weet hoe welkom was daar voorrade gewees.
“Ek het ‘n baie hoë dink van hom gehad. Net jammer hy het vroue so misbruik. Hy was ‘n goeie krygsman, ‘n goeie bevelvoerder en ook ‘n goeie politikus.”
Hy vertel dat Savimbi ook die stigter was van die beweging Total Independence of Angola (UNITA). Daar was ses keer probeer om hom te vermoor en daar was minstens by 17 geleenthede waar daar aangekondig is dat Savimbi dood is, wat toe geblyk het nie die waarheid was nie. Savimbi is op 22 Februarie 2002 dood toe hy slaags geraak het met die Angolese regerings magte.

SY PASSIE VIR DIE BESKERMING VAN OU GEBOUE – VERAL OU HOF GEBOUE.
Hy word later in beheer geplaas van justisie se geboue. Wanneer hy hieroor praat lag hy al te lekker. Hier sê hy was baie in die moeilikheid gewees, want justisie het altyd te klein gebou. Hy het aan die toekoms gedink en altyd uitgewerk hoe die betrokke kantoor se behoeftes oor tien of 20 of selfs 30 jaar sou wees en wou altyd voorsiening maak vir uitbreiding, wat die base nie kon of wou raaksien nie.
“In daardie tyd is daar besluit dat die Hooggeregs Hof in Johannesburg te klein geword het en daar dringend ‘n nuwe gebou, gebou moes word. Ek is mos een vir die behoud van ou geboue. As daar iets is wat my verskriklik kwaad maak, is dit wanneer pragtige ou gebou platgestoot word om nuwe moderne maar gewoonlik beknopte op te rig. Ek kon my byvoorbeeld in Engeland verwonder aan pragtige ou geboue veral Kerke, wat ‘n duisend jaar en ouer is.
“Toe daar dus besluit word dat Johannesburg ‘n nuwe Hooggeregs Hof moes kry, het die gestryery gekom. Ek het gesien daar hoef nie ontslae geraak te word van die bestaande gebou wat nog uit Oom Paul Kruger se dae gedateer het. Waar justisie net plaat en lank wou bou, het ek en die hoof argitek in ons denke die geleentheid gesien van iets wat ‘n kombinasie was van die oue en die nuwe. Ons restoreer die ou gedeelte. Hierdie Hooggeregs Hof word vandag nog gebruik.
Die landdroskantoor in Johannesburg. Hier moes AP behoorlik veg om tog net iets van die ou oorspronklike landdroskantoor te behou daar dit te klein geword het. Die vooraansig is toe behou en daar is net uit- en op gebou vir meer spasie en meer modern.

“My baas het tydens die bou tydperk baie oorsee gegaan. Elke keer wanneer hy oorsee was, het ek verdiepings by gevoeg. Die mure kon maklik verskuif word om kantore kleiner of groter te maak. Daardie dae as jy bo die goedgekeurde bedrag vir gebou gaan, moes jy gaan verduidelik.”
Die Hooggeregshof is vandag nog in gebruik. Met sy pragtige fasade wat uit Paul Kruger se dae dateer en dan die hoë toring gebou wat agter die pragtige vooraansig uittoring Almal weet dadelik van watter gebou word gepraat as gepraat word van die ou Hooggeregshof in Von Wielligh straat in die middestad van Johannesburg.
Verduidelik kon hy goed en die oorspandering het nooit uit sy sak gekom nie. Geld is oor-en-weer verplaas van die een gebou na die ander om sodoende vir die oorspandering te betaal.
“Ek het die hofgebou (landdros) in Pretoria op dieselfde manier verander toe daar besluit is die huidige gebou is nie groot genoeg nie. Ek kon nie sien dat daar maar net ‘n nuwe gebou moes gebou word nie. Ek het grond laat uitkoop aangrensend aan die hofgebou, om plek te maak vir uitbreiding en ook sommer vir toekomstige uitbreiding. Ek is op ‘n stadium gedreig dat ek self sal moet betaal vir oorspandering. Mens. Ek was R2 500 000 oor die aanvanklike begroting gewees, maar ek het my daar uitgewikkel en weer geld van ander projekte oorgeplaas om te betaal vir die oorspandering”. Hierdie landdroskantoor word steeds gebou, hoewel daar al verskeie kere uitbreidings aangebou is.
Nog ‘n ou landdroskantoor wat sy bloed vandag nog laat kook is die van Montagu in die Kaap. AP het ook daar gewerk, hy het ook op die dorp skool gegaan. “Die dorp het die mooiste landdroskantoor gehad, ‘n pragtige voorbeeld van die ou Kaapse boustyl. Dit was ‘n plesier om elke dag daar in en uit te stap. Maar so wragtig waar, toe ek jare later weer op Montagu kom, toe sien die ou gebou is eenvoudig plat gestoot en ‘n nuwe moderne gebou daar opgerig. Ek word vandag nog kwaad as ek daaroor dink. Ek sou beslis nie dit toegelaat het as dit nog in my dae gebeur het nie”.
Hy kan eenvoudig nie verstaan hoekom daar nie vandag veel omgegee word vir die behoud en bewaring van ou geboue nie. “Hoekom moet alles wat uit so pragtige boustyl era dateer, summier platgestoot met hoe minder aantreklike, somtyds onaansienlike geboue vervang word. Veral in justisie, die hofgebou het ‘n fase deur gegaan waar al die landdroskantore op dieselfde bouplanne gebou is. Sulke plat lang geboue en klein vertrekkies binne.
Die aand met sy afskeid by justisie het sy baas in sy toespraak verwys na al sy oorspandering. “Toe ek aan die woord gestel word, het hy vir die baas gesê ‘jy moet nie bekommerd wees oor die waarvan jy weet nie, bekommer jou oor die waarvan jy nog nie weet nie’. Hy sê in die vyf jaar as hoof van geboue het hy baie hoofpyne veroorsaak.
Toe daar vir Pofadder, ‘n nuwe landdroskantoor gebou moes word, was dit AP wat sy stem dik gemaak het oor waarheen die mense sal trek toe hulle die ou gebou moes ontruim. Hulle vat my toe na ‘n gebou waar jare gelede nog die primêre skool gehuisves was. Die gebou is ontruim omdat te klein geword het vir ‘n skool. Dit is ‘n pragtige ou geboutjie gewees en dit kon toe maklik omskep word in ‘n nuwe landdroskantoor. Justisie koop toe die gebou en daar is aan die werk gespring. Daar staan toe die pragtigste landdroskantoor in dieselfde ou geboutjie waar die skool was. Die geboue is aangepas en nie buite verander nie.”
Sy boodskap is: “Moenie afbreek nie. Pas die geboue aan. Bewaar tog asseblief die ou geboue.

Die ou landdroskantoor (hierbo die Pretoria stadsaal) in Pretoria het AP ook hard voor geveg om te behou dit daar is besluit is dit is nie meer geskik vir ‘n landdroskantoor nie. Maar weer eens het hy sy sin gekry en is daar net aangebou en ook aan die agterkant uitgebou.

Einde Deel 3
