143.Adamus Stemmet (Deel 4)
Updated: 14/01/2026
Vervolg van Deel 3
ADAMUS OOR DIE AFDRAENDE PAD VAN DIE SUID-AFRIKAANSE POLISIEDIENS.
So tussen deur die onderhoude gooi hy ook sy gevoel oor die polisie se range deesdae in die gesprek.
Hy het toevallig by Malmesbury se polisiestasie ingestap en daar was die stasiebevelvoerder toe sowaar ‘n vol kolonel gewees. “Dit is mos deesdae ook die beleid dat die hoofde van speurders op grondvlak ook ‘n vol kolonel is. Range in die polisie is goedkoop gemaak, dit word eenvoudig te maklik uitgedeel aan mense wat dit nie behoort te kry nie. Die manne het nie meer respek vir die range van offisiere nie. Dit neuk ook ons pensioenfonds heeltemal op”.
Baie verontwaardig vertel hy ook vinnige so tussendeur die onderhoud dat daar in April 2022 by hom ingebreek is, maar dat hy nooit eers die speurder te siene gekry het wat die saak moes ondersoek nie. Hy het net later ‘n kort SMS van die polisie afgekry dat die ondersoek toegemaak is.
Nog ‘n voorval wat hom sommer woedend maak wanneer hy dit ook so tussen ingooi, is die feit dat daar op ‘n stadium onwettig geld uit sy bankrekening onttrek is waarvoor hy sy verklaring netjies gesit en uittik het. “Daar wou hulle toe nie my getikte verklaring neem nie en word daar vir my vertel ek het nie ‘n saak het nie, want ek het niks verloor nie”!
Dit sal ook nie Adamus wees as hy nie sy opinie oor die huidige Minister van Polisie, genl. Bheki Cele lug nie. “Die ineenstorting van die polisiediens is tot ‘n groot mate aan kader ontplooiing te danke. Die probleem wat soos ‘n kettingreaksie loop van bo tot onder het en speel steeds ‘n baie groot rol in die swak diens wat die polisiediens aan die land lewer.
“Selfs die minister val hieronder, maar hy is so dom dat hy nie self verstaan wat dit is wat hy doen nie. Jy kan nie iemand aanstel wat nie in die polisie was nie en as hy nie deur die range gegaan het nie, en dit geld vir die kommissaris en ander generaals wat so vinnig bevorder is”. Terloops gooi hy vinnig so tussen werpsel in, genl. Le Roux Stemmet was my neef. Op skool was hy seker die stoutste kind. Toe beweer word daar beweer dat hy ‘n fotografiese brein het, maar eintlik het hy maar net baie hard geleer en gewerk totdat hy die hoogste sport in sy loopbaan bereik het”.
Maar voor ons die dag se onderhoud afsluit, wil hy nog gou sy mening gee oor die Phala Phala-gedoente (soos hy dit stel). Dit, sê hy , die manier waarop die hele aangeleentheid van die inbraak en diefstal van miljoene Amerikaanse dollars op Ramaphosa se plaas, deur die parlement en die uitvoerende komitee van die ANC hanteer is, is maar net weer eens ‘n bewys van hoe hulle mekaar sal beskerm. “Maar weer is dit ‘n kwessie van ‘what is in it for me.’

DIE NAGEVOLGE VAN KADERONTPLOOIING.
Hy is behoorlik uitgesproke oor kader-ontplooiing in Suid Afrika die afgelope 30 jaar sedert die 1994 eerste demokratiese verkiesing toegepas word. Dit is nie die eerste keer dat dit in Suid-Afrika toegepas word nie. ( Ek kon nie help om my asem skerp in te trek en my oë te rek nie . Dit is tog iets waarmee die ANC vorendag gekom het ) ” Nee, kom die antwoord. Die Nasionale Party het ook kader-ontplooiing toegepas maar het dit nie so openlik op kleur en ras gegrond nie. By die ANC moes die kaders aan die party behoort. Na 1948 is senior staatsamptenare geleidelik vervang met bekwame persone en was meriete die grondslag. Dit was nie moeilik nie want die meeste staatsamptenare het die tradisionele Britse tradisie gevolg waarvolgens amptenare tradisioneel die regering van die dag gedien het.
Dit het hom behoorlik siek gemaak toe Adjunk-president Paul Mashatile hierdie beleid verdedig het deur te sê ” We only re-deploy the best of the best. ” Dit, terwyl meeste staatsorganjsasies en staatsdepartemente in n vrot toestand is asgevolg van ongekwalifiseerde en dikwels onbekwame amptenare — kaders.
Hy sê ‘n goeie voorbeeld van wat kader-ontplooiing aan die land doen, die Staatsdienspensioenfonds ( GEPF) en die Openbare Beleggingskorporasie ( OBK) is. Die Raad van Trustees van die GEPF bestaan uit 16 lede waarvan 8 deur die regering aangestel word, 2 verkies word en ses deur vakbonde aangestel word. Cosatu wat tot onlangs deel van die drie partyregering was, en steeds saam met die ANC beweeg, het dus n rol by die aanstelling van 8 lede en ten minste nog 3 deur sy vakbond-affiliasies. Die oormatige finansiële steun aan bankrot staatsbeheerde instansies soos Eskom en vele ander asook agtergeblewenes is dus nie vreemd nie. Die OBK wat vir die GEPF se beleggings verantwoordelik is, belê hartlik in ongelyste instansies soos die ISIBAYA – BELEGGINGS wat tans teen n tempo van meer as 47:% onderpresteer. Die OBK is natuurlik ‘n staatskorporasie waarvan 100 % van die lede deur die Minister van Finansies aangestel word. Die Adjunk-minister van Finansies is die voorsitter. Met n regering wat die GEPF as sy spaarvarkie beskou, is dit nie vreemd dat hy sy kaders in beheer daarvan plaas nie.
Daar kan natuurlik geen beswaar wees dat die OBK in sogenaamde swart besighede belê nie . Dit is trouens noodsaaklik in die nuwe Suid Afrika maar beleggings moet altyd gedoen word met die doel om die GEPF in stand te hou en te laat groei . Daar moet ook n redelike verwagting wees dat beleggings sal groei.
Foute in verband met beleggings word doodeenvoudig toegesmeer en vrae by die Staandekomitee oor Finansies word ontwyk. In 2019 byvoorbeeld is 79 vrae deur lede onbeantwoord gelaat.
Daar word groot geld gesteel of wanaangewend maar skuldiges kom met moord weg. Tenspyte van sterk aanbevelings deur die Mpati-kommissie meer as vier jaar gelede, het geen skuldige nog aan die pen gery of is verliese al goedgemaak nie.

Adamus het natuurlik ook sy mening hieroor in ‘n brief aan Rapport duidelik gestel
Kaderontplooiing.
Media24 nuus < newsdiary@news24.com > 29 Oktober 2023
Redakteur,
Mnr. Paul Mashatile het verlede week baie mense van verbasing laat regop sit toe hy vrae oor kaderontplooiing in die Raad van Provinsies geantwoord het. Hulle kon hul ore nie glo nie.
Hy het óf nie die waarheid gepraat nie óf mense se intelligensie sleg onderskat. Vir iemand wat duidelik politieke aspirasies het, gaan hy gevaarlik met die waarheid om. Of hy weet nie wat in die land aangaan nie óf sy beriggewers vertel nie die waarheid aan hom nie.
Verbeel jou: “Kaderontplooiing is ‘n goeie beleid wat demokrasie en transformasie bevorder “Net die beste van die beste word ontplooi “. Soe!
‘n Mens wonder of mnr. Mashatile aan diens aan die gemeenskap gedink het met sy stellings. Hoe bevorder ontplooide kaders die vrot diens in staatsdepartemente soos binnelandse sake, vervoer, justisie, onderwys, landbou, almal! Watter staatsbeheerde instansies word doeltreffend bestuur? Eskom, Denel, Transnet, PRASA, Openbare Beleggingskorporasie, Landbank, SAUK, SAL? Vertel ons mnr. Mashatile.
Watter ANC-beheerde munisipaliteite reg oor die land lewer bevredigende diens aan die publiek? Resultate? Vertel en wys ons liewer suksesse wat die beste van die beste kaders behaal. Kom ons gooi mnr. Mashatile nie toe met die swak kaderbeheerde plaaslike besture in al die ANC-beheerde provinsies nie want almal is in ‘n gemors. Kom ons kyk net na een provinsie, die Vrystaat. Watter munisipaliteit in die Vrystaat word doeltreffend deur sy beste van die beste kaders regeer? Nie een nie meneer!
Hoeveel en watter provinsiale paaie is rybaar? Wys ons. Moet ons net nie vertel nie. Dalk glo ons nie.
Kom ons kyk elders. Wat werk nog in Suid Afrika al spog die president met die reuse vordering wat sedert 1994 gemaak is. Al verpes ANC-leiers dit om van hul volgelinge te hoor dat apartheid sleg was MAAR DAT ALLES GEWERK HET.
Klaers kan gerus ophou om ‘n lys te maak van wat nie werk nie. ‘n Lys van wat nog werk sal korter wees. Dit wil sê as so iets nog gevind kan word. Hersien so ‘n lys net weekliks. Hierdie week kan ‘n mens UNISA en TRANSNET van die lys wat nog werk verwyder. Daar dreig nog ‘n paar wat nog werk wat dalk volgende week nie meer daar sal wees nie. Die lysie is reeds baie kort. Miskien moet ‘n mens nie die publiek se mening oor mnr. Mashatile se stellings oor kaderontplooiing vra nie. Party se ervaring van die ANC se bestes van die bestes sal sekerlik nie publiseerbaar wees nie.
Nou verstaan ‘n mens waarom die land op die randjie van ‘n afgrond is. Die ANC se beste van die bestes was nie goed genoeg nie.
Mnr. Mashatile se onderrok hang uit as hy nie ook verduidelik waarom die ANC appèl aanteken teen ‘n hofbevel dat die ANC binne 7 dae die notules van die vergaderings waarop kaderontplooiing bespreek is aan die DA moet verskaf nie. As hy dan so selfversekerd is dat net die beste van die beste kaders ontplooi is hoekom agter geheimhouding skuil ?
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

Anosognosia (Gebrek aan insig oor eie probleme)
Na aanleiding van die ANC, by monde van Fikile Mbalula, sekretaris-generaal dat hulle vir die parlement gelieg het oor Jacob Zuma se brand poel by Nkandla, het hierdie brief van Adamus op 10 Januarie 2024 in Die Burger en Die Volksblad verskyn.
Mbalula het op Sodag 7 Januarie 2024 in Barberton, Mpumalanga op ‘n byeenkoms aan ANC-lede gesê ANC-LP’s het agteroor gebuig om Zuma te beskerm oor die opgraderings by Nkandla.
“Ons het na die parlement gegaan en ‘n ad hoc-komitee aangestel en gesê ‘n swembad is ‘n brand poel. Die destydse Minister van Polisie, Nathi Nhleko het gesweet aangesien dit ‘n leuen was, want dit is moeilik om leuens te verduidelik. Mense het hulle loopbane verloor weens daardie ding”, het Mbalula gesê”
Hierop was Adamus se reaksie: “Hoe dom kan mense tog wees. Die ANC kan mos nie ‘n paar maande voor die verkiesing in die openbaar erken dat hulle vir die volk gelieg het nie. Dit kan hulle mos baie seer maak in die verkiesing”.

In sy opmerking aan my het hy gesê: Anders as in die geval van Pinocchio se neus, groei neuse nie meer as mens lieg nie, anders sou Suid-Afrika al bekend gestaan het as die land met die mense met die lang neuse.
Hy stuur toe ook sommer die onderstaande interessante stukkie inligting saam:




ANDER AKTUELE SAKE UIT DIE PEN VAN ADAMUS

AP druk besig om weer ‘n brief te skryf oor iets wat pla met die regering

Sarie, ek het die S.A. Instituut vir Rasseverhoudings hanteer. Ek het vergeet om jou te vertel.



Op 6 Oktober 2023 het Adamus hierdie baie interessante e-pos aan Brenda Robson gestuur:
Brenda,
Perhaps that is why the Zulu people called me polecat in Zulu: Gaqiet.
When I was a prosecutor in Natal three white farmers killed a farm worker. The detectives were inexperienced, and I helped them investigate the case. I then prosecuted the farmers for murder, and they were eventually in the supreme court sent to gaol for long periods.
After the trial in the supreme court the parents of the deceased gave me a fowl as a present to thank me. They told me that the Zulu people have changed my nick name GAQA (Kiewiet, a long legged bird because I was always in a hurry) to GAQIET. polecat, because I will dig out any smelling thing. I was really moved by the gift from the poor people. Amongst my colleagues I was for years then called the polecat of Northen Natal.
At the trial of the three farmers at the Circuit Court an old farmer came up to me and told me that I better leave town as soon as possible because “ONS SAL JOU VREK MAAK”. I never regarded such threats as serious. I was on the relief staff and was on my way in any case after the trial
A few years after this incident my wife and I were on holiday at Umdloti, north of DURBAN when a police officer from Pietermaritzburg came up to me to warn me that some people threatened to kill me and were still looking for me and one of the detectives. This detective had to be transferred and I paid him a visit at his new station. A relative of one of the farmers who went to jail was arrested when he tried to trace this detective. He had a revolver with him and admitted that he was looking for him “and that bloody Stemmet”. He told me that the other detective resigned and disappeared.
I had more to do than to give attention to threats like these. I, however, on the advice of the police stayed away from that town. I in any case had no reason to go back ever.
Regards.
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
0871580225
adamusp2602@gmail.com
In antwoord hierop het Brenda op 6 Oktober 2023 geantwoord:
On Fri, 06 Oct 2023, 15:39 renda robson, mrs.b.beetle@gmail.com wrote:
Wow! Maybe it was because you are smart and once you get your teeth into something you don’t let go.
B


Brief wat op 29 Desember 2023 in Die Burger verskyn het.



Nog ‘n brief wat hy aan Beeld geskryf het waarin hy weer die regering aanvat oor die hantering van die Staatsdienspensioenfonds

Nog ‘n brief – Raad van Kakistrokasie

NASIONALE GESONDHEIDSVERSEKERING.
Redakteur,
Die regering het met die Nasionale Gesondheidsversekering ‘n monster geskep wat dit nie kan bekostig nie. Nou moet die monster gevoed word en word daar rondgeval vir fondse.
Volgens ‘n berig in Rapport van 5 Desember 2023 kom niemand anders as die vorige Statistikus-generaal, Dr. Paul Lehohla, met die ou afgesaagde voorstel wanneer die staat rondval vir geld : KRY DIT BY PENSIOENFONDSE .
Dan word nogal gepraat van sowat R3 000 miljard “wat by pensioenfondse lê”. So asof daar hope geld nutteloos iewers opgehoop word. Sy voorstel geld nie net vir die befondsing van die NGV nie. Geld van pensioenfondse moet sommer ook teen lae rentekoerse “daarvoor vir sowel as vir ander probleme soos ESKOM, aangewend word”.
‘n Mens verwag meer gesonde verstand van iemand met mnr Lehohla se agtergrond.
Pensioenfondse het nie vragte geld nie. Wat daar is, moet belê word sodat daar ‘n inkomste kan wees om pensioen te betaal.
Wat hy voorstel is niks nuuts nie”. Trouens dit is al tot vervelens ten opsigte van die Staatsdienspensioenfonds voorgestel en uitgevoer. Miljarde is alreeds by Eskom (tans meer as R80miljard) en ander staatsbeheerde instansies belê.
Die aanslag op pensioenfondse is soos kwiksilwer : Word daar op een plek gekeer spring dit op ‘n ander plek uit. Daar is juis tans weer ‘n ou voorstel in ‘n nuwe baadjie in die vorm van die sogenaamde TRANSFORMATION POLICY van die Staatsdienspensioenfonds. Iets vir ‘n ander dag.
Nee, Mnr Lehohla, hou verby. Jy klop aan die verkeerde deur.
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

Nadat so baie bankrot semi-staatsdepartemente reeds uit die Staatsdienspensioenfonds gehelp is, is die grootste koekie blik waaruit daar nou weer gedelf wil word, die Nasionale Gesondheidsversekering.
‘n Spesiale uitgawe oor die dinamiese Adamus Paulus Stemmet in ‘n verkiesings jaar sal nie volledig wees, sonder om hom te pols oor die politieke situasie in Suid-Afrika nie. Hy het reeds lank voor die verkiesing op 29 Mei 2024 al begin om die onderwerp met briewe aan koerante begin. Hier is een van die briewe aan ‘n koerant.

DIE 2024 VERKIESING.
Die skielike ondertekening van die Wet op Nasionale Gesondheid, twee weke voor die verkiesing, was Ramaphosa se laaste en grootste geskenk om kiesers vir die kwynende ANC te lok. Aldus Adamus.

Verkiesing.
Nog een van die e-pos boodskappe wat Adamus oor die verkiesing 2024 uitgestuur het.
Anton Alberts(VF+),
Aangesien ons ondersteuners in verskeie politieke partye het, het AMAGP dusvêr wyslik uit die partypolitieke arena gebly.
Kaderontplooiing en politieke inmenging in ons sake, het die ANC nou Vyand No 1 van ons pensionarisse gemaak. Wat ons nou nodig het, is duidelike leiding deur die bestuur van AMAGP.
U sal in die video van my en Minister Ivan Meyer opmerk dat ek nooit n party se naam genoem het nie. Hy is die Nasionale Voorsitter van die DA en daarom belangrik vir ons. Maar net so belangrik vir ons is Dr Pieter Groenewald van die VF+ en S S Swart van die ACDP. Ook Terror Lekota, Bantu Holomisa met wie ek ook skakel .
Ek glo ons beleid moet wees en dat ons openlik moet sê dat ons enige party wat n bedreiging vir ons pensioenfonds inhou, soos die ANC nou aangekondig het, sal opponeer en ons ondersteuners sal aanmoedig om teen hulle stem. Andersins bly ons apolities.
Leiding asseblief.
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

Editor, The election will take place in a few months and the gunpowder smoke is already in the air. Even at the world cup tournament when everyone’s eyes were on the world cup, the president took the gap like a good Springbok center. In the glory of rugby, he then and also the Monday after addressed the people about rugby — I mean election. LOOK AT ALL THE GOOD THINGS THAT HAVE HAPPENED UNDER THIS GOVERNMENT. Probably the rugby cup too! Like a good politician, he doesn’t say anything about everything in the country that is collapsing. If we had won cricket, he would have used it too. The election date has not even been announced yet or there are already doubts about its fairness or not. “Look what happened in Zimbabwe!” Will the ANC cadres allow their freedom movement, which never succeeded in becoming a political party, to lose the election? Will they allow themselves to lose all the power and billions they “struggled” for? Not just. They didn’t “struggle” to remain poor oppressed.! If the ANC loses the election, what then? Coalitions? And then with the cadres who still control the army, police, government departments, all government institutions? Our citizens can only hope that the mistakes of Kodesa are not repeated. Are our political leaders ready to deal with the biggest event since 1994? Shouldn’t they already realize that they don’t have all the wisdom they need and should now call in the help of experts? Experts such as the then doyen of future studies, Professor Philip Spies, then head of the Institute for Future Studies of the University of Stellenbosch (nowadays Future Research) who can expertly determine scenarios for which politicians can then determine action. Or are they going to rely on their own supposed knowledge as with Kodesa? Time is running out. At Kodesa, the politicians did not make use of this expertise available at the time and look what their product looks like now: A devastated South Africa that could have been prevented. The RSA cannot afford a repeat.
Adamus P. Stemmet.
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

Onderstaande brief het in Beeld en Die Burger verskyn. Hier in herinner Adamus die nasie dat die aanloop tot die verkiesing wat op 20 Mei plaasvind eintlik die “Seisoen van liegstories is”!

Adamus het die afgelope maande gereeld briewe aan koerante geskryf oor die 2024-verkiesing. Dit sou dus totaal so nie Adamus wees as hy nie na afloop van die verkiesing weer sy siening uitspreek. Die keer was ek die gelukkige ontvanger van sy opinie.

VERKIESINGS IS DEESDAE VERVERLIG.
Waar is die dae van Nat en Sap toe goeie vriende tydelik gedurende verkiesingstyd vyande geword het. Toe party dorpe twee kerke gehad het – een Sap en een Nat. Sappe het net Ford-voertuie gekoop en Natte net Chevs. Op skool het ons speeltye Nattes teen Sappe sokker gespeel.
Vergaderings was woelig en interessant. Ons kinders kon ons verluister aan die grootmense se spitsvondighede.. In 1948 en 1953 het Nat en Sap mekaar op vergaderings met stoele geslaan en met tamaties en vrot eiers gegooi. Die kinders wat vir indoktrinasie saamgevat is, moes koes, wegkruip en weghardloop en nuuskierig loer wat die grootmense aanvang.
1960 stem kiesers JA of NEE vir of teen republiekwording. Ek is die staatsaanklaer op Lydenburg waar die stryd hewig is en almal woedend hope formele klagtes teen mekaar lê of sommer by my kom kla. Ek moes as justisie-amptenaar neutraal bly en in elke geval besluit wie en of op watter klagtes ek moes aankla. Ek stel toe al my beslissings uit tot n paar weke na die verkiesing. Toe is almal al weer vriende en almal is tevrede met al my beslissings. Almal NOLLE PROSEQUI .( Ek weier om te vervolg )
2024 se verkiesing . Belangrik maar vervelig. Niks stoele slanery en Union Jakes (wat is dit?) op vergaderings verbrand nie. Hier in die Kaap is alles te rustig. Weet die mense dan nie hoe om verkiesing te jou nie.? In die aftreeoord was daar geen vergaderings nie. Stoelslaners van weleer is of al vorentoe of vertel stories van woelige vergaderings. Wie onthou nog stories soos dié van die Sap-vergadering in 1953 op Robertson toe wyle Jan Rossouw van Montagu ‘n lastige Sap met sy stoel en al bo van die galery afgooi om drie Natte disnis te val.?
Ek herhaal: Verkiesings het vervelig geword.
In die Kaap is alles weer Hollands al praat ons deesdae meestal
Engels en wat weet die Engelse nou van ‘n regte boereverkiesing?
Adamus P. Stemmet
Durbanville

DIE KOMS VAN TV NA SUID-AFRIKA
Adamus Stemmet
Toe die Minister van Pos- en Telegraafwese, dr Albert Hertzog , vir jare teen televisie vasgeskop het, het ek hom gesteun. Ek was bang dat dit ons lewenswyse sou verander. Gesin samesyn en heerlike geselsies met familie, vriende en bure sou verdwyn.
Toe televisie in die nabye toekoms rugbaar word, moes ek en buurman ‘n plan maak. Ons het op klein plasies gewoon en in ons omgewing sou net hy en ek dit kon bekostig. Dit sou te ver vir ons kinders wees om na die naaste TV te stap. Ons besluit toe dat ons twee nie TV ‘s sou koop nie.
TV-uitsendings sou in 1976 in Suid Afrika begin. Ek en buurman het ons nie daaraan gesteur nie al was winkelvensters vol swart en wit advertensies.
Gedurende vroeg 1976 sit ek een aand rustig in ‘n militêre kamp in Angola en kyk na die pragtige land wat deur die oorloë verwoes word. Na weke haal ‘n posman ons in en ek kry ook ‘n briefie van my geliefdes uit die vêr Suid Afrika. Dit was al ‘n bietjie oud maar baie welkom. “Buurman het ‘n televisiestel gekoop! Daar is interessante programme te sien. Ek en die kinders gaan kyk elke aand na ‘n mooi storie ( Bonanza?) en die kinderprogramme. Die werksmense sit op die stoep en kyk deur die venster.”
Verdomp! Buurman het nie woord gehou nie. Ek was baie ongelukkig. Gelukkig was ek vêr weg besig met ‘n oorlog.
Terug by die huis moes ek natuurlik dadelik ‘n TV-stel gaan koop.
Sitplekke is op die stoep ingeruim vir die arbeiders en elke aand was hulle daar. Ek moes toegee dat daar interessante programme te sien wa Die blonde Rika Sennet was pragtig. Geen advertensies wat eers in 1978 sou kom.
Die TV-kykery het amper van die arbeiders en hul gesinne se lewe gekos. Terwyl ons een aand kyk, tref iets soos ‘n tornado ons. Die weerlig slaan links en regs om hulle op die stoep en ‘n windstorm ruk sinkplate van die buitegeboue af en waai dit opgefrommel soos stukkies papier oor die werf rond. Die arbeiders spat toe uitmekaar terwyl die weerlig om hul voete dans. Jan nael toe na sy kamer vir skuiling toe die dak daarvan hom om die draai kom ontmoet , my mooi Oom Sarelperskeboom platveeg en die boom en dak Jan reg van voor tref. Uit soos n kers maar darem lewendig !’
Vir my wat pas uit n oorlog uit gekom het, was alles skokkend. Dit het soos ‘n vyandelike aanval geklink. Donderslae en rukwinde wat alles platvee. Vyf vyandelike mortiere kon nie soveel skade aanrig nie. En tog het niemand ernstig seergekry nie.
Ek kon nooit met dr. Albert Hertzog se vêrregse politiek saamstem nie maar oor die verbrokkeling van die gesinslewe en die samesyn van vriende wat sou verdwyn was hy reg. Miskien is dit die rede hoekom ek ‘n radiomens bly en verkies om soms net die nuus en enkele sportprogramme te kyk. Sepies gee my die horries.

PETRO (OLIVIER) STEMMET

Gedurende ons onderhoude tussen AP en myself, het hy gereeld verwys na sy pragtige vrou. Soms het hy laggend gesê nou gaan Petro my stenig oor die klomp nonsens wat ek nou weer kwytgeraak het. Dikwels in ons onderhoude, as hy skielik na iets soek, dan was Petro byderhand om te help. Sy het ook dikwels gedurende die onderhoude vir hom ’n koppie koffie gegee. Ek was baie angstig om met haar te gesels. Toe ek eindelik na ons twee se laaste onderhoud met haar gesels, het ek baie gou agtergekom hoekom AP so liefdevol van haar praat. Wat ‘n beskeie, maar opregte mens. Die onderhoud met haar was eenvoudig net wonderlik gewees.
Sy is pragtig, is sy nie! Die boodskap het saam met die foto van Adamus af gekom.
Petro en Adamus het mekaar in 1963 by die landdroskantoor in Johannesburg ontmoet. Sy was destyds ‘n tikster daar gewees. Oor die pos daar vertel sy vandag “ek moes iemand anders daar opvolg wat lank daar gewerk het. Toe ek vir Adamus ontmoet het was ek nog sommer nuut in die pos gewees.” Hulle is toe die volgende jaar getroud. Die heel eerste Kersfunksie wat gehou is nadat sy daar begin werk het, het sy net eenvoudig besluit dat sy dit nie gaan bywoon nie, want dit was net ‘n klomp mans. Daardie jare was die aanklaers nog almal mans gewees. Sy het gedink sy gaan sommer maar net op die trein klim en Boksburg toe ry na haar ouerhuis waar sy gewoon het. Maar dinge het toe heeltemal anders verloop. Haar kantoor was langs die van die senior streekhofaanklaer. Sy het Adamus baie daar gesien ingaan en uitkom. “Ek het geweet wie is wie maar toe net voor die Kersparty toe sleep die aanklaers my toe nader as metgesel vir die aand vir Adamus. Oor hierdie aand vertel Petro “ons het sommer reg van die begin af gekliek. Adamus was na daardie aand so verlief dit was net nie waar nie.”
Adamus is toe weg na die Noord-Kaap en het toe eers die Paasnaweek weer van Upington af teruggekom. Hy was toe ook nog die heel naweek siek met griep en ons kon mekaar nie sien nie toe skryf ons maar vir mekaar briefies. Toe word hy ook nog so in die helfte van daardie jaar gekies om saam met Suid-Afrika se span na die Wêreldhof in Den Haag te gaan om Suid-Afrika se saak daar te gaan stel oor die kwessie van onafhanklikheid van die destydse Suidwes-Afrika (vandag Namibië.)
Na Den Haag, het hulle mekaar toe meer gereeld gesien. Adamus het ook nie gras onder sy voete laat groei nie. Hulle is die volgende jaar, op 5 Desember, uit die ou kerkgebou in Voortrekkerstraat, Boksburg getroud. “Ons was net drie maande getroud toe kry hy ‘n pos by die parlement as parlementêre verteenwoordiger vir justisie en ons trek toe Kaap toe vir ons eerste parlementsitting. Ons het vir die duur van die parlement in ‘n privaat hotel in die stad gebly.” In die drie maande wat Adamus by die parlement was het Petro in ‘n prokureurs kantoor gewerk. Na die einde van die parlementsitting is hulle toe terug na Pretoria waar hulle toe ook in ‘n privaat hotel gewoon het.
“Ek het toe by kindersorg as tikster gewerk. In 1966 is Adamus alleen parlement toe. Ek was hoog swanger en ons eersteling, Francois, is net tien dae na die moord op dr. H.F. Verwoerd gebore.” Toe hy weer terug kom van die parlementsitting af het ons toe weer by my ouers gewoon. Twee jaar later is die gesin toe weer met die trein Kaap toe vir die parlementsitting en toe hulle daarvandaan terugkom het hulle toe weer by haar ouers gewoon. Na hierdie sitting het hulle toe verblyf in die parlementêre dorpie Akasiapark gewoon. Met die 1968 parlementsitting was toe nog ‘n lid van die gesin gewees, hul dogter Ester is gebore en sy was net drie maande oud toe hulle weer met die trein die tog aangepak het Kaapstad toe.”

Petro en Adamus is al bykans 60 jaar getroud.
Die gesin het toe ‘n huis in Sinoville in Pretoria gekoop en daar gaan woon. ‘n Paar jaar later het hulle ‘n kleinhoewe naby Haakdoring gekoop waar hulle vreeslik lekker gewoon het. ‘n Tweede dogter, Sanet is in tussen in 1971 gebore en nege jaar later is hul tweede seun Jakobus in 1980 gebore “AP was altyd baie weg van die huis af. Die kinders het groot geword en die twee oudstes was op kos skool want ons het nog op die kleinhoewe gewoon. AP was in daardie dae ook op die grens gewees en toe verruil ons die kleinhoewe vir ‘n huis in Wonderboom in Pretoria. Die huis was reg oorkant die Hoërskool gewees.”

AP en sy pa destyds op die kleinhoewe by Wonderboom, Pretoria.
Petro is die stiller een van die twee, maar sy het haar eie belangstellings gehad wat haar ook besig gehou het, sy het volgens haar, nie vreeslik baie selfvertroue gehad nie, Oor Adamus sê sy “hy is ‘n baie interessante mens. Iemand met ‘n onuitputlike bron van kennis. Hy het geweldig baie gedoen vir my vir my eie selfvertroue. Ek was nie ‘n baie sosiale mens nie, maar hy het altyd gevra ek moet saam met hom gaan, hoewel ek nie altyd geweet het waar dit gegaan het nie. Adamus het nooit by die huis oor sy werk gepraat nie. Omdat hy so baie weg was, moes ek baie dinge maar alleen doen. Ons is egter baie betrokke by die skool, kerk en gemeenskap.
“Adamus het altyd ‘n groot belangstelling in die politiek gehad wat net groter en meer intens geword het deur sy parlementêre werk. Ons het met baie belangrike mense vriende geword en daardeur het ons ook baie mense leer ken. Elke ding wat hy nog in sy lewe gedoen het en steeds doen, doen hy voluit en met oorgawe. Dit het nie saak gemaak aan ons nie, ek het hom al die ruimte gegee om alles doen wat hy aangepak het.”

Die Chinese vlag wat onderste bo hang.
Petro en ek kyk eendag na ‘n foto van die weermag hoofkwartier in Pretoria en Petro let toe op dat die Chinese vlag wat saam met die Union Jack op die foto gepryk het hang onderstebo. Daar kom toe ‘n tolk by ons en Petro sê vir hom dat hulle vlag onderstebo hang. Dieselfde ding het met ons gebeur toe ons in China was. Maar ek het net nooit vir hulle gesê die vlag hang verkeerd nie.

AP, sy vrou, dogter en skoonseun.
Sy gesels heerlik oor die tye wat hy afgetree het, maar dan weer deur ‘n ander instansie nadergetrek is en weer gaan werk het. Toe hy gevra is om die nuutgestigte raad van Balju’s aan die gang te bring, sê Preto het hy onmiddellik ingespring.
“In die kompleks in Durbanville, Kaapstad waar ons nou bly, het almal hom dadelik raakgesien en baie vinnig was hy op die huiseienaars vereniging verkies. Die feit dat hy altyd eerlik is in alles wat hy doen en alles net op die regte manier gedoen wil hê het dadelik die aandag van die kompleks bestuur gevang en hy is vinnig nader getrek.”
Francois, die oudste woon vandag in Pretoria. Sy praat met moederlike trots oor haar eersteling en sê hy het vir baie jare by ABSA gewerk, Nadat hy daar afgetree het werk hy as verbandmakelaar.
“Ester woon vandag sommer net so ‘n klipgooi van ons af. Sy het ‘n regs kwalifikasie en sy en haar man is al twee eiendomsagente. Hulle twee werk saam by dieselfde agentskap.”
Sanet en haar man woon op Hopefield aan die weskus se kant naby Vredenburg. Die twee is beide rekenaar programmeerders. Hulle werk van die huis af, en doen baie kontrakwerk.
Die jongste, Kobus het weer ‘n heeltemal ander rigting ingevaar as sy broer en susters. Hy het landskapsargitek werk in Pretoria gedoen. Hier het hy toe ook ‘n Bestuur opleidingskursus by die Technikon verwerf. “Sy belangstelling lê veral in tuine. Alles wat met tuine te doen het. Sy vrou se ma wat ‘n Nederlandse paspoort hou, het toe na Engeland verhuis. Die kinders is toe ook oor waar hulle eers in Surrey gewoon het en Kobus toe by ‘n plek daar gewerk, maar hy het later besluit om op sy eie te gaan waarna hulle toe later na die Eiland Wight verhuis het waar hulle steeds woon.”
Die egpaar Stemmet is ook geseën met pragtige kleinkinders. Ester het twee kinders, waarvan een nou in matriek is en die ander een in die kollege is. Kobus het drie dogters waarvan die oudste tans jeugwerk en teologie studeer. Sy jongste is 10 jaar oud.
Francois het geen kinders nie. Ten tye van hierdie onderhoud was een van die kleinkinders is ook al getroud, en die tweede kleindogter is verloof en beplan om teen die einde van hierdie jaar (2024) te trou.
“Dit is moeilik met die kleinkinders om toe te sien dat hulle almal ‘n goeie opvoeding kry, maar die kinders presteer baie goed.”
Sy sê ten spyte van die feit dat Adamus reeds 87 jaar oud is, is hy nog baie besig, veral met die manier waarop die Staatsdienspensioenfonds bestuur word. En is gevolglik nog baie uithuisig. “Ons het goeie vriende na ons omsien. My vriendin se man is reeds 14 jaar gelede oorlede. Adamus ontferm hom maklik oor mense en verleen graag hulp aan vriende en ander. Sy liggaamlike vermoë hou ongelukkig nie meer heeltemal by met die gees nie – maar as hy iets wil doen dan doen hy dit.
Petro se stokperdjies.

Wat is hierdie 80-jarige vrou se belangstellings en waarmee hou sy haar deesdae besig. Sy doen graag mosaïekwerk en is ook betrokke by ‘n mosaïek-groep wat elke Maandag bymekaar kom. Sy hou daarvan om legkaarte te bou, sy hou daarvan om skilderye met nommertjie te maak en sy lees graag. Die aftree oord waar hulle sedert Adamus se finale aftrede (uit amptelike werke) in Durbanville in die Kaap woon het sy eie biblioteek en Petro is ‘n gereelde besoeker daar. “Hier is nou ons finale aftrede in hierdie ongelooflike groot kompleks saamgestel uit net woonstelle en ’n siekeboeg. Ons het 23 jaar in ons huis in die Kaap gewoon voordat ons hierheen verhuis het toe ons begin ouer word het. Ons geniet dit vreeslik hier. Hier by ons huis val mense sommer sonder vooraf kennis in en dan kuier ons. Ons deur is altyd oop.”
Adamus se geliefkoosde kos.
Natuurlik, hy het mos op ‘n plaas grootgeword so dit is seker nie snaaks om te hoor een van sy mees geliefkoosde kosse is afval en dan kook hy dit ook nog self. Nog bewyse van sy plaas dae is sy liefde vir kaiings en moskonfyt. “Hy ou van outydse kosse. Hy was ook altyd baie lief om ‘n lekker stukkie vleis op die braai vuur te gooi, maar hier mag in die kompleks nie gebraai word nie.
Ouma en oupa geniet dit om saam met hul kinders en kleindogters te kuier. “Ons het twee pragtige kleindogters wat sommer hier naby ons woon en hulle bederf oupa verskriklik. Die ander bly natuurlik te ver na ouma en oupa se sin.”

AS JY MET GRASIE OUER WORD


DIE DOOD VAN LT.GENL. COLIN STEYN
Kort nadat ek ‘n stukkie op Facebook geskryf het die dag met die afsterwe van lt.genl. Colin Steyn, het Adamus die volgende e-pos aan my gestuur.
Sarie,
Eina!
Slegte nuus wat jy op FB bring. Ek het na sy vrou se dood ‘n paar keer met hom gesels net om hom op te beur. Hy het haar oorlye moeilik ervaar en het soms gebel net om sommer te gesels. Dit kon ons twee goed doen. Colin en ek was vir jare vriende en hy was my groot ondersteuner toe baie van sy kollegas skepties was oor ons agterdog oor die welsyn van ons pensioenfonds. Amagp het ‘n staatmaker verloor — en ek ‘n staatmaker vriend.
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
adamusp2602@gmail.com

3 JUNIE 2024. NET TOE EK DINK EK IS KLAAR, TOE KOM HIERDIE E-POS BOODSKAP NOG VAN ADAMUS AF.
Sarie,.
Baie besig en al weer op pad dokter toe.
Ek probeer iets oor verkiesing skryf.
Vanoggend op RSG geluister oor toe RSA TV gekry het. Ek wil ‘n stukkie daaroor vir jou skryf oor hoe dit my gesin getref het as jy nog plek het..
Ons is ongeveer 20 Julie in Pretoria vir ‘n paar dae.
Groete
Adamus P. Stemmet
Durbanville
0823209245
0871580225
adamusp2602@gmail.com
Sien vrywaring aan die einde van die artikel – Redakteur

GOOGLE OOR AP STEMMET
A. P. Stemmet was a senior government official in South Africa, involved in the State Security Council Secretariat and the Board for Sheriffs, known for his expertise in handling government records and participating in legislative discussions. He is described as a “man of many talents” and was a representative for the AMAGP (Association of Monitoring and Advocacy of Government Pension Fund).
Key Roles & Contributions:
• State Security Council Secretariat: Stemmet was a senior official responsible for managing records within this crucial government body.
• Board for Sheriffs: He represented the board in parliamentary hearings, contributing to discussions on legislation like the Sheriffs’ Amendment Bill (B2-98).
• AMAGP Representative: He issued statements on behalf of the AMAGP, such as on the release of the Mpati Commission Report, demonstrating his involvement in broader public and municipal affairs.
• Legislative Participation: He was involved in discussions related to the Attorneys’ Amendment Bill(B7-98), Witness Protection & Services Bill (B9-98), and Debt Collectors Bill(B102-97), indicating a significant role in South African legislative processes.
Nota: AP Stemmet is egter van mening dat die belangrikste bydrae wat hy in verband met wetgewing gemaak het, sy stappe was om die Jurie Stelsel af te skaf.
In sy tydperk as Staatsaanklaer in Lydenburg, het hy gevind dat die onkundige beskuldiges in moord sake voor die voet verkies het om deur ‘n regter en jurie verhoor te word. Tot hul skok moes hulle later waarneem dat die jurie nie uit hulle eie mense bestaan nie, maar dat almal wit was.
By hul verhoor moes met groot moeite ‘n jurie saamgestel en gedagvaar word om vir dae beskikbaar te wees by die hof, net om by die verhoor te hoor dat die Pro Deo Advokate die hof meedeel dat die beskuldiges van plan verander het. En dan verkies het om op ‘n ander wyse verhoor te word. AP Stemmet het die tolke opgelei van die volle implikasies van ‘n keuse om deur ‘n jurie verhoor te word. Die jurie verhore het toe soos ook elders in die land byna heeltemal uitgesterf.
Toe die Strafproses Wet later weer gewysig word, het AP, toe Justisie se Parlementere Beampte, gesorg dat die Jurie Stelsel formeel afgeskaf word.
Hy is egtyer van mening dat die belangrikste bydrae wat hy in verband met wetgewing gemaak het, sy stappe was om die jurie stelsel af te skaf.
In sy tydperk as Staataanklaer in Lydenburg het hy gevind dat die onkundige beskuldigdes in moord sake voor die voet verkies het om deur ‘n regter en jurie verhoor te word tot hul skok moes hulle later waarneem dat die jurie nie uit hulle eie mense bestaan nie, maar dat almal wit was.
Public Profile:
• A. P. Stemmet is recognized for his extensive career and expertise within the South African government.
• He is mentioned in historical records and parliamentary documents, underscoring his involvement in important events and policies.
• He maintains a professional profile on LinkedIn South Africa, though he is listed as “Retired at Self”.

Adamus, namens almal van ons by Nongqai en ons lesers. Baie dankie vir jou jarelange diens aan die land. Dankie dat jy steeds veg vir dinge wat vir jou van belang is. Ons salueer jou!! Sarie.




SLOT | END


50 JAAR LATER : ONS EER ONS GESNEUWELDES
Op Sondag 11 Januarie 2026 het oud-lede van Regiment Oranjerivier ‘n kranslegging by die NG Kerk Melkbosstrand gehou om die regiment se betrokkenheid by Operasie Savanah, 50 jaar gelede, te herdenk.
Oud Ere-kolonel A.P. Stemmet was die dryfveer agter hierdie besondere geleentheid, ondersteun deur Lt. H.O. de Waal en R.S.M. Karel Minnie. Die reëlings was puik en het alle oud-pantserlede trots gemaak. Kol. Stemmet het die krans gelê, waarna lede wat die behoefte gehad het, ook blomme by die gedenkmuur van die kerk kon neerlê. Die kranslegging is afgesluit met tee en verversings – ons dank aan Ricky Minnie vir haar reëlings.
Die leraar van die gemeente, Ds. Louw, het die lede welkom Iaat voel. Daar was ‘n goeie opkoms – onder andere 4 lede wat saam aan Operasie Savanah deelgeneem het. Oud ROR-lede het ver gereis – James Stone en sy 2 seuns vanaf Springbok in die Noord-Kaap en Marius de Witt vanaf Caledon.
Gedurende hierdie operasie het die Regiment een kavalaris verloor. Die kranslegging was ter ere van alle oud-lede wat die hoogste prys betaal het gedurende diens gelewer aan die Republiek.
Die lede teenwoordig het hul behoefte uitgespreek om die Pantserbond in die Wes-Kaap aktief te kry waar pantsertede hul herinneringe kan laat herleef.
Dit was voorwaar ‘n geleentheid wat almal teenwoordig, trots laat voel het en met heimweë terug laat dink het.
WE WILL REMEMBER THEM.
W RALL


L/R: Nico Burger, A.P. Stemmet, Henri Helmuth, Prof. W.P. Pienaar
