143.Adamus Stemmet (Deel 2)
Vervolg van Deel 1
Pleitstukke vir die Wêreldhof in Den Haag.
Hy word tydelik gesekondeer aan die Departement van Buitelandse Sake om die span advokate van die Republiek van Suid-Afrika (RSA) behulpsaam te wees met die opstel van die pleitstukke vir die wêreldhof in Den Haag. Dit was die saak van Liberië en Ethiopië teen die RSA in verband met die voogdyskap van die RSA oor Suidwes-Afrika, nou Namibië. Oor hierdie ondervinding sê Adamus “dit was vir my ‘n ongelooflike ervaring. Ek het so baie geleer uit hierdie verrigtinge. Pik Botha was ‘n uitstekende advokaat saam met ander senior advokate en ons het ‘n baie gedugte span daarheen gestuur.
Hy is daardie tyd getroud en toe die res van die A-span, waarby ‘n jong Kudu Eksteen, later die RSA se verteenwoordiger by die VVO en ook hoof van die SAUK was, oorsee vertrek het waar hulle veg vir die reg om die RSA se voogdeiskap oor Suidwes te behou. Toe die A-span oorsee vertrek het, was hy en Petro op hulle wittebrood. Hy was toe die skakelbeampte tussen die span in Den Haag en dié in Suid-Afrika.
Hy moet net eers vinnig afwyk van die onderwerpe waaroor ons besig om te praat en eers vertel van hom en Pik Botha (die latere Minister van Buitelandse Sake).
“Pik en ek was vir ‘n tydperk saam parlementêre beamptes vir ons onderskeie departemente gewees. Na hierdie gebeurtenis het Pik op ‘n dag vir my gevra of ek nie vir hom kan help sodat hy ‘n oorplasing kon kry na Justisie toe nie as ‘n Staats Regsadviseur nie, aangesien hy nie bevordering by Buitelandse Sake kry nie. Ons het juis in daardie tyd ‘n geweldige tekort in Justisie aan mense met LLB-graad gehad. Oom Ouboet Oberholzer was daardie tyd Sekretaris van Justisie gewees en ons dreig toe Buitelandse Sake dat ons al hul amptenare met regsgrade na Justisie sal laat oorplaas.
Tjop-tjop kry Pik toe bevordering. Ek en een van die ander amptenare het Pik later aangemoedig om in politiek in te gaan. Die gevolge is welbekend.

Adamus se Petro en Pik se Helena (sy eerste vrou) het groot vriende geword hierna. “Helena het op ‘n stadium toe sy baie siek was vir Petro gesê dat sy soms baie eensaam voel omdat Pik in sy politieke loopbaan so baie uithuisig was, sy was siek en kry nie besoekers nie. Ons besluit eendag om vir haar te gaan kuier, ons wou haar verras, maar op pad na haar toe het die boodskap deurgekom dat sy oorlede is. Ek is steeds spyt dat ons haar nie weer voor haar dood gesien het nie.”
Adamus sê dat hy altyd spottenderwys vir Pik geterg het en vir hom gevra het hoe hy dit reggekry het om as so ‘n onbeskofte persoon so ‘n mooi vrou met so ‘n pragtige persoonlikheid soos Helena getrou het.
Adamus keer in 1965 terug na die Departement van Justisie en word op 31 Maart 1965 aangestel as Justisie se Parlementêrebeampte. Wyle Advokaat John Vorster was die Minister van Justisie, met wyle Dr. HF. Verwoerd as die eerste minister van Suid-Afrika. Die amp het hy vir tien jaar beklee.

Die moord op Dr. HF. Verwoerd:
Die dag van 6 September 1966, sal soos in die geval met miljoene ander Suid-Afrikaners, vir ewig in sy geheue ingebrand wees.
“Ek is aangesê om die dag om 14:15 in die parlement teenwoordig te wees want Dr. Verwoerd sou in die parlement praat. Maar ek was nie in die parlement nie, ek wou net hoor wat hy gaan se wat my minister sou raak en het dit eers later in sy toespraak verwag. Almal het geweet hy gaan iets baie belangriks sê. Die verwagting was dat hy oor toekomstige staatkundige ontwikkeling in Suid-Afrika sou praat. Dr. Verwoerd het dieselfde oggend eers van Pretoria af in Kaapstad aangekom en niemand het dus geweet wat hy sou sê nie. Hy was nie iemand wat van ‘n geskrewe toespraak gepraat het nie, gewoonlik het hy net ‘n stukkie papier met notas op by hom gehad met statistiek op.” Dit ten spyt was dit nie snaaks vir hom om tot twee-en-‘n-halfuur te praat as hy die dag iets belangriks te sê gehad het nie. Skinder stories dat sy toespraak in sy tas was, wat glo sou verdwyn het, is nie waar nie. Dr. Verwoerd het nie ‘n tassie gedra nie.

Hy voeg by dat die parlement destyds nie baie veiligheidsbewus was nie. Dr. Verwoerd (foto) was self nie baie gepla oor veiligheidsreëlings vir hom persoonlik nie.
Daar is die geval van die polisieman aan diens by die parlement wat een oggend 02:00 opgemerk het dat daar lig in Dr. Verwoerd se kantoor skyn. Hy het gaan ondersoek instel en het Dr. Verwoerd daar aangetref waar hy met sy rug na die venster sit en werk!
Na die dood van dr. Verwoerd is veiligheidsmaatreëls vinnig opgeskerp.

Die Minister van Justisie moes tydelik uit pos verwyder word.
Toe die destydse Minister van Justisie, Mnr Peet Pelser, se personeel begin agterkom dat hy snaaks optree en alles nie pluis was met sy gesondheid nie, hoewel hy geweier het om mediese advies te kry, moes vinnig ‘n plan gemaak word. Die minister moes oor vier dae twee belangrike wette deur die parlement sit.
“Sy personeel sê toe vir my die minister is siek, baie siek, maar hy wil nie huis toe gaan nie. Ek gaan spreek toe die minister en bevestig dat hy nie in staat was om ‘n parlementêre debat te voer nie.
“Ek en Ben van Wyk, sy Privaat Sekretaris, gaan toe na Mnr John Vorster, wat toe Eerste Minister was, toe en vertel vir hom van die siek Mnr Pelser. Hy het voorheen aan Ben gesê as iets met Mnr Pelser verkeerd gaan, moet hy hom persoonlik bel en hy sal dan ’n plan maak. Mnr. Vorster bel toe sy en Mnr Pelser se persoonlike dokter en vra hom om Mnr Pelser te bel en te vra dié moet asseblief dadelik Groote Schuur-hospitaal toe kom vir toetse deur hul dokter. Dié sit Mnr Pelser dadelik in die bed en sê hy sal ongelukkig ‘n paar dae in die hospitaal moet bly. Die dag toe die wette voor die parlement moes dien, is dit deur ‘n ander minister gedoen. Minister Pelser het kort daarna uit diens getree.” AP het dit as sy plig gesien om as parlementerebeampte toe te sien dat alles wat sy departement raak, glad moes verloop.



Landdros en Kommissies van Ondersoek

Aanstellingsbrief as landdros 1973
Adamus was betrokke by verskeie kommissies van ondersoek, onder andere Die kommissie van Ondersoek na Sekere Organisasies (die Schlebusch-kommissie) in 1973. Hy lei getuienis en skryf die verslag in verband met die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRR). Vir die werk wat hy hier gedoen het, word hy deur die Eerste Minister vereer. Toe die kommissie die IRR se hoofkantoor in Johannesburg besoek bestook studente van Wits ons met eiers en tamaties. Lang Louis Le Grange probeer nog sy langlyf agter ‘n Volksiekewer wegsteek toe ‘n tamatie hom voor die bors tref.

TYD SAAM MET FW DE KLERK
AP was parlementêre verteenwoordiger toe FW de Klerk as jong man na die parlement gekom het. “FW was ‘n prokureur op Vereeniging in 1972 in die parlement aangekom het. Ons albei het kinders op skool gehad, en het dus vroeg na Kaapstad (Akasia Park) verhuis. Terwyl hulle gewag het vir die Parlement om te begin het hulle ‘n deeglike studie van die Kaapse gholfbane gemaak en goeie vriende geword.
FW is verwys deur sy kollegas na my vir advies vir ‘n onderwerp vir sy nooienstoespraak toespraak. Hy vra my toe vir advies oor ‘n onderwerp. Ek stel toe voor dat hy oor regshervorming praat waaroor ons eersdaags ‘n wetsontwerp by die parlement sou indien. Ek het my notas vir hom gegee en gewag dat hy dit met my moet kom bespreek en sê waar ek moet verander, maar hy het dit net so gelewer.”
“Na my dae by die parlement word ek tot ondersekretaris bevorder. Ek het my gate uit geniet om hierdie konserwatiewe departement op sy kop om te keer. Vir alles moes jy toestemming kry. Selfs as jy ‘n tikmasjien wou koop, moes jy eers by die Staatsdienskommissie en dan by die Tesourie toestemming kry daarvoor. ‘n Lang proses.
“Woordverwerkers het daardie tyd net ingekom. Justisie en Tesourie wou egter nie geld gee vir die aankoop van woordverwerkers nie, hulle het moeilik modernisering goedgekeur. Woordverwerkers het gehelp om die werk baie gemakliker en vinniger te laat verloop. Ek stel toe vas dat daar geen voorskrifte was wat my verhinder het om dit te huur nie. Ek kry toe ‘n kwotasie vir huur, maar ek sê vir die kontrakteurs om die kwotasie te laai sodat die apparaat na twee jaar ons eiendom word – dit was makliker om dan later ‘n arbeidsbesparende hulpmiddel te vervang. Die woordverwerkers is gehuur en almal het die waarde daarvan in kantore besef”.
FW is toe amptelik as president van Suid-Afrika ingesweer.
FW de Klerk het ongelukkig in sy loopbaan as Minister nooit in sogenaamde ‘rasse’ en veiligheids departemente gedien nie. Hy was dus totaal onkundig oor landsveiligheid en ras aangeleenthede. Ongelukkig het hy nie kundiges oor daardie velde aangestel nie.
Ek is bewus daarvan dat toe die Staatsveiligheidsraad en Kabinet by geleenthede deur die veiligheids magte ingelig is, FW as Minister sleg deurgeloop het. Miskien was sy wrewel teen die veiligheidsmagte dus verstaanbaar. Dat hy egter die land skade aangedoen het deur sy persoonlike verleenthede op die veiligheidsmagte uit te haal kan nie verskoon word nie. Ongelukkig het hy emosie bo landsbelang gestel.
AP kon toe bevordering na Ondersekretaris van Justisie by die parlement kry, maar hier moes ‘n belangrike besluit in gesinsverband geneem word. My dogter was toe gereed vir hoërskool en my seun was reeds in Hoërskool Wagpos op Brits. Vêrdere parlementêre diens sou ontwrigtend vir die gesin wees. Ek het ‘n klein plasie tussen Brits en Pretoria gehad.
Hier eindig my loopbaan as Justisie se verteenwoordiger by die parlement.

Adamus en Petro saam met hul seun en skoondogter op die gholf baan.

A.P. Stemmet – Die Man agter die destydse Staatsveiligheidsraad.
In 1980 het hy twee vinnige bevorderings gekry, een was na die Tak Landsveiligheid (later die Sekretariaat van die Staatsveiligheidsraad genoem) in die departement van die Eerste Minister as tweede in bevel. Toevallig tref ek my Opperbevelhebber van jare gelede, in Angola, waar ek as lid van die Regiment Oranje Rivier diens gedoen het, daar aan as hoof van die Tak. Ek was verantwoordelik vir Herorganisering van die Tak Landsveiligheid deur die skep van:
- tak administrasie;
- tak strategie;
- tak nasionale vertolking;
- tak strategiese kommunikasie;
- tak Gesamentlikebestuursentrum
- tak opleiding
Hy bevorder die ontwikkeling van die nasionale veiligheidsbestuurstelsel en stel dit binnelands en in die buiteland bekend

Senior personeel van die SSVR (veiligheid).
Van links na regs: Brig.genl. W. van der Waals, Genl.maj. Alex Potgieter, Genl.maj. J FJ van Rensburg, Lt. Genl. P.W. van der Westhuizen (uittredende hoof!) Lt. Genl. C. Lloyd (inkomende hoof), A.P. Stemmet (hoofkoördineerder) Genl. Maj. Kiewiet Geldenhuys en Brig. Genl. Jan Erasmus. (Almal SAW-generaals).
AP het lank voor FW se toespraak die leiding geneem met die hulp van en deur middel van die Instituut vir Toekomsstudies van die Universiteit van Stellenbosch om die vakgebied in die staatsdiens te skep, ontwikkel en te bevorder (sien die boek “BREAKING THE MOULD” deur prof Nick Segal waarin AP Stemmet as “interviewee” en bron aangehaal word) – ‘n vakgebied waar daar tesame met Onderhandelingsvaardighede ‘n groot behoefte by staatsamptenare en politici was.


Altyd reg vir ‘n braaivleis.

Eerste Aftrede
Hy het met vervroegde pensioen in November 1990 by Landsveiligheid afgetree, grootliks omdat hy nie bereid was om deel te hê aan die wyse waarop die Nuwe Suid-Afrika geskep sou word nie. FW het na sy mening fouteer deur sy sterkste magsbasis, die veiligheidsmagte, af te takel. Wanneer die ANC dus telkens met massa-aksie gedreig het, het hy geen teenvoeter gehad nie. Die vraag wat telkens ontstaan is waarom FW en sy onderhandelaars by Codesa nooit gebruik gemaak het van mense met kennis van Toekomsstudies en Onderhandelingsvaardighede nie. Daar was sulke mense beskikbaar. Hy het besef hy kan nie met FW se nuwe Suid-Afrika saamwerk nie bloot omdat die regering dit nie goed deurdink het voor FW se dramatiese aankondiging in Februarie 1990 nie. Hy het in elk geval gedink Staatkundige ontwikkeling om alle rasse in te sluit moes baie vroeër al begin het.
Hy vertel verder dat toe Genl. Constand Viljoen in 1980 hoof van die weermag geword het, het hy reeds die regering gewaarsku dat die veiligheidsmagte net vir solank op die kokende pot se deksel kan sit en dat die staat sal moet verander.
In Oktober 1982 het AP op versoek van PW Botha sy mening oor die driekamer parlement as staatkundige oplossing vir die RSA gegee. Eerstens wou PW Botha met sy twee derdes meerderheid in die parlement die staatkundige verandering aanbring sonder om n referendum te hou. Hierteen het AP baie ernstig gewaarsku. Hy was ook van mening dat die driekamer parlement nie sou slaag nie omdat die grootste bevolkingsgroep, die swart mense, heeltemal uitgesluit was. Hy het die politici en die Tak Staatkundige ontwikkeling van die departement van die eerste minister (later deel van die departement van beplanning), oor jare met geen aanvaarbare oplossing vorendag gekom het nie verwyt.
Op ‘n vraag van wat hy na sy eerste aftrede gedoen het, kom die antwoord: “Ek het so drie of vier maande by my huis op Sandbaai gesit – toe ek ‘n versoek van die nuut gestigte Raad van Balju’s kry. Hulle vra of ek nie ‘n paar maande daar wil kom help om net aan die gang te kom nie. Hulle kon nie die administrasie regkry nie. ‘n Paar maande het toe 10 jaar geword.”
Adamus word in Maart 1991 as eerste bestuurder van die Raad van Balju’s aangestel. Hy was verantwoordelik vir die stig van die kantoor vir die Raad, wat opleiding van balju’s, dissiplinêre optrede en die bestuur van ‘n getrouheidswaarborg fonds. Hy help die Departement en Minister van Justisie om wysigings aan die Wet op Balju’s op te stel en te implementeer. ‘n Groot taak waarvoor hy verantwoordelik was, was om balju’s in te lig van die bepalings van hierdie Wet. Daar is reeds toe begin om met die oog op die toekoms balju’s van die onafhanklike swart state en selfregerende gebiede op te lei.

Hierdie was ‘n raad om op trots te wees
Na sy tweede aftrede in 2001 word AP deur op versoek van die Switsers aangestel om ‘n span te lei om met behulp van hul befondsing ‘n ondersoek en aanbevelings te maak om swart balju’s, veral uit die vorige TBVC-state en selfregerende gebiede op te lei om as balju’s in die nuwe Republiek van Suid-Afrika te funksioneer. Met die beskikbaarheid van fondse kon die opleiding van swart balju’s kon AP en sy span toe op groot skaal aanpak.
Die beheerliggaam vir hierdie projek het bestaan uit die Adjunk-Minister van Justisie, twee verteenwoordigers van die Switserse skenkers, ‘n paar parlementslede en lede van die Raad vir Balju’s. Toe AP na die eerste fase aan die beheerliggaam verslag doen versoek hy toestemming om ‘n onafhanklike ouditeur aan te stel wat maandeliks aan hom en na die voltooiing van elke verdere fase aan die beheerliggaam verslag moes doen. Die Switsers se reaksie was dat dit onnodig was omdat hulle AP vertrou en hy slegs aan die einde van die projek hoef te sertifiseer dat die fondse spandeer is vir die doel waarvoor dit geskenk is. AP het botweg geweier om dan voort te gaan aangesien sulke optrede maklik tot korrupsie kon lei wat toe volop in Suid-Afrika was. Die beheerliggaam moes toe aan sy versoek voldoen.

Tweede Aftrede
Vir die tweede keer in sy werksloopbaan tree hy einde Februarie 2001 finaal af(of was dit regtig finaal?) bou ‘n nuwe huis en vestig hom en sy gesin te Durbanville in die Wes-Kaap waar hulle vandag nog woon. Hy word onmiddellik as voorsitter van die trustees van die veiligheidskompleks verkies. Hy was toe al byna 70 en het baie jare diens aan Suid-Afrika gelewer, maar rus steeds nie.

Adamus is ‘n gesinsmens en boonop baie lief om ‘n vleisie te braai. Hier leer hy sy eerste kleindogter, Zanél, die kuns van die braai van vleis – en Marshmallows.
Maar die Minister van Justisie trek hom weer nader en hy word na sy aftrede as voorsitter van ‘n komitee van ondersoek aangestel om sekere aspekte rakende die balju beroep landswyd te ondersoek en aanbevelings te maak.
Hy is vandag, soos hy sê besiger as toe hy gewerk het. Hy is deesdae so bedrywighede met dinge wat volgens hom verkeerd gedoen word in ons land, dat hy laggend sê “ek wonder party dae of ek so besig was toe ek nog gewerk het.”

ADAMUS EN ‘N PAAR VRIENDE PAK ONGERYMDHEDE BY GEPF.
Adamus is ‘n aktiewe draadloosluisteraar en koerantleser. Niks ontglip sy aandag nie en so raak hy en vriend James Galvin toe dan ook gedurende 2011 bewus van ongerymdhede rakende beleggings namens die Staatsdienswerknemerspensioenfonds en begin ondersoek instel. Hy betrek ‘n groepie kollegas hierby in en hulle rig verskeie vertoë in verband met beweerde ongerymdhede en roep die hulp van die Openbare Beskermer in nadat sekere personeel-organisasies nie bereid is om op te tree nie. Adamus tree in September 2016 op as voorsitter van ‘n byeenkoms vir groep staatsdiens pensionarisse om ‘n organisasie te stig wat hom beywer vir die instandhouding van die Staatsdienswerknemerspensioenfonds (AMAGP). Tree later as segsman en mede-parlementêre verteenwoordiger van AMAGP op.
Op 5 en weer 16 Februarie 2016 rig AP skriftelike vertoë aan die Openbare Beskermer (OB) met lang lyste van vermoedelike ongeruimdhede. Gedurende September 2016 beweer amptenare van die OB dat hulle nooit sulke vertoë ontvang het nie. AP het egter kwitansies gehad dat beide dokumente per hand ingehandig is. Geen onderhoude is met AP of kollegas gevoer nie, maar wel met die HUB van die GEPF. Die verslag van die OB is ook net aan daardie HUB gestuur en nie aan AP as klaer nie. Hy moes persoonlik daarvoor vra. Toe ‘n parlementêre komitee ondersoek ingestel het na die geskiktheid van die toe dienende OB het AP besluit om nie wraak te neem en sy eiertjie te lê teen haar by die komitee nie.
Maar die begrip van sit en niks doen by die huis was nie in Adamus se woordeskat gewees nie. Hulle vorm ‘n groep met die naam AMAGP en besluit om die beleggings van die pensioenfonds noukeurig dop te hou en ook in te gryp toe hulle agterkom dat miljarde rande “verlore” raak.
Sedert hulle in 2012 met hul veldtog teen wanbesteding en ander ongerymdhede wat by die pensioenfonds aangaan, begin het, het hierdie 88-jarige nog nie voet van die pedaal afgehaal nie. Saam peper die groepie die pensioenfonds se trustees, die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die enigste instansie is wat die pensioenfonds beleggings kan doen.
“Ons het reeds in 2011 begin vrae vra toe ons begin agterkom dat dinge in die pensioenfonds nie baie goed gaan nie. Dat wanpraktyke plaas vind en dat skewe beleggings gedoen word. Dat daar soms nie behoorlik, of glad nie, terugvorderings van verliese gedoen word nie.
Een van die eerste voorbeelde van die wanbesteding of skewe beleggings wat ons opgetel en nagevors het, was toe die African Bank in 2014 in een gestort het. Hier is miljarde rande as reddingsboei aan die bank gegee. Op ons aandrang het die Reserwebank Adv. John Myburgh aangestel om ondersoek in te stel en ‘n verslag opgestel. Maar die Reserwebank weier eenvoudig om daardie verslag bekend te maak. Met behulp van die DA word die Reserwebank verplig om die verslag wat verdoemend was bekend te maak. Ongelukkig is die R4 miljard wat die pensioenfonds gely het nooit teruggevorder nie”.
Toe daar met belanghebbendes oorleg gepleeg is om AMAGP te stig was Genl. Johan van der Merwe ‘n afgetrede kommissaris van Polisie van mening dat ons eers van die bestaande strukture tot hul beskikking gebruik moet maak. “Ons weer was van mening dat vakbonde en personeelverenigings oor baie jare geen aandag gegee het aan die volhoubaarheid en groei van die pensioenfonds nie. Miljarde rande is dus tot die skade van die pensioenfonds gelei. Die Mpati-kommissie van ondersoek van ondersoek is toe op AMAGP se versoek en na vele druk deur die president aangestel.
“Die Mpati-kommissie het na ‘n uitgerekte en deeglike ondersoek 377 aanbevelings van ongerymdhede en skewe beleggings deur die Openbare Beleggingskorporasie gemaak. Na vier jaar word dit steeds geheim gehou oor watter en hoe sommige aanbevelings uitgevoer is. Geen polisieondersoeke, vervolgings en terugvordering van verliese het tot op datum plaas gevind nie.”
Hy wys daarop dat die Wet van 1996, waaronder die GEPF ingeskep is is duidelik dat dit ‘n pensioenfonds vir werknemers van die regering geskep is. Volgens die wet moet alle beleggings wat gemaak word dus vir volhoubaarheid en groei van die pensioenfonds gemaak word. Enige beleggings wat nie aan hierdie vereistes voldoen nie is onwettig. Dit is dus duidelik dat beleggings vir enige ander doel gemaak word om regeringsverpligtinge na te kom.
Beleggings in die sogenaamde staatsbeheerdeinstansies soos Denel, Transnet en Eskom word nou al gereeld met pensioengeld reddingsboeie gegee. Byvoorbeeld is tot dusver in Eskom meer as R82 miljard belê. “Daar was al verskeie pogings deur Cosatu om die pensioenfonds se fondse aan te wend om aandele in Eskom te koop. Toe hierdie poging gesink is omdat dit onwenslik was om aandele in ‘n bankrot instansie soos Eskom te koop, is die gedagte gelaat vaar. Toe kom die volgende poging: daar sou dan ‘a special financial vehicle’ geskep word om Eskom se skuld van R256 miljard onder leiding van die Openbare Beleggingskorporasie te bestuur. Baie instansies het daarteen gestem maar Cosatu het weer baie sterk daarvoor gestem. Toe hulle nie daarmee kon slaag nie, het die regering met die plan gekom dat geld van die pensioenfonds in van die regering se infrastruktuur projekte te belê. Toe dit ook nie slaag nie het die president aangekondig dat die beleggings in infrastruktuurprojekte so aanloklik gemaak sou word dat pensioenfondse graag daarin sal belê. AMAGP se reaksie in ‘n persverklaring deur Adamus was dat dit ‘n mens laat dink aan die ou kinderstorietjie van Jakkals wat vir Gansie vir ete genooi het. Dit lei so: Jakkals sê vir Gansie kom eet vanaand by my. Daar is heerlike kossies en uintjies uit die vlei! Nee dankie sê die Gansie, as ek by jou kom kuier, eet jy my seker op.”
Hy vertel van die ongelyste beleggings, die sogenaamde Isibya-Beleggings waarin beleggings gemaak is maar dat hierdie beleggings geheim gehou is. Op versoek van AMAGP het die DA druk op die Minister van Finansies geplaas om besonderhede voor die Staande Komitee vir Finansies (Skof) van die Parlement te lê. Dit het op 18 Oktober 2016 gebeur en die inhoud was skokkend. By die staande komitee is geweier om die OBK se vertroulike verslag aan AP en James Galvin te gee. AP neem (steel) toe 2 kopieë wat vir jare daarna nog met vrug gebruik is.
“Teen 2017 blyk dit toe dat 30% van die Isibya-beleggins “onder presteer”. Latere jaarverslae het aan getoon dat die “onderprestering” reeds jaarliks reeds 47% beloop. Miljarde van die Staatsdienspensioenfonds se geld word dus jaarliks in ‘n bodemlose put gegooi. By ‘n perskonferensie in Oktober 2017 het Dr Dan Matjila, toe HUB van die OBK aangekondig dat die 54% aandeelhouoding in ‘n Isibya-belegging, die sukkelende Daybreak Farms, verhoog is na 100%. Hierdie is een van die grootste hoenderplase in die land.
In Julie 2022 word dit bekend dat een van die senior amptenare van Daybreak Farms in 2021 R150 miljoen gesteel het. In Januarie 2022 ontvang die OBK ‘n forensiese verslag wat hierdie diefstal bevestig. In Julie 2022 toe die OBK aan die finansiekomitee van die Raad van Provinsies verslag doen word hierdie diefstal verswyg. Ek stuur toe aan Mnr Yunus Carrim die voorsitter van die finansiële komitee ‘n epos en vra vir hom of hy bewus is van die R150 miljoen. Hy was absoluut geskok maar stel toe vas dat dit die waarheid is. Daar is na my mening geen stappe teen die OBK gedoen nie”
My ondervinding is dat wanneer instansies soos die OBK en GEPF aan parlementêre komitee verslag doen hulle of vrae nie antwoord nie, of ontwykend is. By een vergadering van Skof het so baie vrae onbeantwoord gebly dat die voorsitter gelas het dat ‘n opvolgvergadering belê moet word om die uitstaande vrae te beantwoord, maar ongelukkig breek Covid19 toe uit en 74 vrae is nooit beantwoord nie.

Toe ons by AMAGP weer n lawaai opgeskop het omdat die regering van ons pensioenfonds se geld vir hul doeleindes wou misbruik het hierdie kostelike spotprent deur wyle Fred Mouton in Die Burger verskyn.
AP skroom nie om reguit te sê waar die staat verbrou, of belastingbetalers se geld vermors, of wat ook al die geval mag wees nie. Hy skroom nie om behoorlik mond uit te spoel as hy dink daar word nou “met belastingbetalers se koppe gesmokkel” nie.
RSG Geldsake 21 November 2023
Vriende, Ek hoop u probeer ook Sondae 4nm na die GEPF-program op RSG luister. Dit is nou die van u wat dan nie slaap of vergeet om te luister nie. Tracy Peters verskaf dan inligting. Vrae kan dan ingestuur word wat Maandae in die Program OP EN WAKKER geantwoord word. Het u dit al gebruik? My vrae vir môre 20 November gaan oor 1) Forensiese ondersoeke na huwelike wat weduwees maande sonder inkomste laat; 2) Onwettigheid van beleggings; en 3) lang en korttermyn beleggings. U kan gerus help om so die GEPF op hul tone te hou, Onthou u stilswye kan as instemming vir hul dade beskou word.
Groete
Kom ons kyk of hulle antwoord.
Adamus P. Stemmet
Theo, Bestuur,
Dit was nou ‘n geval van bull shit baffles brains..
Ek het bestuur probeer bel om te luister want met Mabesa het ek so iets verwag. Net As het sy foon geantwoord. Albert is uitstedig.
Ek kan nie glo dat ons aan so n ongelooflik goeie pensioenfonds behoort nie. Die reuse bedrae wat glad nie in perspektief genoem is nie, het blykbaar mense beïndruk.
Mabesa se ophemeling strook ongelukkig glad nie met Mogonjane se inleiding van die jaarverslag nie. Daar verduidelik hy die swak groei as gevolg van swak ekonomiese toestande. Ook nie met die gesukkel om ons ‘n 5,5% van die VPI verhoging te gee nie. Ook nie met die langtermynbefondsing van net in die 70% nie. Ook nie hoekom die korttermyn van 124% na 110% gedaal het nie. Ook nie die 43%” onderprestering ” van die Isibaya-beleggings nie. Ook nie. As alles wat Mabesa gesê het waar is , verwag ek ‘n pensioenverhoging van ten minste 12.5 % op 1 April 2024.
Ek stel voor Zirk as segsman, skakel met Ryk van Niekerk. Sy program is baie gewild by pensionarisse wat na vanaand nie weet wie hulle moet glo nie.
Groete.
Adamus P. Stemmet
Op 21 Nov 2023, 18:56 skryf Theo Stehle:
AP
Het geluister. Het verwag wat ek gehoor het. Mabesa het die twee, Ryk en Schalk, ooglopend betower. Jammer dat hul oordeel berus op ‘n oppervlakkige beoordeling van die syfers. Watter boodskap stuur dit aan die land en veral die lede en pensionarisse van die Fonds? AMAGP skree wolf, wolf!
Iemand behoort die perspektief reg te stel.
Groete
Theo
Adamus P. Stemmet
Mr. Musa Mabesa
The Principal Executive Officer
Dear Mr. Mabesa ,
RE: GOVERNMENT EMPLOYEES PENSION FUND (GEPF) LAUNCHING OF TRANSFORMATION POLICY.
We are members of the Public Service Association (PSA) as well as pensioner members of the Government Employees Pension Fund (GEPF). In our first capacity we are privy to the letter with above heading dated 18 October 2023 directed by the PSA to yourself as well as your letter in response dated 26 October 2023. In our second capacity and because we are really worried about our pension fund, please allow us to comment on said letters. Firstly: it is trite that the GEPF was created by the Government Employees Pension Law (GEPL), 1996. It is our considered view that as a creature of law, it is a basic legal principle that the GEPF can only act in terms of what is specifically provided for – not implied – in its founding legislation i.e.the GEPL. The GEPF Transformation Policy and its predecessors (ESG objectives, the Responsible Investment Policy, the strategic asset allocation. Investment Policy Statement and more) thus must all adhere to the principles as set down in the GEPL. The critical principle that guides all GEPF objectives, actions, policies, allocations and statements will be found in the GEPL section 3: Object of the Fund that reads: The object of the fund shall be to provide the pensions and certain related benefits as determined in this law to members and pensioners and their beneficiaries” Your statements about
– ‘being a good corporate citizen of this country requires one to play its part in addressing inequality’
-‘servicing the same members and their communities’
-‘benefit members ultimately’
-‘growing the fund for the benefit of our members and South Africa as a whole’
-more’
Unfortunately are not supported by section 3 – ‘The Object of the Fund’ .
The GEPF’s duty is to its ‘members and pensioners and their beneficiaries’ and nobody else. Neither the GEPF Board of Trustees nor the GEPF management has the right to deviate from the dictates of legislation. It may be politically tempting to support this ‘political correct’ policy but it is and remains unlawful. In summary, none of the policy documents that you rely on to motivate the transformation policy will to our mind stand constitutional and/or legal muster.
Secondly: Your motivation for the adoption of the transformation policy is the public profile of transformation:
-addressing inequality;
-financial returns for the GEPF and
-sustainability for the fund.
Our concern however is in the political and distinct racist emotion that drives transformation. This was eloquently stated by the chairperson of the GEPF Mr. Mogojane during an interview on Radio702 on 16 May 2023. We quote from his statement during this interview which reflects his understanding of transformation:
-the Board of Trustees of the GEPF is a vehicle for transformation to address inequality
-the GEPF must use its muscle for transformation. Example: there are about 30 banks in SA. In the banking sector the CEO’s, the Chief Risk Officers, the Chief Financial Officers are all white males. This needs to change. He asked the questions at a conference hosted by the GEPF: Does it mean black people cannot count? Does it mean black people cannot read? Does it mean black people cannot manage finances? They all will fall off the GEPF bus.
We wonder how the public profile driving the GEPF transformation policy can be reconciled with the political and distinct racist emotional drive for transformation as conveyed by chairperson Mogojane. We and many other employees and pensioners are not concerned about the racial profile of CEO’s, CRO’s or CFO’s in the private sector as long as they meet the ‘fit and proper criteria’ set down for those posts because that ensure profit for the company and job security for the employees. We are very concerned about the GEPF’s push for appointing in practice deployed cadres as CEO’s, Chief Risk Officers and the Chief Financial Officers while not even referring to the fit-and-proper criteria for those posts. It thus is a political demand – not transformational. We note that the cream of available cadres are already deployed in government as well as in state entities and enterprises. If their deployment was political with no reference to being ‘fit and proper’ It is a sad reality that they produced spectacular failures and endemic corruption – both well reported in the media. Such deployments will not deliver efficiency or profit and will put job security as well as South Africa at severe risk. It is our view that the challenge for any transformation initiative is to jettison the racist prioritisation of that and to at all times prioritise merit – the ‘fit-and-proper’ test. Transformation is a need in South Africa. If the GEPF wants to support it, the challenge will be to do it within constitutional and legal parameters and to the direct benefit of its members. It must be clearly stated that investments as provided for now will be perfectly in order and deserve support provided, they are done primarily for the benefit of the pension fund and not done to satisfy the political masters of the deployed.
Thirdly we note your points – quite correctly – that the fund has grown as from 1996 and recovered from being underfunded for the short term. We however point out that that the fund has given for a period of 10 years a pension increase to its members equal to the inflation rate but for the year 2023. We contribute this to the fact an amount of R35 billion was lost due to questionable investment practices with the classic example the politically tainted investment ‘to create a black Naspers’ as testified before Mpati. Even the GEPF (R2.3 trillion strong) could not lose that amount without passing this loss on to its pensioners. Not all investments as envisaged now, clearly judging from the failures in current investments in unlisted institutions, have any hope of success and are therefore illegal. The investments in the so-called Isibaya investments for instance have been showing for years that 40% or more “underperform”.
We make the point that politically motivated investment priorities put the GEPF at severe risk – politics and investments are a bad mix. The inability of the GEPF to call its investment agent – the PIC – to task and ensure consequence management for officials involved as well as the recovery of these funds from these officials in this long list of questionable investments send all the wrong messages: to the perpetrators one of impunity, to the members of the fund that the GEPF is protecting cadres and to the pensioners that the GEPF is not acting in their best interest.
Please attend to this matter.
Finally: Seeing that the Transformation Policy was announced in public and was also widely distributed , we take the liberty to do likewise .
Regards.
James Galvin / Adamus P Stemmet
0828686153 / 0823209245
jgalvinsnr@gmail.com adamusp2602@gmail.com
Concerned members of the GEPF
Foto’s

Saam met sy dogter “êrens by die see”.

Oupa saam met sy oudste twee kleindogters.


Adamus (regs) saam met twee van sy “YSTER” vriende, Tommie Malan en James Galvin.

ADAMUS SE ONDERVINDINGE EN HERHINNERINGE
Angola tydens die Bosoorlog
In Desember 1975 is hy die eerste keer opgeroep na Angola tydens die destydse Bosoorlog. Hier was hy die tweede in bevel van die regiment gewees.
Hy vertel van sy ervarings: “Terwyl ons besig was om oor die grens te beweeg, kom die opdrag ons moet onttrek. Die Organisasie van Afrika Eenheid het gestem en daar is ooreengekom dat Suid-Afrika teen 27 Maart 1976 uit die gebied uit moet wees. Die regering was egter bang dat as Suid-Afrika uit die gebied weg is SWAPO en ander magte uit Angola oor die grens sou stroom. Ons burgermag moet die wag hou (oorwoë terugval). Dit verloop toe so: As die Suid-Afrikaanse magte te stadig terugval raak die vyand ongeduldig en begin op ons troepe skiet. As hulle na ons sin te vinnig Suid beweeg skiet ons weer op hulle.
Die Regiment Oranje Rivier (ROR) was ‘n pantser kar – regiment, bewapen met Eland 90 en Eland 60 pantser karre. Daar kom toe ‘n opdrag van Opperbevel dat hulle nie die pantser karre teen vyandelike tenks mag aanwend nie. Dit was makliker gesê as gedaan, want toe Russiese tenks ROR se B-Eskadron onder die bekwame Majoor Hennie Brand aanval kon hulle sekerlik nie dit handegevou aanvaar nie. Hulle skiet toe een Russiese tenk uit, toe die tenks by ‘n latere geleentheid weer lastig is en moeilikheid soek skiet hulle nog twee uit. In die proses het ROR geen ongevalle of skade gehad nie.
Toevallig tryter die vyand dieselfde B-Eskadron ‘n jaar later weer, hierdie keer was dit onder bevel van Majoor AP Stemmet. Die vyand het weer slae gekry.
Hy vertel dat hy en so ‘n groepie toe na Ruacana gestuur is om daar te gaan rus. Op ‘n Sondag nooi die legendariese Kol. Jan Breytenbach hom om saam te ry Chitado toe in Angola. Daar wag seker so 2 500 mense, katte, honde, vroue, kinders, enigiets tot voertuie op hulle. Die Kolonel beduie toe dat hy die taak gekry het om hierdie lede van die FNLA(‘n Weerstandsbeweging), uit sentraal en Wes Angola na ‘n plek langs die Cuito-rivier aan die Ooste van Angola te skuif. Hy dra toe die taak aan Adamus oor en oorhandig die orders van die SA leer en ook dié van die opperbevelhebber in Angola. Tipies Breytenbach sê hy “Moet jou nie aan hoër gesag steur nie, maak jou eie planne. As jy oorweeg om hulle deur Namibië te vervoer gaan jy groot moeilikheid kry as jy dit met gewapende soldate van die FNLA doen.
“Toe was die paaie in Angola almal twee-spoor paaie en dit was midde in die reën seisoen. Ek kon hulle dus nie Wes-Oos skuif nie en mag nie gewapende vreemde soldate deur Namibië skuif nie. Ek besluit toe om die mense te ontwapen en hulle en hulle wapens in aparte voertuie deur die nag
deur Namibië te neem. Die eerste nag sou ons hulle in die bosse regoor die Etosha-wildtuin wegsteek
Die persoon by wie ek die FNLA-mense oorneem vra vir my of ek die bordeel ook sal saamvat. Ek maak toe beswaar, maar hy oortuig my dat ek ernstige probleme sal ondervind. Hy het die bordeel gestig toe die jong manne getroude vrouens gepla het as hulle mans nie tuis was nie. Terwyl ons besig was om die mense te laai bring my tolke vir my ‘n huilende vrou met twee snotneus kindertjies wat aan haar rokpante vasklou en huil kom by my aan. Al drie huil hartroerend want die man, die pa van die twee kindertjies, is tot die dood veroordeel en moet glo dieselfde aand doodgeskiet word. Ek sê vir my troepe gaan haal die man uit die tronk uit. Vra hom uit oor wat gebeur het dat hy tot die dood veroordeel is en roep die FNLA-leiers en sê vir hulle ek gaan die man nie teregstel nie, hy is hulle verantwoordelikheid.”
“Ons bereik toe uiteindelik vir Rundu waar ons met ‘n ferry oor die Okovango-rivier na Calais in Angola vervoer word. Terwyl die konvooi beweeg vlieg ’n helse groot ongemerkte vliegtuig bokant ons. Ek rapporteer toe per radio aan ‘n paar radiostasies en vra hulle om die vliegtuig te identifiseer hy vlieg aanhoudend laag oor my konvooi. Ek was bekommerd omdat dit duidelik nie ‘n Suid-Afrikaanse vliegtuig was nie. Ek stuur toe ‘n finale boodskap aan die ander radiostasies en sê vir hulle as die vliegtuig weer oor ons kom ek hom gaan afskiet. Agterna vind ek eers uit dit is ‘n Amerikaanse vliegtuig wat in die Kongo gestasioneer was en ons dopgehou het!”.
Angola is vrek warm en toe hulle laat middag uiteindelik by hulle bestemming aankom, gaan hulle na ‘n ou plaashuis waar ‘n groep Suid-Afrikaanse soldate was dit was langs die Cuito-rivier waar daar ‘n pragtige waterval en groot poel was. Hulle sou daar oornag, maar: “Ek sê vir my manne ons is vuil kom ons gaan swem eers bietjie om skoon te kom en af te koel.” Die bevelvoerder daar waarsku toe dat ons versigtig moet wees. Ewe arrogant beweer Adamus toe dat hy twak praat, want hy weet nie van enige vyand in daardie omgewing nie. Toe van ons troepe, wat eers ‘n kliniek behartig waar siek FNLA mense mediese hulp moes kry, later by ons aansluit was hulle baie ongelukkig omdat hulle nie kon swem nie en hulle word toe beloof dat hulle die volgende oggend voor ons vertrek kon swem. Ons verneem toe dat dit nie gevaarlik is as gevolg van vyand nie maar dat daardie poel en rivier vol krokodille en seekoeie was. Die belofte om te swem word toe verander sodat die twee offisiere met gelaaide gewere sou wag hou vir ingeval seekoeie en krokodille sou pla.

Na ‘n lang dag in die veld in Angola se skroeiende son is ‘n swemgat net waarna die troepe soek. Die twee offisiere sou wag hou om te verseker dat seekoeie en krokodille nie hulle troepe sou vang nie.
Die volgende jaar was hy ook weer in Ruacana en dit is toe waar hy vir Eugene de Kock raakgeloop het wat by die polisie gestasioneer was as stasiebevelvoerder.
Daarna het die staatsveiligheid hom belet om weer bos toe te gaan. Na sy aftrede het hulle hom egter weer teruggeroep na sy ou regiment toe.
Ere-kolonel in menasiedrag van Regiment Oranje (Pantserkar-regiment) en sy vrou Petro


Saam met vier gewese bevelvoerders van Regiment Oranje Rivier.
Staande: Adamus (toe erekolonel), lt.kol. Christie van Zyl en lt.kol. Willem Rall.
Sittende: Lt.kol. Gous van Rooyen en lt.kol. Mick Radford.
THE NINE-DAY WAR
A.P. Stemmet, Head Strategic Communication: Secretariate of the State Security Council
On 1 April 1989 I was the Second in Command of the Secretariate of the State Security Council. Our Secretary Lieutenant General Charles Lloyd was away on duty. A few generals of the police and army stormed into my office. They told me that SWAPO was streaming over the border and they were ignoring the rules of the agreement. Part of the accord was that South Africa could keep the police to maintain law and order; however, the SADF had to be out. In terms of the agreement to hold free and fair elections the guns of the helicopters were removed. Armoured vehicles were deactivated. The generals informed me that heavily-armed SWAPO insurgents were storming over the border and killing the people as far as they went. Fortunately, the South African Police was still in SWA/Namibia as part of the accord.
The generals asked me what was to be done. I called a senior diplomat on my staff and instructed him to listen to the generals. I then told the meeting of six or seven members that I had no executive powers although I could tell them what I thought, which was that two things should be done. Foreign Affairs should liaise on the highest level as General Prem Chand was then already in SWA/Namibia and the South African Police and the SA Defence Force should shoot the hell out of SWAPO, as it was clear that they were flagrantly disregarding the agreement.
The reaction of the police and army generals was, ‘Thank you, Sir!’. This was in spite of the fact that I had no executive powers. My request to the diplomat, police and army was, ‘Don’t hesitate. Do it now!’ Naturally the security forces had to obtain permission from their own commanders, but it was my own personal feelings that I shared with them.
There was no time to consult with the State President as SWAPO was already on its way to Oshakati. At all levels in the security and intelligence structures the information was streaming in; I had then only advised the diplomat, police and army. When everybody had left, I gave instructions for strategic communication action to be implemented immediately. ‘SWAPO se optrede moes aan die groot klok gehang word.’ This was done!
The same day the diplomat reported back to me that he had done the necessary. The information was reported to the Minister of Foreign Affairs, Pik Botha. I did not follow up anything further in this matter as I watched developments as the occurred at ground level.
‘Koevoet het ons gatte gered en die hel uit SWAPO geskiet.’ I read the various intelligence reports and saw what was happening. Koevoet’s actions bought the SADF time to re-arm certain sections, especially the SAAF. This resulted in SWAPO being stopped in their tracks.
I was informed later that Pik Botha was in Windhoek on that particular day and went to the airport to meet Mrs Margaret Thatcher. It is alleged that he informed Mrs Thatcher in their vehicle on the way from the airport to Windhoek about what was taking place on the border. He told her that South Africa planned to ‘shoot the hell out of SWAPO’. She was against this move. Botha in the mean time asked the security forces for proof. When they arrived at their hotel the necessary proof, including photos, was laid before him.
I want to emphasise is that the South African Police could keep SWAPO at bay until the SADF could regroup. The SA Police was at that time the only force that could resist SWAPO’s actions.
Intelligence I received later was that Sam Nujoma was in Harare when SWAPO came over the border. He was advised by Mugabe to conquer as much territory as possible before the elections. This would prove to the future voters that SWAPO had won the war and brought freedom to the territory and would encourage future voters to vote for SWAPO.
After the War during 2007 there were shocking revelations and photographs in the media regarding mass graves had been discovered in the north of Namibia. These graves (of the insurgents killed during the 10 days war) were then opened by bulldozers. The police had taken photographs and fingerprints of all KIA insurgents before their burial in these mass graves.
I then embarked on a one-man war and asked the media to publish the true facts as we know them. I knew that a senior reporter of Die Burger, Ingo Caprara, was in Oshikati at that time. My response was to get him to write an in-depth article on the all events of the past war in SWA/Namibia.
I also contacted the SABC, The Cape Times and The Argus with the request that they put the case in perspective i.e. that a balanced view of the events be published. We South Africans had been made out to be criminals and murderers. By presenting the all the known facts, this matter received wide media coverage and the propaganda storm abated.


In vrolike luim saam met sy vrou, Petro op ‘n funksie van Regiment Oranje Rivier.
MAAK LEWENDIG DIE BEES
Teen die einde van die oorlog moes Suid Afrikaanse troepe teen 7vm op 27 Maart 1976 uit Angola wees. Ek en n klompie van my regiment se troepe was toe al by Ruacana maar ons regiment het nog een vegtende Eskadron in Angola gehad. Hulle sou die nag oor die grens kom. Hierdie mense was toe al maande lank in Angola , het kontak met die vyand gehad , het al die tyd op droë rantsoene geleef en was doodmoeg.
Ek besluit toe om hulle sodra hulle oor die grens kom met braaivleis en brood te verras. Die brood sou ons van Oshakati insmokkel. Ons sou ʼn bees van die plaaslike bevolking moes koop. Dit was die Nguni beeste met hul groot horings maar klein lyfies . Een sou te min wees vir al die troepe. Alle beeste het glo £7 tien sjielings ( R15 ) gekos.
Van ons troepe onder Sersant majoor Bossie v.d. Heever het ʼn paar kilometer buite Ruacana ʼn reservoir opgepas naby ʼn Ovahimba – stat.
Die ou hoofman daar het ʼn troppie Nguni beeste besit. In die trop was ook twee reuse osse. Bossie kry toe opdrag om een van die osse te koop.
Bossie se plan was om die ou man dronk te maak en dan te oorreed om een van die groot osse teen £7 tien sjielings te koop. Hy laat weet toe ek moes een bottel rum en baie coke stuur. Later vra hy nog ʼn bottel rum.
Die man wat die drank buite sig moes skink , kry toe opdrag om net ʼn klein bietjie rum en baie coke in Bossie te beker gooi . Die ou man moes weer baie rum met min coke kry.
Bossie en die ou man sit toe op twee stoele met Sersant Sarel Strauss wat met sy geweer agter hulle staan. As Bossie die teken gee, moes Sarel vinnig skiet voor die ou man van plan verander. Die piekaniens jaag toe die beeste heen en weer voor die twee onderhandelaars verby. Die eerste bottel rum was gou leeg en die tweede een is oopgemaak. Elke keer as die beeste verby kom sê Bossie: £7 tien sjielings en die ou man hou by £37 tien sjielings . Dan word daar maar weer geskink.
Toe gebeur die onverwagte: Bossie wat nie ‘n groot drinker was nie, begin dronk word maar die ou man hou taai. Toe die tweede bottel amper leeg was en Bossie baie dronk, dog hy die ou man stem in tot £7 tien sjielings en Sarel kry opdrag om een die groot osse te skiet. Toe die val, sê die ou man £37 tien sjielings !! Dit is toe dat Bossie vir Sersant Sarel skreeu: Maak lewendig die bees , Kaptein Stemmet vermoor my oor daardie prys !
Toe ons troepe die nag oor die Kunene kom, het hulle heerlik aan die braaivleis en brood ge-eet.
Moet nooit iemand op sy baadjie takseer nie.
AP vertel dat daar in ʼn oorlog dikwels baie te leer is. Een van die lesse wat hy geleer het was dat jy geen mens op sy baadjie moet takseer nie. Hy noem twee gevalle waar hy hom erg met mense misgis het.
In die een geval was hy ʼn stafoffisier by n brigade toe ʼn veggroep rapporteer dat hulle die vyand net Noord van hulle in die bosse hoor kamp opslaan maar hulle niks kon sien nie . Hulle kon ook nie met hul pantserkarre inbeweeg om ondersoek in te stel nie en vra lugverkenning .
AP stuur toe die inligtings-offisier Kaptein Taite om per vliegtuig vas te stel waar die vyand is. Die joviale Kaptein het meer na ʼn skrikkerige buurman as ‘n held gelyk. Uit die lug rapporteer hy ‘n paar keer dat daar op sy vliegtuig geskiet word. Elke keer word hy aangeraai om liewer die verkenning te staak en terug te keer. Dit ignoreer hy en hou aan soek tot hy presies kon vasstel waar die vyand was.
Toe hy na die landingstrook terugkeer was AP daar om ʼn gewonde af te haal. Hy ontmoet Pat daar en sien ʼn groot gat in sy vliegtuig. Die 12, 6 mm swaarloop het Pat met enkele sentimeters gemis. Toe hy dit aan Pat wys het Pat eers bewus geword van hoe naby hy aan sy dood was. Toe eers skrik hy hom spierwit. Pat het sy lewe keer op keer gewaag om die presiese ligging van die vyand vas te stel. Hy het ‘n medalje vir dapperheid verdien.
In n ander geval moes AP toe hy grensdiens gedoen het saam met infanteriste voor n beplande aanval n verkenning te voet uitvoer . Hy laat toe sy voorpos weet dat hulle n radio- operateur met n draagbare radio gereed moes hê om hom en die infanteriste te vergesel. Die verkenning sou baie naby n vyandelike basis plaasvind. A P het een van die radio- operateurs by daardie voorpos glad nie vertrou nie, Dié het altyd senuweeagtig rond gekyk en AP was oortuig dat hy n lafaard was.
Terwyl die patrollie ongeveer 40 meter van die grens was, brand die vyand onverwags op hulle los. Terwyl die ander paniekerig vinnig dekking gesoek het, het die radio-operateur koelkop en sonder om ‘n oog te knip opgetree. Hy was die een wat onder vuur kopgehou en heldhaftig opgetree het.

Enide Deel 2
