152.Montagu Poskantoor

image_pdfDOWNLOAD PDF

Opgedateer: 22/05/2026

Inleiding deur Gerald Batt

Montagu was deel van die Kaapstad → Worcester → Montagu posroete en die eerste poskantoorgebou in Montagu was ’n Victorian‑styl gebou bekend as “Eerstepos” by 18 Kerkstraat. So ‘n posroete was ook Montagu → Robertson → Bonnievale → Worcester met ‘n begin datum van 1853 vir vervoer van plaaslike pos en pakke, sowel as koerantdiens. Daar was ook ‘n roete na Ashton en Robertson via die Oubergpas. Drywers van hierdie poskoetse moes gereeld êrens oorslaap gedurende so ‘n tog oor soms baie moeilike terrein. Hierdie roetes is geregistreer in vroeë posregisters van die Kaap Kolonie.

Hierdie gebou is gedokumenteer as die eerste poskantoor in Montagu en is later as provinsiale erfenis‑terrein aangewys. Die SA Heritage‑inventaris beskryf dit so:

Dit is die eerste poskantoor in Montagu.

Dit is tydens die Anglo‑Boereoorlog gebruik as Britse hoofkwartier.

Later is dit omgebou tot ’n residensiële woning vanaf ongeveer 1918.

Montagu het sy Poskantoor status vanaf die 1850’s tydperk ontvang, soos aangedui deur vroeë pos‑datumstempels wat in argiewe voorkom – bv die eerste gebruikte Montagu‑posmerk ge-dateer 1858.

Pos is per poskoets vervoer, dikwels weekliks, soos aangeteken in Kaap Kolonie-dokumente. Montagu het dikwels as oornagstopplek vir poskoetse gedien, bevestig deur argeologiese en dokumentêre bronne.

Spesifieke name van die eerste posmeester in Montagu is nie volledig bevestig in openbare bronne nie, maar argiewe van die Kaap Kolonie bewaar lyste van posmeesters.

**Hierdie inligting is gebaseer op dokumente soos Kaap Kolonie posregisters, vroeë topografiese kaarte en argiefmateriaal. Daar is niks in hierdie storie wat afhang van oorvertellings of mondelinge geskiedenis nie.


A short history of the Montagu Post Office. What makes the story special is that some of the inputs are in the hand of Montagu history icon Esther Hofmeyr. The document was found in the Montagu Museum and the hand writing was verified as belonging to Esther by Blackie Badenhorst.

Esther Hofmeyr 1985

Picture: Blackie Badenhorst

Picture: The Book Esther February 2013

Past owners of the brewery Jon and Christine Hughes had the post box made to remember the history of the building

Inscription on the door plaque

Note: Point 6 above in Esthers hand writing has reference. See pictures below. From what can be ascertained there were three buildings (all since demolished) between the old Aero building and Goldblatts corner which stood on the corner of Bath and Kohler Streets. One building housed Mr Smits barber shop, the next housed the Post Office and the third was the Board of Executors building.  

Flip Kriel wie het in Montagu groot geword (2021): Die ou poskantoor was waar die Afdelingsraad se kantore later gebou is langs die latere Eksekuteurskamers (of Boland Bank) langs Jack Plax se apteek. 

Bath Street

Picture: Gerald Batt

Barber Shop building Bath Street

P.O. building Bath Street in the background

Old B.O.E. building Bath Street

The building where Ronel Preston once had her studio in Bath Street. Mr. Urdis was the Post Master at the time.

Picture: Montagu History Facebook page

Die poskantoor (bo) soos dit in 1960 gelyk het.

Pictures: Transnet Heritage Library Photo Collection

Pictures: Montagu Museum

Flip Kriel inwoner van Montagu onthou 2023:

Dit is tragies dat die poskantoor vandag nie meer funksioneer nie.

In my kinderdae was die S.A. Poskantoor ‘n hoogs doeltreffende organisasie wat telefoontegniese dienste ingesluit het. Dit was die dae van die “telefoonsentrale” en al die romantiek daaromheen, veral op die platteland.

Die Posmeester-Generaal was ‘n baie belangrike persoon (VVIP) in daardie dae.

Ek onthou toe diè poskantoor op die hoek van Bad en Bloem strate omstreeks 1955/56 geopen het, is ons hele laerskool afmarsjeer tot voor die poskantoor waar ons op die sypaadjie in Badstraat moes sit en luister na die toesprake van die Posmeester-Generaal, die burgemeester en seker nog ook die plaaslike LV en LPR en wie nog almal.

So sit ons maar daar op die sypaadjie en in die straat in die bloedige son plat op die grond. Ek en Niel Muller, seun van Dr. Muller, wie se huis regoor die poskantoor was, het plannetjies gesit en maak om van die vervelige affêre te ontsnap. Ons het reg by hulle hekkie gesit en wou daar inglip om koeldrank te gaan drink. Dit is ‘n dubbelverdiepinghuis(vandag ‘n gastehuis) en ons sou dan van bo af mooi kon sien wanneer die gedoente klaar is – dan kan ons net weer ongesiens by die ander kinders aansluit.

Maar soos dit gaan as jy een of ander onnutsigheid beplan, het jy ‘n skuldgevoel en was dit asof die onderwysers snuf in die neus gekry het en net vir ons dophou.

Ons het toe maar ons plannetjie laat vaar.

Terwyl ons so sit sonder om te luister wat die ooms praat, het my gedagtes gedwaal na die tyd voor die poskantoor gebou is.

Daar was ‘n huis diep in die erf waar my maatjie van kindertuindae af, Chris Jones gewoon het. Hulle het ‘n mak bobbejaan gehad met die naam van Jakob.

Jacob was met ‘n ketting vas aan ‘n paal voor in die erf. Ek het ou Jakob so jammer gekry en het altyd as ek van die kindertuin af huistoe geloop het vir hom gaan hallo sê.

Bo-op die paal was ‘n kas waarin Jakob kon skuil teen die son en reën maar so-iets sou vandag gelukkig nie meer toegelaat word nie. Hoe ookal, ek en Chris en ou Jakob was groot pelle.

En toe een dag was Chris en hulle huisie en ou Jake sommer net weg en het die nuwe poskantoor verrys.

In daardie dae het die posbode twee maal per dag pos afgelewer. As jy ‘n brief verwag het en dit is nie die oggend afgelewer kan jy maar seker wees jy kry dit vanmiddag.

Voor ek nog in die skool was, was daar ‘n posbode (briewebesteller) met die naam van Jan Brand. Hy het met die groot leerpossak te voet die hele dorp se pos afgelewer. Jan was alombemind en ek onthou dat hy soms in die oggend as hy by ons huis verbygekom het eers ‘n koppie tee op ons stoep saam met die grootmense gedrink het.

Later jare was daar ‘n posbode, Pekeur. Ons het nie ‘n posbus voor die huis gehad nie. Ons voordeur was nooit gesluit nie(ek wonder of dit ooit ‘n sleutel gehad het) Hoe ookal, ek het dikwels, as ek in my kamer was, gehoor die voordeur gaan oop en voetstappe in die gang af, stop en weer terug en dan gaan die voordeur weer toe. Dan kan jy maar gaan kyk – ja-nee, hier lê die briewe op die “hall stand” waar Pekeur dit neergesit het.

So het my ouer broer in 1961 ‘n brief vir my in Johannesburg gepos en vir die grap net die woorde “ou Flip, Montagu” op die koevert geskryf. Pekeur het die koevert by ons huis in Kerkstraat afgelewer.

Soos ek reeds gesê het, die posmeester-generaal was ‘n grootkop.

Eenkeer (ek kan nie onthou of dit die opening van die nuwe poskantoor was nie) het die PM in die kerksaal ‘n toespraak gehou. Soos dit in daardie dae gegaan het, het die Montagu-mense nie so ‘n geleentheid misgeloop nie.

Dit was asof ‘n beroemde sanger of een of ander staatsman in die kerksaal sou optree – die mense stroom kerksaal toe in hulle Sondagklere.

Diè aand staan ek ook daar voor die kerksaal rond.

Die posmeester-generaal se ampsmotor, ‘n swart Cadillac, met die registrasienommer P1 (P vir Poskantoor) staan reg voor die saal geparkeer.

Hier kom onderwyser Hendrik O’Kennedy (die skoolkinders het hom “Hok” genoem na sy voorletters) en sy vrou aangestap. Toe hulle by die PM se motor kom vra Hok se vrou hom “Pappa waarvoor staan P?

“Nee”, antwoord Hok “seker vir Pretoria”

Dit komende van ‘n geskiedenisonderwyser by die hoërskool.

Nouja, die poskantoor op Montagu is daar nie meer nie – stil heengegaan.


Deon Van Deventer: Dankie, jy slaan die spyker op die kop. Ek kan nou die seremonie vaagweg onthou en die vervelige sittery ook. Ek was seker so in St3. Kan jy onthou dié Pekeur posbode se voornaam was Johnny. Wat ‘n vriendelike bode, met die leerpossak voorop sy fiets gemonteer, bly in my gedagte.



POSMANNE SOOS FAMILIE

Ek wil graag hiermee ‘n pluimpie gee aan die voortrefiike pos- afleweraars van Montagu. Hierdie manne kén darem hul werk.

Toe ek ses-en-’n-half jaar gelede hierna getrek het, was my adres Berglaanstraat in Montagu-Wes. Na sowat twee jaar het ek na Loopstraat getrek en vier jaar later na Badstraat.

Al die jare ontvang ek gereeld ‘n glanstydskrif uit die Kaap. En nooit het ek agtergekom dat die adres op die koevert nog altyd die oorspronklike een in Montagu-Wes was nie!

Nietemin het hierdie posmanne maand na maand my pos in die korrekte posbus afgelewer. En nie gekla of gevra oor die nuwe adres nie. Dit !aat my voel ons is soos hul familie.

Dis darem diens om op trots te wees!

M. Roux

(Ons stem saam! die Montagu Mail ontvang pos met die vreemdste addresse op – maar dit kom altyd hier uit! ~ Redakteur)


Article from the Montagu Mail
2025
Doing the Rounds

Photo: Montagu Mail January 2005

Andrew Pekeur and Michael Koker are the only two postmen in Montagu, and they deliver to the whole town. Michael (L) has 23 years’ service in the Post Office, and Andrew 15 years. They conscientiously wear their regulation bike helmets while out on their rounds. Please remember that the wearing of helmets by all cyclists has been law since early in 2004, and those not wearing helmets will be fined as from the beginning of 2005.


The building in (2020) in Bath Street which still houses the post office

Staff at work in the old manual telephone exchange which was situated on the second floor of the Post Office building on the corner of Bath and Bloem Streets

Second Picture: Standing in the suite Mr. Garth Oosthuizen Postmaster and Stella Buchner (Blue dress). Seated extreme right with glasses is Johnny Swanepoel next to Johnny is Mr. Jonker. Last person on the left is Bertha Eggars. Johnny Swanepoel who at the time of writing (2019) still lived in Montagu supplied the names he could remember.

Pictures: Blackie Badenhorst 2019


Post Office staff 1901: L/R: Cloete (Messenger), A Gillett, D. v. Tonder, A.J. Brink, Dog Jimmie, J.F. Biebuyck, (Postmaster sitting),  G.v. Tonder


Transcribed from notes by Miss Babsie van Zyl of Le Roux Street, Montagu

She wrote these notes in 1964 to assist Mrs. Bee Jordaan who was at the time the Archivist at the Montagu Library

POSTAL ARRANGEMENT

My father told me that the oldest postal arrangement he heard tell of was an arrangement whereby the people went to a certain house, pushed up one of the sash windows, placed the letter and the necessary money for having the letter conveyed on the sill and closed the window.  A certain women then attended to the matter later on and then had it sent to its destination.  I don’t know how.  The window was one of the windows in either the old “Gesticht” (first place of worship – building next to the present library) (now where the Jordaan Flats are located) or the present Monica Flats (also a very old building).  I rather think the latter.  The woman who acted as a Post Mistress was to the best of my knowledge a Miss Kannemeyer.  These Kannemeyer’s evidently settled here during the earliest times (isn’t there one on the list of “Schepenkennissen” on the 1863 document?).  The last Kannemeyer of Montagu died aged well over 80 in the 1950’s at Paarl.  She was a Miss Kannemeyer who lived here all her life and used to do a great deal of knitting.  She took orders for baby clothes etc.  One always associates her with a Miss Rattray – a member of one of the oldest families here – also the Cairncross family.  They have now all finally disappeared from the Montagu scene, although Miss Rattray is still alive and lives with her niece at Paarl.


Post Office Memories from Montagu History Face Book page April 11 2021

Maritha Steyn: Ek het in 1966 na matriek by die Poskantoor begin werk as Teleksoperatrise. Mnr. Giles was die Posmeester. Die telegramne het deurgekom op n papierlint wat agter gegom was. Dan trek jy die lint oor ʼn nat spons wieletjie en plak dit op die telegram blaaie. Die aflewerings- adres is bo-aan en dan die boodskap en naam van afsender. Dit word dan in ʼn lang koevert geplaas en die posbodes lewer dit af. In vrugtetyd moes die boodskappe deurgebel word aan die boere. Dit was die appel- en perskepryse op die mark. Daarna word dit in hul posbusse geplaas. Soggens het ek en een van die toonbankassistente eers die pos uit die groot sakke wat saam met die spoorwegbus gekom het, in die boere en besighede se posbusse sorteer. Saterdae het dit woes gegaan met gelukwense vir huwelike en dan ook die ellelange boodskappe in Verkiesingstyd. Ons het ook die rekeninge geskryf. Aan die begin het Dirkie Nortje my geleer. Sy het in Bonnievale gewoon. Daarna het Linda Ronquest gekom. Die Sentrale personeel (op die boonste verdieping) skryf ʼn kaartjie vir elke oproep met die tyd en koste. Dit word dan in ʼn lang koevert geplaas vir aflewering op posbus. Saterdae het ek afgelos op die toonbank ook. Daar het Ellen le Roux(wat met Johan Vissie getroud is later), Awie Rossouw en Van Zyl gewerk. Ek is in Jan 1968 getroud en het gewerk tot Des 1968 toe ons eersteling oppad was.


Rose-Marie Fourie: My oupa Mike Combrink was ook jare lank Posmeester daar. Weet nie presies watter jare . Ek was in die Laerskool. Ek en my maatjies het party pouses vir hom gaan hallo sê. Dan het hy ons ‘n geldjie gegee om lekkers by Kansoris se kafee te gaan koop.


 Susie Smit: Die bou van die poskantoor het ,,,, Hector Brighton (jare al oorlede) dink by was ʼn bouer ,het hom jare geken ,my suster het hom in daai tyd ontmoet en getrou.


Pierre Olivier: Het al my kinderjare daar verby geloop, op pad laerskool toe. Dit was ook oorkant die NG Kerk en naby die Alwyn bioskoop.


Willem De Kock: Ons het elke oggend ons skool tasse op die poskantoor se waentjie gelaai vanaf die koshuis gelaai wanneer hulle die possakke by die stasie opgelaai het. Die Poskantoorpersoneel het dit geniet want dan help ons om die waentjie terug na die poskantoor te stoot.


JL Vossie Vos (2014): Op die hoek van Bad- en Bloemstraat bied die destydse Poskantoor-gebou vandag tuiste aan verskeie besighede en woonstelle.

Die Poskantoor doen vandag steeds sake in ‘n deel van dieselfde gebou, wat nou as Mount View bekend staan.

Destyds was daar twee stelle trappe wat, vanuit Badstraat, toegang tot die Poskantoor verleen het. Aan die bo-punt van die regterkanste stel trappe, wat vandag steeds in gebruik is, teen die oorkantste muur, reg voor jou, was die briewebus. Twee sulke groot splete waar jy by die een gewone briewe en by die ander dikker/groter stukke gepos het.

Links van die briewebus, al teen die muur langs, was die rye ingeboude privaat posbusse. Op die sementvloer, voor die busse, was ‘n dik koperpyp, so ses duim hoog van die grond af en ses duim van die muur af, gemonteer. Ons het destyds balanseertoertjies op die pyp uitgevoer. Ek dink die funksie van die pyp was om as trap te dien vir diegene wat die boonste rye busse moes bykom.

Die linkerkantste stel trappe het destyds ook toegang tot die privaat posbusse en die telefoonhokkie, links op die stoep aan die bopunt van die trappe, verleen. Jy kon ook vanhier op die stoep langs loop na die Poskantoor se bedieningsarea.

Ek onthou oom Koos Le Roux was destyds die Posmeester.

Die boonste vloer van die Poskantoor, daar waar die Mount View woonstelle vandag is, het destyds die sentrale gehuisves. Dit was nog die ou handsentrale wat met sulke koorde met ‘n silwer punt vooraan, gewerk het. ‘n Inkomende oproep het ‘n rooi liggie op die groot skakelbord voor die operatrise laat flikker. Die operatrise druk dan die koord, wat met haar gehoorstuk gekoppel is, in die gaatjie teenoor die nommer wat geskakel het. Dan se sy: “nommer asseblief…., u gaan deur…..of, die lyn is beset….., ek probeer weer……, nog beset……en dan, ek skakel u deur…..of, u gaan deur….”. Ek onthou Hendrina Vrey het baie jare op die sentrale werk. Die handsentrale-stelsel is later jare met ‘n outomatiese telefoonstelsel vervang.


Ella Prins: Waar is die dae toe ons nog die boekies gebruik het

My pa Johannes (Hannes) Kleynhans was al die jare tegnikus by Poskantoor. Gesorg dat telefoon lyne reg is en almal hulle mense kon bel. Het soggens vroeg met sy fiets werk toe gery. Met trots in sy trok geklim en met sy span werkers die telefoonlyne te gaan in stand hou of nuwe lyne bou.

Hy was ook baie lief vir sy groente tuin en het baie mense voorsien van groente. My pa was baie vir sy vriende en het gereeld by almal gekuier. My pa is 1996 oorlede.

My ma Ina was huisvrou en het gesorg dat ons skoolwerk gedoen word. My ma is 2019 oorlede. Op die foto is my broer Gerhard. Hy is 1989 oorlede.


Die groot wit huis in die middel van die prentjie is gesloop om plek te maak vir die poskantoorgebou

This picture was drawn by past resident Anelma Oosthuizen (geb.Kriel) and shows the buildings in place before the new PO building was erected


image_pdfDOWNLOAD PDF