110.Rugby in Montagu

Opgedateer 18/12/2024
MONTAGU RUGBYVOETBALKLUB
(saamgestel deur Paul Theron)
Die datum of jaartal van stigting van hierdie klub is onbekend. In A. C. Parker se boek oor die geskiedenis van die W.P.-unie word egter verwys na ’n rugbywedstryd op Robertson in 1884 tussen Montagu en Worcester. Of daar toe reeds, ’n klub gestig was en hoe lank die spel in daardie vroeë jare aan die gang gehou is op die dorp, is onbekend. Daar bestaan wel ’n foto van Montagu se 1904-span, waarop die vader van Koffie en Monty Hofmeyr verskyn. Die klub het destyds deelgeneem aan die kompetisie om die N.C.C.R.-skild, wat deur die New Cape Central Railway Company geskenk is.
Min is bekend oor die klub se geskiedenis in die eerste helfte van hierdie eeu. Mnr. G. P. “Flippie” Basson, ’n onderwyser, het egter baanbrekerswerk gedoen en die klub lank gedien, ook as President. Hy was ʼn broer van die bekende W.P.- en Boland- speler Ewie, wat later stadsklerk/onderburgermeester en burgemeester-van die dorp was.
Montagu het in 1939, toe die Bolandunie gestig is, nie ’n span in die Boland kompetisies ingeskryf nie, en ’n paar van hulle spelers, o.a. Koffie Hofmeyr, het vir Robertson gespeel. Vanaf 1940 het die klub een span in die junior liga ingeskryf, en die volgende jaar ook ’n span in die Derde liga.
In 1942 wen Montagu die Junior liga (Oos), maar word in die eindstryd deur Piketberg geklop. Die volgende jaar het Montagu senior status verwerf en in die Oostelike afdeling meegeding. Koffie Hofmeyr het toe weer vir Montagu gespeel en die agsteman Pieter Toerien het ook ’n wedstryd vir Boland gespeel. Die Bolandvoorspeler Gert Burger het in 1944 by Montagu aangesluit en die volgende jaar is die briljante Bolandlosskakel Mike Cronje na Montagu oorgeplaas en het dit goed gegaan met Montagu se rugby. Die klub se vleuel Daantjie Swart, het ook in 1945 die Bolandspan verteenwoordig.
Montagu het baie goed gevaar in die Senior liga in 1946 en tweede geëindig na Worcester. Hulle het die Gross-skild gedeel met Moorreesburg toe die eindstryd met ses punte elk gelykop geëindig het. Die senior spanne het om die Gross-skild in twee afdelings gespeel nadat die enkelronde tussen al die klubs in die senior liga afgehandel is. Die klub het daarna ’n klompie maer jare beleef en veral na Mike Cronje se uittrede min sukses behaal in die senior liga. Die jaar 1958 was die beste seisoen wat die klub ooit gehad het. Montagu het net twee spanne in die Bolandse ligas ingeskryf en beide spanne het hul beste vertonings ooit gelewer. Die tweede span het tweede geëindig in sy afdeling van die Junior liga en agt van hul twaalf wedstryde gewen.
Die eerste span is deur Piet van der Merwe, Bolandslot en Junior Springbok (1955) teen die Leeus, aangevoer. Hy was ’n inspirasie vir sy span en het baie met die klub se sukses te doen gehad. Mike Cronje was die afrigter en die spelers het ʼn groot respek vir sy kennis van die spel gehad. Hy het die vermoë gehad om die beskikbare talent ten beste aan te wend.
Montagu se goedgebalanseerde agttal met sy twee groot slotte Piet van der Merwe en Hendrik van As (’n groot karakter wat baie op die veld gepraat het) het daarin geslaag om voldoende balbesit aan hul baie bruikbare agterlyn te besorg. Losskakel Gertjie du Plessis was ’n uitgeslape kalant wat vroeër vir Transvaal gespeel het en die senters was Gert Erlank en Roy Bruwer, een van die beste klubsenterpare in die Boland. Die vleuels was twee haastige manne, Henry Swart en Blackie Swart. In die laaste vesting was die ervare Bolandspeler Koos Mouton, wat die veiligheid self was, en boonop uitstekend na die pale geskop het. Montagu en Malmesbury het op die finale ligapuntelys gelykop geëindig met 24 punte elk — Montagu het met 205 punte teen 90 die meeste punte behaal in die senior liga en die minste afgestaan. Die twee spanne moes uitspeel om die senior beker op Wellington en na ’n harde en taai stryd het die streeptruie van Montagu die beker beklink met ’n oorwinning van 6-3. Henry Swart het twee drieë vir sy span gedruk. Koos Mouton het as heelagter nie ’n voet verkeerd gesit nie en Malmesbury met lang buiteskoppe telkens teruggejaag. Die span se rotsvaste verdediging was ’n kenmerk van die wedstryd. Hierdie eindstryd is deur die S.A.U.K. oor die radio uitgesaai.
Daarna het die senior span in 1960 goed gevaar en tweede na Worcester op die finale puntelys geëindig, maar daarna ’n lang droogte beleef en gewoonlik tussen die laaste drie spanne op die finale puntelys beland. Die klub het nooit baie diepte gehad nie en die junior spanne het dikwels swaar geleef in hulle ligas. Die eerste span het in 1972 ’n pak van 82-0 teen Worcester gekry en onder sulke omstandighede was dit moeilik om geesdrif vir die spel te hê. Die belangstelling was swak, oefeninge is swak bygewoon en daar is dikwels van afrigter verwissel.
Die gewese Matie- en W.P.-speler Peet le Roux het in 1973 ’n pos op Montagu aanvaar en sy teenwoordigheid het ’n geweldige verskil gemaak. Hy was ’n kaptein duisend en het die vermoë gehad om die beste uit sy spelers te haal. Boonop het Tom Moodie, ’n gewese provinsiale speler van Wes-Transvaal, die afrigfing oorgeneem en daar is besluit om die dissipline op te knap. Verskeie ander nuwelinge het by die klub aangesluit en oefeninge is van die begin af goed bygewoon. Montagu het hom goed voorberei vir die eerste ligawedstryd teen Worcester op Worcester en wou herinneringe van die vorige jaar se groot Ioesing uitwis.
Op Paasmaandag 1973 was dit ’n begeesterde span wat Worcester met 8-6 geklop het en dit het die spelers en publiek van Montagu met nuwe geesdrif vervul. Daarna het die span nooit weer teruggekyk nie. Montagu het twee keer gelykop gespeel in die senior liga, en, verder onoorwonne gebly. Hulle laaste twee wedstryde sou bepalend wees in die stryd om die Boland-beker. Montagu het sy kanse goed gebruik en Wellington oortuigend met 22-13 op Wellington geklop. Piet Uys, die sterk en vinnige senter, was die groot uitblinker.
ʼn Rekordskare van meer as 2 000 mense het die veld op Montagu volgepak en ’n toetskoors het op 29 September 1973 geheers toe die twee onoorwonne spanne Montagu en W.O.K. mekaar gepak het in die finale ligawedstryd. Montagu het danksy ’n strafdoel deur hul kaptein Peet le Roux met 15-12 gewen en sodoende die beker gedeel omrede hulle twee ligapunte agter die studente was a.g.v. twee gelykop- uitslae vroeër in die seisoen.
Die vreugde van die plaaslike ondersteuners het geen perke geken nie en byna 2 uur na die eindfluitjie geblaas het was die veld nog vol singende en juigende ondersteuners. Die krag van daardie span was ’n lewendige agttal, skitterend gelei deur agsteman Peet le Roux, twee puik slotte in Burrie Steyn en Boetie Fullard, ’n lekker agterlyn waarin die senters Piet Uys en Andre Joubert die groot sterre was, veggees, die wil om te wen en die goeie afrigting van Tom Moodie. Montagu het ook die eindstryd van die vakansieliga gehaal, maar is deur Worcester met 12-6 geklop.
Ongelukkig is Peet le Roux die volgende jaar weg en ander goeie spelers is ook verplaas, en die manne se vertrek het die klub kwaai geknou. Montagu beleef tans ’n maer tydperk in die senior Plattelandse liga en die klub kon nie meer drie spanne inskryf soos vroeër nie, “hoofsaaklik as gevolg van die slutting van die inmaakfabriek ’n klompie jare gelede.
Die klub het ten spyte van min spelers en swak bywoning van oefeninge ’n merkwaardige veggees getoon en sterker spanne soos W.O.K., O.K.P. en Vredenburg het almal slae gekry op Montagu die afgelope vier jaar. Die klub se bestuur het egter nou besluit om vanaf 1989 na die Junior liga af te skuif.
Mnr. Poggie Poggenpoel se naam verdien , vermelding, want hy was sedert 1944 aan die klub verbonde en het in verskeie bestuursposte gedien, o.a. sowat 20 jaar as President.

Jacobus Albertus Mouton
1928-1996
During 2024 Montagu Stories was fortunate enough to make contact with Erina Dell who was able to provide us with some information and pictures of her father Koos Mouton who was a one-time Montagu resident.

This talented rugby player is mentioned in Paul Theron’s book Boland Rugby and we thought it fitting to add a short piece with some personal information on the man.
At an early age he starts to excel with his rugby skills.


Koos seated front right as a member of the Agricultural High School Clanwilliam

Nota: Daar was ʼn landbouskool bekend as Hoërlandbouskool Augsburg en ‘n hoofstroom skool, Hoërskool Clanwilliam op die dorp. Die 2 skole het in 1996 geamalgameer om die huidige Augsburg Landbougimnasium te vorm.

Koos en Rholene (His collection of rugby photo’s can be seen in the background)

Koos right and two colleagues. The photo could have been taken during the time he worked at the Brink Brothers canning factory at Montagu
Daughter Erina comments as follows
My pa is gebore op 8 Julie 1928 op Ceres. Hy was een van …12 kinders.
Ek weet hy was ook by die Landbou skool/college.
Hy is oorlede 30 Junie 1996.
Hy was getroud met Rholene Le Roux, dogter van Manie en Hannah le Roux wat in Barrystraat nommer 5 , Montagu gewoon het.

The house in Barry Street where Koos and Rholene lived with her parents. The house numbers have changed over the years but Erina was able to confirm that this was the correct house on a visit to Montagu.
My pa was ‘n sportman uit en uit. Hy het geleef vir sy rugby en later ook sy tennis baie geniet. Hy was ook goed met snoeker en sy skoonseuns moes seker maak hulle weet hoe om die spel te speel.
Hy wou so graag ‘n seun gehad het om hom te leer rugby speel, maar hy het toe net 5 dogters gehad.
My Pa het nooit ‘n rugby wedstryd op die tv gemis nie. Ons was aangese om nie ‘n woord te praat terwyl hy die wedstryd kyk nie. Die kleinkinders het vroeg geleer, of jy gaan uit die vertrek of jy bly baie stil.
My pa was ‘n goeie pa vir sy kinders en het hard gewerk en sy rugby en tennis geniet. Ek sal hom onthou as ‘n streng pa maar regverdige pa. Hy was eerlik en baie gesteld gewees oor sy voorkoms. Altyd netjies.
A gallery of some of Koos Mouton’s sporting achievements follows

BOLAND SE RUGBYTOERSPAN 1954


Foto: Die Volksblad Bloemfontein


Koos as a member of the Montagu Rugby Club history making team who won the Bolandse Groot Uitdaagbeker for the first time


An extract from Die Burger 29/09/1958





Foto: Die Burger 29/05/1981
Koos is remembered
Jacques Wahl skoonseun
Ek weet hy het heelagter vir Montagu dorp gespeel saam met ander bekendes van Ashton en Montagu.
Ek onthou ook dat die W.P. op soek was na ‘n Heelagter en hom genader het met ‘n werksaanbod in die Strand. Hy was egter toe pas getroud en het dit nie aanvaar nie. Hy het daardie tyd toe vir Boland begin speel. Die Ashton Rugbyklub is begin, ek dink 1977/1978 seisoen. Hy was toe Klub President en het hulie na ‘n 5 jaar onoorwonne span gelei.
Johnny Verrynne
Hy was bekend as Koos Mouton en as ek reg onthou het hy by Ashton Canning op Ashton gewerk.
Paul Fouche
Dit lyk vir my na Koos Mouton, wat nog in 1958 vir Montagu heelagter gespeel het as ek nou reg onthou. Hy het op Ashton by Ashton Canning gewerk. Sy skoonouers, oom Manie le Roux het in Barrystraat gewoon. Of Koos-hulle aanvanklik ook in Barrystraat gewoon het, kan ek nie voor instaan nie. Toe ek omstreeks 1961 van hulle bewus geword het, het hulle op Ashton gewoon. My oom, Piet van Zyl, vroeër van Rietrivier (Little Oaks) het eens in die huis langs oom Manie le Roux, aan die Langstraatkant, gewoon. Die huis het vroeër aan oom Gert Swart behoort. Koos Mouton het, sover ek weet, vyf dogters gehad – Sonia, Erina en Hermien. Sy vrou is jonk oorlede. Oom Manie het ook ‘n jonger dogter, Sylvia gehad. My niggie, Annalene van Zyl en Sonia was omtrent ewe oud en eens groot maats. Dis hoe ek Sonia en Erina leer ken het en van hulle ouers bewus geword het. Ek en Sonia het baie saam klavier gespeel en ek het een aand in 1965, na ‘n troue by oom Koos gaan musiekmaak tot laat. Gawe, joviale allemansvriend. Sonia is ook al ‘n paar jaar gelede oorlede.
Adamus Stemmet
Toe ek in 1953 – 54 op die Hoêrskool Montagu was, het Koos Mouton by Brink se inmaakfabriek gewerk . Hy het as losskakel by die legendariese Mike Cronje oorgeneem en is dadelik vir Boland op heelagter gekies . Hy was.n goeie stelskoppper en ek het gedien hoe Mike hom afrig .
Die gedagte agter hierdie versameling van inligting is om vir die kinders en familie te
wys wat bereik kan word deur harde werk, spangees en onder die regte leiding.
Moeilik om te glo as jy kyk wat ons reggekry het.
Dit is saamgestel uit koerant uitknipsels van plakboeke van spelers
asook stories soos aan ons oorgedra. Vandaar die onderstrepings op party stukkies.
Geniet asb. en herleef ons groot jaar – 1973 (en ’n par ander dinge)
Burrie Steyn, Danie Roussouw, Ernie Oosthuizen



2023-05-23
Elke dag skryf elkeen van ons aan ons biografie. Party sn is indrukwekkend en smetloos maar ander sn wals van skande tot skande. Min word opgeteken vir die nageslag en dan kan kleinkinders maar net wonder watter soort oupa of ouma het hulle gehad. Daarom is dit gepas om hierdie brosjure van Montagu Rugbyklub van 1973 saam te stel sodat dit van geslag tot geslag oorgedra kan word. Ongelukkig dek dit net wat op die veld en op pad soontoe gebeur het, maar is ook al genoeg. Hierdie stukkie van ons lewensgekiedenis strek gelukkig tot eer
Ons het hoofsaaklik koerantberigte en fotos gebruik maar plaas ook vertellings wat sommige van ons nog kon onthou. Ek onthou dat Tom Moodie besonder baie moeite gedoen het om spelers te lok. Hy was as die bestuurder van Brink Broers Inmaakfabriek in ‘n gunstige posisie om dit te kon doen. Ek self het daarby baat gevind toe ek in 1972 aangestel is as Veldbeampte. Ernie Oosthuizen het ‘n werk in die kantoor gekry, Peet le Roux is in 1973 as my baas aangestel en Boetie Fullard en Tommy O’Niel is aangestel as voorraadklerke. Andre Malan was famile van Tom, maar ek kan nie onthou waar hy gewerk het nie. Cowboy Fourie het instandhouding gedoen op die perske ontpittingsmajiene maar of hy ook gewerf was weet ek nie
Voor die seisoen begin het, het elkeen n program gekry om fiks te word. Ek en William Bussel het middae oor etenstyd van die Oudam af deur Badskloof gedraf tot by die Springs en terug, terwyl hy gewag het dat sy vrag druiwe afgelaai word.
Ek kan nie help om te noem dat Danie Rossouw, Kotie Kriel, Piet Uys, Willie du Toit en Burrie Steyn, ook in 1964 en 1965 in die Montagu Skoolspan was wat die SWD Skild twee jaar na mekaar gewen het nie. Dit het nog nooit voorheen gebeur nie en ek wag nou al 58 jaar vir nog so ‘n prestasie.
Spesiale melding moet gemaak word van die ondersteuners wat ons elke Saterdag angemoedig het. As ek aan die eindstryd dink en ek dink ook aan mense wat van Swellendam af gekom het om ons te ondersteun, en ek dink aan die gejuig en feesvieringe na die tyd, en hoe ons van die veld af gedra is, kry ek ʼn traan in die oog. Oom At Swanepoel het na die Moorreesburg wedstryd, wat ons byna verloor het, vir Peet le Roux ( wat nie daardie dag gespeel het nie) gesê “as jy weer onttrek skiet ek jou vrek”. Ons het selfs op Wellington meer ondersteuners as die tuisspan gehad omdat daar busse gereël is om hulle te vervoer.
Sukses kom ook nie sonder opoffering nie. Ons vrouens en meisies moes baie prysgee terwille van koning rugby. Ek voel nou nog skuldig oor ‘n geval waar ek my familie bo rugby gestel het. Ek kan onthou die dag toe ek vir Boetie Fullard gekry het toe hy op pad was Worcester toe en ek op pad na my skoonouers in Aliwal Noord se distrik. Ons het mekaar gekruis 10 kilometer voor Barrydale, ek het gegroet maar hy het gemaak of hy my nie sien nie. Toe weet ek, hy neem my kwalik en so ook seker die res van die span. Ek het hulle in die steek gelaat en ek vra om verskoning. Dalk was dit die motivering om Worcester daardie dag te klop. Gelukkig was die res van die span meer lojaal.
Ons moenie vergeet wat die bydrae van al die spelers in die klub was om ‘n sukses van die seisoen te kon gemaak het nie. Hulle het gemaak dat daar ʼn kompeterende gees was wat gedien het as aansporing sodat elkeen sy beste wou lewer.
Die bestuur van die klub het bestaan uit Voorsitter: SJ Poggenpoel, Ass. Voorsitter, L de Wet, Sekretaris. L v Zyl, Klubkaptein, P Frick, Tesourier, W du Toit, Wedstrydsekretaris/Assit. Sekretaris, E Oosthuizen Breier: Tom Moody. Daar is n gesegde dat ʼn vis van sy kop af vrot. As dit waar is beteken dit dat as die kop gesond is, die lyf ook gesond kan wees. ʼn Groot deel van ons sukses daardie jaar kan dus aan die bestuur toegeskryf word. Daarom wil ek vir hulle ook baie dankie sê vir hulle bydrae tot ons glorie. Tans is Oom Poggie, Lou de Wet, Piet Frick en Torn Moodie al oorlede, ons eer hulle in ons nagedagtes.
Verder het die vrouens van die spelers altyd reggestaan om in die kafee te help om iets te ete en te drinke aan te bied. Groot dank aan hulle.

Kort oorsig – Bekers gewen oor die laaste klompie jare

Agter: D.S. Killian (Keurkom), M. Terblanche, R. Baard, J. Odendal, C. Whitehead, P. Basson, (President), M. Abramowitz, G. Fouche, W. Malherbe, R. Lotz (Ere. Sekr.)
Middel: M. Hofmeyr (Vise Kapt), J. van Eeden, S. Hofmeyr, J.Thomson, N. Eksteen, S. Wolfaardt
Voor: J. van Zyl, R. Sadie, R. Burger, P. Smit, I du Plessis, A. Neethling
Insert: Mike Cronje (Kaptein)
1958 – Montagu wen Boland beker – finaal te Wellington teen Malmesbury. Sien Oom Roy Bruwer se onthou.
Skeidsregter – Chris Ackerman
MONTAGU RUGBY – VOETBALKLUB
EERSTESPAN, 1958
WINNERS VAN SENIOR BOLAND – KOMPETISIE


Adamus Stemment onthou: Pieter Rossouw, was n begaafde rugbyspeler van Montagu wat vir drie jaar losskakel vir die Montaguse Hoërskool se eerste span gespeel het. Nie lank nadat hy matriekuleer het, het hy vir Boland gespeel. Hy moes weens beserings vroeg uittree .
Hy was die vader van Pieter (Slap Chips) Rossouw, die beroemde Springbok -vleuel en Chris Rossouw die Springbok – losskakel.
Montagu 1 ste Rugbyspan van 1958. Boland bekerwenners.

John Conroy Bruwer (Roy)
15.06.1936 – 20.05.2023
Oom Roy Bruwer vertel op 16 Oktober 2018 – dit was 60 jaar gelede.
Wedstryd is op Wellington teen Malmesbury gespeel. (Toevallig ook oor die radio uitgesaai.)
Montagu het net twee weke vantevore teen Malmesbury verloor (op Malmesbury).
Finaal is vroeg Oktober gespeel. Skeidsregter: Chris Ackermann.
Die Malmesbury ondersteuners was so vol selfvertroue dat hulle al op die paviljoen onder mekaar gereel het om vure vroeg aan te steek en nie te lank op Wellington te kuier nie. Montagu was halftyd 3-0 agter.
Na rustyd val Malmesbury aan , Gert Erlank senter, duik Piet Smit van Malmesbury en toe hy val , spat die bal los. Gertjie Du Plessis Montagu se losskakel tel die bal op en gooi lang aangee bo-oor Roy Bruwer se kop vir Henry Swart die vleuel , wat om die heelagter hardloop om te gaan druk. Doelskop mis.
Montagu se tweede drie het begin by lynstaan. Montagu wen lynstaan, Malmesbury se verdediging kom vinnig op en Gertjie du Plessis skop hoekskop oor die koppe van die senters en Henry Swart val die bal toe vir onvervyfde drie.
1970 – Montagu wen Boland Derde Reserwe Liga beker te Wellington teen Wellington.
Montagu Derde Reserwe
Wenners van die Vakansieliga en Derde Reserwe Bekers

Voor L/R: E. Oosthuizen, A. Rossouw, J. de Kock, M. Roelofse.
2de ry L/R: D. van Rooyen, T. Moody, S. Poggenpoel, A. Esterhuyse, D. du Toit.
3de ry L/R: M. Oosthuizen, H. Strauss, A. Conradie, G. van Deventer, C. le Grange, P. Jordaan.
4de ry L/R: A. Retief, C. Jordaan, P. Joubert, H. van As, W. Bussell.
Paar derde span gedagtes van 1970
Tom Moodie was afrigter en kaptein. Toe dit begin goed gaan en ons dalk die beker kan wen, het een van die ander spanne klag by Boland ingedien, omdat Tom een of ander tyd by professionele rugby te doen gehad het. Ampie Esterhuyse het toe die kapteinskap oorgeneem.
Hendrik van As was groot gees. Jy kon hom op enige plek in die voorspelers gebruik. Hy het ook in 1958 in die Montagu wenspan gespeel. Ons speel teen Spoorweg op Esselenpark te Worcester. Ref was skandalig swak. Net na die een kant toe. Halftyd stap ou Grey na die ref. toe en vra horn sy naam. Se toe dat hy horn gaan rapporteer by Boland aangesien hy nog nooit so swak skeidsregter raakgeloop het nie. Nodeloos om te se die tweede heifte was dit heel ander skeidsregter.
By ander geleentheid, sukkel ons ook om punte te kry. Van As sê vir die ref: “Wat moet ons nog doen om drie te druk? Moet ons die bal begrawe. Hy was enige ref se nagmerrie.”
Die finaal is op Wellington gespeel. Ons was een punt voor tot teen die einde. Mike Roelofse was so gretig om te verdedig dat hy opgeblaas word vir onkant. Strafskop net buite die kwartgebied. Skuins na die paviljoen se kant. Redelike maklike skop. Wellington kaptein besiuit dat hy hierdie belangrike skop liewer self gaan hanteer. Hy het bal gestel, en met sy aanloop gee hy so hink en so waar as vet skop hy die bal mis ! Montagu wen. Jare later het Johan v/d Mescht hom raakgeloop en vra hom oor die skop. Hy het dit nog nooit vergeet nie. Arme man.
1973 – Montagu deel eerste liga beker met Wellington Onderwys Kollege. Eintlik was ons die ware wenners (het nooit verloor) net gelykop gespeel. Finaal te Montagu teen WOK. Telling 15:12. Skeidsregter – Dan Malan.
Montagu Rugby Klub
Eerste Span
Gesamentlike Wenners van Boland Groot Uitdaagbeker 1973

Agter v.l.n.r: A. Rossouw, E. Oosthuizen, W. du Toit, P. Uys, W. Conradie, K. Kriel, P. Jordaan.
Middel v.l.n.r: T. O’Neil, J. Theron, W. Bussel, A. Fullard, B. Steyn, P. Fouche, D. Rossouw, M. Rossouw.
Voor v.l.n.r: J. Cooke, A. Joubert, T. Moodie (Afrigter), P. le Roux (Kaptein), S. Poggenpoel (President), T. Franken, L. Steyn.
Heel voor v.l.n.r: W. Kriel, J. Neethling.






























































FINAAL BOLAND GROOT UITDAAGBEKER
GESPEEL TE MONTAGU, SATERDAG, 29 SEPTEMBER 1973
Telling Montagu 15 – W.O.K. 12


Bo ná 14 jaar!

Boland Groot Uitdaagbeker
W.O.K | MONTAGU | |
15 | P. Hanekom | J. Neethling |
14 | ?. le Roux (x) | T. O’Neil |
12 | D. Mostert (x) | A. Joubert |
11 | J. Hubbard | P. Uys |
13 | J. Smit | L. Steyn |
10 | M. v.d. Westhuizen (x) | T. Franken |
9 | B. Wolmarans (Kapt) (x) | J. Cooke |
1 | J. Nelson | M. Rossouw |
2 | P. Laubscher | E. Oosthuizen |
3 | D. van Schalkwyk | D. Rossouw |
6 | C. Bauermeister | W. Bussell |
4 | D. Hugo | A. Fullard |
5 | H. Bosman | B. Steyn |
7 | J. Joubert | J. Theron |
8 | D. Smit (x) | P. le Roux (Kapt) |
Bestuurder | Bestuurder | |
Mnr. D. de Villiers | Mnr. T. Moodie |

Montagu Dorp Rugby: 1ste Span 1973/Medewenners van die Boland Uitdag Trofee




Spelers momente wat hulle na 50 jaar onthou.
Danie Rossouw: Ons speel teen OKP – Montagu is op die aanval. Skrum ± 15 m van OKP doellyn. Montagu loop met skrum. OKP agsteman skree – O hel , hier is die doellyn. Ons druk die drie. Van daardie dag af, as daar geskree word OKP “ – dan druk almal saam soos een man.
Montagu Wellington: Tom was besonderse motiveerder- hy reel die spanpraatjie bo-op Bainskloof , waar jy afkyk op Wellington. Hy motiveer ons so dat Piet Uys daardie dag twee drieë druk en dit teen Boland senters. Die Burger se artikei daarna se Wellington het wedstryd weggegooi ! Telling 22 : 13.
Montagu teen Porterville. Peet se maag is deurmekaar. Hy kry twee rate : flatcoke of gewone coke. Hy hou een glas in elke hand. Weet nie wat om te doen. Drink toe maar albei. Een moes gehelp het.
By een van ons laaste wedstryde hou Tom ‘n vergroting van die Boland puntelys omhoog. Ons is tweede. Hy vra ons of ons tevrede is daarmee. (Hy sal dit dan raam en vir elkeen een gee.) Almal stem saam ons moèt beter, en die puntelys word net daar en dan opgeskeur. Hy het aan allehande maniere gedink om die span gemotiveer te hou!
Kobun Stemmet: Ons wedstryd teen Worcester, op Worcester. Wedstryd baie gelykop. Oupatjie sê vir my dat Hennie Neuwoudt gaan skip pass gooi en ek moet gaan vir die onderskepping , en die wendrie gaan druk.. Ek vra hom: “Wat van my man, hy antwoord – moenie daaroor worry nie.” Gebeur toe net so – Hennie gooi die bal in my hande en ek laat loop vir die doellyn. Maak dit net, net. Toe ek opkyk , Staan Boetie langs my en trek my regop. Tot vandag wonder ek hoe hy so gou daar gekom het. Daardie aand kuier ons Worcester uit hulle eie klubhuis uit. Die verloor het hulle swaar gevat.
William Bussell : Ons speel teen Robertson , op Montagu. Jacques was kaptein. Sy broer Johan , was Robertson se kaptein. Dit was maar rowwe wedstryd. Ek loop Johan van voor af dat hy heel katswink is. Se toe vir Jacques – Jammer jong, jou broer het nou seergekry , en Jacques antwoord , Jy moes horn nog harder geloop het. (maar min broederliefde as jy teen Robertson speel ! )
Jakes Cooke : Hy onthou die tyres wat ons moes rondsleep om fiks te kom. Sê hy soek voor een oefening vir hom mooi klein ene uit, en Peet sien dit – hy gooi die klein tyre bo-oor die sinke en gee horn groot tyre ! Plan het nie gewerk.
Hy het altyd grappies in die tok- kamer gemaak – maar as Peet met daai groot swart oë vir hom kyk dan raak hy stil en fokus op die wedstryd.
Ons twee het besonderse slag gehad by die skrums, met die ingooi van die bal – het baie goed gewerk. Dit bly hom nog by.
Ons speel op Montagu en dit het baie gereën. Agter die doellyn was net water. Hy wonder toe wie dalk en in die modderpias drie sal moet gaan druk. Blyk toe dat Piet Uys deur die gaping kom en moes duik vir sy drie. Jy sien net water en modder spat.
Carl Retief : Ons teen Robertson – op Montagu – skuins voor die paviijoen loop Venter Odendaal hom uit die aarde uit – die ergste duiksiag wat hy ooit in rugby ioopbaan gekry het. Het dit nog nooit vergeet.
Louwtjie Steyn ; Hy onthou die late tackle in die final teen WOK. Uiteinde was die strafskop wat toe die wenpunte die dag was.
Johan Neethiing: Die strafskop teen WOK in die final – toe Peet vir Johan die bai gooi om pale toe te skop , gooi Johan die bat vir hom terug met die woorde : “ Toe skop jy , jy skop al heel jaar”. Peet maak nie fout! Ons wen. Ernie Osthuizen : Twee insidente wat ek baie goed onthou. Eerste was die spanpraatjie voor Weliinton se wedstryd. Daardie dag het ons besef dat ons die potensiaal het om die bekerte wen. Tom was natuurlik uitstaande motiveerder. Teen WOK , onthou ek baie goed , so teen die einde van die wedstryd , was huile op die aanvai – in ons kwartgebied , daarteen die motors se kant. Ek en Danie haak vaskop en Thys skop bai uit. Ai die druk van ons af . Wonderiike gevoei gewees.
Kotie Kriel: William sê vir my dat ek het so baie harsingskudding gekry oor ek met my groot kop eerste oral inhardloop. Worcester het Boland voorry gehad – Jan Tredoux. Sterkman. in die losskrurn gee ek hom goeie kopstamp – hy kyk my net so en wii my vasgryp , ou Burrie kom by en druk Jan weg met die woorde : “ waar dink jy gaan jy heen .” My ou klasmaat red my daardie dag.
(Kotie was ware bittereinder- hy het gespeel totdat Annelie een aand na laat oefening , sy toks in die stoof gedruk , en uitgebrand het.)
Marais Rossouw – Hy onthou die Wellington wedstryd. Het saam gegaan met die span as plaasvervanger , het toe in Louwtjie se plek opgedraf. Verai die spanpraatjie bo in Bainskloof van Tom was besonders. Het nogai drie gedruk die dag. Koerante gee toe Louwtjie die krediet, hy was aanvanklik gekies.
Jacques Theron : hy kan nie iets spesifiek onthou nie. Onthou dit was wonderlike jaar. Hy en Boetie het beurte gemaak om te ry. Daardie jaar het hy 18 000 km gery agter rugby aan. ( R 10 se petrolgeld gekry ). Onthou nog die Gouda Stop waar ons tellings uitgeruil het met die ander spanne wat gestop het. Die eerste wedstyd teen Worcester wat ons die dag gewen het, biy hom nog by , dan die gelykop een teen Moorreesburg en die finaal teen WOK. Natuurlik teen Robertson , waar sy broer, Johan die kaptein was , was altyd hard.
Willie du Toit; Kan nie baie onthou nie. Het altyd saam met Andrè gery. Die ou gesegde was altyd : “ Hou daar, Gouda , ons is nou daar! “ Gouda was gewiide stilhouplek. Dan is daar tellings uitgeruil en menige ou se das was afgesny en teen die balke vasgekap. Moes voor die tyd jou das afhaal en in jou sak druk.
Mattie Rossouw (oorvertel deur Danie) – ons speel teen Robertson.
Lynstaan is verby en spel gaan aan. Met die gespring val almal inmekaar. Tokkas van Dyk val onder Danie en Mattie. Hulle arms pen hom vas – Mattie sê: “ons het hom, kom ons donner hom !”. Tokkas moes mooi vra om nie slae te kry nie. Kostelike oomblik. Ons speel teen Velddrif. Ons was ver voor toe begin ons sukkel in die skrums.Mattie druk teen Lubbe, hy was so sterk soos bees. Rustyd sê hy vir neef Danie: “daai man gaan my doodmaak-jy moet help.” Ek kon twee skrums uithelp, maar toe is ek poegaai – was tè lank vir loskop. Ons besluit toe as volg. Die man wat eerste by die skrum kom, kon kies watter kant om te druk. Resultaat was resies van die een skrum na die volgende – . Nodeloos om te sê, ou Lubbe kos ons byna die wedstryd.
Peet Le Roux: Skerp met sy waarneminge. Toe ons hoor dat Dan Malan blaas die final , wou die spelers bewaar maak want hy was nie jonk en stadig na hulle sin. Peet stel amal toe gerus en sê dat die feit dat hy nie so jonk was nie , tel eintlik in ons guns. Hy sal die wedstryd styf hou en ons in daardie opsig kari help teen die vinnige studente.
Tommie O’ Neil: Porterville wedstryd. Hy onthou nog, kort voor die einde hoe hulle op die aanvai was. Bal word ver veld-af geskop tot naby ons doellyn. Hulle vleuel wil vining ingooi, maar Piet Uys gryp die bal en hardloop weg daarmee todat ons voorspelers tyd kry om by lynstaan uit te kom. Piet red daardie dag die game vir ons. Dan ook die ver wedstryde na Velddrif, Vredenburg en Militêre Akademie. Hoe daar oorgeslaap is, snoek gekoop word en dan sommer langs die pad gebraai word.
Burrie Steyn: Hy onthou die drie wedstryde waar ons gesukkel het. Porterville, Velddrif en Moorreesburg. Op Porterville hetskelm vlagman ons help wen. Peet se woorde op Bainskloof waar hy gesê het dat ons die beste pak voorspelers was waarmee hy nog saam gespeel het, het groot indruk gemaak. (Onthou hy was provinsiale speler – dit se baie.), Daar het vir die finaal seifs mense van Swellendam kom kyk. Dit het groot indruk gemaak . Hy was eintlik spesialis no2 slot, maar moes toe aanpas op no5. – dit was nie maklik nie. Verkies no2.
Boetie Fullard: Hy onthou dat hulle baie moes ry. Gelukkig was daar darem paar manne van Barrydale wat gespeel het. Verai die ver wedstryde , die stop op Gouda bly hom nog by. Die lekker kuiers saam met die manne. (Boetie was natuurlik altyd in die spervuur omdat hy hard gespeel het en duidelik raakgesien kon word met sy lang blonde hare. Moes by meer as een geleentheid die “punch” vat namens iemand anders, al was hy onskuldig.)
Hy onthou dat WOK ná die final in hulle karre/bus geklim het en gery het sonder om bier te kom drink.
André Rossouw: kan nie iets spesifiek onthou nie. Weet net, daardie tyd, as hy naweke huistoe gaan, is die toksak agter in die kar. Ry hom altyd saam.
Onthou Julle
Saans , na die wedsfryd , net na 7 uur nuus – word die groot HiFi in die saal aangesit pm na streeknuus te luister. Dan word die ander spanne se tellings gelees. Ons was die ene ore om te hoor wat die ander spanne maak.
WOK – hulle was baie seker hulle sou wen, en hulle kon die verloor nie verwerk nie. Wou nie na die tyd in die saal bier kom drink nie, maar het in die bus en karre geklim, daar iets gedrink en gery.
Daar was telefoon in die rugbysaal. Elke Woensdagaand, nadat spanne gekies was, het ek vir Swannie laat weet wie speel in watter span. Hy het dan al die spelers laat weet van die relings vir die komende wedstryd -(wonderlike . ondersteuner gewees). Nodeloos om te sê die klub het nooit rekening gesien vir al daai oproepe nie.
Op die dorp was daar klompie baie getroue ondersteuners. Hulle het wedstryd na wedstryd agter ons aan gery en ondersteun. Wonderlike gevoel as die hele dorp agter sy span staan.
Vir die Wellington wedstryd het Tom Moodie twee busse van die fabriek vol ondersteuners gestuur om agter die span te staan. Op die einde was daar meer mense van Montagu as Wellington.
Dr. Coetzee wou film maak van die WOK wedstryd. Daar is stand gebou waarop die rolprent kamera moes staan. Net bokant pawiljoen. Ongelukkig het Mnr Leidig van die apteek die verkeerde tipe film bestel. (gaatjies aan die verkeerde kant.) So daar kon geen opname gemaak word nie. Baie jammer.
Lede van die 1973-span by hul 50 jaar-reünie


en net ‘n beitjie meer


Montagu 1st Team 1905 Wenners van die N.C.C.R. Beker
Back L/R: A.B. le Roux, G.Swart,D. van Zyl, J.A. van Zyl, A. Joubert, J. Rossouw, G. Wolfaardt, J. Joubert, O. van Niekerk.
Middlle L/R: G. van Blommestein, H. Edward, Dr. Muller (Kpt), George Barry Esq. Pres, P.A. Edward, J. Stemmet, S. Smuts (Sec.)
Seated L/R: A. Rossouw, R. Esterhuizen, A.W. Hofmeyer, F. v.d. Spuy
Maurice and Emma Goldberg with daughter Bessie, who at the time was five years old, bought the Montagu Country Hotel in 1917. The Goldberg’s lived in the hotel until they sold it 2 years later.
Maurice was a sport lover and donated a large trophy to encourage the game of rugby in the town. The trophy was awarded annually and was competed for between the Montagu High School and a local town side. Montagu High School yearbooks for 1927 and 1928 both make mention of the trophy.




Picture: Lea-Anne Alexander
Die King Edward-rugbyveld het deur die jare gasheer gespeel vir baie onvergeetlike funksies en wedstryde


Picture: Lea-Anne Alexander



Pictures: Lea-Anne Alexander
Die Höerskool was ook by


Adamus Stemment onthou: Adri Basson was die seun van Ewie Basson. Hy het ook drie jaar vir Montagu-Hoërskool se eerste span gespeel. Hy was ‘n sakeman in Windhoek, Suidwes Afrika , nou Namibia, en Kaptein van hul provinsiale span. Hy was ook kaptein van die Junior Springbokspan. Sy broer Pietman, was jare lank n losvoorspeler van Ceres en Boland . Sy dogter is met Cornê Krige, Springbokkaptein , getroud

Höeskool Montagu 1962 1st span

Agter: Andre Joubert, Pietie Heunis, Coenie Burger, Gert Neethling, Adri Roux, Deon (Kaas) Joubert, Jan Crous.
Middel: Johan McDonald, Pietman Basson, Freddie van Zyl, Willa Rabie, Mattie Rossouw, Bennie du Toit, Dennis Rossouw, Dana Hofmeyer.
Sittende: Fon du Toit, Willem Louwrens, Cyril Gousard, Mnr. Schabbort (Skool Hoof), Andrew Hofmeyr, L. Schultz, Pietie de Wet.
Voor: Johan Steyn, Wilhelm Marais


Agter: G. Negus, J.Hugo, H. Basson, G. Kellermann, B. Steyn, D. Rossouw, L. van Zyl, J. van Rooyen
Middel: Mnr. W. Lourens, (Breier), M. Oosthuizen, E. van Zyl (Vise Kaptein), dr. J.E. Kellerman (Prinspaal), S. Hofmeyr (Kaptein), P. Uys, Mnr. Mnr. L. Schultz (Breier)
Voor: J. Kriel, M. Louvennink, D. Rossouw, G. Verreynne, A. du Toit
Iets van die Koo af

Agterste ry: Hugo, Louis Kriel, Chris Burger, Frikkie Rossouw, Jan Crafford, Dawid Rossouw, Pieter Spreeth.
Tweede ry: Johannes Rossouw, Walter Knipe, Flip Prins, Japie Batt.
Voorste ry: Willa Rossouw, Hennie Cloete, Alwyn Burger, Robert Batt (kaptein), Bresler Knipe.
Die storie wat volg kom van Gerald Batt af sy pa was kaptein van die 1943 span
Tannie Mabel (Myburgh.geb. Batt) onthou nie veel vd rugbyspan nie, maar dit onthou sy nog goed: Die Koo rugbyspan het gewoonlik teen naburige dorpe gespeel en so is hulle ook eendag Touwsrivier toe met Walter Knipe se lorrie. Die ou lorrie het ‘n kap gehad wat los agterop die lorrie gestaan het. Toe Walter by Batt’s Store winkel in die Koo stop om vir Robert Batt op te tel, sien Robert se pa Gerald, dat die kap los is en daar was mans agterop die lorrie. Hy besef toe dat dit baie gevaarlik is en net daar gee hy vir hulle ‘n paar rieme om die kap mee vas te bind. Hulle kon toe veilig ry Touwsrivier toe en met die terugkom deur die Koo, stop hulle eers weer by Batt’s Store om die rieme terug te gee voordat verder ry. Nog voordat hulle by Walter Knipe se plaas in Concordia kom, lyk dit of die kap wou afwaai. Die mans het die kap vasgehou terwyl hulle ry, maar die wind was te sterk en waai die kap met mans en al af en ‘n hele paar mans het seergekry. Chris Burger het die seerste gekry en sy nek was amper af. Hy was baie lank in die hospitaal en Robert se pa het geld gekollekteer om met die hospitaalkoste te help. Chris is later agv sy beserings oorlede. Dit is onseker of die rugbyspan daarna nog bly voortbestaan het.



Hennie
When we moved to Montagu in 2011 Hennie Tredoux was one of the first Montagu residents I met. This meeting came about via the local neighbourhood watch. Our paths would cross many times over the years for many reasons. We would pass each other on our morning walks and Hennie would provide me with current news in and around Montagu or share one of his smile for the day stories. Over the years Hennie also became the go to person when I wanted to find out information on local politics. I also learnt that Hennie could put pen to paper and write short articles for inclusion in Montagu Stories. This article on one of Hennie’s passions, rugby, follows. Hennie always reminded me of a big strong tree. He had a deep voice and many times over the years I would hear his voice as a neighbour (he lived just behind us), and be reminded of the tree. Thank you Hennie for always being a friend over the years. A tree has indeed fallen.
Rudi. Allmayer (2024)
Staaltjies van Montagu Rugby – 1958 tot 2013
Deur
Hennie Tredoux
1940-2024

Montagu Rugby sorteer onder die Boland Rugby-unie, en het die Groot Uitdaagbeker drie keer verower, nl. 1946, 1958 en 1973.
Die 1958 wedstryd was gespeel te Wellington teen Malmesbury, en die 1973 finaal was teen Wellington Opleidingskollege te Montagu. Die eindtellings was 6:3 in 1958 en 15:12 in 1973. Wat die eindtelling in 1946 was, weet ek ongelukkig nie.
Toe ek in 1960 in Montagu opdaag, was ons bevoorreg om vir Junior Springbok Piet van der Merwe (onderwyser by Hoërskool Montagu) en Piet Lochner (SWD – onderwyser by Laerskool Montagu) as slotte in die eerstespan te hê.
Henry Swart het in 1958 in die finaal te Wellington die wendrie gedruk; en twee jaar later moes ek nog steeds hoor van die “wondervleuel” wat die beker vir Montagu gewen het. Met die eerste oefening wat ek bygewoon het aan die begin van die 1960 seisoen, het ek teenoor hom gespeel; en die eerste keer wat hy die bal kry uit ‘n agterlynbeweging, toe duik ek hom dat ons altwee onder die houtbankiesitplekke voor die pawiljoen uitkruip. Dit het my ‘n plek in die vleuelposisie besorg; waar ek toe die volgende Saterdag in die sogenaamde “Derby” teen Robertson te staan gekom het.
Kyk, dit was groot en taai wedstryde! Montagu het destyds ‘n “Town Crier”, ou Esau, gehad wat met ‘n oorslaan-swartbord oor sy skouers en ‘n klok deur die dorp beweeg het om die “Derby” aan te kondig. Sy bekende woorde was altyd “Montagu en Robertson Saterdag aanmekaar, wie wen maak my nie saak”.
Die Vrydagaand was ons span by Piet van der Merwe se huis bymekaar om ons strategie vir die wedstryd te bespreek. Met die eerste bal wat gedurende die wedstryd na my kant toe kom, haal ek my oë van die bal af om te kyk waar is Robertson se verdediging, en slaan die bal aan, wat met ‘n oop doellyn op die grond voor my val. Die volgende oomblik kom Piet van der Merwe by my en sê “As jy daardie bal nou weer laat val, sal ons mekaar na die wedstryd sien”. In die tweede helfte het ek toe twee drieë gedruk om aan ons ‘n oorwinning te besorg.
Vlagman Verloor sy Vlag
Oom Poggie Poggenpoel (KWV) was ‘n baie entoesiastiese non-speler in Montagu se rugbygeskiedenis, en het elke jaar een of ander pos op die komitee van die klub beklee – sommige jare as Voorsitter, Sekretaris of Tesourier. In 1970, die laaste jaar wat ek vir Montagu kon speel (as gevolg van ouderdom), het oom Poggie besluit hy wil daardie jaar die eerstespan se vlagman wees.
Montagu speel tuis teen Malmesbury en oom Poggie is die een vlagman. Malmesbury se heelagter is oulik, en hy bly altyd aan die binnekant van die Montagu agterspeler wat die bal dra. Só beweeg Montagu se agterlyn weer, en die vleuel kry die bal van sy sentermaat naby aan die kantlyn. Die Malmesbury heelagter is daar en wil die vleuel by die kantlyn uitduik. Die volgende oomblik sien jy net oom Poggie se se vlag waai in die lug op, en hy hardloop aan die binnekant van die vleuel in en skree vir hom “Hie’s ek, pass, hie’s ek!”
Toer na Beaufort-Wes
Die komitee kry ‘n uitnodiging van Beaufort-Wes om daar ‘n wedstryd teen hulle te kom speel as afsluiting van hul jaarlikse Landbouskou. Ons bly oor in die Royal Hotel. Die Saterdagaand is daar ‘n dans in die Skousaal waarheen ons as gaste uitgenooi word.
Gertjie du Plessis (heelagter) het ‘n ukulele (banjo) gehad wat hy goed kon speel. Ná die dans kom een van die ouens agter sy toksak is weg. Daar word besluit dat ons nou die saak by die polisie moet aanmeld. Dit is amper eenuur in die nag, en ‘n paar van ons is op pad na die plaaslike polisiestasie, en Gertjie is by met sy ukulele. Ons benader die polisiestasie op ons tone, want dis diep in die nag. Die deur by die aanklagkantoor staan oop, die een konstabel lê onder die skryftafel en die ander een bo-op die tafel, albei vas aan die slaap. Een van ons wys vir Gertjie hy moet ‘n “stroke” op die ukulele maak; en toe dit gebeur skrik die konstabel bo-op die tafel so groot dat hy van bo af op die onderste een val, wat so groot skrik dat hy opspring en die tafel skoon onderstebo val dat die telefoondraad morsaf breek.
Toe ons by die hotel kom, slaap almal en dit is doodstil.
Die volgende oggend verneem ons aan die brekfistafel dat Gert Joubert in die nag sy valstande in die toilet verloor het. Die hotelbestuurder sê sy diensmanne aan om die ablusiesisteem na te gaan, en waaragtig, daar kry hulle die tande in een van die agterslote. Was daai man nou vir jou verheug – net so ‘n bietjie afgespoel, en siedaar, dit pas soos ‘n handskoen!
Die Visvrou van Velddrif
Nadat ek al my spelery vaarwel toegeroep het, het ‘n paar van ons ‘n “ondersteunersgroep” gehad wat elke tweede Saterdag die eerstespan se wegwedstryde bygewoon het. Vir sommige vêr wedstryde het ons slaapplek by vriende gekry op die dorpe waarteen Montagu se eerstespan dan die Saterdag sou speel.
Dit was ‘n Saterdag in die tweede helfte van die seisoen, en tot in daardie stadium het nie Montagu of Velddrif se spanne ‘n wedstryd verloor nie, en hulle speel op Velddrif se veld. Velddrif het ‘n baie goeie skakelpaar in Doofie Theart (doofstom skrumskakel) en sy neef Jan Bellie Theart (losskakel) gehad. Hulle het ook dikwels in daardie jare vir Boland gespeel.
Ons ondersteuners sit in ‘n groep op die pawiljoen. Die wedstryd is taai, en die twee spanne kou mekaar sonder dat enige punte aangeteken word. Halfpad deur die eerste helfte is daar ‘n skrum binne Montagu se kwartgebied, met Doofie wat die bal kan ingooi. Die reëls was destyds anders as vandag, en die flanke en agsteman mag wegbreek van die skrum om te verdedig. Doofie gooi die bal in en Jan Bellie staan verder weg van die skrum as gewoonlik. Toe ek dit sien, weet ek hy gaan nou skepskop, want hy was goed daarmee. Montagu se flanke breek weg om die bal af te storm. Ek vlieg op in my sitplek en skree “Loop hom!” Die volgende oomblik kry vyf growwe vingers my op my skouer beet en dring deur my trui en hemp, en ‘n ou tannie wat agter my sit, troon bo-oor my en sê “Loop hom se m**r, gehoor”. My vrou, Elna, sê vir my “Hennie, sit, hier gaan jy vandag die pak van jou lewe kry.”
Die Medisynekassie
Hier op Montagu was ‘n mediese dokter, Dr. Coetzee. Hy was ‘n mediese hulp by die Saterdae-wedstryde, en ‘n entoesiastiese rugby-ondersteuner. Hy was ook op sy dae ‘n Springbokskut.
Hy het ‘n Plymouth motor gehad, en Saterdagoggende vroeg word dié op sy spesiale parkeerplek, net buite die draadafsperring aan die oostekant van die van die veld, geparkeer. Dan beweeg Dr. en sy vriende af na die Avalon Hotel, waar dit heel goed gaan in die kroeg. Wanneer hy en sy trawante dan weer so by eenuur se kant by die veld opdaag, gaan Dr. na sy motor en haal sy mediese tas uit. In hierdie tas is net twee glase en ‘n bottel brandewyn.
Wanneer een van die opposisie se spelers seerkry, staan Dr. op die pawiljoen op en skree oor die veld “Bring die donner hier”. Dan gaan hy op die veld, ondersoek die gekweste speler, en gee net elke keer dieselfde instruksie aan die noodhulppersoneel: “Vat hom hospitaal toe, hy sal nie vandag verder kan speel nie”. Só het menige opponente speler in Montagu Hospitaal beland, selfs spelers met ‘n baie geringe besering wat onmiddelik weer ontslaan is.
Oom Koffie Hofmeyr
Springboksenter van die beroemde 1937 Springbokspan. In ‘n stadium, toe sy rugbydae al so te sê verby was, word hy omgepraat om vir Montagu se derdespan teen Touwsrivier te gaan speel. Driekwart van Touwsrivier se span was werknemers van die Spoorweë. Montagu se span was die middag betyds by die veld, maar die wedstryd kan nie ‘n aanvang neem nie, want sekere treine moet eers by die stasie arriveer, en dan moet die spelers wat nog gewerk het kans kry om by die veld te kom om Touwsriver se span vol te maak.
Van die toeskouers het egter vir oom Koffie herken, en die nuus het gou die rugbyveld en die hele dorp vol gelê dat Koffie Hormeyr, die Springboksenter, vandag vir Montagu speel. In die aantrekkamer het Touwsrivier se afrigter dan ook sy senters aangesê om oom Koffie dop te hou.
Uiteindelik begin die wedstryd, en elke keer as Montagu se agterlyn beweeg en die bal kom by oom Koffie uit, dan sê hy vir sy sentermaat “Hier kom hy, Hofmeyr”, en hy gee die bal na hom toe aan, net om te sien dat hy onder die stof geloop word deur die Touwsrivier spelers.
Lagonda Hotel, Touwsrivier
Op ‘n koue wintersmiddag speel ek vir Montagu se derdespan teen Touwsrivier op hulle tuisveld.
Na die wedstryd en drankies en iets te ete by hul Spoorwegklub, is ons oor na die ewig gewilde Lagonda Hotel teenaan die N1.
Oom Pace was ‘n ou inwoner van Montagu. Hy het homself klein geskrik toe hy op ‘n dag in die Kaap gestap het, en ‘n man homself op die sypaadjie langs oom Pace uit die lug uit dood geval het.
Hy is ons “coach” vir die dag, en weet van rugby net soveel as Ramapromise van Eskom.
By die Lagonda aangekom, sien ons dadelik dat die kroegman nie opgewasse is om hierdie klomp van Montagu te hanteer nie, en word hy op ‘n vreindelike manier ingelig dat hy ‘n swak kroegman is – maar not to worry, ons het ons eie kroegman saamgebring: oom Pace.
Ons verwyder die Lagonda kroegman sagkens van agter die kroegtoonbank, en lig oom Pace hier vanuit ons geledere oor die toonbank as nuwe kroegman.
Die Lagonda se finansiële state het daardie maand nie geklop nie as gevolg van tekorte aan die ontvangste kant.
Toe ons laatnag deur die Koo huis toe kom, sien ons Gene en Ian Burger, wat vir die eerstespan op Piketberg gaan speel het, is al tuis van Piketberg af.
Tongsluk
Ons speel op Piketberg, en een van hulle spelers verdedig en slaan vir Ben Wilken, ons losskakel, met die voorarm op sy strot (keel). Ben val grond toe, en roggel kwaai omdat hy sy tong ingesluk het en nie kan asem kry nie. Ons, wat nog nie met so ‘n geval te doen gehad het nie, staan vêr weg. Gelukkig het een van ons spelers al vantevore met so ‘n geval te doen gehad, en pluk Ben se tong uit sy keel sodat hy weer normaalweg kan asemhaal.
Rooikaart terugroep
Montagu speel tuis teen Worcester. In een lynstaan slaan Jos Carstens (flank van Worcester) vir Jan Liebenberg (slot van Montagu) met die vuis vol in die gesig, en reg voor die skeidsregter. Dié stuur vir Jos van die veld, maar Hendrik van As (voorry) gaan na die skeidsregter en sê “Ag nee, Mr Ref, wat maak jy dan nou; dit was mos nou darem nie ‘n doodskoot nie, en ons het mekaar nou net lekker begin raaksien. Bring die man terug dat hy kan kom speel.”
Die skeidsregter kyk na Jan se gesig en sien geen bloed of stukkende merke, en roep vir Jos terug. Dit was die laaste vuishou wat Jos Carstens in sy rugbyloopbaan geplant het.
F*k hom pa né Pa
Ons derdespan speel teen Gansbaai op hulle tuisveld. Die hele dorp – oupas en oumas, pa’s en ma’s en kinders – is daar. Die veld het aan die een kant ‘n redelike hoë grondwal wat skuins afloop na die veld.
Een van Gansbaai se spelers, ‘n groot slot, ontvang die bal uit die losspel, en sit teen die kantlyn af doellyn toe. Maar ons was reg vir hom, en een van Montagu se spelers duik hom teen die grondwal uit dat jy net sien gras waai. Die ou se klein seuntjie het tot in daardie stadium die hele wedstryd deur op en af langs die veld beweeg, en soms was sy ma ook by om vir Pa aan te moedig.
Toe die ou nou so by die veld uitgeduik word, kom die seuntjie by hom, vat hom aan sy skouer , en sê “Pa, nou het daai ou jou darem in jou moer geduik, maar f*k hom ook maar Pa, né Pa”.