30.Short Stories 2

Updated: 25/11/2024
Three Doctors
DR EDWIN RALPH COETZEE
1908 – 1979
Submitted by Terence Coetzee

Picture: Terence Coetzee
Edwin spent his childhood as the son of a sheep farmer in the Burgersdorp and Beaufort West districts. He was one of 9 children. He was sent to Selborne College as a boarder.
After working on the farms for a few years and being in his mid-twenties he left for Trinity College in Dublin Ireland to study medicine.
Edwin returned a qualified Doctor in the mid 1930’s. During his time in Ireland he met and married an Irish lass named Edna. He kept it a secret from his parents and one can imagine their surprise when a married couple disembarked in Cape Town to start a new life in S.A.
He practised for a short while in Johannesburg where his older brother Jimmy was a doctor. Subsequently he practised in Heidelberg (Cape) where he spent a lot of his spare time fishing at Port Beaufort at the mouth of the Breede River. Fishing became a lifelong passion resulting in him gaining Springbok colours when captaining the British Commonwealth Tuna Fishing team competing in Nova Scotia in 1951 and 1952.

Picture: Terence Coetzee
A son, Terence, was born while he was in Heidelberg. In about 1943 Edwin and his family moved to Montagu where he joined the then resident doctor Dr. Muller as a partner. He remained in Montagu until his death in 1979. He lived on the corner of Du Toit and Long Street (La Rochelle) where he eventually set up his own practice.

Back L/R Mrs. Rendha Muller, Dr. Muller
Front L/R: Edna, Edwin & Terence
Picture: Terence Coetzee


La Rochelle
Pictures: Transnet Heritage Library

Standing L/R: Noel de Villiers, Abie Neethling (albei het by Brink Broers gewerk)
Sitting L/R: Ryk Sadie (boer in Langstraat), Dr. Oosthuizen, Dr. Coetzee
Picture: Terence Coetzee

Son Terence at the age of 15. The picture was taken on an annual winter hunting trip on a farm adjoining the Kruger Park. The farm belonged to Boet McDermid, my Dad’s pal.

A hunting memento owned by Dr. Coetzee, donated to the Montagu Museum, which is made from the scrotum of the wildebeest.
Edwin became interested in Bisley shooting and was an active member of the local team. As was his custom he attacked this new interest with enthusiasm and in time gained his Springbok colours in this discipline. Being a good marksman and having a farming background it followed that he would be interested in big game hunting. He joined a hunting safari organised by Dr. Steenkamp from Cape Town and he together with Epsie Joubert, a larger than life Montagu character, journeyed to the Northern borders of Angola on a 6 week hunting jaunt. As a child I sat open-mouthed listening to their experiences.
Edwin befriended a certain Boet McDermid who owned a game/holiday farm which bordered on the Kruger National Park. Every year Edwin would organise a fishing holiday for the families and Boet would reciprocate by organising a few weeks of big-game hunting on his farm. Of course I tagged along and was most privileged to experience an idyllic childhood.

Picture: Terence Coetzee

Dr. Coetzee’s hunting hat donated to the Montagu Museum
Edwin, having been exposed to golf during his days as a student in Ireland joined the golfing fraternity in Montagu and soon became a scratch golfer. It so happened that the great Bobby Locke married a girl from Montagu and whenever he and his wife and daughter came to visit the in-laws they stayed with Edwin. Bobby kept himself occupied by playing exhibition matches against the best from surrounding towns. Edwin was his partner and they certainly made the most of the after-game hospitality. I remember staying up well past my bed-time waiting for their return. Edwin was driving and Bobby was sprawled on the back seat playing his famous ukulele and singing rather risqué songs.
Edwin loved children. He confessed that they were also his favourite patients. They were a pleasure to deal with because of their honest responses to the doctor’s examination. They were either well or unwell – no airs and graces.
For some reason Boswells circus never came to Montagu. I think it had something to do with getting their cumbersome vehicles through the tunnel. Remember the narrow old road ran on the opposite side of the river to where it is now. I presume that because Edwin was required to attend to some of the circus folk he became rather friendly with Stanley Boswell. He discovered that they shared a love of fishing. He did a deal with Stanley. If he was allowed free entrance to a circus matinee for all the boys from the Montagu orphanage he would arrange a bass fishing outing to a dam on Kosie Marais’ farm, Klipdrift, outside Robertson. This was duly done one Sunday and Stanley was accompanied by none other than Tickey the clown, also an enthusiastic fisherman. I of course tagged along. Needless to say I was the envy all my young school friends when relaying the story on the Monday morning.
Edwin was friendly with Jack Lemkus, owner of the famous sports shop in Cape Town. They were the main supplier of fireworks at Guy Fawkes time. Fireworks have a limited shelf life so after the Guy Fawkes season he managed to acquire a boot-load, presumably, at a very reasonable price. Once back in Montagu he arranged a fireworks display on an open piece of ground on the way to the hospital. Once again the boys from the orphanage were invited and transported to the venue. All the kids from the town were welcome to attend. This became a regular annual event.
On reflection these actions most certainly demonstrated his genuine love of children.

An anecdotal story from Hennie Tredoux a Montagu resident who remembers Dr. Coetzee: The Avalon Hotel was situated in Mark Street (today 2020 Avalon Place apartment complex). The hotel had a snooker room with pay as you go lights a popular venue for Montagu residents of the day. Local residents soon became aware of the 5pm event. A band of merry men lead by Koffie Hofmeyr, Dr. Coetzee, Kotie Viljoen , Hennie de Wet , Ivan Coetzer and several other elderly residents would arrive for their game. The snooker venue was simply taken over by the 5pm club members. It did not matter if you were half way through a game or had paid for your lights, you just had to pack up and leave or watch their never – ending game the youngsters soon learnt the rules or suffered the consequences.
DR. JACOBUS JOHANNES STANDER RETIEF
02/04/1919 – 09/09/1961
Ingedien deur Francois de Kock

Picture: Anita Ludik-Hoskins Collection
This story started with Montagu resident/historian Francois de Kock making contact with Dr. Retief’s daughter Anita.
Baie dankie Anita
Die fotos het my erg geroer en gedagtes ver terug geneem. Ek en Johan was in st. 2 ek dink by juf. Visser. Ek dink die rede waarom ek redelik baie van daardie tyd onthou is omdat my familie om verskeie redes feitlik ʼn heldeverering vir jou pa gehad het en nog baie jare na sy dood dikwels met groot respek en waardering na hom verwys het. Trouens, twee van my ma se susters wat destyds verpleeg het en menige operasies saam met hom in die teater was praat steeds van tyd tot tyd van die ongelooflike werk en akuraatheid waarmee hy operasies uitgevoer het. So terloops,die jaar voor sy dood het hy my mangels uitgehaal en daardie jare moes ek nog 4 dae in die hospitaal bly.
Ek het onmiddellik na ek die eerste fotos ontvang het my briefie begin tik en halfpad raak my rekenaar onklaar en kon ek nou eers verder gaan maar hoe groot die verrassing toe ek nou oopmaak en die nuwe fotos sien en briefies lees. Die gedig het my so getref dat ek nie kon wag om ten spyte van ʼn knop in die keel en traan in die oog beide my tantes te skakel en die gedig en briefies met hulle te deel nie. Beide se kommentaar het bevestig wat jy van hom gehoor het en ook dat hy deurnag by my
ouma wat ook in die Karoo ongeveer 60km. uit Montagu op die plaas Allemorgens gewoon het’ “gewaak” het en dit feitlik net vir n paar koppies koffie.
Anita,ek glo jy en jou broers het alle reg om ongelooflik trots te wees op julle pa, nie net as uiters bekwame dokter nie maar ook as gewaardeerde en ongelooflike mens.
Ek glo met ons gesprekke en delf in die verlede sal ons na byna 60 jaar weer die mooi herinneringe in baie mense wat jou pa geken het of nog onthou weer laat herleef.
Baie dankie vir al jou insette en dit wat nog in die pyplyn is. Ek hoop jy geniet dit net so baie.Ons is dit aan hom verskuldig.
Groete
Francois
Hi Anita,
Weereens baie dankie vir die kosbare inligting en die feit dat jy bereid is om baie privaat en dalk selfs emosionele herinneringe met ons te deel. Ek kan jou verseker dat dit wyd waardeer word en goeie gesprek en stories en meer vrae en belangstelling ontlok. Dit bevestig nog meer die bewondering en respek vir jul pa as dokter en as mens.
Ek sal bly wees as jy my met die volgende kan help:
- Het jou pa slegs op Montagu praktiseer en van watter jaar af?
- Ek neem aan julle drie kinders is op Montagu gebore ?
- Was jou pa met ander dokters soos Drs. de Villiers, Oosthuizen en Took in venootskap en het hulle slegs die gebou gedeel?
- Kan jy my help met die name op die Baden foto veral julle drie en jou ma?
Die inligting is belangrik om so volledig moontlike prentjie oor ons dokters en gesondheidsorg vanaf Dr.Castles en die eerste hospitaaltjie soos gebou op inisiatief van Mev.Rachel (Ray) Euvrard (geb.van Zyl) en gedurende 1917 getroud met ʼn walgestelde sakeman mnr.George Barry wat die hele projek finansier het saam te stel. Terloops,hulle het gewoon in julle huis, tans Kingna Lodge en het die hele stuk grond insluitend waar die St. Mildreds-kerkie, Ou-Apostels kerk en Euvrardpark tans is besit. Die park is steeds in ʼn Trust van die Euvrard familie. Sommer ʼn stukkie geskiedenis ook.
Baie groete
Francois
From: anita ludikhoskins
Date: Thu, May 28, 2020 at 5:53 PM
Hallo Francois
Ek het bedoel om jou al vroeër te antwoord en te bedank vir jou wonderlike epos. Ek was so opgewonde om te hoor van die verpleegsters wat saam met hom gewerk het…Jou brief het my geroer. Ek kon nie anders as om spontaan te vertel hoe ek my herinneringe van my Pa beleef het nie. Hy was so besig. Elke tydjie met hom was kosbaar.
Carl is gebore in Upington in 1946. Ek is gebore in Montagu 1948. Ek vermoed dit was in 1947 wat my Pa en Ma en Carl ʼn huis in Ashton gehuur het. Hulle het kort daarna getrek Montagu toe in 1947.
Sy eerste locum na Universiteit was in Upington. Tweede locum in Montagu vir Dr. le Roux wat die huis Montagu Rose bewoon het. Ons het daar ingetrek vir twee jaar totdat die dokter teruggekom het van oorsee.

Dr. Retief’s home from 1951 to 1961. (Anita: Die nommer was destyds Badstraat 5 en nie 11 nie. Ons telefoon nommer was 139 en die spreekkamer se nommer 140. Ons het die 2 fone gehad in die huis)
Picture: Montagu Museum

Anita: My Ma se eerste Ford Anglia. Die foto is geneem agter die huis

Pictures: Anita Ludik-Hoskins Collection
My Pa het in vennootskap gegaan met Dr. de Villiers. Dit was net hulle twee in die spreekkamers naby Brinks winkel. Ek weet dat daar sprake was om in vennootskap te gaan met Drs. Jordaan en Ferreira naby die Poskantoor. Die rede was dat my Pa nie meer so hard moes werk weens sy gesondheid nie. Hy het dit so geniet om na die plase te ry want hy was gebore op ʼn plaas in Murraysburg. Dr. Muller was by my geboorte in die boonste kamer in Montagu Rose huis. Ons het soms veral met Kersfees by hulle gaan eet. Ons het ook by Dr. Coetzee wie in Langstraat (La Rochelle) gebly het gaan kuier. Hy het ʼn kaalkop gehad …🙂. Ek weet van Dr. Took. Daar was nog ʼn dokter wat kom locum het. Ek onthou hy was so kort. iets tragies het met hom gebeur. Daar was ook ʼn skool dokter van George wat altyd by ons tuis gegaan het dan het my Ma vir hom afval gekook. ? Dr Schultz?

The doctor’s rooms in Bath Street

Die foto van Baden was my Ma (3rd right) en ons drie (Anita bathing cap) en my Ma se skoonsus Tannie Isabel (right) wat kom kuier het en Dawie (2nd right) en Annalie (4th right) ons neef en niggie.
Pictures: Anita Ludik-Hoskins Collection
My Pa was so lief vir Comics. Hy het n groot pak Sad Sack comics gehad en ons het ook ons eie comics gekoop. My Pa het spotprentjies geteken want hy het ʼn groot sin vir humor gehad. Carl en Johan het bokshandskoentjies gekry en ek die mooiste poppie wat kon dans as jy haar opwen.
Ai soveel mooi herinneringe…
Baie groete
Veilig bly
Anita
From: Francois De Kock:francoisdekock2011@gmail.com
Date: Monday, 26 October 2020 00:11
Goeie naand Anita,
Uiteindelik kon ek gesprekke voer met oud-verpleegsters i.v.m. die galblaasoperasie waarvan ek jou vertel het.
Volgens vertelling deur mej. Susan de Kock (nou Vlok) woonagtig te Oudtshoorn het jou pa dr.Retief gedurende 1960 ʼn galblaasoperasie op Montagu uitgevoer.
Soos sy kan onthou het ʼn dame van Graaf-Reinette hier op Montagu of Bonnievale gekuier en baie siek geword aan haar galblaas. Dr Retief se diagnose was die galblaas moes sonder versuim verwyder word aangesien sy reeds ernstig siek en in lewensgevaar was. Vervoer na Kaapstad per ambulans was te gevaarlik en sou waarskynlik haar lewe kos. Hy skakel toe Prof. Ryno van Riet ʼn chirurg van Kaapstad en hy was dit eens dat ten spyte van die karige toerusting op Montagu beskikbaar, die operasie hier uitgevoer moes word,die risiko van vervoer was te groot.
Prof. van der Riet het dadelik na Montagu gekom en die operasie is onder sy toesig deur dr. Retief uitgevoer met Dr. de Villiers as Narkotiseur. Dit was ʼn baie delikate en groot operasie veral in daardie tyd maar ʼn groot sukses en die vrou het volkome herstel. Volgens getuies was die Professor vol lof vir die span en veral die knap chirurgie en dat hy geen beter werk sou kon doen nie.
Die operasie het blykbaar groot opspraak verwek in die omgewing en naburige dorpe.Dit was n stuk werk waarop Montagu baie trots was.
Baie Groete
Francois

A poem written by his nephew Delarey Retief as a tribute to Dr. Retief on his passing. Delarey went to school in Montagu and was taught to play tennis by Dr. Retief.
Oom Koos Retief
As my gedagtes in my geknelde oumensdroom vlerke kry
dan hunker ek met nostalgie na die sonskyndae van my jeug
dan is ek weer op Montagu, sien ek weer oom Koos
hy wat ‘n kind se siel kon bekoor, jou kon laat voel jy is spesiaal
as geneesheer was hy ‘n legende so groot soos Montagu se berge
so anders van kleur as al die berge wat ek ooit het bespeur
as mens was hy vol deernis, van die allerbeste
die klein dingetjies kon hy spontaan omhels en tyd inruim vir ander
sy twee geliefde seuns en pragtige dogter, die appel van sy oog
sy trots, sy alles, hy hou sy kop omhoog
nimmer vergeet ek die trane in oom Koos se sielvolle oe
toe die hart spesialis se sy dapper hart is moeg
om dit te hoor het my siel deur boor
die grootste wat my lewenspad sou kruis moes na oorkant die water verhuis
so vroeg, so bitter vroeg
as my gedagtes vlerke kry, bly oom Koos altyd by my
Adios amigo, adios supremo.

DR. G.A. OOSTHUIZEN
03/01/1920 – 06/05/1972
Ingedien deur Ernie Oosthuizen

Dr. and Mrs Oosthuizen middle front
Picture: Ernie Oosthuizen
Gert Adriaan Oosthuizen is op 3 Januarie 1920 in Kakamas gebore. Hy was die oudste seun van Martin James en Antoinette ( Kretzen ) Oosthuizen . Uit die huwelik is nog twee kinders te wete Marie en Rudolph gebore. Martin Oosthuizen was die skoolhoof op Kakamas.
Na hy matriek op Kakamas geslaag het , het hy as Afrikaanse student , medies aan die Universiteit van Kaapstad studeer. Dit was oorlogsjare en in 1944 word hy as mediese dokter geregistreer.
Met sy “huisdokter “ jaar in Oos London by die Frere Hospitaal ontmoet hy Lassie ( Averil Mavourneen Webb ) en trou hy met die nooi van van die Transkei . Uit die huwelik is vyf kinders gebore : Martin James , Ernest Granville , Carmille Lynne , Antoinette en Eileen Angela.
In die daaropvolgende jare het hy gelocum op verskeie dorpe. Onder andere Paul Roux, Umtata en Kakamas. Dr Gert het in 1947 op Montagu aangekom en het by Dr Edwin Coetzee vir paar jaar gelocum.
Geduende 1949/ 1950 het hy die woning te 88 Badstraat gebou en so beplan dat dit ook as spreekkamer kon dien.Vir paar jaar hy vanuit dié woning gepraktiseer. Daar is hy goed bygestaan deur Lassie wat geregistreerde verpleegsuster was. Sy het die besondere gawe gehad om al die belangrike kontaknommers te onthou. Groot hulp in die dae van hand-sentrales.
In die laat vyftigerjare het hy saam met Dr Tooke vennootskap gesluit.( Kamers – 19 Badstraat ) Met Dr Tooke se vertrek na Oranjemund het hy hom aangelsuit by Drs. De Villiers , Van Niekerk en Ferreira. ( Kamers – 39 Badstraat )Later ook saam met Dr. Alston wat in die plek van Dr van Niekerk gekom het. Hy was tot sy heengaan in die vennootskap.
Dr. Oosthuizen was onder andere ook die Spoorweëdokter. Die SA Spoorweë se mense het hom nà aan die hart gelê, ‘n liefde wat hy ontwikkel het toe hy as student as kelner op die treine gewerk het. Daarvoor het hy jaarliks gratis treinpas gekry en as familie het ons ʼn paar keer heerlik gaan vakansie hou. Vir ons as kinders wonderlike ervaring. Die SA Noodhulpliga was ook sy verantwoordelikheid ten opsigte van opleiding en dienste.

L/R Dr. Fanie Ferreira, Susan Snyman, Dr. Oosthuizen, Rosalyn Classen, Dr. Louis de Villiers, Dr Wynand van Niekerk , Annie Vos.
Picture: Ernie Oosthuizen
Die Montagu Hospitaal was sy groot liefde. Sedert 1951 was hy Superintendent en hy het hom beywer vir die uitbreiding van die hospitaal ten einde beter diens aan die gemeenskap te kon lewer. Dit was groot hoogtepunt toe die nuwe gedeelte aangebou en voltooi is. In daardie jare het Montagu se dokters relatief groot operasies suksesvol uitgevoer en slegs ernstig siek pasiente is Kaapstad toe verwys vir verdere behandeling. Kraamgevalle is normaalweg plaaslik hanteer.
Hospitaalbesoek was vir hom baie belangrik en die daaglikse roetine was, om voor hy spreekkamer toe is, eers daar draai te maak. Selfde roetine na werk. Sou ons as familie vir die naweek iewers gaan, was die laaste stop meeste van die tyd die hospitaal.
In die vyftiger jare was die handsentrale die manier van kommunikeer en mense opspoor. Met die telefoon langs die bed sou hy die slinger draai en eers met die sentrale gesels, grappie maak , en dan vra of hulle hom gou kan deurskakel na die hospitaal of iemand met wie hy wou gesels.
Ons plaaslike TB hospitaal was ook gereelde besoekpunt. (daar waar Sonskyn uitbreiding vandag is ) Elke Kersfees word daar draai gemaak. Die Afdelingsraad het mobiele bussie gehad wat op die plase X- Strale geneem het en dan is die plate na-ure deur hom gelees, op band vasgelê en dan deurgegee. Op die manier is die siekte baie goed in toom gehou.
As lid van die Swellendam Skietkommando het hy die rang as Kaptein gedra en as mediese offisier was gereeld op Bivakke en ander opleidingskampe.
Wanneer daar tydjie was, het hy graag ontspan deur rolbal, golf en hengel. Veral die wegbreke na Breeriviermond , Kaap Agulhas , Kleinbaai was wonderlike manier van afskakel.
Daardie jare was die term “ huisdokter “ presies wat die woord beteken het. Besoeke aan huis van siek pasiente in die dorp, op die plase in dag of nag was die norm. Daar is wyd besoek, en dit het gestrek van Ashton, Bonnievale, Koo, Keisie, Rietvlei 1 en 2, Pietersfontein, Karoo en Barrydale.
Ons as kinders het menige aand saam gery en dan terselfdertyd sommer bestuurslesse gekry.
Dr. Gert Oosthuizen op relatiewe jong ouderdom van 52 jaar oorlede is terwyl hy nog gepraktiseer het.
Hy het verseker diep spore in die gemeenskap getrap en word hy tot vandag toe nog onthou vir sy omgee en toewyding waarmee hy al sy pasiente behandel het.

