31.Montagu Muscadel Festival

image_pdfDOWNLOAD PDF

A tradition that got lost in time? (updated 28/01/2025)

This Montagu Muscadel Festival is announced the banner is outside Standard Bank Bath Street

Picture: Jaco de Kock collection

Poster: Montagu Museum

deur Heinie Hedenrych

Montagu Mail December 2007

   Montagu en muskadelwyn het al sinoniem geword. Die dorp word met muskadel geassosieer soos wat Calitz- dorp met port vereenselwig word. David Kramer het ook al die dorp se verbintenis met dié wynsoort verewig in sy bekende liedjie. En plaaslik het muskadel al die bynaam van die “kombersie” gekry omdat dit ‘n mens van binne warm maak – veral in die winter.

   Maar hoe het die muskadelfees van Montagu meer as 50 jaar gelede tot stand gekom?

   Op 17 Maart 1941 het 15 wingerdboere in Montagu bymekaargekom met die doel om die gehalte van hul wyne te verbeter. Hulle het naamlik besef dat indien hulle finansieel wou oorleef, hulle vir hierdie doel sou moes saamspan.

   Mnr. DJ Burger was by hierdie geleentheid die voorsitter. Daar is besluit om die firma Montagu Muskadelboere-koöperasie te stig en om die gevestigde sakeperseel en kelder-fasiliteite van die firma P.J. Joubert te koop. Die koöperasie se eerste wyn is in 1942 met behulp van Pieter Joubert se personeel gemaak.

   Die man wat vir die ontstaan van die jaarlikse muskadelfees verantwoordelik was, was Pieter Joubert. Die firma P.J. Joubert is reeds in 1877 in Montagu gevestig deur ‘n voorsaat van hom wat ‘n afstammeling van die Franse Hugenoot Pierre Joubert was. Peter het dus as’t ware met wyn grootgeword. Sy oupa Pieter Joubert en sy pa Epsie was albei in die wynbedryf en uitstekende wynmakers.

   Ná die Tweede Wêreldoorlog het Pieter Frankryk besoek en daarna vir sy pa kom werk. Nadat hy met Maynie Piek getroud is, het die egpaar weer Frankryk toe gegaan waar hulle al die wynstreke besoek het. Dit was veral in Banyuls, ‘n klein vissersdorpie aan die grens van Spanje, dat Pieter belangrike kennis opgedoen het. Dáár word ‘n soetwyn baie soortgelyk aan die plaaslike muskadel gemaak. Hy het egter ook Bordeaux, Rheims en Parys besoek. Pieter was só beïndruk met die wynfeeste in die verskillende streke en die heerlike ontspanne atmosfeer wat dit geskep het, dat hy besluit het om iets soortgelyks in Montagu te begin.

   Joubert het die idee met vooraanstaande persone in die wynbedryf bespreek. Daar is besluit om ‘n vergadering byeen te roep van die wynboere, wynhandelaars en verteenwoordigers van die stadsrade van Mon­tagu, Bonnievale en Robertson. Op die vergadering is besluit om die area verteenwoordig deur die drie dorpe voortaan die Muskadelstreek te noem. Voorts sou ‘n wynfees op Montagu gehou word as voorloper van ‘n moontlike landswye fees, ‘n Komitee is gestig om vir die eerste muskadelfees voor te berei.

   Die doel van die muskadelfees was om muskadel as produk van die streek bekend te stel en terselfdertyd toeriste hierheen te lok.

   Nie almal in die Montagu se gemeenskap en daarbuite het die idee van die fees met geesdrif begroet nie. Sommige dorpenaars het nog vasgeklou aan die idee dat alles wat kom deur Cogmanskloof, wat Montagu met die buitewêreld verbind, heeltemal uitheems is en dus met agterdog bejeën moet word. Konserwatisme was dus ‘n struikelblok wat oorkom moes word. Selfs Die Kerkbode, amptelike orgaan van die NG Kerk, het hom teen die gedagte uitgespreek en die mening gelug dat die fees liewer as ’n druiwefees bekend moes staan, eerder as om die klem op die wyn te plaas. Daar was ook diegene wat gewaarsku het dat as wyn gratis uitgedeel word, daarvan misbruik gemaak kan word.

   Die eerste muskadelfees het op Saterdag 29 April 1950 plaasgevind en was die heel eerste wynfees in die land. Om die gebeurtenis te vier, is ‘n heildronk ingestel deur dr. Charles Kohler, die jarelange voorsitter van die KWV en in baie opsigte die vader van die wynbedryf in die land – Kohlerstraat in Montagu is na hom vernoem.

   Een van die hoofbestanddele van die fees was die optog van sierwaens. By hierdie geleentheid moes al die sierwaens ‘n aspek van die wynbedryf vertolk. Die verskillende dorpe en besigheidsondernemings in die dorp het sierwaens gehad. ‘n Kompetisie is ook vir die beste sierwa gehou en van die dorp het die vlotte na die sportterrein beweeg waar hulie beoordeel is. In 1950 het Robertson se vlot die eer gehad om die feeskoningin te dra, terwyl een van Montagu s’n ‘n wingerd met ‘n slaweklok voorgestel het.

Op ‘n ander vlot het ‘n orkes heerlik vrolik gesit en musiek maak. Die voetgangers wat die vlotte vergesel het, het groot maskers gedra wat baie vermaak verskaf het. Die maskers was die handewerk van onder andere Pat Rossouw en Terry McSweeney, die dorpsingenieur.

   By die sportterrein het groot getalle mense bymekaar gekom en saamgedrom random die stalletjies waar alles en nog wat te koop was. Pieter de Waal en sy Koffiehuis-orkes het onder andere daar die feesgangers vermaak. Die aand van die fees was daar ‘n konsert waar die Montagu-dramaklub se teatergroep onder leiding van Maynie Joubert, Pieter se vrou, danse gelewer het om wynfeeste uit verskillende lande en tye voor te stel.

Maynie Piek Joubert

(Uittreksel van Helikon deur Izak le Grange 1952)

Met die skielike heengaan van Maynie Piek Joubert op die jeugdige leeftyd van 27 jaar, in Kaapstad op 16 Februarie 1952, het die Boland op toneelgebied ’n gevoelige slag gely. Hierdie talentvolle regisseuse en danseres van Montagu kon dit bybring om saam met haar werk as huisvrou en dansonderwyseres gedurende die afgelope vyf jaar 25 toneelstukke, sketse en dansprogramme op eie houtjie of in samewerking met ander op die planke te bring. Haar werk agter die gordyn sowel as voor die voetligte het vir haar in haar geweste op die gebied van die amateur-toneel en die ritmiese danskuns ’n enige plek verower. Toneelspel en dansuitvoeringe in en om Montagu het dan ook steeds die stempel van haar bekwaamheid en persoonlike egtheid gedra. Die publiek het daaraan gewoon geraak om iets goeds te verwag waar Maynie Piek Joubert die leiding neem. Dit kon sy presteer met die heelhartige ondersteuning van haar eggenoot, mnr. Peter Joubert, self ’n liefhebber van die toneelkuns.

Members of the Montagu Drama Club

Standing L/R: Jeanne de Wet, Lourens Kriel, Unknown
Sitting L/R: Unknown, Maynie Joubert, Pat Rossouw, Unknown, P.J. Joubert (Peterken)

Picture: Jaco de Kock collection

Die oorspronklikheid van Montagu se mense in dié vroeë dae van die fees blyk ook uit die feit dat mnr. Kosie le Grange spesiaal vir 1950 se fees ʼn wynlied gekomponeer het.


Documents: Montagu Museum

This name plaque is to be found in the KWV building and belonged to the great grandfather of the Festival organiser

Pictures: Montagu Museum

DIE WYNBOER

ʼn Maandblad vir die kelderbedryf en die Wynbou – Gewy aan die Belange van die Wynboer – ter bevordering van die Wynbou en Oenologie in Suid-Afrika.

The only Journal entirely devoted to the interests of Viniculture of South Africa

S.A. SE EERSTE WYNFEES

Die wyn en die fees is onafskeidelik en daar is geen fees soos ʼn wynfees nie. Vonkelende wyn, sprankelende musiek, sierlike vlotte, aanvallige dametjies en opgewonde vrolikheid het die Montagu Muskadel wynfees gekenmerk, en op 29 April 1950 het die streek daarin geslaag om ʼn nuwe en romantiese hoofstuk by die reeds luisterryke gesiedenisvan ons wynbedryf te voeg. Die eerste Suid-Afrikaanse wynfees sal lank onthou word. Maar dit is nie slegs die kleurrykheid en vrolikheid wat onthou sal word nie. Die wynfees sal ook onthou word omdat, ten spyte van die agitasie en agterdogtigheid wat deur sekere groepe gesaai is, dit ’n fees so nugter-vrolik soos ’n skoolbasaar was en daar was nie ’n enkele geval van dronkenskap nie. Dr. C. W. H. Kohler, vader van die K.W.V., het in sy boodskap na hierdie feit verwys en hy het gesê dat dit afdoende bewys is dat die volk wyndrinkend kan wees dog nugter kan bly.

Dit was ‘n lus om op die feesterrein rond te stap om die sierwaens te besigtig en om na die opgewekte stemme en skerts van die mense te luister. Die sierwaens is hoofsaaklik deur die wynhandelaars van die muskadel- streek ontwerp en opgebou en hul pogings hul nie aan vindingrykheid of skouspelagtigheid ontbreek nie. Die wynbedryf is ryk aan tradisie en dit was dus nie verbasend dat hulle hul inspirasie in die verlede gevind het nie: sierlike ou Hollandse-gewels, swierige Franse Hugenote en ou slawe-klokke het orals op die versierde vragmotors gepryk. ‘n Prieëel waaronder jolige jong Hugenote sit en wyn drink; Dr. C. Louis Leipoldt se “kinderkamer” met een vet seun op wyn gevoed en een pateties tin gerige seun op melk gevoed; Neptunus besig om twee waternooientjies op muskadel te trakteer was maar drie van die vlotte wat deelgeneem het aan die skouspelagtige optog deur Montagu se strate.

Op die sportgronde het Dr. C. W. H. Kohler ʼn sterk pleidooi vir die belange van die wynbedryf gelewer. Hy het met trots verwys na die roem wat Suid-Afrikaanse wyne in Europa in die verlede en vandag geniet en hy het die wynboere aangemoedig om op hierdie gesonde grondslag voort te bou, Verwysend na toestande heir in Suid-Afrika het Dr. Kohler gesê dat ons drank wetgewing verouderd is en hy het aan die hand gedoen dat die Regering te geleë tyd ʼn kommissie oorsee moet stuur om drankwetgewing en toestande in ander wynlande te besturdeer. Hy het die huidige stelsel betreur waarvolgens ons naturellebevolking die reg ontsê word om die gesonde produk van die wynstok te geniet, en het voorts verklaar dat alhoewel hy die organiseerders van die wynfees wou gelukwens met hul poging, hy nogtans spyt is dat die Kleurlingbevolking geen aandeel in die feesviering gegee is nie. Ten slotte  het hy die hoop uitgespreek dat die wynfees ʼn gereelde instelling sou word en dat dit van krag tot krag sou groei.

Picture: Montagu Museum

Gedurende die pouse is glasies vol vonkelende muskadel wyn geskink en die publiek is in die geleentheid gestel om die puikwynedie handelaars te proe.

Die middagprogram bestaande hoofsaaklik uit boeresport het ’n aanvang geneem met ʼn malle voetbalwedstryd tussen twee spanne met ʼn beperkte  kennis van die spel. Die vate-rol-resies was ʼn hoogtepunt in die middag se vermaak, wat tot ʼn einde geloop het op die vrolike maat van opgewekte deuntjies verskaf deur Pieter de Waal en sy gewilde Koffiehuis-orkes.

Dit was reeds skemer toe die laaste van ‘n lekker skaapboud op die kole gebraai het en die aandprogram, aangebied deur die Montagu Dramaklub, het onder sterk vloedligte op die groen gras van die rugbyveld begin, ’n Reeks simboliese voorstellings van wynfeestelikhede in Griekeland, Frankryk, Italië, Duitsland, Spanje en die Verre Ooste is gevolg deur ’n geskiedkundige voorstelling van die vestiging van die wynbou in ons eie land. Eers het die spelers die sluimerende geheimsinnigheid van oer-Afrika voor die koms van die witman uitgebeeld. Die koms van die Portugese seevaders het vir ’n oomblik die lig van die beskawing op die woeste wildernis laat skyn. Maar die Portugese het nie gebly nie en toe hul wegseil het “Afrika se swart gordyn weer geruisloos neergesak”.

Saam met Johan van Riebeeck het die wingerdstok na Suid-Afrika gekom en die spelers het die aanplanting van ons eerste wingerd op Bosheuwel uitgebeeld. Die Franse Hugenote het die wynbedryf ‘n groot stoot vooruit gegee en die gehoor is geboei deur die voorstelling van die aankoms van hierdie vlugtelinge uit een van die wêreld se grootste wynproduserende lande. Hul aankoms is deur die spelers besing, en hulde aan die voorvaders van die wynbedryf is in die volgende woorde gebring: “Mag ons met hart en siel hul hulde bring en mag hul ideale nooit verkwyn, maar ewig voortbestaan in elke vonkelende. Afrikaanse wyn”.

Die Montagu Dramaklub het die entoesiastiese applous van die gehoor verdien en met hierdie program het Suid-Afrika se eerste wynfees ten einde geloop. Die aand program was dramaties en kleurryk en het besonder goed geslaag. Die egter jammer dat daar nie in alle opsigte noukeurige aandag aan historiesefeite geskenk was nie.Dit was byvoorbeeld ietwatonstellend om in die kommentaar vir deel twee van die aandprogram te lees dat “ kennis om die buierige wynsap te hanteer, het by die Hollanders so ver ontbreek dat hulle nooit die wynbou aangespoor het nie, en tot die koms uit verre Frankryk van die vlugtelinge het die vate van Van Riebeeck lee gen dor gestaan”. Dis algemeen bekend dat die wynbedryf na Van Riebeeck en veral deur Simon van der Stel gevestig is, en die aandeel van die Franse Hugenote moet nie oorskat word ten koste van die pogings van die Hollandse burgers nie. Verder is dit ook hoogs onwaarskynlik dat die Hugenote hier geland het met “kissies,kaste en vate wyn” in hulle besit.

Ten spite van een of twee dergelike puntjies wat gehinder het, was die wynfees van die Muskadel streek ʼn groot sukses en aan die hardwerkende organiseerders kom die grootste lof toe. In weerwil van ʼn mate van teenkanting in die begin het die klompie entoesiaste deur volharding daarin geslaag om Suid-Afrika sy eerste georganiseerde wynfees te gee.

Die sukses waarmee hul deursettingsvermoë bekroon is, kan alleen tot heil van ons bedryf in die algemeen strek en hul poging sal as lofwaardige voorbeeld vir organiseerders van toekomstige Suid-Afrikaanse wynfeeste dien. 


WINE AND SPIRIT

May 1950

OUR FIRST WINE FESTIVAL

UNDER a clear blue sky and a mellow autumn sun a gay procession of brightly festooned floats wound its way through the narrow streets of the old-world town of Montagu. First came farmers on horseback, the car of the grand old man of the South African wine industry, Dr. C. W. H. Kohler, and then Dionysius in a gilded chariot drawn by four young bacchanaeas. The band followed playing the lilting music of the veld and then came the colourful succession of floats. South Africa’s first wine festival had begun! The crowd jostled one another to get a better view of the pageantry and cheered their appreciation of the floats.

The historic past served as inspiration for those who were responsible for the floats and of a symbolic representation of the tavern of the seas, the outline of many a graceful old Dutch gable and many gay French Huguenots cavaliers on the floats reminded the onlooker of the wine industry’s three hundred-year-old existence at the Cape of Good Hope. The various speakers also found occasion to remember the past. Dr. C. W. H. Kohler in a stirring address paid tribute to the past. He recalled the days when Constantia wine was famous throughout Europe and urged the present generation to perpetuate this noble tradition.

At 12 p.m. the parade entered the lower gate of the sports field and as they circled the grounds they received an enthusiastic welcome from the large crowd which had gathered for the occasion. The wine merchants provided the public with samples of the best wines from their cellars and it was a laughing, jesting and hungry crowd which thronged the stall of the Women’s Agricultural Union who provided lunch.

In the afternoon the program commenced with a mock rugby match between a motley band of clowns. This was followed by typical items including a tug-of-war and, perhaps most amusing of all, a barrel-rolling race. At 4 o’clock Pieter de Waal and his popular “ Koffiehuis-orkes ” entertained the spectators with some favourite tunes and towards evening the rich smell of sizzling steaks hung over the gathering as the time for the braaivleis drew near.

When night had come and the Southern Cross burned brightly in the sky, the floodlights lit a scene of brilliant pageantry. The Montagu Drama Club presented scenes from the wine festivals of Greece, France, Italy, Germany, Spain and the East and the performance culminated with a symbolic presentation of the history of the wine industry in South Africa. A song which ran like a refrain throughout the festivities was the new wine song by Kosie le Grange. As one listened to it one could remember that it was the feast of Dionysius which gave Greece her greatest tragedies. One secretly hoped that in South Africa our wine festivals would inspire the creative talents of our artists, and thus enrich our national culture.


RESUSCITATION OF MUSCADEL FESTIVAL

by Martin van Zyl

Montagu Mail August 2005

As a relatively recent ‘incomer’ to this beautiful part of the country I was privileged to browse through various old copies of the Montagu Mail, in­cluding the August 2001 issue (page 48).

I was extremely impressed with the overall efforts of the community and suggestions on how “to put Montagu on the map once and for all”. A quotation that struck me came from an excellent letter compiled by our highly successful and respected business entrepreneur, Wolf-Dieter Sowade, highlighted under the heading, “Re-inventing the Wheel”. Dieter carefully elaborated by stating that, “like it or not, tourism is the future of Montagu”, and then went on to accentuate the necessity for the co­ordination and co-operation of every­one, including local businesses and various groups, to support an “umbrella organization” namely, the Montagu Tourism Bureau (nowadays better known as the Montagu/Ashton Tourism Association).

The potential excitement of attending, experiencing and enjoying an annual Muscadel Festival following an equally interesting, absorbing and slick Youth Cultural Festival was clearly depicted in the edition already referred to (articles, notices and adverts).

One cannot but ask what has hap­pened to the Muscadel Festival. Does its possible resuscitation not warrant further assessment, evaluation and consideration some four years down the line?

As Dieter pleaded way back, don’t create yet another organisation, but rather go for, “one, united, strong and effective organisation working in the interests of all businesses and all in Montagu”. This role could be filled by the Tourism Association.

There is really nothing wrong with positive and constructive criticism, so surely we should be big enough to take it and have a truly objective look at all the pro’s and con’s of reinstating the annual Muscadel Festival. The festival could run along with and/or commence prior to or after such successful events as the Youth Arts Festival or even a Festivity of Sporting Events (archery, bowls, croquet, cycling, darts, golf, hockey, jukskei, netball, rock climbing, rugby, scrambling, soccer, tennis, 4×4 excursions, etc.).

Surely some of our community-mind­ed organisations, for instance, the Lions, might be interested in making their enthusiasm, motivation and exper­tise available for such an undertaking?

One of the most important and sus­tainable contributions which any com­munity can make to its own continued existence, upliftment, development and improvement is through ensuring that as many as possible of its members are effectively and gainfully occupied and employed. Creating job opportunities, especially when unemployment com­mands such a high priority in Montagu and its environs, is something that could receive more than ample atten­tion through the planning, organisation and running of a festival as compre­hensive as indicated.

Let’s please have your views, opi­nions and suggestions on this issue and, who knows, perhaps the Montagu/ Ashton Tourism Association could be the catalyst which could spark some­thing really worthwhile in the interest of everyone in Montagu.


Die Laaste Muskadelfees?

MUSKADELFEES NAT MAAR LEKKER!

(Montagu Mail June 2006)

Montaguse eerste muskadelfees in vyf jaar was ‘n groot sukses. Die eendeweer oor die vier dae van 18 tot 21 Mei 2006 het wel van die reelings beinvloed, maar dit kon nie die geesdrif van die feesgangers en dorpenaars demp nie. Muskadel is mos by uitstek daarvoor bekend dat dit die inwendige mens warm maak en staan selfs as “die kombersie” bekend. In ‘n sekere sin het die reën en koue dus by die geleentheid gepas.

Dit word vertel dat die eerste wyn wat deur Jan van Riebeeck-hulle aan die Kaap gemaak is, muskadel was. Die klink van die glasie daardie geleentheid in 1658 was dus eerste viering van die soetwyn. Montagu sy reputasie vir uitstekende muskadelwyn, is gevolglik die aangewese dorp om dié historiese feestradisie voort te sit.

Die Montagu/Ashton Toerismevereniging en spesifiek sy voorsitter, Martin van Zyl verdien krediet dat hulle die visie gehad om die fees weer te laat herleef – en ewe veel dat hulle die deursettingsvermoë aan die dag gelê het om daarmee deur te druk te spyte van terugslae en die reën. Wat veral verblydend omtrent hierdie poging was, is dat die feestelikhede hoofsaaklik random muskadel gewentel het. Daar was werklik ’n poging om muskadel

in die sentrum te plaas en ons vertrou dat dit in die toekoms ook so sal wees. Die drie wynkelders – Montagu, Uitvlucht en Rietrivier – het baie moeite gedoen om hul produkte te bemark en besoekers het tog te lekker geproe.

Die muskadelfees is die ideale geleentheld om die hele Montagu met al sy unieke produkte, natuurskoon en besienswaardighede te bemark. Mon­tagu is nie op ‘n hoofroete, soos Swel- lendam aan die N2, geleë nie. Boonop is die toeristeseisoen in die dorp slegs sowat vyf maande en daarom is dit belangrik dat die dorp ook in die winterseisoen blootstelling kry.

L/R Willie Bester, Kowie Willemse en Martin van Zyl

Picture: Montagu Mail 2006

Die fees is die Donderdagmiddag ampteiik deur Willie Bester, bekende kunstenaar en oud-Montaguer, geopen. Kowie Willemse van die Montagu Atletiekklub het by die Laerskool Montagu ’n fakkei aan Martin van Zyl oorhandig en daarna het die feestelikhede afgeskop. Daar was twee pretlope van 2.5km en 5km waaraan sowat 70 persone in bibberweer deelgeneem het. Die aand het die kroning van die Mej Muskadel by die Bella Monta Restau­rant plaasgevind. Mej Muskadel 2006 is Yolandi Goosen van Brackenfell. Sy is gekroon deur mev. Joan Perold wat in 1986 die kroon gedra het.

Die wynproe en wynverkope het reeds die Vrydagmiddag heelwat ondersteuning geniet, maar die ‘Battle of the Bands’ is na die skoolsaal verskuif as gevolg van die reën. Die tieners en jongmense het entoesiasties meegedoen. Die Skuurdans daar­die aand is goed bygewoon en die dansvloer is deur die Muskadelkoningin geopen.

’n Aansteeklike feesatmosfeer het Saterdagoggend posgevat toe die optog omstreeks 9.30vm deur die dorp begin beweeg het tot by die skoolterrein. Die optog is gelei deur Flip Fouche van Poortjieskloof op sy 1929 McCormack Deering Ferguson-trekker, Die trekker is nog in lopende toestand en het sy rol met waardigheid vervul – ten spyte van ‘n paar harde knalle langs die roete. Daar was nog drie ander trekkers in die optog, asook ‘n vierde een met ‘n sleepwa waarop leerders van die Laerskool Koo gesit het. Een van die trekkers was ʼn miniatuur een wat deur die 19-jarige Pieter Verreynne bestuur is. Hierdie trekkertjie is ‘n 1947-model en is waarskynlik een van net twee wat ooit in die land was.

By die skoolterrein aangekom, het die reën so neergesak dat die sangeres op die Coca Cola-verhoogvragmotor maar die stryd gewonne moes gee. Die reën het egter nie die geesdrif van die feesgangers gedemp me. In die Wyntent het dit jolig gegaan en die wynkelders was verplig om nog voorraad te gaan haal om in die vraag te voorsien. Die twee aktiwiteite wat in die nat, koue weer die meeste aftrek gekry het, was sekerlik die wynproe en die pannekoekstalletjie! Laasgenoemde is inderhaas onderdak geskuif en na raming is daar 1300 pannekoeke verkoop.

Die vermaak Saterdagmiddag in die skoolsaal het groot byval gevind. ʼn Hele aantal bekende kunstenaars van sowel Montagu as elders het die feesgangers getrakteer wat met tye ook saamgesing het. Jan Blohm was die gaskunstenaar die Saterdagaand.

Die feesverrigtinge is Sondag afgesluit met ‘n gospelkonsert wat goed bygewoon is en ‘n platform aan plaaslike talent gebied het.

Om op te som kan Riëtte Coetzee. een van die hooforganiseerders, aangehaal word; “Ten spyte van die reën was die fees ‘n groot sukses en is heelwat besoekers van elders opge- merk.” ‘n Mens kan maar net hoop dat dit n gereelde instelling sal word.


FESTIVAL QUEENS

(List may not be complete)

1950 MARGUERITE MARCHAND

1954 JEAN BOSMAN

1955 HANNA DE KOCK

1972 NO QUEEN WAS CHOSEN

1973 RIANA DURR

1975 RIDA OLIVIER

1976 LORRAINNE CONRADIE

1977 EUGENIE PIETERS

1978 CAROL SCHREUDER

1979 LORRAINNE KRIEL

1980 JOANIE VIVIERS

1981 FLOOD YEAR

1982 KARIN STEMMET(BEHM)

1984 INGRID LEIDIG

1986 JOAN PEROLD

1987 MANDY WATSON

1988 HILGE FOUCHE

1989 LISLE BASSON

1990 JOHRIA STEENKAMP

1991JOHLENE NEETHLING

1992 TANJA WOLMARANS

1950

First Muscadel Queen Marguerite Marchand

Picture: Montagu Museum

1954

Picture: Jaco de Kock collection

1982

DIE 18-jarige Karin Behm (voor) is vanjaar Montagu se Mej. Muskadelfees. Agter haar is haar twee prinsesse, die 27-jarige Marlize Herselman (links) en die 22-jarige Hilary Hildebrandt.

Foto: Die Burger 8 Oktober 1982

1984 Muscadel Queen shares some memories in 2021

Picture: Montagu Museum

Since the longest time, I have the fondest and most exciting memories of the Montagu Muscadel Festival.  I have only had reason to be very proud, as an old Montagu inhabitant, since 1yr old, up till the year I was the Muscadel Festival Queen. I think this must have been in 1984, roundabout my final year at University.

I remember as a child, drones of people lining the streets, waiting on the sidewalk on both sides of the street, waiting for the floats to come by.  This stretched all the way down Bath Street, and then up into Piet Retief Street.

Picture: Francois Treadoux

The Floats would  travel very slowly at a distance between each, and in between there were usually different performers, like the school cadets, girls and boys, which had been winning the provincial competitions in Cape Town year after year.  The school cadet orchestra was also always there. There were usually Drum majorettes from other schools, and Cape Coons, with beautiful music and uniforms, getting all the people in a very festive mood. There would be horse carts, with the Muscadel Queen and princesses beside on them.  Sometimes the Police cadettes were in the parade, and other groups invited to perform, like Police Dog handlers, or Firefighters from Cape Town.

There were very few businesses who did not build a float in the week/s leading up to the Festival. They always seemed very colourful and beautifully decorated, but looking at the pictures I can now see that they were cleverly put together with vines or other plants, materials, and children or people dressed up according to the theme. I remember quite well how we would spend evenings folding the paper flowers that covered the side of the lorry that was used for my father’s business. The same innovative lady was always the one who planned and designed the idea for the new float for that year. This all culminated in a lot of hard work, by everyone in every big and small business, as well as the schools, in the village. I believe the “Sakekamer” as well as all the people participating, knew exactly what it meant for businesses in the village, as well as the marketing of our wines and Muscadel. 

There was always a Merry-go-Round, and this was the main attraction for the smaller and older kids. As teenager this was very exciting, enjoying the rides with friends late into the evening. In the later years there was often a big concert of some sort, and I remember taking all my friends to a Ipi Tombi concert for one birthday.  Another year was Mango Groove.

Roundabout 1984 I got to hear what the 1st prize for the Muscadel Queen would be. I had never entered a beauty competition before, but the way contestants were pulled from the dance floor, made it very easy to be a hopeful entrant. I can only remember the excitement of deciding what to wear, the nervousness while dancing with my partner, and standing in a row with about 8 or 10 other ladies, hoping to be able to win that 1st prize!  It was a weekend for 2 at the Vineyard Hotel in Newlands, Cape Town. For a student, this sounded like a dream.  And it was! I took my best friend, booking in early afternoon after classes on a Friday. We went to do some shopping on the Saturday, then we spent the whole afternoon at the beach, and then went back to the hotel for dinner. We had a wonderful dinner, and on Sunday booked out with an account of R4, for telephone calls to the boyfriends at home!

Being the Muscadel Queen was for sure a proud culmination of all my growing-up years in Montagu. It was not really a very big issue, or achievement, but for me an honour. I am sure I had never ever missed a single Muscadel Festival. It always promised a lot of excitement for me as a young child. The Muscadel Festival was a famous happening on the yearly calendar, and probably the front runner of all the other festivals which have become so common in our rural villages over the years. All Montagu dwellers remember our Muscadel Festivals very fondly.

Ingrid also has a word for the buggy driver Mr. Fritz Breytenbach, from Bonnievale. I think he did this almost every year, and he is a legend.

Pictures: 1960 Muscadel Festival Francois Treadoux
 

Yolandi Goosen, the 2006 Muscadel Queen who hails from Brackenfell, on the tractor with Karel du Toit. From what can be established this was the last Muscadel Festival

Picture: Montagu Mail June 2006.

GALLERY

1954

1954

1954 (Neptune Pat Rossouw, mermaid Valerie Hansen and her sister Ena)

Pictures: Jaco de Kock collection

1960

1960

1960

Pictures:Francois Treadoux

1972

1972

1972

1972

1972

Pictures: Kerrie van Deventer collection

1982

Die dag se hoogtepunt was ʼn verskeidenheidskonsert deur David Kramer, met Dana Niehaus as seremoniemeester. Hier wys Dana Niehaus sy slag met die konsertina.

Picture: Franca Martins collection

Pictures: Leidig collection year uncertain
 


Contributions: Ingrid van der Merwe and Blackie Badenhorst


image_pdfDOWNLOAD PDF