128a.De Bos (Afrikaans)

Opgedateer: 07/05/2025
(Orange Farm)(Die Bos)(De Bos)

Oorspronklike Huis
Straat no: Middelstraat 3, Kleinhoewe baie lankal bekend as “Die Bos”.
Erf no: 310
Beskrywing: Dit is een van die kleinhoewes van die dorp. Dit word gesien as jy die dorp in Langstraat van Ashton-kant af (linkerkant van die pad oor die rivier) binnegaan. Dit is ‘n lang grasdakhuis met ‘n middelgewel en eenvoudige spitsgewels aan die einde. Daar is na hierdie dekoratiewe kenmerk van die huis verwys in die boek “Die ou geboue van die Kaap” deur Hans Fransen.
Dit het goeie proporsies met skuifraamvensters en ‘n regshandige deur wat vertikaal verdeel is. Die ligging van die huis het geen verband met die uitleg van die dorp nie wat ‘n moontlikheid aandui dat dit gebou is voor die dorp uitgelê is
Gebou in 1856 of later. 1856 is datum van eerste transport.
Oorspronklike eienaar: Was gedeelte van die plaas Uitvlucht wat op 6/6/1855 behoort het aan die “Board of Church Wardens of the Dutch Reformed Church”.
Redakteur se notas:
1.Wie voor die eerste gedokumenteerde eienaar Alwyn Petrus Conradie by Die Bos gewoon het, is nie duidelik nie, maar volgens ‘n dokument wat in die Montagu Museum-argief gevind is, het ‘n familie genaamd du Toit ook ‘n belangrike rol in die eiendomsgeskiedenis gespeel. Daar word aanvaar dat hulle een of ander vorm van huurooreenkoms met die NG Kerk gehad het.
2.Volgens die huidige (2025) eienaars Tracy en Andy Simman’s is die eiendom se naam van Die Bos na De Bos verander deur die Brown’s wat De Bos voor die huidige eienaars besit het. Albei name verskyn in die verhaal met ‘n poging om die naam van die eiendom aan die era te koppel.

Die Bos 1947
Picture: Transnet Heritage library
Die Huis ewers in tyd


Die Huis (2021)

Van die Aasvoelkrans staproete

Die Opstal 2024

Die Bos kan gesien word langs die Keisie Rivier
Foto: Transet Heritage Library
Eienaars van Die Bos
Die volgende inligting is getranskribeer uit ‘n handgeskrewe dokument wat in die Montagu-museumargief gevind is en wys van die eienaars van Die Bos naspeur (geen skrywer getoon nie)
Straat No. 3 Middelstraat kleinhoewe is lank reeds bekend as “Die Bos”
Gebou in 1856 of later, 1856 is datumvan eerste aktes. Oorspronklike eienaar: Dit was deel van die plaas Uitvlucht wat op 6/6/1855 aan die “Raad van Kerkbewaarders van die Nederduitse Gereformeerde Kerk” behoort het.
Die eerste afverkoping van die erf toe genoem Lot 155, was op 20/11/1856 en was aan Alwyn Petrus Conradie Akte No 242
Restourasie: In 1987 was daar nog baie dinge wat gedoen moes word. ’n Aanbousel aan die regterkant het die vooraansig van die woning bederf. Mev. A. Kotze, toe die eienaar, hetverklaar dat sy gretig was om te restoureer, maar dit het ongelukig nie gebeur nie.
Eerste verkoping (toe bekend as Lot155) Verkoop aan
1. Alwyn Petrus Conradie Akte Nr. 242 gedateer 20/11/1856
2. Gideon Johannes van Zyl (later insolvent) 28/06/1860
??? Stephanus Johannes du Toit en sy vrou Susanna Jacomina
3. Jacob Daniel Joubert Akte Nr. 3080 gedateer 18/07/1891
4. Johannes Hendrik Conradie Akte Nr. 5953 gedateer 18/09/1900
5. Hendrik Willem van der Merwe Akte Nr. 6867 gedateer 27/08/1912
6. Mev Magdelina Zagryda Fouche Akte Nr. 7027 gedateer 31/07/1924
7. Susanna Maria Steyn Akte Nr. 8043 gedateer 20/07/1942
8. Petrus Johannes Naude Akte Nr. 11793 gedateer 09/08/1963
9. Jacob Friedrich Rossouw Akte Nr. 17860 gedateer 31/08/1966
10. Johannes Hendrik le Roux Akte Nr. 34855 gedateer 28/12/1971
11. J.G. le Roux Akte Nr. 13871 gedateer 20/06/1978
12. Mev. A Kotze 1987
13. Mnr. Deon Boshoff 1993
14. Mr & Mrs Brown March 2002
15. A & T Simmans 2015
Anna Maria du Toit
(Stiefdogter van Johannes Hendrik Conradie 4de eienaar van Die Bos)

Dokument gevind in die Montagu Museum argief geen outeur aangedui nie
Anna is op 1 Mei 1884 op die plaas Orange Grove (tans bekend as Die Bos), Montagu, gebore. Sy was die dertiende en laaste kind van die eienaar van die plaas, Stephanus Johannes du Toit en sy vrou Susanna Jacomina, gebore le Roux.
Annie (op Engels uitgespreek) het haar vader op vroeë leeftyd verloor. Na haar moeder se tweede huwelik met Johannes Conradie het daar ʼn besonder mooi band tussen die klein Annie en haar stiefvader ontstaan. Hy is egter ook oorlede in haar vroeë tienderjare.
Onder moeilike omstandighede het die weduwee Conradie daarin geslaag om Annie ʼn goeie skool en musiekopleiding te laat geniet.
Daarna is Annie na Friedenheim-seminarium, Wellington. Tydens haar opleiding hier het sy die latere Eerw. Izak Cornelius Potgieter ontmoet (destyds nog student aan die Sen- dinginstituut) met wie sy in 1910 getroud is. Dit was egter eers nadat sy ‘n aantal jare onderwys in Heidelbergdistrik, Transvaal, gegee het in pioniersomstandighede. Hierdie be- sluit van haar was in antwoord op ʼn kerklike oproep dat jong onderwyseresse hulle beskikbaar moes stel om te help met die opvoeding van die jeug na afloop van die verwoestende Anglo-Boere-oorlog.
Na hul troue het die egpaar Potgieter in die Vrystaat se Sending gedien in daardie vroeë en veelbewoë dae van sy bestaan, in die gemeentes Edenburg en Ficksburg.
Die egpaar was bevoorreg om langer as 66 jaar vir mekaar gespaar te wees, Hulle is albei in 1884 gebore – sy op 1 Mei en hy op 1 September. Sy is op 92-jarige ouderdom oorlede terwyl hy haar nog 5 jaar oorleef het.
Van belang vir ou Montaguers: Oudste broer: Frans du Toit van Scheepersrus, wie se seun, Pon, jare lank prokureur en onder meer ook burgemeester van Montagu was.
Susanna Maria Steyn
‘n Uittreksel uit die boek ” Vroue van Montagu” deur Yvonne Bussell
Miss Steyn van Baden se skool
Miss Steyn, soos sy bekend was, was die tweede dogter van tant Annie Steyn van Riversdal. Toe die oudste dogter, Griet, op onderwyskollege klaarmaak, sterf die vader en laat Annie met ses dogters en twee seuns agter. Nou het Soes ook met Griet se hulp kollege toe gegaan. Elke twee jaar daarna is Lil, Let, Alida en Nora kollege toe en die een het die ander deur hulle studies gehelp.
Miss Steyn het by oom Paul en tant Hannie Jordaan geloseer en in 1922 in Baden begin skoolhou. Die skool het van Sub A tot by Standerd 6 (Graad 1 tot Graad 8) gegaan en elke kind moes sorg dat hy of sy die werk ken, want vir elke spelfout kry jy ’n hou met die leerplak op die hand. Die skool het soggens 08:00 begin en oor middagete is die kinders se kos skool toe gestuur, terwyl Miss Steyn ook gaan eet het. Om 15:30 kon die leerlinge huis toe gaan.
So tussen die skoolhouery deur het Miss Steyn gedurig met handwerk besig gebly. Sy het die mooiste smok, hekel en breiwerk gemaak. Op die skoue het sy met vele bekers weggeloop. Sy het so graag deelgeneem aan al die optogte en met haar kunsaanleg het haar vlot tydens die kerk se honderdjarige feesvieringe in 1954 die eerste prys gekry. Shan was in Sd IV en staan by die groot drielaagkoek op die vlot terwyl sy die mes vashou. ’n Foto van die vlot verskyn in die boek wat in 2004 ten tye van die viering van die eerste 150 jaar van die gemeente se bestaan uitgegee is.
As gevolg van die deeglike basis wat by Baden se plaasskooltjie gelȇ is, het Miss Steyn se leerlinge goed gepresteer wanneer hulle by die hoërskool op die dorp gekom het. In 1950 was die hoofseun en dogter albei voormalige skoliere van haar.
Miss Steyn was baie lief vir die boerdery en nadat sy 20 jaar lank skoolgehou het, het sy in 1942 die plaas Die Bos gekoop. Nie lank daarna nie het sy met Nico van der Westhuysen getrou. Hy het geadministreeren sy het haar byna doodgewerk want hulle het ’n melkery gehad. Na twee jaar begin sy weer skoolhou op Baden nadat Nico oorlede is en die pos vakant geraak het. In 1960 het Kitty Joubert daar begin skoolhou nadat Miss Steyn eers die 20 jaar en toe weer ses of agt jaar die pos beklee het ’n totaal van minstens 26 jaar. Later het sy die plaas verkoop en by haar suster Nora op Hermanus gaan bly. Op 90-jarige ouderdom het sy nog elke kind onthou wat by haar op skool was.
Die plaasskooltjies in die distrik het ’n geweldige belangrike rol in die opvoeding van plattelandse kinders gespeel. In 1991 het dr. J. E. Kellermann, hoof van die hoërskool, oor hierdie skole geskryf: “Vir die behoud en bestendiging van die Afrikaner op die platteland se kultuurerfgoed het geen ander instelling, naas die kerk, ’n groter bydrae gelewer as veral die een en twee man skooltjies nie. Hulle was ligdraers en ligpunte in hul omgewings.” Hierdie rol kon die skooltjies net danksy uitstaande onderwyseresse soos Miss Steyn speel.
Anelma Oosthuizen (geb. Kriel) onthou: Ons het melk gekoop van mev. Steyn. Elke maand het ek en my ma en my suster Bos toe geloop om die melkkoepons te gaan koop. Die melk is in bottels by die huis afgelewer. Ek onthou die Fancy dress parade waarvan mev. Bussell skryf. Ek en my suster het ook daaraan deelgeneem. Mev. Steyn se skoolkinders het ook deelgeneem. Ek onthou ‘n Jordaanseun was ‘n verkeerslig of iets te doen met verkeer. Een van haar leerlinge het ‘n bruin koper pennie voorgestel. Vreeslik slim uitgedink. Van die klein kindertjies was soos groen ertjies in ‘n groen ertjiedop. Die dop was ‘n groen geverfde kano en 2 of 3 klein kindertjies het plat gesit met groen swempette op die kop. Soos ronde groen ertjies. Ek en my sussie was nog klein..sy in sub B en ek seker in std 2. Maar ek onthou goed. Ek was ‘n wit lelie en my sussie ‘n geel skoenlapper.
Mnr. Jaco le Roux

Van Ons Spesiale Verteenwoordiger (berig in die Montagu Museum opgespoor geen ander inligting met die uittreksil)
MONTAGU. “Ek het nog nooit so magteloos gevoel nie,” het mnr. Jaco le Roux van die plaas Die Bos in die distrik gesê toe hy vertel hoe hy die Sondagaand van die vloed in die Karoo op en af langs die Keisierivier gestap het terwyl sy vrou en drie kinders in die middel van die rivier in hul huis vasgekeer was.
Mnr. Le Roux het eers die volgende oggend omstreeks vyfuur besef dat sy vrou, Priscilla, en sy kinders nog leef toe hy hulle buite die huis sien. Hy kon eers die middag om vieruur deur die rivier swem.
Die plaashuis was gedurende die vloed ’n eiland in die middel van die verwoestende Keisierivier.

Die Bos van Kanonkop geduerende die 1981 vloed
Anelma Oosthuizen (geb. Kriel) onthou: In daardie rondawel huis naby Die Bos se huis het ‘n klasmaat van my gewoon vanaf ons std 5 tot ons matriek. Sy naam was Clive Shea. Met die vloed het dit ook oorstroom.
Klavier
Mnr. Le Roux was ten tyde van die vloed by sy ouers aan die ander kant van die rivier. Hy het dadelik sy vrou opgebel en gesê sy moet die hele huis toemaak en haarself en die kinders in een vertrek toesluit. Terwyl hulle gepraat het, is die verbinding verbreek. Volgens hom is die belangrikste rede waarom sy gesin die vloed oorleef het, die feit dat sy vrou kalm gebly het.
Mev. Le Roux en die kinders het in een vertrek op ’n klavier gesit en kyk hoe voorwerpe verby die venster dryf. Net die vertrek waarin hulle was en ’n ander in die huis is nie oorstroom nie.
Van die 16 ha grond op sy plaas het net 4 ha nie weggespoel nie. Van die vyftien voertuie kon net drie na die vloed nog loop. Hy het ook elf koeie in die vloed verloor en het sowat R370 000 skade gely, het mnr. Le Roux gesê.

Vloedstreke se boere kan weer glimlag
Uitreksel van:
Die Burger 2 Januarie 1982
Mnr. Jaco le Roux van die plaas Die Bos op Montagu het sowat 7 ha. grond op sy plaas verloor waarvoor hy ʼn ex gratia-betaling van die Regering ontvang het. Van die grootste problem op sy plaas is deur wind veroorsaak wat die jong wingerdplante soveel skade berokken het dat slegs sowat 8000 van 18000 nuut aangeplante wingerdstokkie gegroei het. Van die 2000 vrugtebome wat hy geplant het, het net sowat 500 gegroei.
Mnr. Le Roux het aan Die Burger gesê die water van die Keisierivier, wat deur sy plaas vloei, het ná die vloed brak geword. Terselfdertyd het ʼn arbeiderstekort op die dorp ontsaan deurdat baie van die plaaswerkers by die Kogmanskloofwaterprojek begin werk het.
Op ʼn gedeelte van sy plaas, waar die rivier ʼn tweede loop geskep het, het net sand oorgebly. “Nie eens gras wil daar groei nie,” het hy gesê.
Mnr. le Roux het gesê hy het al baie gewonder of hy ooit herstelwerk op sy plaas, wat heeltemal deur die vloedwater oorstroom was, moes begin het. Hy het nou egter alles op sy plaas verseker uit vrees vir ʼn toekomstigte vloed.
Die Melkery

Mnr. & Mev. Jaco Le Roux


Bestuurders van die dorpse winkel


Arij Tobias Montagu resident (2021) remembers Miss Steyn as her teacher at a school in Baden. She also recalls that Die Bos had a dairy and one could buy milk by the bucket.
Tracy and Andy Simmans (huidige eienaars 2024)
Die Simmans familie het De Bos in Oktober 2015 by Stuart Brown gekoop – dit was De Bos Gasteplaas genoem en het bestaan uit 5 kothuise, 3 kamers en ‘n koshuis met slaapplek vir 18 – 20 mense, en ‘n kampplek. Hulle het ‘n jaar geneem om die besigheid uit te vind en te besluit hoe om dit te verbeter. In daardie tyd het hulle ontdek dat die rioolstelsel nie baie goed werk nie, van die kampeerders se badkamers deur die destydse binnehof was die pype baie vlak en het opdraand geloop! Gelukkig is Andy ‘n Siviele Ingenieur en die probleem is opgelos. Die volgende werk was om die huisies te verbeter, die 2 klein kothuisies is van 6 slapers na 4 slapers omskep en ‘n nuwe swembad is gebou. In 2019 is die nuwe binnehof gebou om ‘n lieflike gemeenskaplike area in die skuur (wat voorheen die slaapsaal was) te skep plus 3 kamers en 2 slaapsale elk met slaapplek vir 10. Hierdie opknapping het goed gewerk en word goed gebruik. In 2024 het werk aan die ou hoofhuis begin. Die leuning aan die oostekant van die huis het ‘n lekkende dak gehad en die stoep aan die noorde het ‘n baie lekkende grasdak. Tydens die aftakeling van die stoep is droë modder onder die houtvloer ontdek, wat vermoedelik oorblysel van die 1981-vloed was. Daar was baie eras van steenwerk, wat gewissel het van modderstene wat met klei aanmekaar gehou is, sommige bakstene was selfs redelik sanderig en het maklik gedisintegreer, tot kleistene met sement tot die moderne baksteen en sement.
Die langtermynplan is om die grasdak op die hoofhuis oor te doen – dit gaan ‘n duur werk wees, en om die dak op die 2 groot kothuise reg te maak.

Ingang na ou suiwelkoelkamer (2021)

Bewyse van ou koelkamer is steeds sigbaar (2021)

Die ou melkskuur (2021)

Pictures: Die Bos website


Binne die ou melkskuur

Toe mure gebou is om te hou
Opknappings 2024





Enkele herinneringe van die Montagu History F/B bladsy

Daniel Stephanus vd Merwe van Wellington afkomstig het in 1844 die plaas Uitvlugt van Pieter Swanepoel gekoop. Vd Merwe wou spekuleer met die grond en het gevolglik begin om die plaas in erwe te onderverdeel met die doel om dit te verkoop. Die eerste elf erwe is in 1851 verkoop. Hierdie eerste erwe was die sogenaamde watererwe, so genoem omdat hulle leiwater uit die Keisierivier ontvang het. Diè erwe was tussen die huidige Badstraat en die Kingnarivier geleë. Dit is waarom die oudste huise op die dorp in hierdie area geleë is. Die dorp het dus hier ontstaan.
Om geld vir die stigting van ‘n eie gemeente van die NG Kerk (afgestig van Swellendam) het ‘n aantal inwoners van die nedersetting die oorblywende gedeelte van Uitvlugt van vd Merwe gekoop, dit onderverdeel in erwe en dit herverkoop. Dit was circa 1854. “Die Bos” was een van hierdie erwe wat op 6 Junie 1855 nog die eiendom was van die “Board of Church Wardens of the Dutch Reformed Church”. Die erf (“Die Bos”) is op 20. 11. 1856 aan Alwyn Petrus Conradie getransporteer by transportakte 242 van gemelde datum. In 1860 is die eiendom verkoop aan GJ van Zyl. Conradie het waarskynlik die huis gebou of laat bou. Dit was op daardie stadium (1856) en vir baie jare daarna die enigste huis oorkant (wes) van die Keisierivier.
In my kinderdae het vd Westhuizen hier ‘n melkery gehad. Die melk is in een en twee pint glasbottels met ‘n wa getrek deur twee perde by die huise afgelewer. Dit was in die vroeë 1950’s. Ek was nog nie in die skool nie en as die wa by ons huis gekom het, het ek opgeklim en langs die drywer gesit. Ek ry dan saam om die blok en laai die drywer my weer by die huis af. Vir my as 5 jarige was dit ‘n wonderlike avontuur.
Dit kan egter ook wees dat Antonette Kotze na die 1981 vloed Die Bos gekoop het . My kennis skiet ‘n bietjie kort hier. Daardie tyd was ek nog in die noorde van Suidwes.
Contributions: Irma Jordaan, Tracy Simmans