122.Die Koo Karavaan

A Montagu History Snippet
From the grapevine
Erina Dell vra die vra op die F/B blad: “Montagu – Het jy hier grootgeword of gekuier of hier skool gegaan”
Wie kan vir my inligting gee oor hierdie foto wat jare terug geneem was?

Die antwoord met die help van Burrie Steyn inwoner van Montagu

Langeberg Koöperasie Beperk het na die oorlog twee baie interessante en terselfdertyd oorspronklike reklameveldtogte geloods. Dit was eerstens die aankoop en instelling van ’n mobiele karavaan wat Langeberg-produkte dwarsoor die land aan huisvrouens bekend gestel het. Op 24 September 1946 het die direksie hulle eerste twee reisigerverkoopsagente in die persone van mnr. en mev. Watson van Bloemfontein aangestel om die karavaan te beman. Hulle sou onderskeidelik £80 en £40 per maand vir hulle dienste ontvang en daarbenewens ’n kommissie van 3,75% op alle verkope. Hierdie karavaan het van die datum al oor die lengte en breedte van die land duisende werwingsbesoeke aan huisvrouens gebring en deur middel van monsters en pamflette KOO-produkte geadverteer. In 1949, toe Langeberg ’n sterk en suksesvolle advertensiekampanje tydens die Rosebank-tentoonstelling geloods het, het die karavaan met 17 werwers besoek aan ongeveer 30 000 huise in Kaapstad gebring.
Uittreksels: Die Boek Langeberg 50 jaar van Inmaakprestasie 1940-1990
Erina se Gallery. Haar ma (Rholene Mouton geb. Le Roux) het saam met die karavaan gewerk


Links: Erina se ma staan in die deur van die karavaan


