123.Die Slagpale en Die Herder Familie van Montagu

Van Slagpale na Kerk
Uittreksel uit die boek Vroue van Montagu 1900/2000 deur Yvonne Bussell
Mietjie Herder
Wie kan nou dink dat ’n mens ’n bestaan kan maak deur afval te krap. Tog het Mietjie Herder presies dit gedoen.
Die munisipaliteit het ’n gebou vir die slagpale laat oprig teen die Kop waar Bergsig tans is. In 1950 is erwe daar opgemeet en te koop aangebied. Mooi huise is opgerig en ’n spogbuurt het verrys. Nou was die slagpale egter ’n steen des aanstoots. ’n Paar jaar later is dit gevolglik gesluit. Die grond waar die slagpale was behoort tans aan die Rooms Katolieke kerk.

Die ou slagpale gebou in Proteastraat
Destyds was daar drie slaghuise in die dorp en hulle slagvee is in kampe naby die slagpal gebou gehuisves. Daar was ook ’n geboutjie van waar die opsigter ’n oog oor die terrein moes hou. Later het Seun en sy vrou daar gewoon.

Die opsigter se huis
Mietjie Herder het jare lank ’n donkiekarretjie gehad waarmee sy van haar woonbuurt af dorp toe gery het tot by haar werk (Haar twee donkies was Basjan en Geelbek). Soggens douvoordag het die slagtery begin. Hulle moes vroeg woel, want daar was nie koelkaste nie. Mietjie se seun Boeta, was jare lank die hoofslagter en haar oudste seun, Flip, nou 59, het 30 jaar lank daar gewerk. Dan was daar nog Bokka en Callie en ’n paar dogters.
Al die bokkoppe en skaapkoppe moes gekrap word en dan was daar ook die varke waarvoor kookwater nodig was. So het Mietjie haar werk getrou vir 45 jaar gedoen. Die Herder familie is deurtrek met die slagkuns.

Ingang tot die ou slagpale gebou vanaf Proteastraat
Fotos: Google Street View
Iets wat ek en Mietjie in gemeen gehad het, was groot voete. Mietjie was maar te gretig om plaas toe te ry om te kom kyk of ek nie weer ’n boks skoene vir haar het nie, en gewoonlik het ek dan gekrapte afval as geskenk gekry.

Mietjie slag al 40 jaar lank
Die Burger 27/02/1981
Montagu. _ Solank as wat die Montaguers kan onthou, was die slagter van die dorp altyd maar ‘n Herder. En vandag is geen uitsondering nie – vroeër was dit Flip Herder, en vandag is dit sy dogter Mietjie en háár seun Klein Flip.
Die afgelope veertig jaar slag Mietjie elke slagding wat in die slaghuise op die dorp verkoop word. Vroeër was daar drie slaghuise en vandag twee.
Vark
Mietjie was al sestig jaar oud en haar dag begin soggens om twee-uur wanneer die werksaamhede by die slagplaas begin. Skaap, bees of vark – ‘Mietjie sny kop-af en slag wat voorkom . Maar haar voorkeur vir vleis hét sy; sy eet net vark vleis en “steur haar eintlik aan ander vleis nie”
Van haar agt kinders help Klein Flip en ‘n paar dogters by die slagplaas – twee seuns werk saam met hulle pa by die KWV. Oor die vraag of vleis en wyn saam-saam goed afgaan, lag Mietjie tog te lekker.

Bo Ma Mietjie (Miekie,Minnie)
en die kinders

Bo L/R: Philip (Boeta), Anet, Kayta, Middel L/R: Jan (Bakka) en Rallie. Onder L/R: Willie, Sarah en Minnie. Rallie het sy eie beesboerdery en slagtery in Ashbury gehad.
Marius Kriel: Bakka het by oom Girrel gewerk in die Badstraatslaghuis waar hy wors, polonie ens. gemaak het

L/R: Philip, Rallie, Jan en Willie
Foto’s: Winnie
Mietjie kry nie tyd vir veel meer as slag nie maar hou van mooi aantrek en mooi blomme. Hiervan getuig die blomtuin wat sy by die slagplaas aangelê het met die wegloopwater waarmee die vloere geskrop is. Sy vertel met smaak van al die lammers en kalwers wat sy al grootgemaak het van dragtige diere wat geslag is.
En enigeen in Montagu wat al afval geëet het wat onder Mietjie Herder se hande derugeloop het, kan getuig dat die afval ná slegs twintig minute daar uitsien soos afval moet-spierwit en skoon, en elke stukkie pensie lyk na ʼn velletjie papier.



The original abattoir building
Pictures: From the RC church Silver Jubilee brochure

Uit die pen van Marius Kriel seun van A.G.P. Kriel
Sentrale Slaghuis Badstraat Montagu
Foto: Marius Kriel
Miekie Williams (getroude van) en van haar kinders was die mense wat verantwoordelikheid gevat het vir die slag van die diere by die Montagu slagpale. Hier moet ek name uitsonder soos Boeta Williams, Miekie se oudste seun wat ʼn raakvatter was by die slagpale. Jy wil nog verduidelik dan lê en bloei die dier al. Haar dogter Kokkie was weer verantwoordelik vir die skoonmaak van die skaap afvalle en skaap derms. Krap en skoner kon jy nie kry nie, alles was perfek gekrap. Boeta het gehelp om die bees te skiet met ʼn spesiale pistool van die munisipaliteit. As hy daar klaar is gaan hy direk na die varke toe en skiet dié ook. Alles gebeur vinnig en gou, die keel word oopgesny sodat die bloed vinnig kon uitbloei.
Terwyl moeder Miekie besig was met die skaapslag, het Boeta die bees, na hy klaar gebloei en aan die agter enkels met ʼn hak ingehak, opgekatrol tot die bees reguit hang. So is die pens gedeelte oopgesny sodat die pens kan uitval. Die harslag het bestaan uit die longe, die slukpyp, lewer, hart en die milt. Die harslag is verwyder en apart opgehang. As die bees se vel klaar afgeslag was, is die bees in die helfte gesaag en weer in 4 kwarte gemaak: 2 x voorkwarte en 2 x agterkwarte. Dan is die 4 kwarte in die ophangkamer gehang en gewas. Die skaap word langs die bees gehang en elke skaap se harslag het agter hom gehang, reg vir inspeksie deur die vleisinspekteur. Dan kry elke slagkarkas ʼn “Pass”/Goedgekeur stempel op om te wys die vleis reg is vir menslike gebruik.
Die varke word eenkant in ʼn ander afdeling geslag en gekrap. Uit ʼn groot swartpot word daar kookwater oor die vark karkasse gegooi om die hare makliker af te kan krap.
Daarna het ek die karkasse gaan haal met die vleisbus, eers die bees en skaap, daarna die varke en die afvalle word heel laaste gehaal, altyd apart van die vleis. Na middagete of na werk, moet die skaapvelle en beesvelle plaas toe gaan waar dit gesout word om elke oggend uitgehang te word en weer saans terug skuur toe. So gaan dit aan tot die velle baie droog is. Sodra daar genoeg velle is wat droog is, word dit op ons lorrie gelaai en Epping mark toe gevat waar dit gesorteer word deur Willem Boshoff, die gradeerder wat dit dan uitvoer China toe.
Die mis van al die diere was in ʼn drom gegooi en is ook plaas toe geneem om te meng met strooi. Dit word behandel en bewerk vir die verkoop van kunsmis vir die wingerde.
Montagu kry toe ʼn nuwe vleisinspekteur en hy het van die begin af nooit van die slagpale gehou nie. Hy het ʼn elektriese skokmasjien ingekry om die diere eers mee te skok, gevolg deur die keel afsny proses wat altyd baie vinnig was en die diere is onmiddelik dood daarna sonder om te ly. Miekie het glad nie van die skokproses gehou nie en het groot kapsie gemaak en geweier, omdat sy gevoel het die diere sou nog steeds ly van die skok, voor die keel afgesny word. Toe was daar ‘n groot toutrekkery tussen Van Niekerk. oom Ghirrel en my pa Piet. Dit was nie lank nie toe is mnr. die uwe oornag daar weg uit die dorp, maar hy het seker gemaak dat hy die slagpale toemaak. Daarna moes Montagu sy diere gaan slag het op Ashton, maar die slagpale daar was te klein. Toe Bonnievale, maar dit het nog minder gewerk omdat dit te ver was en al die ryery het net die kostes opgejaag. So kom Montagu se slagpale na dekades van slagtings tot ʼn einde.
Mietjie could turn her hand to a number of skills
Nurse Victoria Swanepoel
ook uit Yvonne Bussell se boek
Doodtevrede sit sy daar in die siekeboeg in Huis Uitvlucht die afgelope nege jaar. Met ’n helder verstand vertel sy dat sy die 16de Januarie 1927 as Victoria op Riversdal gebore is waar sy haar skoolopleiding klaargemaak het. Daarna is sy na die Somerset-Hospitaal in Kaapstad vir haar kraamopleiding. Sy is later deur die Montagu-Munisipaliteit as distriksverpleegster aangestel en het haar in die Sunnyside-kliniek gevestig. Mettertyd het sy ’n motor gekry waarmee sy haar rondtes onder die siekes kon doen. Die kraamgevalle moes voor die tyd by haar kom inskryf sodat sy hulle elke maand kon sien en raad gee. By bevallings het die pa van die kind haar gewoonlik kom roep, maar aanvanklik het Mietjie Herder haar altyd met die donkiekar kom haal.
In 1951 is Victoria met Japie Swanepoel getroud en hulle het ’n mooi modern huis in Bergsig laat bou. Ná 37 jaar on afgebroke diens het sy weens swak gesondheid in 1996 die tuig neergelȇ.
Sy vertel dat sy op haar tyd baie aan skoue deelgeneem en pryse gewen het vir haar gebak, naaldwerk en borduurwerk. Dan verwys sy ook na die bekwame vrouens wat haar tydgenote was, soos Annie Janse wat altyd by dr. C A Wessels gewerk het, en Elsie Mauries wat later by Spar al die gebak en terte gemaak het. So was daar menige knap vrou in daardie tyd.
As erkenning vir haar jarelange diens is die Victoria-kliniek in Wilhelm Theyslaan na Victoria Swanepoel vernoem.
’n Besoek aan vier van Meitjie se kinders in haar ou huis op Montagu 2024


L/R: Boeta, Anet, Sarah en Minnie
A Church at last
Weekend Argus Correspondent
The Catholic community of Montagu has a church of its own at last — the converted town abattoir.
For years, Montagu’s Catholic community has attended services conducted by visiting priests from other congregations every two weeks in St Mildred’s Anglican Church.
When the Montagu municipality decided to abandon its abattoir, tenders were invited from those interested in buying the building.
As the abattoir was situated on the boundary of the township of Bergsig, it was in an ideal position to cater for all church members.
The Catholic Church committee called a meeting with the clergy of adjacent towns and church authorities sanctioned a tender of R30 000, which proved successful.


Pictures: Montagu Museum
To keep costs within reasonable limits it was decided to alter the building instead of demolishing it and the archbishop asked a Montagu businessman, Mr. A. Goncalves, to supervise work on the conversion from abattoir to church.
Mr. Goncalves, who has been in Montagu for 20 years and also has property interests in Madeira, felt this was his chance to put something back into the town.
Apart from offering to finance the reconstruction of the floor and to buy a door for the chapel, he became so involved in the conversion operation that he used about R15,000 of his own money to get the building in a usable condition.
Although much still has to be done, the little chapel already looks beautiful and the priest from Swellendam conducts services every fortnight.
The congregation is growing steadily and attendances of 60 are not unusual, with holiday makers also attending.
Some additional information supplied by Susan Hewitt Montagu resident
Catholic Church
Montagu

Silver Jubilee
1990 – 2015
In the early years the RC community of Montagu had a resident priest who also served the neighbouring towns of Ashton, Bonnievale and possibly Robertson as well. (according to retired Bishop Edward Adams and as far as he can remember the one and only resident priest in Montagu was a Father Ferdinanda)
The presbytery (priest’s house) was in Bath’s Hill or Badshoogte. At the time no property was set aside for a RC church, and it is presumed that Mass was said in the presbytery’. (unfortunately, it has not been possible to determine the street address of the presbytery. However according to Bishop Adams the Catholic church did not own any property in Montagu prior to buying the abattoir building)
Many years later Mass was celebrated in the Anglican Church of St. Mildred, as at that time there was no longer a resident priest in Montagu.
Subsequently the presbytery was no longer used and the priest came from Robertson, and some years later from Swellendam.
In 1951 there were negotiations between the parish priest, the Bishop and a local Catholic businessman with the town council to obtain property on which to build a church. The property earmarked for this was on the corner of Buitenkant and Market streets.
Only in 1985 was permission granted by the town council, but by this time another property was being ‘eyed’, the former abattoir in Bergsig.
This property was purchased and work was immediately started on renovating the building into a church and presbytery.
Upon completion it served an enthusiastic community. The presbytery functioned as a nursery school.
In 1997 the community wanted to purchase adjacent land, the rocky hill to the western side of the church. The intention was to erect Stations of the Cross and develop it as a place of pilgrimage. The council however, would not sell the land but gave permission that such a development could take place, with the understanding that the church will only have use of the land without owning it.
On this land, a parishioner, the late Michael Hardy set about the arduous task of clearing a pathway and erecting the Stations of the Cross.
Down the years this has become a source of ecumenical celebration as fellow Christians join in as we follow’ the Way of the Cross.
Contributions: Hennah Flesch