113.Die Slagters Kriel van Montagu

image_pdfDOWNLOAD PDF

Hierdie fassinerende storie het begin toe ek opgemerk het dat interessante kommentaar op Face Book verskyn het deur ‘n persoon wat onder die naam Mans Kriel Butcher skryf. Sy kommentaar het duidelik gewys dat hy ‘n voormalige inwoner van Montagu is. Ek het besluit om te probeer kontak maak met die skrywer en die volgende storie is wat ons daarin geslaag het om te produseer. Die skrywer in hierdie geval was Marius Kriel.
Rudi. Allmayer (2024)


ʼn Groot dankie aan my niggie Elmien Kellerman, dogter van Mabel Kriel Kellerman nou van der Walt, wat my gehelp het om die fotos te soek en vir my aan te stuur sodat dit die Kriel familie se gedkiedenis bymekaar kon kry en Charmaine Beeslaar nou Streicher baie dankie julle twee. Dan my kleinneef David Kriel seun van Fred Kriel wat Ashton slaghuis gehad het. Hy was weer die seun van oom David Kriel, een van die agt  Kriel (8) broers. Baie dankie vir julle samewerking, ek waardeur dit baie.
Groetnis,
Marius Kriel (2024)


KRIEL-FAMILIE van MONTAGU-SLAGTERS

Marius Kriel (seun van Piet): Montagu geskiedenis..moet ʼn wêreldrekord wees. Oupa Alexander Kriel met sy agt seuns en twee dogters almal groot geword op Montagu en almal was slagters. Wie het van hulle geken van L/R: Dolf, Alex, James, Gus, Gerald (Ghirrel), John, David en Piet.
Voor: Rachel, links van Oupa, het in sy slaghuis gewerk en Mabel, regs voor, het die “boeke gedoen”.


En so begin die storie. My eerste e-pos interaksie met Marius Kriel seun van Piet Kriel (04/07/2024)


Marius: Ek begin biki van myself te vertel vanwaar ek kom met die slaghuis bedryf.
Ek is op Montagu gebore op die 28 ste Augustus 1958 my moeder het geboorte gegee by Badstraat slaghuis hoek van Mark en Badstraat op die solder, want ons het daar gebly, dit was toe my pa se slaghuis. Dr. Gertjie Oosthuisen het die bevalling gedoen, dis nou Ernie Oosthuisen se vader. My pa Alwyn, Gideon, Petrus Kriel (noemnaam oom Piet), verkoop aan oom Gerald sy broer. So het my pa Sentrale slaghuis begin wat ʼn baie klein ou geboutjie was wat hy met later jare verander het. Sentrale slaghuis was die een oorkant die BP garage Badstraat dis nou iets anders.  Ons was 4 kinders 3 seuns  Eric, Gerrie, Marius en Alta ons suster. My moeder was ʼn nooi Mans van Upington. Sy was die een wat die slaghuis vasgehou het en die kleurling mense het haar miss Marie (Maria Magdalena) genoem en wil net altyd by haar koop omdat sy altyd meer vleis gegee het as wat nodig was. Sy is ook agter die toonbank oorlede waar sy altyd gestaan het om haar mense te help. Ek moes sorg dat sy altyd papier gehad het om die vleis toe te draai en haar kaste vol gesnyde polony te hou. 
Dis vanwaar my F/B naam kom.
Tot eers hiertoe bye.


Marius en sy familie

L/R: Gideon (seun), Marina (dogter), Marius, Altie (vrou) en Karien (dogter)


‘n Spaander van die ou blok wat ook ‘n kampioen word

Slagters

Van slag kan jy die Kriels niks vertel nie. Sedert oupa Alexander sy kapblok aangeskaf het, het sy nageslag die een na die ander slagters geword.

Deur Sieg Behm

Die worskoning en braaikampioen van Somerset-Wes, Marius Kriel, met een van die sowat 50 soorte wors wat hy maak

Jy kan maar sê hulle het ’n slag met die slagmes, dié Kriels wat oupa Alexander se spore al dieper getrap het.

Die oubaas het ’n slaghuis gehad. Sy agt seuns het slaghuise gehad. Hul twee susters het in die slaghuise gewerk. Vandag het ses van sy kleinseuns slaghuise.

“Ek het as’t ware in die slaghuis grootgeword,” sê Marius Kriel, wat op Somereet- Wes omtrent 50 soorte boerewors verkoop. “Soggens voor skool moes ek met die fiets – die ou soort met die groot mandjie aan die voorkant – vleis aflewer. Smiddae na skool het ek maar weer in die slaghuis gehelp.”

Gerald Kriel, een van oupa Alexander se agt seuns, onthou nog die dae (in 1940) toe hy ’n boerbok gekoop het waaruit hy 160 pond vleis – oor die 70 kg – geslag het. Die bok het ’n pond gekos.

“Skape kon ons vir sewe en ses (75c) koop. Toe ek op ’n dag weer gaan koop, kos hulle skielik ’n pond stuk. Ek vra die boer hoekom die skape dan nou so duur is. Toe sê hy ’n pond tel makliker as sewe en ses.”

Die broers het dikwels saam by veilings opgedaag, waar Piet en Gerald byvoorbeeld sou afspreek op watter “pennetjie” skape hulle sou bie. Op ’n dag het hulle nogal teenstand van ’n ander bieër gehad – totdat hulle omkyk en sien dit is hul broer James wat die prys so opjaag. Hulle het hom later by ’n beeskraal met gelyke munt betaal.

Behalwe dié drie was daar nog Dolf, Alex, Gus, John en David en hul susters Rachel en Mabel.

“Daardie dae was slagplase nog byna onbekend. Ons moes maar self slag, byna elke dag. Ons het nog nie moderne koelkamers gehad nie en kon nie die vleis te lank bewaar nie,” vertel Gerald.

“Ons het soggens met die slagding aan ’n riem deur die dorp geloop en die inwoners kon hul bestellings vir ’n vleisie plaas. Hulle het sommer so met die hand gewys: die een wil hierdie stuk van die blad hê en die ander die stuk hier bo… Die moderne name vir die snitte het ons toe nog nie geken nie.”

Die slagdier is dan na ʼn groot sementblad gebring, met die riem deur ’n ysterring platgetrek en geskiet en geslag.

Hulle het darem nie altyd “die mes vir mekaar ingehad” nie. Hulle het resepte uitgeruil, soos die broers Kriel se worsresep wat Marius vandag nog gebruik – sonder sojabone. Die speserye het hulle self leer meng.

Boerewors is vir Marius nie bloot wors maak nie. Hy ken wors en hy kén braai. Hy het darem nie verniet al ’n hele klomp braaititels gewen nie en is altyd gereed vir die volgende wedstryd.

By hom kom koop die mense van ver af wors: tamatie-, kaas-, knoffel- of gerookte wors en tientalle ander soorte. Sy gereelde klante bestel wors wat spesiaal na hul smaak voorberei word.

Wanneer die binnelanders vakansietye in die Kaap kom vakansie hou, kies hulle gou- gou koers na die Doornkloofslaghuis toe, waar die slagters tradisie van die Kriels en al die stories van die ou dae hulle sommer maklik langer laat vertoef as wat ’n besoek aan ’n slaghuis gewoonlik duur. 


Ek links en ʼn vriend Johan Fouche besig om deel te neem aan die Montagu Muskadelfees braaivleis kompetisie. Ons wen die eerste prys vir die beste boerewors, beste lam chops, beste sosaties en beste steak.

Oorhandiging van pryse vir braaivleis kompetisie


Kwaliteit van die voorbereiding ‘n Kriel handelsmerk

Ek verwerk vleis vir biltong, droewors en boerewors elke mengsel wors wat gemaak word, word sekuur deursoek vir senings om seker te maak dit sal die beste wors wees en ek kyk dit self deur. Geen ander hande vat aan die vleis as ek wors maak nie


’n Kriel-resep is nou in Oklahoma VSA. My seun Gidoen en kleinseun produseer Kriel-biltong.


Slagter Marius onthou sy Ontspanningstyd

L/R: Ma Marie ek en tannie Rachel by ons kamp op Die Dam buite Bredasdorp

Montagu rugby klub. Fotos van 1978  toer Kimberley toe speel ons Beaufortwes 1ste wedstryd, 2de wedstryd Richmond, 3de wedstryd Pirates nuwe klub in Kimberley en 4de wedstryd op pad huistoe weer Beaufortwes.

Ek en tannie Alta Sadie. Haar dogter is Karien Sadie. Ek en Karien was saam skool toe ons ken mekaar meer as 50 jaar. Tannie Alta was die bibliotekaresse op Montagu vir baie jare. Haar man was oom Ryk Sadie, hy was op ʼn stadium ook Montagu se burgemeester.  Alta en Karien en ek en my vrou het baie by mekaar gekom en gebraai en begin sommer biekie dans. Ons het tannie Alta sommer ma Alta genoem aangesien sy almal se vriendin was en soos ʼn ma vir ons jonkklomp gevoel het. Sy was ook ʼn tuin kenner in haar eie reg

Ek en my vrou Altie by ons huis langs die slaghuis in Montagu. Ons doen ʼn spitbraai op my verjaarsdag. Ek kry elke jaar ʼn Karoo lam by Ben Joubert vir my BDAY


Oupa Alexander Floris

Oupa  Alexander Floris “Alex”en Ouma Mabel (geb. Batt)

Foto: Elise le Roux


Oupa Alex die polisieman

Oupa Alexander was eers ʼn polisieman op Montagu en so was hy een aand aan diens, op voetpatrollie met net ʼn flits, boeie, ʼn knuppel en die selsleutels. Hy stap toe Badstraat af tot by die Montagu hotel en daar val ʼn dronk man voor hom neer, uit soos ʼn kers. Die man kan mos nie hier op die sypaadjie lê nie, dink Oupa vir homself. Oupa soek toe rond vir hulp maar kry niemand en so sien hy ʼn kruiwa by ʼn huis. Hy vat die kruiwa, laai die man in die kruiwa en stoot hom tot onder by Langstraat en los hom daar onder ʼn boom. Die volgende dag toe hy gaan werk, sê daar ʼn ander polisieman vir hom hy moet Maandag 9vm by die hof wees vir ʼn diefstal saak teen hom. Onmiddellik is oupa op sy perd want wat het hy dan gesteel? Nee dink hy, iemand het seker ʼn saak teen hom gemaak vir steel van ʼn kruiwa. Oupa sê toe maar hy het ʼn man ʼn guns bewys en hom huistoe gestoot. Die Maandag in die hof sien Oupa maar dis mos die selfde blerrie man wat hy gehelp het, nooit geweet dis die nuwe magistraat nie. Oupa kry toe ʼn pond boete wat hy kon afbetaal nadat hy verduidelik het van sy 10 kinders en dat hy maar net ʼn pond verdien.

Daar en dan het hy bedank en ʼn slaghuis begin.


Oupa

Oupa Alexander was maar ʼn moeilike man en kwaai met 10 kinders in die huis – sou ek ook so gewees het? Hy het gesê hulle moet altyd daar wees vir mekaar, maar hy was ook die tipe man wat altyd ander mense gehelp het. As iemand aan sy deur kom klop, was daar altyd nog ʼn bord kos, nooit is die persoon weggewys nie. Daar is tot bed gemaak vir so ‘n persoon om oor te bly. So kon daardie persoon ook weer gaan help in die slaghuis. Dan is daar omgesien na die persoon se welstand, blyplek en kos. Oupa het nooit iemand weggewys nie, o nee, hy het altyd almal jammer gekry. Seker dié dat hy so geseënd was met 8 seuns. Ouma moes altyd reg wees met kosmaak, het altyd ʼn klomp monde gehad om te voer. Sondae was ʼn uitsondering, almal was vroegdag reg vir kerk en so het die klomp Kriels die kerk gou volgesit. Na kerk is die tafel gedek met ouma se potgebraaide skaapboud, “potroast” beesvleis en “aitchbone”. Kerrie skaapskenkels was eenkant, want dit was Oupa se gunsteling. Kyk, vleis was daar altyd en dan het oupa op die tafel getik en net gesê, TOE oë en begin bid.

Van die stout seuns het onder gebed skelm uitgeglip en eers bietjie gaan sokker speel, want Oupa bid lank. Ons het altyd gaan luister waar trek Oupa nou met die gebed, dan is daar verder gespeel tot amper amentyd en gaan sit hulle weer rustig aan tafel. Ouma het geweet wat aangaan, maar altyd stilgebly en gemaak of sy van niks weet nie. Na ete het Oupa ‘n bietjie gaan rus en dan moet almal rustig wees en stilbly. As oupa daar opstaan, gaan hy tuin toe om van sy gunsteling vye, wat hy toegemaak het met kardoesakkies, te gaan eet. As hy die sakkie wat om die vye is afhaal, is die vy partykeer weg en wonder hy wat van die vy kon geword het. Hy ken sy seuns goed en roep net twee van hulle, Piet en Gerald, want hulle was die vyediewe. Oupa het mos mooi gevra om nie die vye te eet nie, aangesien daar genoeg vrugtebome in sy tuin was om almal te voed en lekker kon eet aan die vrugte.


Oupa se slagmes

Oupa Alexander se slagmes waarmee hy geslag het. Kyk mooi die mes, dit is in ʼn beesvelhouer. Wat hy langs sy broek vas gemaak het. As hy sou slag, bewaar die een wat met daai mes probeer sny het niemand sou dit waag nie dit was sy persoonlike slagmes en is nou in die besit van my seun Gideon. Hier sit my seun Gideon, en my kleinseun ook Alexander Kriel, met oupa Alexander se slagmes. Die mes is aan my geskenk deur oom Dolf Kriel en hy het altyd gesê “ou Marius jy is ʼn opregte Kriel wat hou van die slaghuis bedryf en wat kan hard werk”. Wel, al wat ek kan sê is dankie oom Dolf.


Oupa’s se kliëntediens

As oupa Alex ʼn bees gekoop het, dan stap hy Badstraat af met die bees aan ʼn halter en so kan die mense sê watter snit vleis hulle wil bestel. Die ou kliënte het altyd eerste voorkeur gekry. Oupa sou by Joubertstraat begin en klop aan die deur van sy kliënte se huise, terwyl die bees vasgemaak staan by ʼn boom. So het hulle dan bv. gesê: ‘Alex ek wil hierdie stuk bors hê want dit sal ʼn lekker “potroast” maak vir Sondag’. Oupa het ʼn boekie gehad en die bees daarop geteken en die snit wat bestel is so op die boekie aangebring. Die borsstuk het later brisket geword en die stertstuk het “aitchbone” geword ens ens. So was die beesvleis klaar verkoop, maar die bees lewe nog en hy het sy geld in sy sak gehad, reg vir nog ʼn transaksie. So is die skape of lammers ook vooraf bestel en ook skoon afval.


Oupa Alex en die Koster

Oom Ben van Deventer, beter bekend as Ben Koster wat by die kerk opsigter was, het die volgende te vertel gehad. Hy en Oupa was boesemvriende en hulle ry op ʼn dag om te gaan gaan skaap koop in die Karoo. Met hulle terugkeer dorp toe, net voor jy Montagu inkom van Barrydale se kant af, ry daar ʼn man op ʼn fiets links van die pad. Die lorretjie se flikkers was vas aan ʼn ketting aan die binnekant van die lorrie wat jy moes trek en dan skiet daar ʼn arm met ʼn rooi liggie op uit. Oom Ben trek toe die verkeerde ene en daar slaan hulle die man op die fiets agter die blad dat hy daar tussen oom Kenneth Knipe se wingerde inry. Oupa ry aan want hy weet van niks en oom Ben wil hom breek soos hy lag. Op ʼn dag kom oom Ben by ons in die slaghuis ingestap van vakansie af en my ma vra hom waar hy was want sy het hom lanklaas gesien. Oom Ben antwoord en sê, ‘ag Marie, ek is besig om grafte reg te kry  want hier op Montagu gaan nou mense dood wat nog nooit vantevore dood gegaan het nie’.   Oom Ben was ʼn legende op Montagu.

Oom Ben Koster (Van Deventer) lui die kerkklok

Foto: Montagu Museum


’n Ma en Ouma word ter ruste gelê

Parkstraat is die straat waar Montagu se eerste NGK begrafplaas is. Heel agter dwars is waar oupa se huis en slaghuis was dit was een gebou. As jy met Crossstraat op ry tot waar jy net link of regs kan draai dan draai jy links die oud NGK begrafplaas is die een met die dik wit mure om

Ouma Mabel se begrafnis vlnr. is pa Piet, Dolf, James, Alex, Rachael, Oupa, Mabel, Gus en Gerald. David en John is nie op die foto nie

Oupa Alex by ouma se graf


Die werklikheid van ʼn slagter se lewe in die ou dae

Graag vertel ek, Marius Kriel die volgende storie net om vir die leser ʼn weergawe te gee van hoe ʼn slaghuis vroeër jare gewerk het.

Die mense het seker gedink die vleis kom netso by die slaghuis aan, klaar geslag, dan het jy ʼn slaghuis, dit is mos maklik. OOOOO NEEEE nogal glad nie, om vleis in die slaghuis te kon kry was moeilik.

Eers vat pa Piet sy bakkie en ry vanaf Montagu na Barrydale. Ek moes saamgaan met die groot trok sodat ek kon help oplaai. Ek kon dus ook sommer sien waar al die plase is vanaf Barrydale deur tot by Ladismith en wie die boere was. Ons ry verby Zoar, anderkant Ladismith en ons draai by Amalienstein, anderkant Zoar af. Daar was baie kleurlingboere wat graag aan oom Piet verkoop het want hy het altyd kontant betaal. Partykeer het dit lank gevat voordat ‘n tranaksie beklink was, want Pa wil minder betaal en die boer wil meer hê. Daarna word daar eers koffie gedrink en beskuit geëet voordat ons terug ry. Eers Ladismith toe en dan Montagu toe met die grondpad van 120myl oor Ouberg. As ons by ‘n plaas verby ry en Pa hou van die plaas en die vee wat langs die pad wei, word daar ingedraai. Daar word eers weer gegroet en dadelik herken Pa die boer. Nou eers weer koffie vat en die transaksie is beklink en Marius sal dit met die lorrie kom haal.

Terug op Montagu gaan ek eers kafee toe vir ʼn koue Coke, nou net mooi gatvol vir koffie. Volgende word die groot lorrie nagegaan en vol diesel gemaak, reg vir môreoggend se wegspring. 3vm val ek en Pa weer in die pad en begin laai waar ons gekoop het. Eerste word die skape en die bokke onder in die dubbeldekker gelaai om te keer vir afspring. Onthou ʼn bok is ʼn bliksem, het Pa altyd gesê. Heel agter laai ons weer ʼn klompie beeste en kalwers. Die dag is verby en ons ry weer terug vanaf Ladismith, Montagu toe. Dit is al 8uur of 9uur nm en donker en ons laai dit wat geslag moet word af by die slagpale. Die res moet ek gaan aflaai by die plaas veepos en moet ek oppad huistoe eers by tant Miekie stop om vir haar te sê wat en hoeveel geslag moet word sodat sy kan weet hoe laat sy moet begin werk.

Tussen 10vm en 11vm moet ek eers die vleisbus skoonmaak en uitwas met kookwater en die hakke inlaai vir vleis om aan te hang. Kom by die slagpale aan, weer wag ek vir die gesondheidsinspekteur want het nog nie die vleis geinspekteer nie. Jy kom eers na 4 nm by die slaghuis aan en nou moet daardie vleis afgelaai en ingeweeg word om jou kosprys uit te werk. Die vleis moet dadelik yskas toe geneem word en nou moet ek weer slagpale toe gaan om die harslag en ongekrapte afvalle te gaan haal. Dit mag nie saam met die vleisbus by die slaghuis aankom nie

 Nou moet ek die bakkie vat en weer slagpale toe om die velle plaas toe te vat sodat dit gesout kon word en elke dag moet uithang in die son. Saans word al die velle weer ingeneem en ons pak dit in die skuur. Môre weer dieselfde storie, oor en oor tot al die velle droog is.

Nadat die vleis ʼn dag of twee gehang het, word daar ʼn bloktoets gedoen om te kan sien wat die snitte se kosprys per kilogram is. Nou moet ek begin met ontbening van beesvleis en varkvleis en dan word 60 kg afgeweeg om boerewors te kan maak. Die speserye word oorgestrooi en dan word die vleis deur ʼn 12 mm plaat gemaal. Daarna gaan dit terug in die yskas en los dit daar vir ʼn volle dag. So word die res van die vleis afgeweeg vir die maak van droëwors, frenchpolonie, garlicpolonie, ham en tong en nog ander soorte koue vleis en lewerwors wat heel laaste gemaak word.  Die polonies word in ʼn groot kookpot gesit en vir 3 ure gelos. Die gerookte wors word ook eers gerook in ʼn spesiale rookkamer. Die volgende dag word die worsvleis weer gemaal deur ʼn 5 mm plaat en gestop in ʼn skoongemaakte derm. Daarna word dit in die koelkamer gesit om stywer te word en reg is vir verkoop.

Nou is jou dag se werk afgehandel en kan jy huistoe gaan om te gaan was en eet. Jy maak dit vir die bed, want môreoggend moet jy weer 3vm op wees om die res van die diere te gaan haal wat ons nie die eerste keer op die lorrie kon laai nie. Jy is skaars in die bed dan val dit jou by, o hel, daar is iets wat ek vergeet het. Die skoon afvalle lê nog in die kouewater by die slagpale.

Nou is dit weer aantrek, in die bakkie spring en slagpale toe. Daar aangekom is dit al nagdonker en die water is koud, maar die afvalle moet uit en gelaai word. Terug slaghuis toe en sit die afvalle in die yskas. Nou sien ek die rookkamer rook dan nog, gaan maak oop, haal al die rookwors uit en sit dit in die yskas. Polonies is ook nog in die kookpot en dié moet ook uitgehaal en yskas toe geneem word. Nou is dit al 1.30 in die oggend voor ek kan bed toe gaan, maar eers weer stort. 4 uur is dit alweer opstaan en slagpale toe om vir Miekie te gaan help en so het ons slagters maar min rus ingekry.

Maandag- en Woensdagaande was dit my rugby oefen aande en dit los ek nie, te lief vir die spel. Sondae is kerk en daarna word by my huis gebraai saam met vriende en so gaan jou lewe in die slaghuis verby hard maar lekker baie gehou daarvan.

Maar nie enige mens is gebore om ʼn slagter te kan word nie dit moet van iewers kom, myne was beslis vanaf oupa Alexander en my pa Piet Kriel. Dis nou maar so die Kriels ken vleis en van wors maak as jy by my instap kon en jou ʼn 2tand lam uit haal en wys of ʼn jong bok of bees en almal was altyd baie tevrede met wat hul by Sentrale slaghuis kon gekoop het.

Hierdie storie is nie net ʼn storie nie dis die heilige waarheid. As jy ʼn Kriel slaghuis sien of van weet gaan in en koop al jou vleis benodighede daar jy sal altyd weer terug gaan.


En dan kom die onverwagte

Die vloed van 1981 het voordele en ook baie nadele ingehou. Daar was natuurlik geen krag nie, maar een van die voordele was dat ek met ‘n klomp vleis in die slaghuis sit en ek kan dit mos nie weggooi nie. Wat nou gemaak? ‘n Boer maak ‘n plan. Wat van braai? Ek en my vriende begin braai vir drie weke lank. Ek kon darem die vleis in tjops kap met die vleisbyl, netjies man. LangBen Joubert bring hout uit die Karoo en almal wat wil kom inloer kry ‘n vleisie.

Te lekker man, nou gaan ons weer braai en braai. Waar kom al die mense vandaan wat sê hulle het vandag lank gebraai? Ek het darem biltong gesny van die meeste beessnitte, maar die skaap, lam en bok braai ons.

Piet het gaan vrou soek in die Noord Kaap en kon nie Montagu weer inkom nie want alles was verspoel en hy kon ook nie bel nie want die telefone werk nie en ook nog geen selfone nie.


Dan kom die tyd om jou metaal as ‘n slagter te toets

Ek sal nooit vergeet van my 3de osbraai wat ek gedoen het vir die N.G.K. Brackenfell. Die os het 180 kg geweeg. Ons het 600 mense kos gegee. Dit wat oorgebly het ..het die kerk opgeveil vir nog fondse vir hulle. Ek het 8 ton hout gebruik om die os gaar te kry en dit het my 37 uur geneem sonder om te rus


L/R: Gerald, Piet en Dolf die drie Kriel broers wat op Montagu gebly het.

Foto: Gerda Kriel Giani


1. Alewyn Gideon Petrus “Piet” geb. 1919 op Montagu, sterf 1997 op Montagu. Sy vrou Maria Johanna Glodina (Mans) “Marie”. (Montagu)

4 kinders: Eric, Alta, Gerrie en Marius


Pa Piet met sy 2de vrou Johanna Gousaard van Prieska


Pa Piet se Sentrale slaghuis was in hierdie gebou Badstraat Montagu (foto: 2010). Ons het op die regterkant van hierdie gebou gewoon

Foto: Google Street View


‘n Versameling herinneringe van Marius Kriel seun van Piet en Marie (Mans) Kriel

Slaghuis staaltjies van die Kriels.

Vleis aflewering

Vleis aflewer met slaghuisfiets. Ek het my pa Piet gevra hoe kan êk ‘n bietjie geld maak? Toe sê hy, staan vroeg op, vat die fiets en gaan lewer die hospitaal, die ouetehuis en die koshuis se vleis af en ook die dorp en Oudam s’n. So staan ek vroeg 5vm op en was reg om te begin. Die vleis was voor in die mandjie gepak en daar gaan Marius met sy slaghuisfiets vol vleis. Aan die begin was dit bitter moeilik, dis koud en ʼn man wil nog slaap, maar nee daar is nie nou omdraai kans nie en so begin ek.

Deur Piet Retiefstraat dan Joubertstraat, Le Rouxstraat, Uniestraat, Buitekantstraat en dan Oudam toe om af te lewer. Later begin dit lekker raak want ek word fiks en trap die fiets lekker dat die ketting sing. Jy moet darem weet, ek kry Saterdag my loon van ʼn hele halfkroon, 25 cent en dit was baie geld daai tyd. Na so 3 tot 4 jaar begin die fiets probleme gee, ketting bly af en remme werk nie ens. Pa Piet koop toe ʼn nuwe fiets op Worcester, ‘n pikswart dikwiel, te mooi. Lekker windgat begin ek die volgende oggend met aflewerings.

Toe ek in Buitekantstraat klaar is beweeg ek mos nou af in Kholerstraat en dis baie skuins afdraand maar ek ry mos nou ʼn nuwe fiets. “No worrys”, laat waai die dag loop en die son trek al water. So sien ek maar dis nou te vinnig ek sal moet begin briek. Druk vir die voorbriek niks nie, druk vir agter briek niks, nie nou worry ek. Marius vandag val jy jou moertoe, ek sien die hospitaal van daar bo waar ek is. Ek draai na links maar daar is los gruis in die pad en die klein voorwiel gly en ek is oor die sypaadjie en deur ʼn heining. Doef daar sit ek in ʼn droë koejawel boom en ek is oortrek van vleis, wors en bene. Die boom lyk soos ʼn vleisboom en so kom help die huis eienaar my en bel my pa. Pa was nie gelukkig nie hy kom daar aan en sê, wat het jy gemaak? Ek het pyn en seer en is kwaad, ek sê die donnerse fiets het dan nie brieke nie. Pa sê dit kan nie wees nie, dis ʼn nuwe fiets. Hy sê toe dis ʼn “backpedal” briek, ek weet nie wat dit beteken nie ons praat mos nie Engels op Montagu nie. Hy sê jy moes agtertoe trap dan sal die fiets rem werk. Dis nou te laat, skade is gedoen ek is hospitaal toe vir behandeling. My moeder was baie kwaad want haar blouoog seun het amper gedood. My pa moes maar mooi trap, want my ma was lus vir hom. Na daardie voorval het ek gestop met die fiets aflewerings.

Ek en Gerrie my broer begin om vleis af te lewer met die vleisbus. Dit was ʼn ou wrak en ons ry sonder lisensie. Die vleis is agter in die bus gepak. Die vleis word volgens ‘n afleweringskedule in die bus gepak. As Gerrie wegtrek van die slaghuis af trap hy skielik briek en trek weer vinnig weg. Ek val agter rond in die bus en al die pakkies is deurmekaar. Die Maandag is Gerrie terug in die koshuis op Worcester by HTS Drosdy. Nou begin my nagmerrie. Die mense bel in en vertel vir Ma hulle het die verkeerde vleis gekry en  waar hulle Sondag ʼn skaapboud sou bak in die oond, was daar nou sopbene. Dit het baie probleme veroorsaak en Ma wou net weet wat het ek en Gert Saterdag gemaak? Maar ek gaan mos nie my broer verraai nie so ek vat maar die pak.

Broer Gerrie en sy vrou Annamarie

‘n Toevallige foto wat op Montagu History F/B-bladsy gevind is

1984: Ek met my rooi Ford Cortina(hoek van Kerk en Badstraat), klaar vleis afgelewer by die hospitaal


Die Volkswagen

My pa het ʼn ou Volkswagenkewer gekoop, so ʼn blouetjie. Sy agterste sitplek is uitgehaal en ʼn plankvloer is daar ingesit. Pa is vlakte toe, net voor Barrydale na ʼn boer om na Dorper skaap te gaan kyk, dié met die baie wol op die kop en die gedraaide horings daar en dan koop Pa 3 van die skape en laai hulle agterin die Volkswagen en ry so dorp toe. Oom Girrel sien hom ry in die hoofstraat met die 3 manne by hom dadelik bel oom Girrel my by die slaghuis en wil weet wie is die 3 vreemde mans by Pa in die kar. Ek sê toe ek weet nie, maar oom Girrel sê julle is weer besig met ander dinge. Net so moes Pa hom toe gaan wys wie die 3 is, al die tyd toe 3 skape.


Die Karoo Stappie

Pa Piet ry een oggend vroeg uit na ʼn boer om te gaan kyk na skape. Wanneer ons daar aangekom het is die skape nog op kraal en wag net vir Pa voordat hulle kan veld toe gaan. Toe Pa daar aankom, word daar eers koffie gemaak en gesêls soos die boere mos was, vriendelik en gasvry. Die boer sê toe ….”oom Piet, die skaap se prys is op en dit kos nou ʼn pond. Dadelik wil Pa weet hoekom. Nee sê die boer, ʼn pond tel makliker.

So sê Pa een middag ek moet my reghou, hy gaan Karoo toe om te kyk na skape. Laatmiddag daar aangekom koop Pa die 60 skape en na weer koffiedrink en gesêls kom Pa uit. Reg manne julle kan maar in die pad val die skape moet slagpale toe. Voor ek nog kan ja en amen is Pa daar weg met sy bakkie dorp toe. Ek en nog 3 mane jaag die skaap pad langs en dis 70km. dorp toe. Ons moet plan maak vir kos en langs die pad slaap. Ons het groot vuur in die veld gemaak vir warmte want Karoo raak koud vroeg die volgende oggend voor sonop is ons aan die gang dorp toe want ant. Mietjie by die Bergsig slagpale wag, sy wil slag. Kyk, my voete was totniet van blase en so ver ek loop, verpes ek my pa dat hy my so sleg gevang het. Toe ek by die huis aankom, het ek en hy ʼn groot saampraat gehad waarop Pa antwoord, nee jy is ʼn man, word ʼn beter en sterker man en dis ek vandag nog dankie en alle eer aan my pa Piet Kriel. Hy het my alles geleer tot om ʼn man te wees. Dit was altyd hard maar lekker, Vandag se seuns sal dit nie maak, nee wat.

Pa Piet by sy Chev bakkie in 1942. Regs soos die bakkie eintlik sou lyk in kleur


Die Ashton Stappie

My pa het partykeer na Worcester gegaan, na die veeveiling waar hy bees gekoop het as daar nie by ons in die omgewing was nie. So is die beeste aangejaag vanaf die veilingkrale tot by die stasie en dan in die treintrokke Ashton toe. Dit was altyd op ʼn Dinsdag of Woensdag en my pa het vir my en nog 3 manne gaan aflaai by Ashton stasie. Elk met ʼn rooi vlag en net gesê manne nommer 10, 11 en 13, maak oop, ek kry julle by die slagpale op Montagu. Nou is daar so 8 beeste met my pa se “tjap” merk op die gekoopte bees. Dit was ʼn A met ʼn ring om in engels gesê, “A in a ring”. Piet Kriel en almal het die tjap geken. So stap een man voor met sy rooivlag om die voertuie te waarsku van die beeste op die pad. Twee man links en regs van die beeste vir as hulle sou wegbreek en ek kom agterna om weer die karre agter te waarsku van die beeste op die pad. So het Pa en oom Ghirrel die rivier tussen Ashton en Montagu by die munisipaliteit van Montagu gehuur teen R115.00 per jaar. So stap ons Montagu toe met die rivier langs, maar die rivier is baie dig toe van die riete. Soos ons stap vreet die beeste van die groen riete. Ek en die manne raak aan gesêls toe ons anderkant die tonnel verby is en die beeste loop nou teerpad langs. Ek kom agter hier is ʼn bees kort  kom nou sonder daai bees aan by die slagpale. Dan brand jou gat tot in volgende jaar. Nou weer terug hardloop om die bees te gaan soek, amper tot in Ashton. Nou kook my moermeter behoorlik en jy kan net vir jouself kwaad wees, want jy moes kyk waar die bees is. Nou moet ons weer die bees in die rivier kry, daar waar Dr Alston nou bly verby dit tot by die laaste brug. Dan terug in Langstraat en op by Crossstraat, regs in Badstraat verby die kanon, verby SAP en inmaakfabriek, slagpale toe op Badshoogte. Daar aangekom moet ek eers oom Ghirrel se bees in sy kraal los en Pa sin in sy kraal. Oom Ghirrel gee darem ʼn geldjie maar Pa sê net: mooi manne. My bene is nerfaf van kaalvoet loop deur die rivier, maar dit het van my ʼn man gemaak en moenie by Pa kerm nie, dit help nie. ʼn Paar weke later weer dieselfde storie met bees, net met ʼn jong mal bulletjie by. Hy kom vir jou en so buk ek af om ʼn klip op te tel en gelukkig kyk ek af en sien ʼn pofadder. As ek nie gekyk het nie sou hy my gepik het, maar ons manne was reg en maak die adder van kant, maar ek het my gat-af geskrik.



Hier is nou groot geskiedenis van ons vleispryse by Sentrale slaghuis. Die pryse was nog geldig in 1985 tot 1987, toe kla Montagu se mense nog oor die hoë vleispryse. Wys jou net hulle het verniet geëet


Die veewagter

Ons veewagter gaan vir die eerste keer in sy lewe saam met pa Piet see toe. My pa en oom Jos Coetsee was goeie vriende en Pa wou altyd elke naweek see toe, net om te gaan rus en om die see te geniet. Oom Jos Coetsee was ‘n skaapboer op Ouberg in die Karoo en het ook saailande gehad. So sê oom Jos vir Pa as hy weer wil gaan, kan ons sommer in sy huis gaan bly, daar in Skipskop. Dan kan ons sommer die voorste muur afkalk en so vra Pa of Kay, ons veewagter, ook wil saamkom.  Kay wil net eers weet of daar wyn sal wees en Pa sê daar sal wees, ons vat sommer ‘n sesman kan vir jou saam. Waneer ons by Skipkop aankom, word daar eers vuurgemaak en dan gaan ons braai, maar Kay hou net sy sesman kan vas. Hy het byna gedood toe hy die see vir die eerste keer sien en dit is toe dat Pa hom vra wat hy sou maak as die blouwater alles wyn was. Kay antwoord, ai my baas, ek sal maar sorg dat ek ʼn “half jack” in my se broeksak het net vir ingeval daai opraak. Ons het omtrent lekker gelag.


Pa Piet hou van kamp

Struisbaai om en by 1968 – 1970

Pa Piet koop ʼn opslaan karavaan, hy en Ma gaan nou ernstig kamp. Oom Alex en Sarah, oom John en sy 2de vrou Marie en Pa en Ma gaan Struisbaai toe vir ʼn langnaweek. Oom John en sy vrou slaap agter in sy bakkie wat ʼn kap op het. Oom Alex bly in sy VW kombi. Pa is “grand”, hy het mos nou ʼn karavaan. Die karavaan slaan op na weerskante om die karavaan groter te laat lyk, so kom die daktent outomaties geopen en ‘walla’, daar is die karavaan reg om te kamp. Pa vergeet om te verseker dat al die monteertoue en stabiliseerders reg in posisie was en begin vuurmaak en kuier. Daar kuier die mense so lekker en raak al hoe meer gesellig. Ek het gaan slaap in Pa se stasiewa. Toe het die mense almal begin bed soek. Toe pa en ma gaan lê, tip die karavaan eenkant toe, die stutpale wat moes in, is nie gedoen nie. Die potte, panne ens val op Ma en Pa. My ma kom uitgekruip met ʼn pot op haar kop, moenie nou lag nie. Ma is nou moerig. Toe Pa uitkom sê Ma, ja Piet Kriel, so lyk dit, jy koop allerande gemors en ek sal my nog vrek val met jou gekamp. Glo my, dit was ook toe Piet Kriel se laaste kamp met die karavaan, sommer daar op Struisbaai verkoop, want ma Marie het geweier dat daai ding Montagu toe gaan. My arme pa het gedink hy doen goed. Vandaar het ma Marie gesê sy sal weer see toe kom maar bly in ʼn huis. Wat toe ook so gebeur het, pa moes sorg dat dit ʼn lekker huis is, want hy gaan om te rus en sy bly weer agter die kospotte, want as daai Kriel wakker word, wil hy kos hê. Pa Piet het nie sommer gebraai nie, o nee, skaapboud, bees-potroast en ʼn vark roast met lekker aartappels en groente, dit was wat Pa wou hê vir ete op ʼn Sondag.

My suster Alta en haar man Koos Pretorius

Alta my suster met Gideon my seun

My oudste broer Eric sterk aan by sy huis na ʼn motorongeluk. Hy is kort daarnaar oorlede

Pa Piet kort na ʼn vleisraad vergadering. Hy het baie insette daar in gehad en was gekant daarteen dat Maitland slagpale moes toemaak.


2. Gerald Bassett “Ghirrel” geb. 1917 op Montagu, sterf 2000 op Montagu. Sy vrou Petronella Christina (Rossouw) “Christine” (Montagu)

4 kinders: Petro, Junita, Meula en Gerda

Gerald en Christine Kriel

Foto: Gerda Kriel Giani

Oom Gerald se slaghuis was op die hoek van Bad en Markstraat Montagu. Marius is gebore in die solder van hierdie gebou waar Piet se familie gewoon het vir ʼn tydperk.

Oom Gerald en Tannie Christine voor Badstraat slaghuis

Gerda Kriel Giani:  Sentrale slaghuis Badstraat was oom Piet sn. Die slaghuis op die hoek van Mark en Badstraat was my pa Gerald s’n en was genoem Badstraat slaghuis. Die broers Kriel was eienaars van twee slaghuise in Badstraat. Een van die nuwe eienaars na die Kriels het die twee saamgesmelt en die een op die hoek van Mark en Badstraat, Sentrale slaghuis genoem


Gerda Kriel Giani: Ons huis op hoek van Lang en Du Toitstraat, Tranquility waar my ouers 43 jaar in gebly het. Iemand het hierdie skildery van die huis gemaak. Tranquility was ons huis se naam en my Pa het die huis by ʼn mev. Gingold van Engeland in 1958 gekoop. Daar was beelde van leeus en paddas in tuin.

Gerda Kriel Giani: Foto van 3 van ons susters met my Ma se 94ste verjaarsdag regs agter is Juanita links Meulha baie bekend aan Montagu se mense as haarkapster ek voor langs my Ma.

Fotos: Gerda Kriel Giani

Gerda en haar man L.P. Giani

Gerda en haar 2 dogters Bonnie en Christelle

Gerald en Helen Van Zyl, oom Gerald se naam genoot. Dis sy dogter Meula se seun en vrou


3. Stephanus Rudolf “Dolf” geb 1921 op Montagu, sterf 1994 op Montagu. Sy vrou Sarie. (Montagu)

7 kinders: Alex, Elise, Deon, Yvonne, Sarita, Rudolf en Gussie

Dolf en eerste vrou Susannah Susarah Petronella (gebore Ellis).Hulle het haar Sarie genoem. Sy is in 1980 in Stikland oorlede.

Sarie en Yvonne

Elise le Roux: My pa Dolf op sy scooter. Hy’t ‘n skilpad langs die pad opgetel en per ongeluk het dit onder briek beland. Amper het hy hom sleg beseer.

Oom Dolf

Slaghuis staaltjies van die Kriels.

Oom Dolf was Gerald se blokman oom Gerald het intussen geboer op Ashton en nou en dan by die slaghuis ingehardloop om te kyk of alles nog okay daar is dan was dit altyd op toemaaktyd. Dolf het niks daarvan gehou nie want oom Ghirrel kom krap net nog werk uit sodat hulle langer werk. Almal is dan omgekrap want hulle wil huis toe gaan dis dan tyd. Die kliënte het altyd op ʼn klein briefie geskryf wat hulle wil hê om te koop bv.. 10c se varksooltjies  20c se lep 30c se stukkies. Dan gee Dolf die briefie vir  Ghirrel en sê, die persoon wag al heeldag vir hom. Intussen het Dolf Ghirrel se leesbril vol vet gesmeer en as Ghirrel die bril opsit om te lees dan is alles vaal en dof. Hy gee dadelik die briefie vir Dolf en sê hy moet aangaan want oom Ghirrel moet dadelik by ʼn dokter uitkom, want hy dink hy is  besig om blind te raak. So is hulle dan ontslae van oom Ghirrel en kan begin skoonmaak en huis toe gaan. 

Dolf met ses van sy sewe kinders en tweede vrou Annie

L/R: Sarita jongste suster, Gussie jongste broer, Yvonne suster, Rudolf 4de broer, tannie Annie, pa Dolf, Elise en Alex oudste broer.
Deon 2de oudste broer afwesig

Fotos: Elise le Roux

Nota: Tant Annie Kriel was in haarjongdae ‘n hoedemaker, ‘n ambag wat al feitlik uitgesterf het. Sy is in 1919 as Annie Nel op Montagu gebore terwyl haar ouers in die Keisie gewoon het. Haar bynaam was Annie die Hoedmaker van Montagu


4. Alexander Florus “Alex” geb 1907 op Montagu, sterf 1964 op Montagu. Sy vrou Sarah. (Robertson)

2 kinders: Laetitia en Salomie

Ten spyte van die beste pogings van die Kriel-familie kon ons nie ‘n foto van Alex en Sarah kry nie

My pa se broer oom Alex het die slaghuis begin en sy vrou Sarah het daar gewerk. Oom Alex se gesondheid het baie agteruit gegaan b.v. hy kon dood van die gout, kon nie loop of staan nie toe kry hy hartprobleme.

Die troue van Salomie een van Alex se dogters

So het Fred Beeslaar die slaghuis oorgeneem. Hy het op daardie stadium vir iemand anders gewerk, oorkant die pad op die hoek waar daar ook ʼn slaghuis was. Oom Alex is toe oorlede en Fred neem die slaghuis oor as sy eie besigheid. Toe Fred oppad Beaufortwes toe was, was hy in ʼn motor ongeluk opslag dood. Dadelik het Bennie en Freddy die slaghuis oorgeneem. Die twee boeties doen ʼn baie goeie werk en kan met reg baie trots wees op wat hulle daar vermag het. Hul vleisprodukte spreek boekdele en is van hoe gehalte. Dis die regte winkel vir die braai liefhebber en Robertsonners kan opreg trots wees op hul twee Beeslaar broers wat ook ʼn lank slaghuis geskiedenis met hul saam dra. Fred Beeslaar is die seun van die Kriel broers se suster Rachael wat met Gawie Beeslaar getroud was en hulle het 7 kinders gehad.

Oom Alex se slaghuis Barrystraat Robertson (foto:2010)

Foto: Google Street View

Oom Alex verjaar ʼn ware vehaal..

My broer Gerrie was in HTS Drosdy op Worcester in die skool vir ʼn tyd. So stuur hy vir pa ʼn bestelling vir ʼn skoolbraai op Worcester 2kg chops en 4 kg wors.

Maar die aand by oom Alex se verjaarsdag, na al die kos reg en op tafel was begin die klomp broers spog teenoor mekaar se besigheid oor bestellings. Pa Piet is doodstil en sê niks en oom David vra vir my pa, ‘ou Piet en wat van jou, jy is so stil? Ag sê Pa, ek kan nie saam met julle praat nie maar die kan ek julle sê. Julle weet mos my Gerrie is op Worcester by HTS Drosdy in die skool en hy het darem vir ons ʼn ou bestellingtjie deurgegee vir ʼn skoolbraai’. Hy wou 200 kg wors en 400 kg chops hê’ waarop almal sê, ‘hel ou Piet, maar dis ʼn lekker bestelling dan kan man mos lekker geld maak’. Skielik hak ma Marie af en sê kliphard ‘Piet jy lieg mos nou, dis maar 2kg wors en 4kg chops’. Daar is my pa se as af getrap en almal lag vir my pa. Hy het sommer in die kar geklim en Montagu toe gery. Hy het my ma en ek net daar gelos. Die dae daarna moes my ma hom heeltemal vermy het want pa Piet is lekker de moer in, hy sê hy kan ook nie ʼn bietjie spog met sy besigheid nie, want Marie weet altyd beter.

Natuurlik weet ma Marie beter want sy werk in die slaghuis en doen al die bestellings.

Begrafnis van oom Alex. Agter L/R: Gerald, James, David, John en Gus. Voor L/R: Dolf, Mabel, Rachael en Piet


5. Robert John “John” (Oom Jôn) geb Montagu 1903, sterf 1977 op Ashton. Sy vrou Maria Magdelena “Daisie”. Sy het slaghuis in die Koo gehad.

2 kinders: Jossie en Julia

John en Daisie met hulle twee dogters Jossie en Julia

Gerald Batt: Ek weet van daardie slaghuis in die Koo. Dit was nie op Oupa Gerald se grond nie. Dit was in Concordia, langs die hoofpad, omtrent daar waar die groot vrugtestoor is, net voordat jy opdraai na Alewyn Burger se plaas toe. Die slaghuis het aan oom John Kriel behoort, maar hy het dit later aan mnr. Lehman verkoop. Oom John se vrou se naam was tannie “Daisie”.

My Pa se oudste suster, tannie Martha en haar man oom Dorus Augustyn het later die slaghuis by mnr. Lehamn gekoop. Ek het oom John persoonlik ʼn paar maal gesien, maar dit was toe ek nog in die laerskool was. My Pa het partykeer daar wors en ander goed gekoop, nog voordat oupa Gerald ʼn slaghuis langs sy winkel laat bou het.

Oom John

Marius Kriel: Oom John Kriel was die slagter wie se slaghuis in die Koo was, reg langs die Concordia pakstoor. Dit is daar waar jy opry na oorlede oom Alewyn Burger se plaas, sy seun Alewyn “Bul” Burger boer nou op die plaas. Oom John se vrou se naam was Daisie. Hulle het twee dogters gehad Jossie en Julia.

Oom John het hoofkaas gemaak en as die Koo mense Montagu toe kom, soek hulle by ons hoofkaas. So het my pa my na oom John toe gestuur om hom gedurende die vakansies te gaan help, maar eintlik moes ek gaan uitvind wat hoofkaas was. Terug by ons slaghuis moes ek vir Pa meedeel dat hoofkaas eintlik lewerwors is, wat Montagu se mense geken het as lep. Dit was beesharslag en varklewer wat saam gekook en dan gemaal is. Dan is daar mieliemeel by die aftreksel gevoeg en weer gekook. Die klomp is dan gemeng en gemaal en gestop soos ‘n wors. Daarna yskas toe om te stol en was ‘n lekkerny onder die plaas en bruinmense.


Oom John die visserman

Oom John was ook die enigste boer wat gehou het van visvang en het graag op Skipskop gaan hengel. Daar het hy eendag ʼn visserman ontmoet wat hom die vis bytplekke gaan uitwys het. So het oom John op ʼn hoë rots gestaan, maar daar was ʼn groot poel tussen hom en die volgende rots. Hy wil toe op die ander rots gaan staan, maar so spring hy tot in die poel. Hy het gedink dis vlak, want die water was helder skoon. Met die dat hy spring dryf net die hoed bo die water en oom John is weg onder die water. Dit was die vinnigste wat ʼn man nog uit die water kon kom en al wat die ou gesê het, was, hel maar die water is neutvars daar onder, net om die ys gebreek te kry. Hulle het maar net gelag en toe moes hy weer aan tannie Daisie gaan verduidelik hoekom sy klere so nat was.


Dit was die gebou van oom Jôn se slaghuis op die R318 in die Koo (foto: 2010)

Foto: Google Street View

Foto: Van Kobus van Dyk die Koo skilder se F/B bladsy (2024)


6. David Lodevicus “David” geb 1910 op Montagu, sterf 1979 op Robertson. Sy vrou Magdelena Elizabeth (Beeslaar) “Magda” of Mac. (Robertson)

7 kinders: Miemie, Alex, Kobus, Fred, David, Mabel en Manus

Oom David en Tannie Magda

L/R: Oom David en Tannie Magda by hulle seun Fred se troue

Oom David en Tannie Mabel se kinders.
L/R: agter staan Miemie, Alex (met bril)
Kobus, Fred, David, Mabel en Magnus (baba)

David se seun Fred met sy vrou Cathy

Seun Fred en sy vrou Cathy in Ashton slaghuis

Fred Kriel se seun ook David en Leska bly op Robertson


7. Jakobus Gustav “Gus” gebore 1900 op Montagu, sterf 1975 op Ashton. Sy vrou Maria Elizabeth (Swart) “Lissie” (Oudste broer). (Ashton/Barrydale)

4 kinders: Alex, Jubel, Maureen en Kowie

Gus en Lissie

Jong Gus

Gus 2de WO

L/R: Tannie Lissie, Jubel, Kowie, Alex, Maureen en Mattie. (Mattie oorlede oudedom 18)

Agter L/R: Alex Maureen en Kowie. Voor L/R: Oom Gus, Jubel en Tannie Lissie

Foto van ‘n skildery deur Rufus Papenfus. Alex Kriel, Kowie Kriel se broer en oom Gus se oudste seun

Gus

Tannie Maureen op haar 92ste verjaarsdag. Sy is die dogter van Gus. en woon op Robertson

Vyf van Gus se kleinkinders saam met tannies Jubel (oorlede) en Maureen op tannie Jubel se 70ste verjaarsdag op Napier. L/R agter: Francois (Faffa), Wally, Lex(oorlede so twee jaar terug) en Anthony. Voor tannie Jubel (Gus se dogter), Lynette en tannie Maureen (Gus se dogter).

Faffa besoek oom Kowie en tannie Emsie. Neef Kowie Kriel en vrou het Boereslaghuis op Ashton gehad. Kowie was een van oom Gus Kriel se seuns. Kowie is nou 94 en woon in die Paarl (2012).

Die drie Jacobus Francois Kriels

L/R: Kowie, Middel Kowie se seun en Francois Kriel (Faffa)


8. James Gideon “Jim” geb. 1912 op Montagu, sterf 1987 op Robertson, Sy vrou Jacomina Maria (Lambert) “Mina”. (Umtata/McGregor)

3 kinders: Parker, Marsia en Alicia

Jim en Mina


Die Burgemeester

Oupa Alex, pa Piet en Gus het gaan kuier vir oom James in Umtata waar hy ʼn slaghuis gehad het en hy was ook Burgemeester van Umtata. Op ʼn dag het oom James hulle gaan wys waar loop sy beeste. Toe hulle so saamry met oom James, wys oom James en sê vir sy pa, ‘Pa, sien Pa daardie beeste daar oorkant wei? Ja antwoord Oupa, dis myne Pa en sien Pa daardie klomp skape daar anderkant wei, dis ook myne Pa’. Na ʼn ruk se gesêls en wys, hak oupa af en sê ‘maar broer James, as daardie alles joune is wat is dan die ander mense sin’? Natuurlik was daar ʼn gelag want oupa was mos reg. Oom James was maar daardie tipe mens gewees.


Parker Kriel seun van James met sy twee seuns, Kevin en Steven in hulle Darling slaghuis

 Die artikel wat volg wys dat die Kriel-gees van harde werk steeds deur toekomstige geslagte gedra word

REAL PEOPLE DOING UNREAL THINGS

Pleased to meat you

Article by Hilary Praadlnl Toftoll

Financial Mail January 16. 2009

Darling Vleismark is an ordinary-looking butchery on the ordinary-looking main road of the little West Coast village made famous by Pieter Dirk Uys. But behind the posters advertising Valiant Swart’s next concert on the glass-fronted facade is a meat-processing operation, the scale of which, for a dorp this size, is extraordinary.

There, in the factory section behind the spotless meat market, a staff of 35 men and women in hygienic mobcaps turn out meat products destined for 95 Spars in towns as far as Upington. Four days a week two delivery trucks go off packed to the hilt. The annual turnover is Rl2m.

“This was just a tiny butchery when my father came here to retire 26 years ago,” says Steven Kriel, 42, who with his brother Kevin, 31, bought the business from Parker Kriel 12 years ago. “He had a huge butchery in Bonnievale near Robertson, but decided to come to Darling, where his sister was living.”

Instead of retiring, however, Parker was soon doing deliveries in his car every Wednesday to Cape Town. “Butchery is in his blood,” says his son. “His father was one of seven brothers who were all fourth-generation butchers.’

Now 70, Parker still works in the butchery on Fridays and Saturdays, and visits its township branch every day.

It remains very much a family business. Steven’s wife, Susan, has taken over the bookkeeping from her mother-in-law while Kevin handles everything to do with computers and die all-important spices.

On the West Coast the smoked pork products of Darling Vleismark are famous — like gammon, Kassler rib, Eisbein, and pork fillet, neck and spare ribs. As are the rookwurst created by Steven’s grandfather, a bit like chorizo, and the unique offbeat specialities: Kalahari Kreef (skewered kudu or springbok wrapped in bacon); Kalahari Prawns (chicken in bacon); and Kalahari Rollmops (sirloin in bacon). “They were created four years ago by a blockman who worked for us. Now everyone copies them.”

But it’s Darling Vleismark’s boerewors that is the biggest seller. “We do about 5t every month. The secret is the fresh meat. Other people add their junk and their offcuts.” They buy in meat from Cape Town. Darling doesn’t have enough.

Dedication must have something to do with it as well. In season, the Kriel brothers are usually at work by five in the morning and don’t leave much before eight or nine at night Which is one of the reasons they continue the quaint habit of closing from 12.30 pm to 2 pm.

Other old-fashioned customs they’ve stuck with are long-distance home deliveries — “only Cape Town’s northern suburbs’ — and a traditional Thursday lunchtime roast at the patriarchal home next to the butchery.

Meanwhile, they’ve just spent R1m on new machines, including a R400 000 cooker and smoker that cleans itself, a R220 000 automatic wrapper-pricer from Japan, and a R200 000 German sausage-filler. “We used to do most of that stuff by hand,” says Steven, who at the age of six was already standing on a box, cutting meat. “A lot of the time I was cutting my fingers … blood all over the place. 


Marius Kriel: Neef Parker Kriel en sy twee seuns sit ook die slagters Kriel, familie tradisie voort met Parker se kleinseun Sean. Parker se twee seuns Kevin en Steven is ook in die slaghuis bedryf.

Voorwaar ‘n groot dankie aan neef Parker Kriel wat nou die sesde geslag Kriels, slaghuis tradisie laat voortleef. Mag Sean, die sewende geslag die tradisie ook laat voortleef. Alle voorspoed en sukses word aan jou toegebid.

Baie dankie aan Parker Kriel, gaan so voort. Oupa Alex sou voorwaar baie trots gewees het op jou, om nie te praat van jou Pa, oom James Kriel nie.


9. Mabel Julia “Mabel” Kriel

Die troue van Mabel en Kellie Kellerman

Tannie Mabel

L/R: Elmien, Oom Kellie, Madelene Tannie Mabel en Ulma

Gerda Kriel Giani: Pa Gerald se suster Mabel was met stasiemeester Andries Johannes Kellerman getroud hul het 3 dogters Ulma Elmine en Madelene.

Ulma en haar man

Madelene se troue voor Die Ou Pastorie Rosestraat


10. Rachel Jacoba “Rachel”  

7 kinders: Mabel, Alice, Fred, Alex, Rachael, Charmaine en Lorraine

Tannie Rachel (Kriel) en haar man Gawie Beeslaar

Gerda Kriel Giani: Rachel was met Gawie Beeslaar getroud en hulle het 7 kinders gehad en het in Robertson gebly. Die A.F. Kriel slaghuis behoort aan kleinseuns Bennie en Freddie. Hulle Pa Fred is oorlede toe erf hulle die slaghuis.

Elise le Roux: L/R Tannie Rachel Beeslar Pa se oudste suster my ma Sarie en my pa Dolf-is al foto wat ek van hulle het want daai tyd het niemand kameras gehad nie. Ek het ‘n ou bokskamera gehad wat maar baie primitiewe fotos geneem het.

Foto: Elise le Roux

Bo: Oom Gawie altyd in dieselfde styl geklee. Onder: Tannie Rachel. Die foto op die linkerkant is geneem by ons kamp op Struisbaai, tannie Rachel was lief vir kos maak. Sy was altyd gereed met kos want daar kan enige tyd ʼn broer opdaag.


Die wenslys voorberei deur Marius Kriel

Ons pad vorentoe sluit ‘n reunie saamtrek in op Montagu, hopelik in 2025 of 2026. Ons moet net eers bevestiging kry by die meerderheid van die familie. ‘n Onafhanklike persoon sal die geldsake hanteer.

Geld word benodig vir:

Skoonmaak van Oupa en Ouma se graf.

Blomme en kranse se maak.

NG Kerk vir tee en verversings.

Huur van eetgerei of spyseniers.

Twee tot drie keer se braai.

Druk van programme.

Toegang tot warmbron vir swem en piekniek.


Aan Rudi Allmayer van Montagu, ʼn baie baie groot dankie vir al jou moeite en samevatting oor die Kriel slagters van Montagu – Piet Kriel stigter van Sentrale slaghuis, Dolf Kriel en Gerald Kriel van Badstraat slaghuis. Dit is voorwaar ʼn lekkerte wat jy hier vermag het van die Kriel families van Montagu.

Eers het ek maar begin om op Facebook te praat oor die ou foto van oupa Alexander Floris Kriel en sy 8 seuns en 2 dogters. Op Ouma se begrafnis het ek gepraat van dié familie en dat dit moet ʼn wêreldrekord moet wees, dat almal in die familie slagters was. Vandaar het jy dit opgetel en verder gevat, baie dankie. Ek het nie geweet waar om te begin nie, en hier kom jy en begin my kontak vir inligting en ek vertel dit met groot trots.

Rudi jy het ʼn ongelooflike goeie en groot taak hier verrig, nie net vir ons Kriels nie maar ook ʼn stuk geskiedenis van Montagu, die mooiste Bolandse Kleinkaroo dorp in Suid Afrika. Dit ook op die internet geplaas onder die naam van Montagu Museum, vir die nageslag om te kan  lees. Dit vertel waar hulle voorvaders vandaan gekom het, wie die mense was en wat hulle gedoen het om ʼn lewe op Montagu uit te kap.

Weereens, namens al die Kriel neefs en niggies, baie dankie vir jou tyd en moeite, dit word opreg waardeer

Pieter Marius Kriel
Gebore te Montagu
28/08/1958.


Alle foto’s en dokumente verskaf deur Marius Kriel tensy anders vermeld


Contributions: Thank you Gerald Batt for the proactive help


image_pdfDOWNLOAD PDF