52.The Montagu Magistrates Court

image_pdfDOWNLOAD PDF

Updated: 09/08/2026

THE COURT HOUSE OVER THE YEARS

A place where many drama’s unfolded

(Dit was Landdroshof tot in 1957 dan was dit  Magistraatshof Adamus Stemmet 2022)

This story can be credited to the Covid 19 restrictions(2020). Francois de Kock Montagu resident and historian had cause to visit the Montagu Magistrates Court to obtain a travel permit. While busy with the magistrate in his office (New Magistrates Court cnr. Piet Retief and Du Toit Streets) Francois noticed a photo collage hanging on the wall of the magistrates office. The collage theme was moving out of the old magistrates court and into the new court buildings. The magistrate loaned the collage to Montagu Stories and so the story started. Sadly the original building as shown in this article has been demolished but it stood between three streets. Piet Retief, Du Toit and Plein. Today (2020) this piece of ground is a public parking area.

From what can be pieced together the original and first formal magistrates court was in Bath Street in the Hofmeyr Saal building. The only evidence of this is shown below in an article found in the Montagu museum archive which appeared in Die Burger wherein this fact is stated.

Bath Street Magistrates Court

Picture: Cape Archives


Ou gebou op Montagu dalk gesloop

Van Ons Spesiale Verteenwoordiger

(Die Burger Vrydag 26 Maart 1982)

Montagu – Die ou munisipale gebou(Hofmeyr Saal 2020) op die dorp, wat die afgelope twee jaar lank leegstaan en voorlopig tot ʼn Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar is, loop gevaar om gesloop te word.

Die historiese gebou een van die oudstes op die dorp is in die tweede helfte van die die negentiende eeu gebou en is van die waardevolste kultuur historiese erfenisse op Montagu.

Tans word afbreuk aan die gebou se imposante voorkoms gedoen deurdat ʼn stoep wat later aangebou is, die pilasters, dubbele houtvoordeur, houtventers en bolig versteek.

Sloop

Die gebou is as woonhuis gebou, maar is later as die dorp se EERSTE LANDDROSKANTOOR gebruik. Tot sowat twee jaar gelede is die munisipiteit in die gebou gehuisves. Die gebou vorm ʼn integrerende deel van die ou dorpskerm soos dit om die kerk onstaan het.

Toe die plaaslike biblioteek, wat in die gebou langsaan was, onlangs verskuif het, het die stadsraad van Montagu besluit om albei geboue te sloop en die perseel vir toekomstige gebruik te behou. Kort ná die besluit is die gebou voorlopig tot ʼn Nasionale Gedenkwaardigheid verklaar hoewel die stadsraad die reg behou het om beswaar teen die verklaring aan te teken. Op die laaste stadsraadvergadering is besluit om by die eerste besluit te bly en beswaar by die Raad vir Nasionale Gedenkwaardighede aan te teken.

Die burgermeester, mnr. Stoffel le Riche, het aan Die Burger gesê die stadsraad moet ʼn ewewig handhaaf. Al die ou geboue op die dorp kan nie bewaar word nie, want die vooruitgang van die dorp word gestrem. 

Evurard Park, Bath Street with Old Municipal building in the background. Fortunately this old building still stands today(2020) and houses Die Hofmeyr Saal.

Picture:Ronel Preston

Old Magistrates Court Piet Retief Street which was demolished

Magistrates Court Piet Retief Street

Piet Retief Street Magistrates Court eastern side

Snippet: Montagu en distrik het tot 1897 onder die fiskale afdeling van Robertson geval. Tot 1897 het die magistraat van Robertson elke veertien dae hierheen gekom om sake te verhoor, maar in daardie jaar het hierdie distrik sy eerste permanente magistraat gekry in die person van mnr. Pieter Dreyer.

Magistrates

P. Dreyer – 22/08/1896 – 31/01/1898

J.A. Gibbs – 20/02/1901 – 11/03/1902

Col. Callcott Maximilien Stevens – 08/1904 to 07/1907.

John Werndley Kuys: 29/01/1908 – 31/10/1911

B. Geldenhuys – 1910

Mr. and Mrs. P.K.A. de Vos: 17/06/1922 – 30/06/1926

Picture: M.J. Roussouw plakboek

W.T. Robertson – 01/07/1926 – 31/03/1932

L.P. Keevy – 01/04/1932 – 28/02/1933

A.J. Pretorius: 01/12/1942 – 30/11/1948.  Dogters skryfsters Cecile Cilliers en Magda van Biljon en albei was ook radiopersoonlikhede

A.J.J. van Niekerk – 01/11/1951 – 30/06/1952

J.W. van Greunen – 01/07/1952 – 13/12/1954

J.J. van Noordwyk (van Noordwijk): 01/01/1955 – 31/07/1957

G.R. Uys – 01/08/1957 – 31/10/1967

G.J. Swart – 01/11/1967 – 31/03/1968

J.P. van Eeden – 01/09/1968 – 30/09/1974

J.H.A. – Rossouw – 01/10/1974 – 31/12/1982

M.P. Stander – 01/02/1983 – 31/01/1988

P.R. le Riche – 01/04/1988 – ?

ʼn Paar stukkies van Adamus Stemment:  My agtergrond. Ek was in Laatsrivier op skool en het in 1954 op Montagu matrikuleer. Ek het dadelik by Justisie aangesluit en op 15 Desember 1954 in die Montagu landdroskantoor begin werk . Dit was nog in die ou gebou. (Piet Retiefstraat)

Landdroste.

Ek onthou die volgende landdroste :

 A.J.J. van Niekerk 1951/52: ” Forty Five ” was sy bynaam omdat hy altyd sy kop skeef gedraai het as hy aandagtig geluister het. Hy het later Ondersekretaris van Justisie geword, terloops ʼn pos waarin ek later een van sy opvolgers sou word. Later was hy die eerste hoof (nou Direkteur – Generaal genoem )van die Departement van Belanning.

A.J. Pretorius 1942/48: Hy was in die Departement van Justisie hoog gerespekteer as ” Oom  Braam “. Hy was die vader van die skryfsters Madelein van Biljon en Dr Cecile Cilliers.

Oom Braam was n baie gerespekteerde ware heer. Ek onthou hom vandat ek ʼn klein seuntjie was. Eksentriek, maar ʼn heer.

Na sy aftrede is hy heraangestel as landdros van die verkeershof in Pretoria. ‘n Pos wat hy beklee het tot hy al heelwat oor die tagtig jaar oud was. Niemand kon ʼn hofrol so vinnig soos Oom Braam afhandel nie. 

Ek was toe in Justisie se hoofkantoor en die klagtes veral deur die verkeersdepartement,  teen Oom Braam stroom toe in en die leer beland op my tafel. Ek het klein gevoel.

Dit blyk toe dat Oom Braam sy eie prosedure in die hof gevolg het.  Mense het nie in sy hof gelieg nie, skuldig gepleit, niks kanse gewaag nie en gewoonlik met ʼn waarskuwing of  ligte boete weggekom. Al minder mense het erkenning van skuld betaal want hulle het geweet Oom Braam sou lig straf. 

Een klagte was oor ʼn verhoor wat soos volg verloop het: Terwyl die staatsaankkaer nog besig was om die klagte van ry oor ʼn stopstraat of so iets, te stel, val Oom Braam hom in die rede met: “Mnr. die aanklaer, wil jy nou vir my vertel hierdie mooi jong dame so iets lelik sal  aanvang? Ek glo dit nie! Dame ek weet nie of jy dit gedoen het nie maar as jy dit gedoen het, gaan huistoe en moet dit nie weer doen nie! ”   Die hofrekord het gelees : Skuldig. Vonnis : Gewaarsku en ontslaan.

Ons het ʼn plan gemaak en Oom Braam het vir die tweede keer eervol afgetree.Hoe kon ek nou teen my waardige  kinderdae – held,optree.??

J. W. van Greunen 1952/54: Een van die bekwaamste landdroste wat ek ooit ontmoet het. Hy het my oortuig om by Justisie aan te sluit. Landdros van Greunen was een van die eerste

streeklanddroste wat in die land aangestel is en het na ʼn baie suksesvolle loopbaan as Hooflanddros van Kaapstad a fgetree.

J. J. van Noordwyk 1955/57:  Ek het ook onder hierdie landdros gewerk. Hy was ʼn perfeksionis en  het ʼn ongelooflike kennis van elke faset van sy beroep gehad. Hy het ons jongeres geleer om voorskrifte uit ons kop te ken en toe te pas. Hy was die Hooflanddros van Belville toe hy heeltemal te vroeg onverwags oorlede is.

Die Landdroskantoorgebou:

Soos reeds gesê,het ek in die ou landdroskantoorgebou begin werk (Piet Retiefstraat). Waar die nuwe gebou opgerig is, was n oop parkeerterrein.

Die nuwe gebou is in Februarie 1972 deur die Minister van Justisie, Mnr. P. C. Pelser, geopen. Ek was toe parlementerebeampte van Justisie en ek en my vrou was gaste by die openingsplegtigheid. Landdros Johan van Eeden ʼn Montagu – seun was toe die landdros

Magistrates offical residence in Long Street (2020)

Oostelike ingang van Landdroskantoor: As klerk van die hof was dit my taak om verbeurdverklaarde drank  te vernietig. Brandewyn, wyn, bier, alles. Dit het ek gedoen deur op die sypaadjie te sit en dit in die drein af te gooi. Verbygangers kon die vermorsing nie verdra nie en ek mog niks weggee nie . Hulle het altyd gesoebat dat ek die drank net so ʼn bietjie hoer op uitgooi.  Hulle lê dan langs die sypaadjie en vat ʼn paar vinnige slukke as die drank verbykom en soebat dat ek stadiger moet gooi. Arme mense.


Die Ou Landdroskantoor

deur Esther Hofmeyr

Montagu Mail September 1999

Die ou Landdroskantoor met sy twee sierlike voorgewels, het vroer gestaan waar die parkeerterrein skuins agter Shoprite vandag is – in Piet Retiefstraat.

Reg agter Shoprite (die destydse alombekende Brink Bros) was daar ‘n groot parkeerterrein. Justisie besluit destyds dat daar nuwe Landdroskantore op Montagu gebou moet word, en die bepaalde parkeerterrein word daarvoor gekies.

Intussen fungeer die bestaande Land­droskantoor normaal, totdat die nuwe kantore voltooi is. Van die oue word toe plegtig afskeid geneem, dit word gesloop en siedaar, die huidige parkeerterrein.

Op die foto voor die ou kantoor staan lede van die publiek wat die afskeidfunksie bygewoon het (let op die minis wat toe ook in die mode was).

Johan van Eeden was daardie tyd Landdros op Montagu, en hy vertel dat daar in die ou kantore vir oulaas ‘n “skynverhoor” gehou is. Op die bank het Montie & Koffie Hofmeyr gesit by hom, en David Sandler het verskyn vir die sogenaamde beskuldigde.

Die uitspraak: Saak is uitgestel.

Dieselfde dag is die “saak” vervat in die nuwe huidige kantore en dit is nogmaals uitgestel!

Dit alles het volgens Johan van Eeden (nou afgetree op George) in 1971-72 gebeur.

Collage depicting opening of new court house

Closing down of Old Court House with Magistrate Johan Eden and Sgt. Piet Spreeth presiding.

Sgt. Piet Spreeth

End of an era. Attorney Montie Hofmeyr can be seen on extreme right with glasses

Guests leave Old Court House for last time

Guests move into New Court House across the road

First sitting in New Court House

Magistrate Johan van Eden and Attorney Servaas (Koffie) Hofmeyr in the New Court House

Left to right Magistrate Johan van Eden and Attorneys Servaas (Koffie) Hofmeyr, David Sandler and Montie Hofmeyr standing in front of the new magistrates’ court in Montagu. The new court house was opened on February 1972.

The New court house after opening

2022


image_pdfDOWNLOAD PDF