34.The Jouberts of “La Rochelle”Montagu

image_pdfDOWNLOAD PDF

Updated: 23/11/2024

We visit a founding family of Montagu…

DIE JOUBERTS

Geskryf deur Irma Jordaan

Drankhandelaars, Wynmakers en Winkeliers van Montagu

Willempie, PJ, Epsie en Pieter (EM) Joubert van Montagu het oor ‘n tydperk van  ongeveer 75 jaar ‘n enorme bydrae tot die ekonomie van Montagu en sy omgewing gemaak.

Dit is net jammer dat daar so min gegewens opgeteken en beskikbaar is van die eerste brandewyn stookkelder wat Willempie Joubert bestuur het, die PJ Joubert Algemene Handelaar of PJ Joubert Wine and Brandy Merchants nie.

Nadat PJ Joubert wyne in Suid-Afrika bekendheid verwerf het, sou ‘n mens tog reken dat daar verwysings sou wees van hulle wyne en die  kelder op Montagu, in boeke soos Desertwyne in Suid-Afrika en Brandewyn in Suid-Afrika deur van André P Brink óf Wynland deur Merwe Scholtz.  Ongelukkig is dit nie die geval nie. 

Die verdere probleem is dat die mense wat sou kon gehelp het met die geskiedenis van die Jouberts is lank nie meer met ons nie.

Ek het die geskiedenis probeer bymekaar bring uit gegewens wat nie altyd saamgestem het nie, en as enige foute ingekruip het, sal ek waardeer as julle vir my kontak.

Irma Jordaan


Die Eerste Geslag

WILLEM ADOLF “WILEMPIE” JOUBERT

(1836 – 1917)

Foto:  Montagu Munisipaliteit

Willem Adolf Joubert alom bekend as “Wilempie” word op 16 Julie 1836 in die Wagenmakers Vallei gebore.  Hy het na die totstandkoming van Montagu-dorp en voor 1875 na Montagu verhuis want in 1875 kry ons dat die volgende eiendom in sy naam geregistreer word:

Certain Erf marked Lot A being the remainder half of Erf 16 in Montagu division of Robertson measuring as per remaining extent One Hundred Fifty Seven square roods Seventy nine square feet Seventy two square inches (converts to 158,893.847 square meters)

van Willem Johannes Rootman vir die bedrag van £250.  Die veronderstelling moet gemaak word dat daar alreeds ‘n bestaande woonhuis op hierdie grond was.  Op hierdie eiendom sal sy seun later “La Rochelle” bou.

In ‘n onderhoud met Pietman Retief van die Suid-Afrikaanse Brandewynstigting op 17 Februarie 1998  het sy agterkleinseun, Peter Joubert (EM) die volgende vertel van Willempie:

“As ons van oupa Willempie praat, dan gaan ons terug na 1875 – toe Oupa Willempie ‘n stuk grond gekoop het in Montagu. 

Oupa het, toe hy hier aangekom het, ‘n klomp boere bymekaar gekry en ‘n “Winery” gestig, op die hoek van Lang- en Kohlerstraat.  Op ‘n klein stukkie grond was ‘n dubbelverdieping gebou.  Dit staan nou net so daar, ‘n interessante stukkie argitektuur, wat dubbel verdieping is met ‘n plat dak. (tans die MCET gebou)

Perseel in Langstraat waar Willempie se kelder was – tans die KWV Quarter gebou (2024)

Oupa Willempie was die bestuurder van die Winery – die oubaas het Engeland toe gegaan voor 1890 om vir hom “Superior Machinery” te laat maak om brandewyn mee te stook.  Dit was nie ‘n koöperasie nie, die wet het eers in 1906 in werking getree wanneer dit toe as sulks geregistreer is.  Dit het toe bekend gestaan as Montagu Co-op Wines Limited

Ek was vir jare onder die indruk dat die stokery op Montagu in 1898 begin het.  Ek ontdek egter nou dat die stokery al reeds in 1879 in werking was.  Gert Hoffman het as stoker in 1898 begin en sy dagboek is in my besit. 

Colonial Cognac en Old Montagu Dop* Brandewyn was destyds in Engeland bemark tussen die jare 1887 tot 1914.  Aanvanklik is die drank verskeep vanaf Malgas (Witsand) deur die Barry’s.  In daardie jare – gedurende die 2de Britse besetting van die Kaap, toe die Constantia wyne al meer ongewild geraak het in Engeland, het Montagu Co-op Wines Limited, Pontac en Frontignan as natuurlike soetwyne na Engeland en Europa uitgevoer. 

Die gebou van die Montagu Co-op Wines Limited in Langstraat was ‘n enkelverdieping en breed uitgesprei – net op die een plek is daar ‘n dubbelverdieping, daai klein stukkie op die hoek.  Dit was net om die stookketel te akkomodeer.

Oupa Willempie het gestook in die gebou en daar was ‘n ketel in die stookhuis wat hoër as 38˚ kon stook.  Dit het ‘n lang helm gehad, omtrent 13vt hoog – daarom die dubbelverdieping.  Die pot het gestaan op die straatverdieping en dan die diensplatvorm en dan die helm tot in die dakkappe.  Hulle het ‘n stoomgenerator gehad wat gelyk het soos ‘n dorsmasjien wat staan op wiele – net buite in die agterplaas met sy stoompype na die ketel toe.

‘n Tyd na die tenstandkoming van die KWV (1918) word die Montagu Co-op Wines Limited gelikwideer en die gebou verkoop aan die KWV.  Die voorraad drank word oorgeneem deur PJ Joubert se kelder.

Die KWV het Montagu Co-op Wines oorgeneem met al sy bates insluitende sy direkteure.  So dan het dit gebeur dat die KWV direksie van daardie tyd, name ingesluit het soos A P Jordaan (Bon Accord) en Paul Jordaan (Bordeaux).  Schalk Joubert, voorheen KWV Sekretaris, kon geen rekord vind van die vroegste Montagu geskiedenis, byvoorbeeld waneer het hulle begin stook op Montagu.  Wat het hulle gestook en teen watter sterkte.

Die KWV het dan ook onmiddelik begin stook met die ketel.  Die ander geboue wat uitgestrek lê in die twee strate (Lang en Kohlerstraat) het die KWV aangekoop na 1924 en begin om die eiendom te ontwikkel.

Die KWV het op daardie stadium geen bates gehad nie behalwe die klein stookhuis wat op Montagu gestaan het en dit was in werking en dit moes werk vir die KWV.”

*(blykbaar was “Dop” die ou boere benaming vir brandewyn gewees – vandaar “dop-en-dam”)


Willempie het ook op die publieke forum geskitter – plaaslik dien hy as die eerste Burgermeester van Montagu vanaf 1895 tot 1903 en hy het ook die streek verteenwoordig as lid van die ou Kaapse Parlement.


In 1884 word hy voor ‘n Parlementêre “Select Committee on the Wine Industry” gedaag om te getuig.  Hy is toe alreeds lid van die Parlement.

Die ondergenoemde verslag van die verigtinge word tans gehuisves in die Carnegie Biblioteek, Africana seksie:

“Proceedings were led by the Colonial Secretary

*Called:  1.   W.A. Joubert, M.L.C., in business in a wine distillery at Montagu.

P. 67.  Colonial Secretary asked whether anything good could come from the otherside of the mountain, to which Mr Joubert immediately replied respectfully that it was the colonial government who thought fit to call on Mr. Joubert for evidence.

From the report it appears that the machinery at Montagu was “superior”, also that it was specially built in England to the specifications of Mr. W. A. Joubert.

Colonial Secretary:  “Is it true that you published a Wine Maker’s Manual in the Dutch language?”

Mr. W. A. Joubert:  “Sir, if you had but taken the trouble to read my manual then there would have been no need for His Majesty’s servants to waste their time calling out this Select Committee”.

Mr. W. A. Joubert, in answer to questions from the Chairman, pleaded for: 

1.Government inspection of all wines;

2.That the Colonial Government should import from Europe an expert to advise the local farmers.


Officers of H.M. Customs report on two separate occasions on finding at Montagu a Natural Sweet Wine made from Muscadel grapes and Frontignan with alcohol content of 26˚ and 39˚ proof respectively.

This appears to one reason why the wines from Montagu apparently kept so well on their trips to the U.K.:-

Prior to racking, Mr. W. A. Joubert rinsed his casks with brandy, using a gallon of brandy per cask – presumably hogshead.  Since brandy was expensive the casks were not drained, but the brandy was left in the casks, imparting a desirable character to the wine.  This might also be the reason why some unfortified sweet wines had such a high alcohol content.


Behalwe dat hy die bestuurder van Montagu Co-op Wines Limited was, het hy ook ‘n winkel gehad in Badstraat wat hy in 1879 gekoop het van ‘n ene mnr John Gamewell Beatty vir ‘n bedrag van £1,000.  In die Koopbrief word die eiendom beskryf as:

“Een zeker gedeelte van het Erf 16 gelegen in het dorp Montagu, zynde dat gedeelte van gemelde Erf door den verkooper thans geoccupeerd en waarop zynde handelsbesigheden gedreven worden met alles de gebouwen op het zelve haftende.  De toonbanken, rakke en alles wat nagelvast in de gebouwen zyn, zyn hiermede in den koop ingesloten – voor de som van Een Duizend Ponden Sterling”. 

Dus het Willempie die ander gedeelte van erf 16 gekoop wat aan die “La Rochelle” gronde grens.

Die eiendom geleë te Badstraat (tans waar ons “Carina’s Boutique en Montspa se bedwinkel vind) se grootte word aangegee as 157 vierkante roede en 70,5 vierkante voet (158 845,66 vierkante meter) en word in die Transportake beskryf as  een halwe deel van droë erf nommer 16. 

Willempie en sy gesin het vir eers bo-op die winkel gaan bly.

Hy verander die naam van die winkel na “W. A. Joubert & Sons – Produkte en Struis Veder Koper” en dit word later bestuur deur sy seun Pieter Josias “PJ” Joubert.   

Die winkel koop wanneer beskikbaar, alles wat die boere kan voorsien – volstruisvere, brandewyn, mos, druiwe, graan, droëvrugte, bitter alwyn, velle, granate, kwepers, gansvere, dons, botter, eiers ens.  Die boere kan dan dwarsdeur die jaar plaasgereedskap, boerderybenodigdhede, sis, klerasie, komberse en huisbenodigdhede, droë kos, koffiepitte ensovoorts “op die boek koop”. 

Met hierdie “ruilhandel” was daar geen geld in dié “boektransaksies” met die boere betrokke nie.

In 1904 koop sy seun P J Joubert hierdie eiendom oor van sy Pa vir bedrag van £2,500 en ‘n verband vir dié bedrag word geregistreer in sy guns.  P.J. Joubert verander toe die naam van die winkel na “P. J. Joubert General Merchant”

Willempie en sy gesin het later van jare in Tannerstraat, Montagu-wes gewoon – die eiendom wat tans bekend staan as “Montagu Vines”.


In die boek “MONTAGU – Soos die dorp was vanaf my kinderdae” deur Tokkie Bussel beskryf hy:

“Langsaan was P J Joubert Algemene Handelaar, die Aero was later jare daar, en regoor was sy wynstoor.  Net langs P. J. was mnr Fouche die prokureur se kantoor en volgende oom Willie Joubert se winkel, broer van P. J.  Dit het tot op die hoek gestrek.  Oom Willie en P. J. was altwee oom Willempie Joubert se seuns, dus het daardie gronde aan die pa behoort.”


In die boek “MONTAGU – Soos die dorp was vanaf my kinderdae” deur Tokkie Bussel beskryf hy:

“Langsaan was P J Joubert Algemene Handelaar, die Aero was later jare daar, en regoor was sy wynstoor.  Net langs P. J. was mnr Fouche die prokureur se kantoor en volgende oom Willie Joubert se winkel, broer van P. J.  Dit het tot op die hoek gestrek.  Oom Willie en P. J. was altwee oom Willempie Joubert se seuns, dus het daardie gronde aan die pa behoort.”


Willempie was getroud met Elizabeth Maria Retief (1835-1908)

Hulle het ses kinders gehad nl:

  • Johannes Jacobus Retief Joubert (1860-1916)
  • Gertruida Johanna Spannenberg (nee Joubert) (1861-?)
  • Pieter Jeremias “PJ” Joubert (1864-1932)
  • Willem Adolph Joubert (1869-1933)
  • Johanna Susanna Jordaan (nee Joubert) (1871- 1951)
  • Stephanus Gerhardus Joubert (1874-1937)

Bron:  My Heritage


Gesamentlike graf in die “ou kerkhof” te Montagu van Willem “Willempie” en Elizabeth Joubert (neé Retief)

 Bron:  EGGSA – grafte Montagu


Die Tweede Geslag

PIETER JEREMIAS “PJ” JOUBERT

(1864 – 1932)

P.J. is gebore gedurende 1864 en is oorlede te Montagu op 16 Mei 1932.

In 1887 op 23 jarige ouderdom sluit hy aan by sy pa Willem Adolph “Willempie” Joubert in die algemene handelsaak wat toe genoem word: W.A. Joubert & Sons – Produkte en Struis Veder Koper”  en later verander is na “W.A. Joubert & Zoon”.

Oorkant die winkel was die Joubert store.  Die eiendom het ook aan die Jouberts behoort, maar ongelukkig kan geen inligting verkry word wanneer die grond aangekoop is en store gebou is nie.

Joubert store en kelder in Badstraat

Op die perseel het hulle die brandewyn en wyn geberg wat hulle van die boere ingeneem het en dit dan in die Kaap verkoop het.  Hulle het die droë vrugte ook daar gewas en verpak en dit aan ‘n mnr Kröhne (later SAD) verkoop.  Aanvanklik is die koring Worcester toe vervoer om daar gemaal te word, maar die Joubert onderneming het weldra ‘n rollermeule op dié perseel begin.

PJ het ‘n groot toekoms vir die wynhandel in Suid-Afrika gesien en hy het die plaaslike boere aangeraai om wyndruiwe aan te plant.  So het Muscadel en Pontac hulle verskyning in die distrik gemaak waar voorheen slegs brandewyn-druifsoorte gekweek is.  Toe PJ die saak later oorneem was die Muskadel stok reeds goed gevestig in die distrik en het die firma grootliks kon voorsien in die Boland se behoeftes aan Muskadel en Portwyn.

PJ trou met Hester Elizabeth Magdalena Jordaan (1869-1947) – dogter van Abraham Johannes Hendrik Jordaan van die plaas “Het Kruis” Montagu en uit hulle huwelik word die volgende kinders gebore:

1. Willem Adolph “Willa” Joubert (1889-1935)

2. Abraham Jordaan “Epsie” Joubert (1891-1961)

3.Pierre Retief Joubert (1892-1932)

4.Aletta Helena “Lettie” Joubert (1894-1931)

5.Elizabeth “Bessie” le Roux (neé Joubert) (1896-1971)

6.George Malan Joubert (1898-1963)

7.Etienne Joubert (1903-1973)

8.Hester Charlotte Botma (neé Joubert) (1906-?)

Bron:  My Heritage

PJ en sy gesin op die trappe van “La Rochelle”


PJ bou vir hom en sy gesin ‘n pragtige woonhuis in Langstraat wat hy “La Rochelle” noem. Die bouer  destyds van “La Rochelle” was ‘n ene mnr. Willie van As. Verdere besondere omtrent hierdie man is onbekend.

Willie van As

“La Rochelle” in die dae toe die Jouberts daar gebly het

Let wel: Hierdie foto het steeds die balkon op die tweede verdieping

La Rochelle” in 2021.  Die gebou is pragtig gerestoureer deur die nuwe eienaar en die tuine is weer soos weleer ‘n lus vir die oog

Fotos: Montagu History F/B page Anne-Marie Coetzee

In “The Landscape and Architecture of Montagu – Derek Japha en Vivienne Japhabeskryf hulle La Rochelle as volg:

“La Rochelle the largest and most elaborate house in the whole of Montagu, was built by one of the Joubert family, who owned one of the most successful general dealer’s stores in the town.  It was illustrated in the society pages of a contemporary magazine (The South African Home Journal for April 1911) and was almost a literal copy of Melrose House in the Transvaal, in which the peace of Vereniging was signed”.

Foto’s wat in The South African Home Journal van April 1911 verskyn het:

“La Rochelle”

Viktoriaanse “Drawing room”

Mev. Hester Joubert op haar gunsteling perd


‘n Jong PJ en Hester Joubert geniet tee op die stoep van “La Rochelle”


In “Die Vroue van Montagu 1900-2000” skryf  Yvonne Bussell :

“Pieter se stokperdjie was sy tuin.  Hy het dit pragtig uitgelê en later, met die hoë Norkfolk Pines, dadelpalms, sierakkertjies en paadjies, was die tuin ‘n lus vir die oog.  Ook die twee groot pilare en ysterhekke het ‘n mens binnegelok.  Op die grasperk het altyd tafeltjies en stoele gestaan, want hulle het graag in die buitelug tee gedrink.  Agter die huis het ‘n paadjie na die winkel gelei en op daardie stuk grond het hy weer groente geplant”.

Skat Klopper, kleindogter van PJ onthou dat langs die groentetuin ‘n wingerd was. Daar was blykbaar ook ‘n kweekhuis.  ‘n Kroketbaan was aan jou regterkant  soos jy ingekom het by die hek.  

In ‘n brief in die Argief se besit verwys Suzanne Joubert, suster van Epsie nie net na die groentetuin nie, maar ook die roostuin en die tennisbaan wat aan die regterkant van die huis geleë was.


Dit blyk uit ‘n ou Transport akte wat in besit is van die Argief dat PJ in Augustus 1919 ‘n sekere gedeelte van Erf 17, Montagu gekoop het en wat beskryf word as “Measuring Twelve Square Roods, Fifty seven Square Feet and to be used as a passage” – dus was dit hierdie stukkie grond wat dit vir hom moontlik gemaak het dat hy met ‘n paadjie na die winkel toe kon loop.


In ‘n Engelse koerantknipsel van 22 January 1955 in die Magazine Letter-bag verskyn die volgende brief van mev Bessie le Roux (dogter van PJ) van “Bessiesbos”, Bosbel, Bellville onder die opskrif “IN 1905 SHE SHOOK HANDS WITH THE GOVENOR”.  Sy vertel: 

“In 1905 my late parents entertained Sir Walter Healy-Hutchison at our home “La Rochelle”, in Montagu.  My mother bade us “come and shake hands with the gentleman”.  He was a rather good looking man with slightly protruding teeth.  He wore a helmet and riding breeches.  

I had forgotten how we were dressed, but we certainly had steel caps on our shoes because we kicked all the stones that came our way.

My mother’s dinner table was draped with billowing chiffon sprinkled with autumn-hued vine leaves – a fashionable décor in those days.

Wishing you and your letter writers van die beste en hou die blinkkant bo”.


In 1904 koop PJ die besigheid by sy pa en ‘n bedrag van £2,500 word as verband ten gunste van W. A. Joubert geregisteer.  PJ verander die naam van die winkel na “P.J. Joubert General Merchant”

Fakture van 1920 en 1942


Nadat sy oudste seun Willem Adolph “Willa” Joubert sy arm verloor het tydens ‘n universiteitsvakansie in ‘n ongeluk by die rollermeule, werk hy vir die res van sy lewe in die kantoor van die besigheid.


 In die “Vroue van Montagu 1900-2000” beskryf Yvonne Bussell haar tante Hester en eggenote van PJ as volg:

“Hester het ook baie in die winkel gehelp om mooi klere vir die Montagu vrouens uit die Kaap te bestel.  Sy was ook baie lief vir onthaal.  Sy het vyf seuns en drie dogters gehad en ‘n spesiale goewernante aangestel om vir hulle in die skoolvertrek op die boonste verdieping van die huis skool te hou”.


In die 1938 “The South African Woman’s Who’s Who” verskyn die volgende plasing omtrent Hester Joubert:

JOUBERT, MRS HESTER, widow of PJ Joubert, a member of one of the oldest

and best respected families in the Montagu District, C.P.  His father was a member of the old Cape House of Assembly, and an ex-Mayor of Montagu.  Daughter of the late Mr. Jordaan, for many years a popular farmer and a great supporter of the church, was generally known by all as “ou Vader Abraham”.  Has five sons and three daughters.  Always took an interest in building up and assisting her late husband in his business and devoted her time to the education and upbringing of her family.  Is very fond of travelling, and some years ago made an extensive tour of the Union and overseas.  Is a well-known hostess.  Her residence is “La Rochelle”, Montagu. C.P.


Volgens Anelma Oosthuizen wie haar kinderdae op Montagu deurgebring het, het haar tannie Lettie de Kock (gebore Kriel) later van jare damesklere vir die winkel gemaak. Haar span het onderandere bestaan uit Suzie Lindveldt, Anelma se tannie Judith en sy dink Meraai Kriel.  Hulle werkplek was bo-op Joubert se winkel.


Op ‘n stadium verkry PJ die agentskap om Ford motorkarre te verkoop en hy bedryf dit uit ‘n garage aan die kant van die straat waar die gebou eindig.  Hy het ook petrol verkoop met ‘n handpomp uit 200 gelling dromme uit.

PJ Joubert Algemene Handelaar links met die petrolpompe duidelik sigbaar voor gebou


PJ sterf in 1932 nadat sy dogter Lettie Joubert die jaar vantevore oorlede is.  Sy  seun Pierre Retief Joubert sterf dieselfde jaar.  Drie jaar later sterf sy seun Willa, waarna dié se weduwee, Daisy en haar 5 dogters by Hester, (PJ se weduwee) in “La Rochelle” gaan bly.  

P.J. Joubert se graf in die “ou kerkhof” Montagu

Bron:  EGGSA – grafte Montagu


Volgens Skat Klopper, een van die kleindogters het hulle in “La Rochelle” gebly tot ongeveer 1943 toe die eiendom aan Dr. Coetzee verkoop is.

Daarna het toe almal saam vir ‘n jaar in ‘n bungalow op Cliftonstrand gaan bly.  Een van Hester se seuns het skoolgehou by Sea Point Boys High en hy het ook in Clifton gewoon.  Na hulle terugkeer was hulle in Lindela Losieshuis (nou Blou Pieke) woonagtig en daarna in Merwa’s Losieshuis (nou Skoolkoshuis).  Waar hulle gebly toe haar ouma dood is kon sy nie onthou nie.


Na PJ sterf word die winkel en gebou verkoop aan mnr Pieter Beeby, die bestuurder van die besigheid. 

Na mnr Beeby se dood in 1946 word dit weer verkoop aan die Aero van Ashton.


Die Derde Geslag

ABRAHAM JORDAAN “EPSIE” JOUBERT

(1891 – 1961)

Epsie was die tweede oudste seun van PJ. en word in 1891 op Montagu gebore.   

Volgens ‘n advertensie pamflet van die drankafdeling van PJ Joubert toon dit dat Epsie aangesluit het in 1908 by sy vader se besigheid nadat hy opleiding in die maak van goeie wyn voltooi het onder die leiding van Prof. Hahn en dr. Hoffmann.  Sy seun Peter (EM) noem egter in ‘n onderhoud dat sy pa na die eerste Wêreldoorlog in 1918 die besigheid by sy pa oorgeneem het.

Dit maak meer sin, want in 1908, toe hy 17 was het hy heelmoontlik tydelik daar begin werk en toe daarna met sy studies in die wynbedryf begin.  Ek is ook onseker of hy miskien by die eerste Wêreldoorlog aangesluit het en toe daarna die besigheid begin bestuur het.  Epsie verander toe die naam na P.J. Joubert Wine & Spirit Merchants en hulle gebruik die perseel in Badstraat vir die pars van druiwe en maak van wyn.  Hierdie perseel wat aan oorlede Gert Lubbe van die Montagu Hotel behoort het is ‘n paar jaar gelede verkoop en omskep in winkels onder andere Full House.


Foto’s wat verskyn het van die Joubert wynkelder en store,Badstraat, is op die internet by die Britse Museum gevind. Die fotos is geneem gedeurende die 1930’s.

Hierdie koper muurbord wat die kantore aandui het nou ‘n plek gekry op die muur van die MCET gebou in Langstraat.  Die kantore was altyd geleë tussen die P.J. Joubert store in Badstraat en die Montagu Country Hotel.

 Epsie ontwikkel die firma tot ‘n baie suksesvolle saak wat landswyd besigheid doen.  Hulle maak en bottelleer hulle eie produkte en versprei dit landswyd op ‘n groothandel basis.

L/R: Arbeider wat doofstom was, Jan Lambert (voorman/bestuurder) en Epsie Joubert in kelder

L/R: Susie Douglas, Hannah de Kock, Epsie Joubert en Babsie van Zyl in kelder


In Februarie 1933 verskyn die volgende artikel in die “Wine and Spirit” tydskrif:

PJ Joubert

“The firm of P J Joubert, established some 60 years ago, may be said to have identified itself with the life and progress of Montagu for more than a half a century.

Virticulture is by far the most important industry in this fertile, semi-Karoo area.  What was a small beginning in the time of the first settlements soon flourished and has assumed astonishing proportions.

With that development and progress the old established firm of P.J. Joubert is intimately connected.

Montagu owes its almost proverbial reputation as a wine producing centre chiefly to the sweetness and distinctive flavour of it Muscadel grapes.  This distinction of course, is due to its situation in the “broken” Karoo, combined with the rich alluvial soil.  In fact for flavour, the port types from this centre compare favourably with the best Port Wine from Portugal.

Wine made from the Montagu Muscadel, connoisseurs everywhere admit, is unrivalled in its class.

The firm takes justifiable pride in its products.  Montagu shares in that pride.

In its spacious modern stores in the centre of the town all the processes of pressing (where the grapes are delivered), of blending and of maturing are done efficiently and under expert supervision.”


Die firma het ‘n verskeidenheid wyn gemaak en die brandewyn wat hulle onder hulle handelsnaam verkoop het van die KWV gekry.  Hulle het ook die handelsnaam Montac gebruik. 

Van die verskeidenheid van drank wat P J Joubert gemaak en bemark het:

Bottel 1890 Pontac                                                     

Port en Muskadel etikette

Brandewyn etikette

Soetwyne en droë sjerrie etikette


Na die oplewing wat die wynhandel gedurende die Tweede Wêreld Oorlog te beurt geval het, word P J Joubert (Pty) Limited in In 1946 gestig in Johannesburg.  Uiteindelik sou daar sewe takke dwarsoor die land wees.  Die takbesighede met uitsluiting van die moedersaak, word nou omskep in ‘n publieke maatskappy.


 Na die Tweede Wêreldoorlog kom neem sy seun Pieter Joubert Jnr. die beheer van die kelder by hom oor en Epsie tree uit na ‘n baie suksesvolle loopbaan in die wynbedryf.

Epsie sterf in 1961 en laat sy eggenoot Mimmie Joubert (nee Burger) agter en sy seun Pieter en dogter Suzanne.  Mimmie was altyd bekend op die dorp as “aunt Mimmie Epsie”.  Sy bly aan in hulle huis “Cozy Corner” op die hoek van Kohler en Joubertstraat.

L/R: Epsie, Mimmie, Suzanne and Peter


Die Vierde Geslag

PIETER “PETER” JOUBERT (EM)

(1920 – 2000)

Pieter Joubert ook alombekend as “Peterkind” was die enigste seun van Epsie en Mimmie Joubert en is gebore op Montagu gedurende 1920.

Pieter het verkies om die naam “Peter Joubert (EM)” te gebruik.  Die EM het gestaan vir “Epsie & Mimmie”. – sy ouers.

Voor die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het Peter al aangesluit by die SA Weermag.  Hy styg tot die rang van Luitenant en is ‘n instrukteur by die Bombardier Skool met die uitbreek van die oorlog.  Hy kon slegs aansluit by die Geallieerde Magte om in die Noorde (Egipte) te gaan veg as hy sy kommissie neergelê het nie – wat hy toe gedoen het. 

Sy braafheid en lang verbintenis met die weermag word bes beskrywe in die volgende artikel wat in die April 1989 uitgawe van Paratus verskyn het.

Sy braafheid en lang verbintenis met die weermag word bes beskrywe in die volgende artikel wat in die April 1989 uitgawe van Paratus verskyn het:

HE RACED AGAINST ENEMY TO SAVE A BRIDGE

By Reenen Furter

In December 1988 Cpl. Pieter Joubert (EM) received a Gold Medal for long service from the Commanding Officer of the Western Province Command, Brig. A.K. de Jager.  This was his tenth medal in a long and distinguished military career that started well before the Second War.

Cpl. Joubert was an officer in the Cape Garrison when the Second World War broke out.  He resigned his commission in order to go to North Africa as a tank gunner with the Pretoria Regiment.  He thought it would be for about six weeks – he came back six years later.

Towards the end of the war the South African forces formed the tip of the spearhead through Italy, with the tanks out front.  Reconnaissance teams to scout for enemy tanks had been used since the start of the war, but now for the first time they were armed and used for assault purposes as well.  Cpl. Joubert formed part of one of these new Recce assault teams, together with a Maj. Knightley.

After four days of unbroken fighting the regiment reached the Panaro River and a desperate battle was fought by the retreating enemy to blow-up all the bridges.  It was here that Cpl. Joubert (Peter EM) and Maj. Knightly prevented the enemy from blowing the last bridge, thus enabling the Allied forces to cross the river and sweep into what is known as the last great tank battle of the war.

Said Cpl. Joubert:  “It was a race across the bridge, the safety of which depended on the winner, and, fortunately, I was able to run faster than the Germans and could prevent them from reaching the detonaters”.

Maj. Knightly then defused the explosives and the tanks rumbled across safely.

For their brave actions which might well have changed the course of the war, Maj. Knightly was awarded the Military Cross and Cpl. Joubert mentioned in dispatches.

Cpl. Joubert was also wounded twice, in the run up to Florence they encountered heavy mortar fire which disabled the armaments of the tank and while attempting to fix it, he was struck by shrapnel which put him into hospital at Naples for months.

On another occasion Cpl. Joubert came to close to an incendiary bomb and received severe burns.

He has been part of the Stellenbosch Commando since 1958, acting as radio instructor to the new members.  Presently he spends most of his time doing work for the SADF Fund Welfare Committee.  He is also on the board of the Stellenbosch Regional Welfare Council and the South African Legion.  As a reward for his work he was made a member of the Stellenbosch Officers’ Club – the only NCO ever offered that privilege. 

It is not difficult to find his residence in the Strand – the South African Flag flies proudly for all to see.  As long as he is able Cpl. Joubert will hoist it every morning and lower it at sunset………..

Paratus  April 1989


Peter het sy medaljes met een van sy laaste besoeke aan die Montagu Museum geskenk.


Na sy terugkeer vanaf die Oorlog gaan hy op ‘n ses weke studietoer van Frankryk om te gaan leer by die beste wynmakers.

In die ondergenoemde “Study Tour in France” vertel Peter se wedervaringe in Frankryk op ‘n baie humoristiese wyse:

Hy keer in 1947 terug na Montagu toe en neem die beheer van die kelder by sy vader Epsie oor, wie nou aftree.


In die laat veertigs het hy met Maynie Piek getroud.  Sy was ‘n baie begaafde danseres, toneelspeelder en spelleidster. 

Kort na haar aankoms in Montagu het Maynie die Kyora ballet- en dansskool gestig. Sy het ook kort toneelstukke geskryf en opgevoer.   Sy onder meer tweede plek verower vir ‘n opvoering van “Die Vroue van Troje” op ‘n drama-fees in die Paarl.  Sy was ook die skryfster van “Die Roos van Saron”.  Blykbaar het sy ook lede van die publiek geleer om te baldans op die stoep van “Cozy Corner”, waar haar skoonouers gebly het.

In 1950 organiseer sy en Pieter – die eerste Montagu Muskadelfees.  Dit was die eerste fees van so ‘n aard in die land.

In Februarie 1952 was sy besig met die repitisies vir die Van Riebeeck-fees wat op 6 April 1952 op Montagu sou plaasvind, toe sy skielik op 28 jarige ouderdom oorlede is aan ‘n breinbloeding.

In dieselfde jaar trou Peter met Anna-Marie Ackerman.  Uit hulle huwelik word 5 kinders gebore nl: Pippin, Brahm, Adolf, Gerhard en Juliet.


Gedurende die tyd doen hy intensief navorsing oor die bottelering van druiwesap en suiwer vrugtesappe.  Hy stig die Fruit Juice Bottling Company maar dit kon ongelukkig nie die mas opkom nie.  In 1960 word die maatskappy gelikwideer maar hy behou egter die Gazooza Spuit Waterfabriek gedeelte. Hierdie fabriek het onder die handelsnaam “Gazooza” sodawater, gemmerlim en vars vrugte koeldranke vervaardig op Montagu.

‘n Pamflet van destyds dui die verskeidenheid van produkte wat beskikbaar was: 

Die koeldranke is in glasbottels verkoop en het hoofsaaklik die plaaslike mark voorsien met beperkte verkope op nasionale vlak.

Vir ‘n tyd  het dit goed gegaan met PJ Joubert Wine & Spirit Merchants  en hy het dit ook uitgebrei maar ongelukkig met die tyd het die winste bly daal en kon hy nie meer bly by nie.

Grapenderwys het hy eenkeer aan Bill Winshaw van Stellenbosch Farmers Winery gesê:  “Hoekom koop jy nie die plek by my nie?” 

Stellenbosch Farmers Winery het daardie tyd baie wyn en brandewyn by PJ Joubert Wine & Spirit Merchants gekoop.  Dit is toe net wat hulle gedoen het, want hulle was begerig om die groot kwota wat die Jouberts by die KWV vir brandewyn gehad het, te verkry om Mellow Wood brandewyn te begin bemark. In daardie tyd mag net die KWV brandewyn gestook het en dit kon alleenlik aangekoop geword as die betrokke party ‘n kwota daarvoor gehad het.  Die kwota het afgehang en is bepaal volgens die hoeveelheid druiwe wat aan die KWV gelewer is.

Om en by 1960 koop Stellenbosch Farmers Winery vir PJ Joubert Wine & Spirit Merchants en so verdwyn hierdie firma in die annale van die wynbedryf van die landkaart af.

Die perseel in Badstraat tesame met al die masjienerie word aan Montagu Koöperatiewe Wynkelder Bpk verkoop, wie dit later aan Brinks verkoop het toe hulle ‘n wynkelder naby die huidige golfbaan gebou het. 


Peter en gesig gaan woon in die Strand en hy aanvaar ‘n werk by Stellenbosch Farmers later Nietvoorbij Eksperimentêle Kelders en Santhagens in Stellenbosch.

Hy is in 2000 oorlede in die Strand.


All pictures and documents from the Montagu Museum unless otherwise stated
 


 

image_pdfDOWNLOAD PDF