7.Introducing DJ Nolte
Updated: 08/09/2025
In this short article we introduce our readers to DJ “Nolly” Nolte, who acted as Montagu’s correspondent for Die Burger newspaper from 1934 to 1946.

Mnr. Dirk Johannes Nolte (Nolly)
31/07/1896 – 16/08/1974


Mr. Nolte was a resident in Montagu for 13 years and was a staff member at the Montagu High School. He taught bookkeeping, typing and shorthand at the High School. He was also a Sunday School teacher and was very involved with the Voortrekkers (Afrikaans versions of Scouts)

He was appointed as the official Montagu correspondent for Die Burger newspaper. Local museum archivist Irma Jordaan came across many interesting articles of local news written by Nolly and Montagu Stories will share a selection of these articles with webpage viewers.
Mr. Nolte is appointed as Die Burger Correspondent for Montagu
REDAKSIE
POSBUS 692.
TELEFOON 2939
TELEGRAMADRES
“DRUKPERS”
Die Burger
Kaapstad
28.08.1934
Mnr, D.J. Nolte,
Hoër Skool,
MONTAGU.
Geagte Heer,
Ontvang ons hart like dank vir u bereidwilligheid om in die belang van ons blad aldaar op te tree. Dit doen my groot genoeë om u hiermee formeel aan te stel as ons offisiële korrespondent op Montagu. Ingesluit vind u ʼn praatjie oor die joernalistiek wat u tog seker sorgvuldig moet lees sodat u presies kan weet wat ons van fn knrrespon- dent verlang.
Ter aanvulling kan ek miskien net sȇ dat ons 15/- betaal vir elke kolom nuus wat in ons blad verskyn en aan die einde van elke kwartaal die korrespondente besoldig, d.w.s. einde September vir die derde kwartaal van die jaar. Met die oog op die feit dat u reeds ondervinding in die joernalistiek het, sal ek voorlopig nie langer oor die werksaamhede uitwei nie, uit vrees dat dit miskien ou nuus vir u sal wees. Ons sal egter van tyd tot tyd met u in verbinding tree, indien nodig.
Ten besluite wil ek net die hoop uitspreek dat ons lekker sal saamwerk tot heil van ons lesers aldaar en in die belang van ons blad in die algemeen. Sodra u eendag in stad-toe kom, moet u ons seker kom besoek sodat ons verder oor die sake kan gesels om moontlike misverstand uit die weg te ruim.
Ontvang by voorbaat ons innige dank vir die poging u sal aanwend om ons
blad meer lesenswaardig te maak,
Met agting,
U dienswillige,

Mr. Nolte tenders his resignation as the Die Burger Correspondent for
Montagu
Die Nuusredakteur,
Die Burger,
Kaapstad
Karoland
Montagu,
12 Nov.1945
Waarde Heer,
Die keer het ek met my eie persoonlike nuus t.w. dat ek benoem is tot lektor aan die Stellenbosch tak van die Kaapse Tegniese Kollege vanaf volgende jaar. Dit meen dat ek na dertien jaar aan ou Montagu sal moet vaarwel sȇ wat soos ʼn berg voor my lȇ. Ek meen om nog die korrespondensie waar te neem tot so teen die einde van Januarie, 1946. Intussen sal ek bly wees om van u te verneem of u die oog op ʼn moonlike opvolger het en of ek vir u een kan aanbeveel. Op die oomblik het ek al aansoek gekry van mnr. G.C.Burger, wat tydens my afwesigheid in 1941 ook waargeneem het. Dan is hier ook ʼn mnr. Poggenpool
by die K.W.V. wat verneem verder is mnr. Piet Stemmet voorheen van Worcester bereid om die sport afdeling te doen maar sien nie kans vir die algemene nie.
Die uwe,
————————- Korresp.
A typical article written by Mr. Nolte
Montagu, 17 Des. 1945 – Die jaar het Montagu se skole met min veranderinge afgesluit. Aan die hoërskool het mej. Haumann, wat in die afgelope kwartaal mev. M. Hofmeyr geword het, vir die tweede keer moes afskied neem daar sy na haar huwelik nog ʼn kwartaal moes onderwys gee daar haar opvolgster, mej. D. van Rooyen van Grabouw eers volgende jaar kan kom begin. Van mnr. D.J. Nolte wat ʼn aanstelling aan die Tegniese Kollege te Stellenbosch aanvaar het, moes daar ook, na dertien jaar dienstyd, afskied geneem word.
Daar is met waardering oor sy dienste gepraat deur die prinsipaal, mnr. C.P. Naude, die voorsitter van die komittee en Skoolraad (dr. D.J. Louw) ander lede van die komittee en ook deur Annalee Louw namens die kinders. Ook is aan hom deur die personeel sowel as deur die kinders ʼn afskiedsgeskenk oorhandig.
Note: Mev. M. Hofmeyr mentioned above was Esther Hofmeyr so Mr. Nolte and Esther Hofmeyr taught at the High School together

Participating in the Montagu community
Picture: Montagu History Facebook page


The above picture was received from past Montagu resident Ina Van Wyk. It shows Mr. Nolte in what appears to be an office with the caption “Die laaste oproep van No. 2. 28 Jan. 1946. Could this be his last phone call from his Montagu office after he resigned his position in Montagu?
HULPVAARDIGHEID WAS KENMERK VAN OOM DIRK
(unable to determine origin of news clipping)
Op Vrydag, 16 Augustus 1974 is nog een van die ouer garde wat u byna ’n instelling op Stellenbosch geword het, oorlede. Dirk Johannes Nolte (oom Dirk aan talle van sy vriende en kennisse) is die Maandag daarna vanuit die N.G. Sentraalkerk begrawe. Hy was ’n afgetrede dosent van die Fakulteit van Handel aan die Universiteit van Stellenbosch.
Oom Dirk het pas op 31 Julie sy 78ste verjaarsdag in blakende gesondheid gevier. Die 78 jaar wat aan hom vergun is, het hy begin as arm boerseun. Hy is gebore in die distrik van Britstown en het later met sy ouers na die distrik Victoria-Wes getrek.
Hy moes die laërskool vroeg verlaat weens die moeilike finansiële omstandighede wat daar vir baie na die Anglo-Boereoorlog geheers het. Hy is nietemin later terug skool toe en het in die vroeëre twintigerjare aan die destydse Hoër Jongenskool plaaslik gematrikuleer. Daarna het hy aan die Universiteit gestudeer en was een van die eerste twee studente wat die nuut ingestelde graad B. Comm, onder die destydse jeugdige dr. C. G, W. Schumann behaal het.
Nadat hy hom vervolgens as hoërskoolonderwyser bekwaam het, gee hy onderwys aan onder meer, Gill-Kollege, Somerset-Oos, die Hoërskole te Cambridge, Brakpan en Montagu vanwaar hy as dosent na die Stellenbosse-tak van die Kaapse Tegniese Kollege gekom het.
In 1949 is hy aangestel as dosent in die Departement Handel van die plaaslike Universiteit, waar hy tot sy aftrede gebly het. Hierna tree hy op as Scriba, eers van die Moedergemeente, daarna van die gemeente Stellenbosch-Sentraal.
Mnr. Nolte het op talle gebiede sy kerk en die gemeenskap gedien, onder meer as bevelvoerder van die Universiteit se kommandement kadette, Superintendent van die Sondagskool, Direkteur van die plaaslike Verbruikerskoöperasie en ere-Tesourier van Utopia. Ten tye van sy dood was hy leier-ouderling van die Sentraal-gemeente.
Sy familie, wye vriendekring en kennisse sal Oom Dirk egter veral onthou weens sy eenvoud en sy opregte belangstelling in en hulpvaardigheid teenoor klein en groot.
