28.Baden Besproeiingstonnel ʼn bydra deur die familie Joubert

image_pdfDOWNLOAD PDF

Introduction

This article and events hereafter were made possible by Francois de Kock Montagu resident and historian. Francois remembered visiting the Baden resort many years ago and noticed the unusual excavations on the outskirts of the camping ground and this lead to his interest until this story could be told and the visit arranged. Francois was able to arrange for a visit to local Baden farmer Abraham Joubert and his wife Rika who were kind enough to provide the article which follows, arrange onsite visits and answer questions. This story demonstrates the outstanding vision of one early pioneer as well as his perseverance in achieving a goal despite all the odds stacked against him.

Abraham Joubert who owns the farm Baden is the grandson of the pioneer Abraham Joubert who was responsible for the engineering feat as described in the following article. The tunnel is not on the Joubert property but on the adjoining farm/resort owned by the Knipe family. The construction and use of the tunnel was by mutual consent of both families. 

Abraham Joubert hosted a visit by The Montagu Historical Society on 10/04/2021 to view the tunnel and hear the story. 

The Montagu Historical Society group completes the Covid requirements upon arrival for the walkabout

Picture: Emile Badenhorst

Abraham tells the story before the walkabout

Picture: Han Gunst

MENS KAN WEL BERGE VERSIT

DEUR: P. DU P SNYMAN

DIE HUISGENOOT, 11 NOVEMBER 1949

Ingedien deur Abraham en Rika

DIE STORIE BEGIN

Mnr. Abraham Joubert, een van die twee boere wat die tonnel op Baden, Montagu,gegrawe het 

Sy bure het hom uitgelag toe hulle van sy plan hoor — ’n boer ’n tonnel deur ’n berg grawe! Maar Abraham Joubert, van Montagu, was die soort man wat berge kan versit — ’n koppie het in die pad van sy watervoorraad en sy plaas gestaan, en hy het eenvoudig deur ongelooflike volharding en deursettingsvermoë, honderd tree deur die berg gemol!

Mnr. Abraham Joubert, een van die twee boere wat die tonnel op Baden, Montagu,gegrawe het

Die uitdaging

Daar is seker nie baie boere in die Unie wat, soos mnr. Abraham Joubert, van die plaas Baden, distrik Montagu, met ’n tonnel op sy plaas kan spog nie. Nie sommer so ’n tonnel nie, maar ’n ordentlike tonnel van meer as honderd tree waardeur ’n mens met gemak regop kan stap.

As daar ander boere is wat met ’n tonnel op hul plaas kan spog, dan is dit waarskynlik ’n natuurlike tonnel. Maar die tonnel op Baden is die gevolg van die vernuf en deursettingsvermoë — selfs koppigheid, soos dit destyds genoem is — van twee boere wat die taak aangepak het om die eenvoudige rede dat hulle hul water aan die ander kant van ’n sekere koppie wou hȇ.

Die koppie

Mnr. and Mev. Abraham Joubert

Die plaas is in 1860 deur die twee broers se vader, mnr. Jacobus Francois Joubert, gekoop en hy het daar gebly tot sy dood in 1883. Daarna was hul moeder (geb. Hester Elisabeth Jordaan) eienares van die plaas, maar dit is eintlik bestuur deur twee van haar seuns, Abraham, wat nog op die ou familieplaas woon, en mnr. Paul Joubert, wat ‘n 1946 oorlede is.

Daar was nie oral water op die plaas nie, maar in die ou dae van ekstensiewe boerdery het dit nie soveel saak gemaak nie. Die vader het sy hande vol gehad met die grond wat reeds onder besproeiing was en in elk geval was die markte nie lonend genoeg om die besproeiing van al die grond te regverdig nie.

Die baanbreker en sy familie

Foto: Rika/Abraham

Teen die einde van die jare tagtig het die twee, broers egter besluit om iets aan die saak te probeer doen. Hul probleem was dat die plaas as ’tware deur ’n heuwel verdeel was. Aan die een kant van die heuwel was ’n klein hoekie met nie alleen volop berg- en fonteinwater nie, maar ook ’n standhoudende warmwaterbron.

Abraham (met hoed) en Francois de Kock bekyk die warm water bron by die Baden oord wat die water vir die Baden besproeiing skema verskaf.

The original irrigation scheme ran in open gravel canals which were then upgraded to concrete water ways and finally to pipes. The pipes have been laid in the old concrete ducts.

Maar die grootste deel van die plaas het aan die ander kant van die heuwel gelȇ — ’n groot stuk vrugbare aarde wat onbewerk moes bly omdat daar geen water was nie. Om ‘n deel van die water daar te kry, was ’n probleem wat vir die twee broers baie hoofbrekens besorg het.

Daar was verskeie moontlikhede. In die eerste p!aas kon ’n sloot reg om die heuwel gegrawe word! So ’n sloot sou vier of vyf keer langer wees as ’n reguit lyn tussen die punt waar die water was en die punt waar die water moes wees. Dit sou duur wees en die water sou stadig vloei omdat die val aansienlik verminder sou moes word as so ’n lang sloot gegrawe word.

Die ander oplossing is dié wat waarskynlik vandag aanvaar sou geword het: om die water oor die heuwel te pomp. Maar mens moet onthou dat die ou stoom- pompe nie so doeltreffend was soos die moderne pompe nie. Die broers Joubert het in elk geval ook geen vertroue in pompe gehad nie. Uit eier ondervinding het hulle geweet dat stoomenjins baie hout vereis. Een van hul ooms het ’n pomp op ’n plaas ses myl buitekant Bonnievale opgerig en daarmee water uit die Breerivier gepomp. Na twee jaar was die koste so hoog dat hyopgehou het om dit te gebruik.

Picture: Jo Prentice

The water is divided into two irrigation sections. One of these sections is reached via the tunnel. The irrigation turns are controlled by local farmers from the point shown above.

Uiteindelik het die twee broers besluit om ’n sloot reguit deur die heuwel te grawe. Dit was ’n geweldige voorneme; nie alleen sou die sloot op plekke 36 voet diep moet wees nie, maar dit sou waarskynlik ook deur klipharde rots moet gaan. Sommige boere in die omgewing het net die kop geskud en die hele plan as malligheid bestempel. Ander het voorspel dat die broers met soveel moeillkheid te kampe sou kry dat hulle gou die werk aan die sloot sou moes’ staak. Diegene wat geglo het dat dit moontlik sou wees om ’n sloot deur die heuwel tegrawe, het gemeen dat die koste so hoog sou wees dat dit nie die moeite sou loon nie.

Maar die twee broers het hulle nie deur skerts en kritiek laat afskrik nie. In 1890 was hulle gelukkig genoeg om die dienste te verkry van twee mynwerkers, George en Bob Batt, van wie se kinders nog op Montagu is.

Alles het nie dadelik voor die wind gegaan nie. Die grondformasie was te los vir so ’n diep sloot en sewe keer het dit toegeval. Elke keer was kosbare tyd daar­mee heen, want dit gaan nie so maklik om ’n hoop grond uit so ’n diep sloot te haal nie. Die ongelowige Thomase het beterwetend geglimlag; het hulle dan nie gese dat dit gekkigheid is om so ’n sloot te grawe nie?

Maar die broers Joubert sou die Thomase nog ’n groter skok besorg. Toe hulle sien dat die grond te los vir so ’n diep sloot is, besluit hulle eenvoudig om ’n tonnel te grawe. Die beterweters het weer begin praat oor die onmoontlikheid van die taak, maar die twee broers het volgehou en kon staatmaak op morele steun van die kant van hul moeder.

The sloot which leads to the tunnel entrance excavated by hand to create the water canal

A maintenance inspection point which gives access to the water pipeline of today

On the way to the tunnel entrance

Picture: Jo Prentice

Abraham opens the tunnel entrance from the eye side.

Picture: Bruce Titus

Abraham explains safety requirements

Picture: Han Gunst

As ’n mens dink aan die ouderwetse metode waarop die tonnel gegrawe moes word, is dit byna ongelooflik dat so iets deur private inisiatief onderneem kon geword het. Die grond moes met ouderwetse katrolle uit die tonnel gesleep word; die gevolg was dat daar vir elke man wat binne in die tonnel’ gewerk het, sewe nodig was om die grond te verwyder. Hoewel los grond die aanleiding vir die tonnel was, het die formasie gou verander en het dit maar barstens deur die rotse gegaan. Dinamiet is slegs op die hardste plekke gebruik; verder is die tonnel die produk van harde werk met pik on graaf.

The tunnel walk

Picture: Estelle Raymond

Some of the tunnel surprises

Picture: Bruce Titus

The tunnel watchman

Picture Jo Prentice

The pipes run under the floor of the tunnel

Nadat twee spanne van tien man elk sestien maande gewerk het, was die tonnel en die sloot gereed. Maar toe was daar nog ’n teleurstelling: hoewel die water nou na die ander kant van die heuwel gebring kon word, was die tonnel te hobbelrig en die val te min om die water maklik te laat vloei. Die gevolg was dat die twee broers daarna vier jaar lank elke jaar na die parstyd met ’n span arbeiders in die tonnel moes werk om die water beter te laat vloei. Later is die dienste van nog ’n kontrakteur, ‘n mnr. John Smith, van Queenstown, gekry. Met ’n span van tien naturelle het hy die sloot dieper en breër gemaak.

Shafts such as this were dug to allow soil to be taken to the surface by hand operated pulley and bucket

Picture: Estelle Raymond

Onderwyl daar aan die sloot gewerk is, het daar betreklik min ongelukke plaasgevind. Hier en daar het mense seergekry, maar in slegs een geval is ’n naturel gedood toe die sloot toegeval het. Dit het die werkers agt dae gekos om deur die sand en klippe by sy lyk te kom. Dit was makllk om vas te stel dat hy onmiddellik gedood is toe die sloot toegeval het. Alles het so vinnig gebeur dat hy geen kans gehad het om weg te kom nie; sy lyk was nog in ’n staande posisie toe dit gevind is.

Die broers Joubert het ook dikwels onder in die tonnel gewerk. Mnr. Abraham Joubert is een keer deur ‘n vallende klip op die kop getref, maar hy het gelukkig ’n hoed op gehad.

Hoewel die sloot en die tonnel vandag nog gereeld skoongemaak moet word — veral na ’n groot reën val daar baie klippe in — het daar nog nie weer ’n ongeluk ge­beur nie. Die gevolg is dat die volk op die plaas gelukkig nie bang is om in die tonnel te gaan nie. Daar bestaan ook geen bygeloof by die volk in verband met die tonnel nie; van hulle is trouens op die plaas gebore en het dus van jongs af daaraan gewoond geraak om daarin te werk.

Volgens mnr. Abraham Joubert het die sloot en die tonnel sowat £3,000 gekos. Vandag sou so ’n tonnel, ten spyte van verbeterde werkmetodes, meer as £8,000 kos.

Die grond wat deur die tonnel onder besproeiing gebring is, moes natuurlik nog bewerk word en het natuurlik nie dadelik groot winste begin oplewer nie, maar die eienaar meen dat die koste van die sloot en die tonnel na sowat tien jaar gedek was. Die grond is die vrugbare aarde langs die Keisies rivier, waar die broers Joubert in een seisoen seshonderd sak aartappels uit sowat drie morg grond gehaal het ook wintergraan het goed op die stuk grond geaard. Toe volstruisvere skielik hoe pryse begin behaal, het die eienaars oorgegaan tot die kweek van meer lusern en die winste wat deur die volstruisboerdery opgelewer is, het gou die koste van die sloot gedek.

Die tonnel is nie die enigste op die plaas nie. In 1912 is by ’n fontein in een van die heuwels ook gegrawe omdat die fonteinwater nie sterk genoeg gevloei het nie Hierdie tonnel loop sowat sewentig tree diep in die hang van die heuwel in. Uit hierdie tonnel loop daar binne in die heuwel nog een wat sowat twintig treë diep is. In sekere opsigte was hierdie tonnel nog moeiliker om te grawe as die eerste, want in die eerste was daar oral lug en liggate. Die tweede tonnel is heeltemal donker van binne, sodat die arbeiders by kerslig moes werk en al die grond by die bek self in plaas van by skagte, soos in die geval van die eerste tonnel, moes uithaal.

The exit from the tunnel

Picture: Jo Prentice

The water now piped on its way to the farm with inspection points clearly visible

Picture: Han Gunst

Aan hierdie tonnel het ’n stuk of agt man onder toesig van ’n kontrakteur sowat ses maande gewerk. Omdat die bek van die tonnel in potklei gegrawe is en die res in harde klip, het dit nooit toegeval nie. Die fonteinwater is sodanig daardeur versterk dat dit die koste geregverdig het. Toe hierdie tonnel aangepak is, was die Jouberts se vriende ook nie weer sinies oor die moontlikheid daarvan nie. Want as ’n man wil, kan hy berge versit.


image_pdfDOWNLOAD PDF