148.Qui-Si-Sana
A stately home of Montagu with a tale to tell

Qui – Si – Sana in the background 1947
Picture: “Transnet Heritage Library Photo Collection”
The property is situated just off the R318 as one leaves Montagu on the way to the Kiesie,Koo and the N1.

Caesar Schlessinger
Picture: Sheila Boswell
Note: Sheila Boswell is UK based and a Schlessinger family member who visited Montagu to see Qui – Si – Sana and collect as much information as she could about the Schlessinger family of Montagu
Caesar and Florence Schlessinger built (somewhere in the late 1930”) and lived in the house they christened Qui–Si–Sana. The house was just outside municipal boundary which caused a stir as the municipality of the day refused water and electricity connections.
“Qui-Si-Sana” is an Italian phrase that translates to” here one is healed” or “here you become healthy”. It was originally the name of a famous resort hotel on the Isle of Capri, and the name has since been adopted by other places, like resorts and restaurants, to convey a sense of well-being and healing
ʼn Uiterste gepaste naam, aangesien die kleurryke paar en hulle vriende elke winter op die landgoed kom deurbring het-om gesondheidsredes en vanweë die feit dat die; dorp die tyd tot ʼn gesondheidsoord verklaar is. Die woning met sy reuse vertrekke wat bestaan het uit ʼn banketsaal met twee handgesnyde kaggels, vier slaapkamers wat elkeen ʼn eie kaggel en badkamer gehad het, was só modern ingerig dat die huis selfs in tyd sou afgeskeep voel nie.
Die gastehuis langsaan het ook drie slaapkamers, elkeen met sy eie kaggel gehad. Saam het die twee wonings elf kaggels gehad. Die huis is gekenmerk deur sy grootte, sy hoë grasdak en die handgesnyde kiaatwerk soos selde in ’n plattelandse woning gevind word.
Local Montagu resident Ernie Oosthuizen recalls that the Schlessinger family then bought a piece of land inside the municipal boundary and built a guest house on the property to qualify for municipal services. The new piece of property had a common boundary with Qui-Si-Sana. Ernie the son of the local Doctor used to accompany his father to Qui-Si-Sana as a child and remembers being treated with ice cream on these visits. Mrs Schlessinger was a patient of Dr. Oosthuizen. Ernie also confirms that the Schlessinger family had a large smart car.


The house in 1947
Pictures: “Transnet Heritage Library Photo Collection”
THE HOUSE GOES UP FOR AUCTION
The auctioneer on the day was Mr. David Sandler

Left to right Johan van Eeden Magistrate, Servaas Hofmeyr (Koffie) Attorney, David Sandler Attorney, Montie Hofmeyr Attorney standing in front of the new magistrates’ court in Montagu which was opened on the 12th November 1971.

Picture and document: Montagu Museum
Ons tyd by Qui – Si – Sana
deur Blackie Badenhorst
18/09/2025
Aangesien dit die enide van 2024 reeds 50 jaar gelede was dat hierdie statige herehuis deur ʼn brand in puim gelê is, beskik ek nie meer oor feite om te voorsien vir my storie nie. Ons gesinnetjie “gewone mense” het slegs vier jaar daar gewoon – gewerk, skoongemaak en gerestoureer. Omdat ons op Januarie 1970 vanaf Greyton na Montagu verhuis het, was ons ook vreemdelinge op die dorp. My man Pieter en ek was boorlinge van Colesberg in die Karoo, ons was albei 26 jaar oud en het 3 seuntjies gehad. Die oudste, Rocco moes skooltoe gaan en ons het besluit Montagu sou ʼn beter skool toekoms bied as Greyton.

Blackie/Piet en hulle 3 seuns
Pieter was die enigste kontrakteur in die Weskaap vir die maak van brandbane vir die Dept. van Landbou en Tegniese Dienste en het 17 tenders gehad wat hy jaarliks moes voltooi . Ons kon enige plek bly waar berge was en daarom was Greyton rustig en stil met sy grondstrate ,geen elektrisiteit en slegs bejaarde inwoners. Piet het hard gewerk, met ʼn span van 84 Transkei – werkers wat hy self gaan uitsoek het in Lady Frere. Om brandbane te maak het behels die skoffel van die paaie en snags die brand daarvan. Hoekom snags? Want daar is geen warrelwinde snags in die berge nie. Sy wekers het nooit in enige dorp gekom nie, hy het kamp laat opslaan op plase en het die nodige proviand voorsien.
Die boere was Piet se vriende en dit was terwyl hy op die plaas Laatsrivier in die Koo, op die plaas van Giela en Sterna Rossouw gewerk het, dat hy die landgoed, Qui – Si – Sana op die bult regoor die Warmbad gesien en dadelik verlief geraak het op die verwaarloosde kasarm van ʼn huis – sonder ʼn baas……..gesien het.
By die Rossouws het hy die verhaal gehoor dat die woning gebou is vir Mev. Florence Schlessinger deur haar man, Ceaser. Sy was ʼn vriendin van Lady Florence Phillips, wat alreeds ʼn woning The Little Sanctuary by die warnbron laat bou het. Florence en haar man Sir Lionel was eienaars van Vergelegen, Somerset-Wes en die Schlessingers se “summer – estate” was Mymering in Muizenberg, ontwerp deur Sir Herbert Baker. Ek het baie gewonder of Baker ʼn aandeel in Qui – Si – Sani gehad het. Die huis is gebou in die Depressie jare deur bekende bouer van Montagu, mnr. Gert Burger wat ongelukkig bankrot geraak het voor die voltooiing van die woning. Die hoofwoning het gestaan op 11 morge Afdelingsraadgrond en die cottage langsaan op 154 morge Munisipale grond – die eierdom was dus geregtig op water sowel as elektrisiteit.
Terwyl ons nog woon op Greyton tref die aardbewing,29 September 1969, die Boland en ook ons op Greyton word nie gespaar nie. Vyf dae later, Saterdag 4 Oktober 1969 ,word Qui – Si – Sana opgeveil. Die eiendom behoort nou aan die weduwee van dr. Charles Kohler, tandarts van die Paarl en later stigter van die KWV. Sy heet mev. Ruby Rowing – Kohler. Piet wil hê ek moet sien hoe lyk sy droomhuis en ons – ek en die drie seuntjies word in die Opelstasiewa gelaai. Oppad na Montagu moet ons eers aandoen by Zolani by Ashton ʼn klein “Bantoe – dorpie“ waar Piet se regterhand en “voorman” Booy Dimon woon. Die “onderhandelinge” duur amper 2 ure en ons arriver baie laat – en voeg ons by 17 mans, feitlik almal nuuskerige boere wat onder die trappe van die massiewe hoë stoep staan. Op die stoep staan die afslaer, mnr. David Sandler. Op ʼn stoel langs hom sit ʼn jong vrou Priscilla Doidge, wat kantoorwerk doen. Dis oor 1 uur mnr. Sandler sê vir oulaas met sy Joodse aksent: “Mense, dié plek moet verkoop word – dit behoort aan die Standard Bank – GEE MY ʼn BOD !! “
Piet draai na my en sê: “Wil jy die plek hê?” en ek sê “ Ek weet nie! Ek het dit dan nog nie eens gesien nie”. “Jy sien dit nou voor jou – sê ʼn getal waarvan jy hou”.
“Twaalf.” sê ek verslae “Het ons so baie geld?”
“Twaalf! roep Piet
“Twaalf wat Meneer? (mnr. Sandler is nou sarkasties)
“Twaalf duisend Rand”!
“Meneer, ek vra ʼn bod vir die huis – nie vir een van die badkamers nie”!
Piet vererg hom bloediglik en almal lag.
“ Wel, jy het gevra vir ʼn bod en ek het vir jou een gegee”.
ʼn Uur later was ons gesinnetjie die eienaars van ʼn “massion” en begin ons bekendstellinge met ons nuwe bure en omstanders: Ek onthou Oom Piet Drie Berge, Oom Ettienne en Wilhelm Jordaan, Johan Jordaan, Roy Bruwer en Sakkie Nel…
Dis dié dag wat ek ʼn Montaguer geword het.

Qui – Si – Sana toe hy nog Montagu se spogwoning was


The original dwelling before the fire had a thatch roof

Een van die pragtige sydeure wat ook verbrand het. Ongelukkig was dit nie moontlik om deure soos hierdie te vervang na die brand nie. Die oorspronklike deure was van kiaat gemaak en uit Frankryk ingevoer.

The fire which was arson and orchestrated by the owner of the day in an attempt to claim insurance money


VAN SPOGHUIS TOT UITGEBRANDE RUïNE
verskyn in die Burger op 17.12.1982
Die afgelope maand was dit agt jaar sedert Qui-Si-Sana, spogwoning van die dertigerjare en destydse eiendom van Caesar en Florence Schlessinger, deur ‘n verwoestede brand in puin gelê is.
Dié praghuis wat op ‘n heuwel regoor die bekende warmbad geleë is en ‘n uitsig oor die hele Baden-vallei het, is deur die Schlessinger-miljoenêrspaar Qui-Si-Sana (‘n plek om gesond te word) gedoop, ‘n uiters gepaste naam aangesien dié kleurryke paar en hulle vriende elke winter op die landgoed kom deurbring het – om gesondheidsredes en vanweë die feit dat die dorp dié tyd tot ‘n gesondheidsoord verklaar is.
Die woning met sy reuse vertrekke wat bestaan het uit ‘n banketsaal met twee handgesnyde kaggels, vier slaapkamers wat elkeen ‘n eie kaggel en badkamer gehad het, was so modern ingerig dat die huis selfs in die tagtigerjare nie sou afgeskeep voel nie.
GASTEHUIS
Die gastehuis langsaan het ook drie slaapkamers, elkeen met sy eie kaggel gehad. Saam het die twee wonings elf kaggels gehad – hierdie swartgebrande skoorstene gee vandag aan die bouval ‘n groteske voorkoms.
Die huis is gekenmerk deur sy grootte, sy hoë grasdak en handgesnyde kiaatwerk soos selde in ‘n plattelandse woning gevind word. Die bouer van die spogwoning was mnr Gert Burger van Montagu.
MODEPATROON
Die Schlessinges het hulle vriendin, Lady Florence Phillips – eienares van die spog-eiendom The Little Sanctuary (Sien skakel aan die einde van die storie as jy meer wil weet), wat vandag die eiendom van die firma Colyn en Meiring is, en direk langs die warmbad geleë is – na Montagu gevolg …… en ‘n nuwe modepatroon vir die dertigerjare is vasgelê.
Die volgende dekade sou ‘n klein dorpie Montagu ‘n statussimbool vir die rykes word, en van die bekendes wat die dorp hul tuiste sou maak, was Francis en Jessica Brett-Young (sien skakel aan die einde van die storie as jy meer wil weet) wat hulle eiendomme in Italië en Frankryk sou opsê vir die atmosfeer en klimaat van Montagu – so ook die Silvermans wat wye belange in die visbedryf gehad het, asook die miljoenêr Hugh Tevis, wie se Kaapse woning Monberaytans vir ‘n paar miljoen rand gerestoureer word.
Vir die ouer geslag herinner Qui-Si-Sana aan die tydperk toe Montagu die kuierplek van die rykes was, toe Lord Tavistock oftewel die hertog van Bedford gedurende die oorlog daar gebly het, Minister Klasie Havenga sy begrotings in die stilte en rustigheid van dié ou woning kom skrywe het…..
Vir die idealis is dit ‘n plek wat ‘n droom restourasieprojek kan word, en vir die seuns van die dorp is dit ‘n plek waar “skatte gejag” kan word, maar vir die ouer Montaguer is dit dié droomplek wat miskien nooit weer herbou sal word nie.
Qui-Si-Sana a shell after the fire and standing for a number of years





THE RENOVATIONS BEGIN 1984
Doortjie and Lochie Gersbach purchased the property in 1984 from a Mr. Liebenberg. Mr Liebenberg was the first owner after the fire. He bought the 66 hectare property from the insurance company and actually started renovations on the guest house. This was not sustained. He was also responsible for having the property subdivided into 5 smaller plots.

The Gersbach family: Lochie, Willemien(voor), Karlien(kleintjie), Anze(agter kleintjie) Hendrik en Doortjie who had a dream and the determination to create a family home and business out of the shell of Qui-Si-Sana

Ouma Gezina (Doortjie’s mother) who was a part of the renovation team.
What prompted Doortjie and Lochie to purchase the derelict property?
They found out that the property would have access to CBR water. According to minutes of a CBR water meeting held on 14 June 1984 the property owners would pay R437 per hectare per year, which is R36.42 per month. As they had a 5 ha allocation, they would have paid R182.10 per month.
The couple felt that with the water allocation they could transform the property into a viable business.

SPOGHUIS HERRYS NA ‘N DEKADE
deur Beula Liebenberg
veskyn in die Worcester Standard & Advertiser – Vrydag 23 Maart 1984
Mnr Hugo Lochner Gersbach, houtwerk-onderwyser aan die Laerskool Montagu, het so pas die pragtige spoghuis Qui-Si-Sana gekoop. Hy en sy eggenote, Doortjie, se hande staan vir niks verkeerd nie en hulle gaan poog om die huis te restoureer soos dit oorspronklik was.
Qui-Si-Sana is werklik een van die platteland se spoghuise en dit is ongelukkig in 1974 deur ‘n brand verwoes met ‘n skade van R100, 000.00
Die huis is geleë op Badshoogte en het ‘n asemrowende uitsig oor die Baden-vallei.


Hierdie Kaaps-Hollandse huis met sy rietdak is in die vroeë dertigerjare deur mnr Caeser en mev Florence Schlessinger laat bou. Die miljoenêr en sy vrou het dit as hul winterlandgoed gebruik, en net in die winter met hulle gaste hierheen gekom. Gedurende die Tweede Wêreldoorlog is die huis deur Lord Tavestock, oftewel die hertog van Bedford wat later eienaar van Waterval in die Paarl geword het, bewoon.
In 1961, na mnr Schlessinger se dood, het sy weduwee die landgoed aan haar vriendin, mev Ruby Kohler, verkoop. Sy was die weduwee van dr Charles Kohler, die stigter van die KWV. Mev. Kohler het die huis ook net in die winter gebruik, en na haar dood het dit baie verwaarloos.
Talle liefhebbers van oudhede kan met smaak vertel van die unieke versameling Schlessinger – en Kohler – oudhede wat laat in die sestigerjare vir ongeveer R3 miljoen te koop aangebied is.

Mr. and Mrs. Kohler
Op 4 Oktober 1969, vyf dae na die aardbewing wat die Noord-Boland getref het, is die huis deur mnr Piet Badenhorst van Colesberg gekoop. Hy het dit begin laat restoureer maar drie jaar later aan mnr L van Niekerk van Melkbosstrand verkoop. Die huis is in ‘n U-vorm gebou en het ‘n besondere gewel. Menige reisiger het dan ook daar vertoef om dit te bewonder.
Die huis en die buitegeboue het saam sewe slaapkamers gehad, elkeen met ‘n luukse badkamer. Die toerusting vir al die badkamers is destyds ingevoer, en die badkamers het na meer as veertig jaar nog goed vergelyk met hededaagse badkamers. In party badkamers het drie van die mure uit spieëls bestaan.
Die pragtige kiaathout-deure met hul handgesnyde krulwerk, die kiaatvensters en -hortjies en die kandelare was alles ingevoer. Die hele huis se vloere was van eikehout.
Saam met die buitegeboue het die huis elf kaggels gehad. Die een in die banketsaal met die hand uit kiaathout gesny, was ‘n meesterstuk.
Die bouers van die oorspronklike huis was die broers Tienie en Gert Burger van Montagu. Hulle het destyds vir £3000 gebou.



The renovation was not limited to the building only. Doortjie and Lochie also created a lush colourful garden for their guests and visitors.


And a new chapter for Qui-Si-Sana starts. Lochies Farm offered accommodation, restaurant and kiosk(Doortjie se Stoortjie) as well as a farm experience for their guests and visitors. The name Lochies Farm came from Jossel Lipschitz the owner of Montagu Springs. The Gersbach and Lipschitz families were to develop a close working relationship where the Gersbach’s would provide an entertainment complex which would be the first choice venue for guests staying at the Montagu Springs.


The second photo top left represents a picture of which Doortjie and Lochie are particularly proud. They encouraged city children who were struggling to speak Afrikaans to visit them for a week, where all parties spoke only Afrikaans in a completely relaxed environment.


Doortjies se Stoortjie selling a variety of things from preserves to popcorn
Farmer Lochie with his iconic hat with feather

The hat was a popular sourvenir for visitors and replica’s were sold at the onsite kiosk Doortjie se Stoortjie

Farmer Lochie still has his hat (2025) but the feather did not last the test of time

Farmer Lochie represented in a painting done by T.O. Honiball in 1989. The Honiballs lived near Qui-Si-Sana and Mrs. Honiball used to buy her milk from Doortjie se Stoortjie.
The first calf born at Qui-Si-Sana



This donkey(above) named Moedersdag was given to Doortjie by Lochie as a mother’s day present

Lochie with a group of guests/visitors

Daughter Anze, Lochie and son Hendrik.
2025: Herinneringe van Hendrik, Willemien en Karlien
Hendrik
Vir my is dit ‘n groot intieme verhaal om op Qui-Si-Sana te kon grootword.
Die ding wat vir my uitgestaan het van Qui-Si-Sana was defnitief die perde wat ons daar gehad het. Daai een staaltjie wat ek net wil vertel het. Toe ons nog die perderitte gehad het en mense kom onder van die bad af (Montagu Springs) om bo by ons te kom perdry. Die eendag toe kom ‘n bussie aan met mense in en die een ou klim uit maar hy het so ‘n lekker paar “teardrop” Rayban aan, kaal bo-lyf, ‘n perdrybroek en ‘n paar perdryboots. Hy het ook ‘n peits in sy hand gehad. Hy slaan die peits so in sy hand en hy se uhm nee maar hy wil die “frisky” se perd he want hy kan perdry se hy, en ek dink wag wag wag vandag gaan ons ‘n ding sien hierso maar ons het so ‘n hings gehad daar. Oubaas was die hings se naam. Hy was vir jou ‘beautiful’ hy het so ‘n rooi – bruin lyf gehad met sulke blonde maanhare. ‘n Regte beautiful perd, maar die perd het ‘n manier gehad wat net hy weet hoe om ‘n persoon vinnig van hom te kon laat af val. Wat hy maak as hy draf of stap en dan val hy net op sy voor knie neer. Dan val die persoon af en dan staan hy net op en loop aan. Nou ry ons so in so veld paadjie. Die perde het nou al redelik die paadjie uitgetrap en die stof is al dik daar, dis sommer redelik dik. Dit is eintlik so ‘n poeierstof. En nou ry ons en nou gee die outjie die perd gas met die peits en hy loop man en ek sien daai hings het nou genoeg gehad. Hy draf nog so en die volgende oomblik toe val hy net op sy knie in die paadjie en daar kom die ou val voor die perd. Man dis net een stofwolk wat so staan en ek kom so stadig nader en soos wat ek so stadig naderkom begin die stof te gaan lê. Hier kom die ou so uit die stof gestap, maar hy het net een glas van die rayban nog in die bril en die ander glas is uit, maar hy is vir jou asvaal – asvaal van die stof. Daar staan hy en hy wil nie weer verder op die perd klim nie. Daar stap die ou toe maar egotjie gebreek. Dit was baie snaaks gewees om te sien. Ha a… ja ma nee een ding wat ek moet se is ek is bly ons het dit gehad en goed want ek voel regtig vandag asof ek “privileged” was om groot te kon geword, daarso in daardie omstandighede. Ons het wonderlike tye gehad daarso en die gekrap in die grond. Ek sal nooit vergeet saam met pa. Agter op die vaaljapie wat ek so op die ploeg moes gesit het vir ‘n bietjie ekstra gewig. Dan ploeg ons daar agter die lusernland, om daar by die perde en daar bo in die hoekie. Dan ploeg ons so as dit skemer raak in die aand. Die reik van die grond! Dis nogal iets wat by ‘n mens bly.
Willemien
Qui-Si-Sana alias Lochie’s Farm
Sjoe, waar begin mens om jou kinderjare-droomhuis te beskryf?
My eerste herinneringe is die Sondae wat ons daar gaan braai het, nog voordat enige bouwerk begin het. Net so, in die ruïne. Die vreugde van ontdek en speel tussen al die ou rommel en skatte soos ons dit gesien het. Die planne wat gemaak is, die vordering en groot besluite wat geneem moes word.
Van my beste herinneringe was die diere. Die legion gewone en ongewone diere wat ons gehad het. Ek kon net nie genoeg kry nie, ek kon nie in die middae vinnig genoeg my skoolklere uittrek om die bokke en hul boklammers veldjie toe te vat nie. Ons het ure daar gespeel, in die veld (ons het dit ons natuurtuin genoem) die blommetjies bestudeer, voëltjies gesoek en mostuintjies vir die feëtjies gebou. Ek was telkemale in die moeilikheid oor huiswerk wat nie gedoen is nie, dan sê ek net eenvoudig vir die juffrou ek was te besig op die plaas om by huiswerk uit te kom. Dit was die waarheid. Te besig om plaaskind te wees, te besig om met bokke, varkies, ponies, donkies, hasies en kalwers te speel. Huiswerk? Laaste ding op my lys.
Tot vandag toe is ek nie spyt oor een enkele minuut wat ek in die veld kon spandeer nie.
Ons het baie hard gewerk, ek weet. My maat se ouma het altyd gesê ons klomp Gersbach kinders kén van werk. Ek dink nie ons het van beter geweet nie… Ons moes help met aartappels (of was dit patats?) optel na Pa die land geploeg het. Ons het uie in bossies geknoop en opgehang…. Ons moes regstaan as kelners by funksies. Almal het hul takies gehad. Dis hoe dit was. Ons voorbeeld wat deur Mamma en Pappa gestel was, was dit. Ja, ons het hulle soms vermy om net gou bietjie te gaan speel…. Maar ek is seker alle kinders was al daar.
Nog herinneringe wat uitstaan is beslis Moedersdag ons donkie wat saam met ons in die huis grootgeword het. Die sagste plekkie net bo die bolip en onder die neugat is steeds een van my gunsteling plekkies om ‘n donkie te soen.
Ek onthou my heel eerste weddenskap was op die plaas. Soggens voor skool moes ons die rondtes doen… diere voer, kalwers melk gee… Ek sien toe die een ooi wat op die lysie is vir slag die naweek gaan lam. Ek noem dit aan my pa. Nee, sê hy. Daardie ooi is nie dragtig nie. Ek moenie bekommerd wees nie. Net daar en dan wed ek hom ‘n hele R2 dat die ooi die naweek gaan lam, ons moet asseblief wag voor sy geslag gaan word. Sowaar as vet! Daar lam die ooi daardie nag. Groot was die vreugde die volgende oggend toe ek reg was én R2 ryker was. Ek wonder steeds tot vandag toe of my pa my maar net so bietjie wou toets en of hy eintlik regtig self ook geweet het die ooi gaan lam.
Ons gang was lank. LANK. Wanneer daar riller-rolprente gemaak word met ‘n lang donker gang, verbeel ek my altyd dit was ons plaashuis. In die dag, geen probleem. Jy huppel in daai gang af, rol lemoene vir mekaar om hul sag te maak om lekker sap te kan uitdruk….
Saans was ‘n ander storie. Ek self was ongelooflik bang vir die donker gang. Jy hardloop soos blits daar af na ons kinders se kamers toe… jou knieë raak amper jou ore! Nodeloos om te sê, die grootste vreugde was dan ook om jou sibbe skrik te maak wanneer hulle saans in die gang moes af…. Jy staan daar en bibber van vrees, maar byt vas, want om iemand letterlik te sien hop soos hul skrik is iets anders. Klappe is uitgedeel a.g.v. die skrikmakery, maar dit was beslis die moeite werd.
Herinnering wat alles kroon?
Veldjie-braaie.
Wanneer ons Sondae alles oppak en in ons eie Natuurtuin gaan vuurtjie opsteek en ietsie braai. Tot vandag nog, is dit my grootste bederf. Ek kan nie onthou wát ons gebraai het nie. Ek weet net die vuurtjie in die veld, die samesyn, die honde en bokkies saam met ons in die veld is iets wat ons skatryk gemaak het. Qui-Si-Sana het my gevorm saam met my ouers. My sibbe en my Ouma.
Wat ‘n fantastiese voorreg om deel van daardie huis se storie te kan wees.
Karlien
Op die plaas Qui-Si-Sana het die dae altyd soos somer gevoel, al was dit soms winter. My kinderjare daar was ’n mengsel van stof, lag en die sagte gerinnik van perde in die verte. Elke oggend het ek wakker geword met die son wat oor die veld opkom – daardie goue lig wat deur die gordyne breek en beloof: vandag wag daar weer avontuur.
Ná skool was daar nooit tyd om lank binne te bly nie. My tas is net in die hoek neergesit, en dan was ek alweer buite. My skoene het skaars die vloer geraak voor ek op die perd se rug gespring het.
Die plaas was vol mak diere, elkeen met ’n naam en ’n persoonlikheid. Daar was die bloukraanvoël wat vir Oupa Isak gevolg het soos ’n hond, en die meerkatte wat oral agter ‘n bos opduik. Hulle was nie net diere nie — hulle was vriende, deel van my wêreld, deel van my kinderjare se stories.
Wanneer die son sak, en die lug vol goud en rooi kleure trek, was dit gewoonlik eers dan wat ek terug huis toe is — moeg, maar gelukkig.
En tog was daar nog werk om te doen. Ek het saam met Ma en Pa gehelp in die plaasrestaurant, waar die reuk van vars brood en bobotie altyd in die lug gehang het. Die mense het gekom vir kos, maar gebly vir die warmte van ons gesin se gasvryheid.
Wanneer Pa die trekkertrippe moes doen, het ek dikwels saamgegaan of gehelp in Doortjie se Stoortjie, waar daar altyd iets te doen was — pak, sorteer, gekleure popcorn verkoop en lekker lag. Dis daar waar ek geleer het dat werk nie straf is nie, maar trots; dat hande wat hard werk ook hande is wat kan liefhê.
Op Qui-Si-Sana was elke dag vol lewe en stories. Dit was ’n plek waar kindwees en verantwoordelikheid hand aan hand geloop het — waar ek grootgeword het met die son op my gesig, diere aan my sy, en ’n familie wat saam gewerk en saam gedroom het.

Daughter Willemien entertaining guests/visitors with pony cart rides


Catering for a function
Visitors from Montagu Springs on their way to Qui-Si-Sana



The garden a pride and joy for Doortjie


Jan Kiewiets, Doortjies right hand man for more than 33 years who helped her maintain the garden at Qui-Si-Sana and also worked part time with her at her new home after Qui-Si-Sana was sold






This pergola was found on the property and refurbished and forms a backdrop for this wedding picture of Anze and Riaan
2025: Anze se kinderherinneringe
Qui si sana / Lochies Farm
Die storie het vir ons begin met ‘n murasie en ‘n droom. Ons het almal gehou van die idee om op ons eie stukkie plaas te kan bly en nog steeds het ons al die voordele van so naby die dorp te wees.
Van murasie na spo plek het beslis nie oor nag en sonder bloed en sweet gekom nie. Daar is bitter bitter hard en vir baie jare gewerk. Daar was verskeie briljante planne om die opbou en gesin aan die gang te hou. Daar was trekker trips, perdry, Doortjie se Stoortjie, groepe wat kom eet het, daar is geboer met ʼn klomp goed van lusern, patats, sampioene en ek onthou ook stink goed wat in klein wit koevertjies gesit moes word. ALLES is probeer, die goeie is gehou en die ander is laat gaan.
Ons kinders is ingetrek en deel gemaak van alle planne en projekte. Wat ons toe natuurlik as “child labour” wou afmaak. Maar vandag weet ons dat dit die grootste voorreg was en die beste lewenslesse daar geleer is. Ons het elkeen ‘n arsenaal vol ongelooflike stories en herrinerringe, om nie eens te praat van die band tussen ons nie.
Ma en pa het ons geleer om ons kant te bring maar ook hoe lekker dit is om jou eie geld te verdien. Hulle het ons dan ook die geleenthede daarvoor gegee.
Elkeen het sy take gehad, of dit nou was om te help met koeksisters vleg of donkie ritte uit vat. Ons het gou geleer dat as jy inval by die dinge waarvan jy meer hou jy dalk van die minder opwindend take kan vry gespring.
Ek was nie so goed met die diere soos die res van my gesin nie, maar dit het dan weer gemaak dat ek met ander dinge kon besig wees. Ek was mal daaroor om saam met my pa in die werkswinkel te woel en goedjies te maak. Hy het ook raamwerk gedoen en prente geblok. Dit was lekker gesels tye. Hier kon jy die waters toets as jy dinge het wat in jou kop rond maal. Ek koester tot vandag nog geselsies wat ons gehad het terwyl ek die prent net reg moes hou en laat sak sodat hy dit sonder blase kom vas vryf.
Jan Kiewiet en Mod hulle was so oud soos ons. Ons het lekker saam met hulle gewerk en saam saam het ons groot geword op ons eie plaas. Jan Kiewiet het naby ons gebly maar later het almal die huis verlaat. Hy was ma se regterhad en het haar liefde vir die tuin en grond gedeel. Saam het die 2 van hulle daai hele paradys van ‘n tuin opgebou en instand gehou. Ma met die randsnyer waaraan niemand mag raak nie en Kiewiet altyd naby besig om te werskaf. Kiewiet was maar altyd deel van ons lewe daar op ons plaas. My gunsteling 2 herinneringe aan hom is toe ek vir die hoeveelste keer kom hulp soek om te trek se hy vir my: ”Antjie jou goed gaan een van die dae self op die trok begin spring.” En sy reaksie toe ek vir hom jare later ons 2ling babas wys. Hy se : “Antjie begin jy hulle nou so in die groepe kry.”
Maar dit was darem nie alles net werk nie, ons het gespeel en gekuier soos net ‘n klomp sorgelose kinders kan. Ons het boshuise in die natuurtuin gebou en die veld verken op ons perde. Ons het altyd vriende by ons gehad. Daar was altyd pelle wat kuier. Een Sondag middag moes ek baie stil my Pa baie benoud gaan roep want die ponie het Jacques se oogbank oop geskop.(vir ma het jy nie op ‘n Sondagmiddag gepla nie, nie eens vir bloed nie…) ook nie as jy fudge maak in haar splinternuwe mikrogolf en die blou plastiek bak en die fudge alles saam uitloop as jy die deurtjie oop maak nie.
Sondae middae was rus tyd vir die grootmense wat heel naweek hard gewerk het om al die toeriste gelukkig te hou. Ma het bont gestaan met etes vir al die groepe en pa het die trekker trips gedoen. Daar het hy met ‘n lekker laggie vir die mense vertel hy boer eintlik met kinders. Dit was nie vir ons snaaks nie, want die mense het nie geweet hy is eintlik ‘n wonderlike onderwyser nie. Na almal weg is het Ma die stoortjie weer opgevul, al die oorskiet uitgeskep en bietjie ontsnap na haar naaldwerkkamer met ‘n glasie Coke.
Ma se naaldwerkkamer was waar jy gaan sit as jy haar aandag wou hê, daar was sy rustig en aan die mooi goed maak.
Boeta se pelle wat hy huistoe gebring het, het later my en Willemien se mans geword. Riaan het my daar op ons eie plaas gevra hoekom trou ons nie maar nie. Toe Ma- hulle dit hoor was dit ‘n storie en ‘n half. Ons moes eers wag, die tuin was glo nog nie reg nie en die huis moes eers geverf word. Hulle het ons ‘n jaar lank laat wag. Maar dit was die mooiste plek om ons onthaal te hou en ons lewe saam te kon begin.
Daar is net een ding waaroor ek spyt is en dit is dat ons kinders dit nooit geken het nie.

The family including Ouma enjoying a meal once again at Qui-Si-Sana

The Accomodation

The guest dining area which could seat 60 people



The Gersbach family sold Qui-Si-Sana in 2002. They moved just down the road from Qui-Si-Sana to a smaller property where they still live today (2025)
An anecdotal story with a saucy twist
Doortjie recalls that some time before the fire Qui-Si-Sana was used as a performance venue for Glenda Kemp and her python Oupa. This was a ticket and men only performance. The story goes on to say that many Montaguers believed the fire was a punishment for the building hosting an adult show
Glenda Kemp and her python were an extremely controversial performing team during the 70’s in South Africa.
All pictures unless otherwise mentioned come from the Gersbach collection
Lochie dink terug
31 December 2025
Drome!!
Wat is die lewe sonder drome? Van die grootste vreugdes is as in mense se drome waar word.
Die liewe Vader stuur vir my die wonderlikste en gelowigste vrou, wat ek in werklikheid nie verdien nie.
Saam droom ons. Ons besit en dat ons ideale gegrond is op die ouerhuise / plase waar ons groot geword het. Dagdrome lei baie maal na werklikhede. Veral as jy en jou ander helfte onvoorwaardelik in mekaar glo.
Regoor ons huis, van daardie tyd was ‘n kassarm van ‘n ou huis wat afgebrand het.
Doortjie dink terug
31 December 2025
Ons is in die helfte van 1970 getroud. Omdat ons albei op ‘n plaas groot geword het, het ons gedroom om ons kinders ook die wonderlike voorreg te gee. Die pragtige herehuis Qui-Si- Sana het oorkant die pad op ‘n klein bultjie gestaan. Ons kon dit die heel tyd sien. Op 25 November 1975 gebeur die tragiese ding dat die huis afbrand. Vanaf ons stoep kon ons fotos neem van die gebeure.
Tien jaar het verloop en die spookhuis staan daar. Die CBR besproeingsskema begin en skielik is daar ‘n moontlikheid vir water. Die eienaar van die murasie mnr. J. Liebenberg stem in om dit aan ons te verkoop vir R40 000.00. Sjoe dit was baie geld. Ons kan die erf langs ons verkoop en kon die murasie koop. Dit was vroeg 1984. Geen bouer in Montagu sien kans om vir ons te bou nie, want dis ‘n spookhuis! Mnr. Simon van Ashton sien kans! Dinge val mooi in plek. Ons kry ‘n spesiale kwotasie vir ‘n staandak met teels – so ons kan die mooi gewel en voorkant bebou. Ons kry ook ‘n lening by die bank. Lochie maak die buitedeure en vensterrame en ek hekel woes gordyntjies vir die voorste vensters. Elke oggend vat ek en Karlien (2 jaar) met die stootwaantjie die klipperige bult aan. Aanvanklik steur die bouer horn nie om instruksies van my te ontvang nie – ‘n vrou, nee! Na ‘n paar foute wat hy moes regstel wanneer Lochie in die middag opdaag, het dinge verander en het ons twee lekker saamgewerk. Op 22 September 1984 betrek om die huis. Ek sal nooit daardie ervaring vergeet nie – drome word waar!! Ook begin baie harde werk vir ons. Die kinders het emmers vol rommel opgetel – waarvoor ek moes betaal! Binne ‘n kort tydtjie het ‘n park van ‘n tuin begin groei en die diere het ook aangegroei. In 1985 kom woon my moeder, ouma Gezina, permanent by ons. Ons begin ‘n toeriste bedryf in samewerking met Montagu Springs. Perdry ritte met 6 perde, plaastoere met ‘n jeep en 2 waentjies (plek vir 50 persone) etes in-die restaurant (60 mense kan sit) en selfsorg huisies was die begin. Elke kind het sy of haar afdeling gehad en ons het almal hard saamgewerk. Dit was harde werk, maar sooo vervullend. Lochie het die waentjies gesweis en gemaak. Dis waar ek ook geleer het om te sweis. Die sitplekke het ons stoffeer en ek moes die kussings stik.
Die appelkoosbome het gegroei en skielik was nog ‘n projek daar. Terwyl Lochie soggens by die skool was, het ek die Dyna bestuur en appelkose na die afsetpunt geneem. Baie male het die plukkers gedros en moes ons en die kinders self die appelkose gepluk kry. Daarna het die sampioenboerdery ook gekom. ‘n Groot skuur en koelkamer is opgerig. Dit het goed gegaan totdat ons voorsiener van die spore nie meer kon help nie.
Daar was ook nog die vakansiekinders wat in die skoolvakansies vir ‘n week op die plaas kom deurbring het (10 van hulle op ‘n slag). Ons doel was om Engelse kinders uit die Kaapse skiereiland te help om Afrikaans te leer. Dit was ook een van ons kinders se take om hulle besig te hou met speletjies, perdry en uitstappies.
Deur al hierdie werke deur, was dit vir my persoonlik die vrugbaarste tyd met my kwiltwerk. At my vrye tyd het ek in my naaldwerkkamer deurgebring. Intussen het ek begin met kwilt klasse. Ons het seifs ‘n paar kwiltuitstallings in die tuin gehou.
Een van my groot liefdes was my tuin. Dit het intussen gegroei tot ‘n groot lushof met groot borne. Die grasperke se rande was my werk om netjies te sny met die randsnyer. Dan het Jan Kiewiet (my regterhand en 5de kind) agterna gekom met die grassnyer. Hy kon later my gedagtes lees!
Byna 20 jaar het hopeloos te vinnig verby gevlieg! Wat ‘n ongelooflike voorreg om daar op Qui-Si-Sana te kon woon en werk. Alle dank aan ons Hemelse Vader vir krag, genade, voorreg, goeie gesondheid en wonderlike mense saam met ons om-dit te kan doen.
Na ons was die eienaars Les en Caroline Clover en hul seun Oliver.
Daarna was daar Willie en Christel Olivier en hul 6 seuns.
Ek wil graag die huidige eienaars Randolph en Everlyn Houthoofd gelukwens en bedank dat hulle die eiendom so mooi maak en versorg. Hulle bedryf dit as ‘n boetiek hotel en spa met die naam Pjure.
Vir ons sal dit altyd Qui-Si-Sana wees. Daar het ons geestelik en fisiese gesondheid beleef. Dit wat die naam Qui-Si-Sana beteken.
Dit was 25 November vanjaar (2025) presies 50 jaar dat Qui-Si-Sana afgeband het. Die sirkel is voltooi! Vandag staan die pragtige herehuis nog daar met ‘n splinternuwe baadjie wat vir ons baie genot en vreugde verskaf. Weer soos voor 1975 kan ons elke dag daarna kyk.

The property in 2025 now operating as a Hotel and Spa. At this point in time Qui-Si-Sana has had nine owners since it was built
Thank you Doortjie and Lochies and your family for sharing your information and making the story personal.
Please use the links below if you would like to see more about Santici or The Little Sanctuary
