145.Rietvlei 2
Mense van Montagu: Die Joubert’s van Rietvlei 2
English version follows
(Die galery volg)
Interessante Kykie in die Geskiedenis van die Jouberts

JOZUA PETRUS JOUBERT en SUSANNA CATHARINA MARIA (geb. BURGER)
DIE LANG PAD UIT FRANKRYK – 1688
Met die vlug van die Franse Hugenote uit Frankryk na omliggende Protestantse lande het die Here XVII (Die direkteure van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie) dit as ʼn ideale geleentheid beskou om die getalsterkte van die Kaap koloniste met Hugenote aan te vul. Die nedersetting in die Kaap was maar 30 jaar oud. Die blanke bevolking in 1688 was maar slegs 573 siele. Waarvan 254 mans, 88 vroue en 231 kinders.
Gunstige voorwaardes is toe aan die Hugenote gestel. Hulle sou niks vir hul reis na die Kaap betaal nie en hier plase verniet kry, so groot as hulle kon benut. Vee, saad en landbou gereedskap sou op krediet en teen kosprys aan hul verskaf word. Hulle moes egter minstens 5 jaar aan die Kaap bly.
Daar word aangeneem dat die Franse Hugenote nie meer as 150 was nie. Hulle het aanvanklik baie gesukkel omdat hul nie waens en gereedskap gehad het nie. Die invloed van die Franse Hugenote op Suid-Afrika word dikwels oordryf.
Hulle het egter ʼn betekenisvolle bydrae tot die getalsterkte gemaak. In 1689 het die Franse Hugenote ongeveer 20% van die blanke bevolking uitgemaak.
Onder die boere was PIERRE JOUBERT wie se nageslag- diep spore in Suid-Afrika getrap het. Pierre, van De La Motte – d’Aigues, in Provence, Frankryk, het op 23 jarige leeftyd in 1688 met die skip “BERG CHINA” na Suid-Afrika gekom. Sy eerste vrou, Susanne Reyne de la Roque, is op weg van Frankryk oorlede en voor sy aankoms hier is hy met ISABEAU RICHARD in die eg verbind. Seker ‘n bietjie gou maar die bruide was seker volop op die skip en hoe sou hy tog in die vreemde land so sonder ʼn vrou regkom. Aan die Kaap was daar hoeka net een vrou vir elke drie mans.
Die naam van sy eerste plaas, wat hy in 1695 bekom het, was “Bellingkamp”. Hy was ʼn vermoende man en het een van die groot grondbesitters geword wat heelwat plase gehad het. Hy is in 1732 oorlede en was vader van 10 kinders. Pierre en Susanne se agste kind GIDEON is getroud met MARGARITE de VILLIERS, hul het in die Drakenstein omgewing gebly en het 5 kinders gehad. Gideon en Margarite se derde kind, GIDEON, gebore op 28.05.1730 is op 19.12.1751 met HESTER du TOIT getroud en later weer op 03.03.1776 met MARTHA MARIA MöLLER.
Gideon en Hester, woonagtig in die Swellendam omgewing, het ag kinders gehad. Die derde kind, JACOBUS FRANCOIS, is op 04.01.1756 gebore. Hy is op 26.04.1778 met SARA SUSANNA MÖLLER getroud. (is deur sy kneg vermoor.)
Jacobus en Sara het twaalf kinders gehad. Vyf seuns en sewe dogters. Die jongste was ‘n seun JOZUA PETRUS, hy is op 16.12.1799 gebore en is met SUSANNA CATHARINA MARIA BURGER getroud. Jozua het na MONTAGU verhuis en as wamaker op die plaas Die Erf gebly. Hy het later die hele RIETVLEI No 2 gekoop. Aanvanklik het hy ‘n huis in die omgewing van die klipkrale by wyle Ton Joubert se huis gebou. Die sesgewelhuis waar Dawid Joubert tans bly, is in 1843 gebou.
DIE HERBEGRAWING VAN DIE OORSKOT VAN JOZUA EN SUSANNA
MONTAGU. 4 Okt. 1941. — ʼn Skare van familiebetrekkinge van oor die hele land asook ander belangstellendes het vandag op die plaas Rietvlei II vergader om die stoflike oorskot van die grafkelder op die plaas van mnr. Dawid Joubert waar dit meer as 70 jaar gerus het in ʼn grafkelder wat die verwering van die jare nie meer kon staan nie. Dit is oorgebring na die Jouberts se familiekerkhof op die plaas van mnr. Ben Joubert. Hierdie kerkhof is per kaart afgesny van die res van die plaas om altyd te dien as ʼn familie-begraaf- plaas.
Die skare het eers vergader by die huis van mnr. Ben Joubert, waar ds. Unio Joubert (wat spesiaal vir dié doel doel van Kuruman, waar hy tans hulpprediker is, gekom het) die diens gelei het. By ʼn tafeltjie waarop gepryk het die ou familie statebybel , wat vir sover vasgestel kan word dateer van 1748 en nog ongeskonde is, het hierdie agter kleinseun sy Afrikaanse Bybeltjie oopgeslaan en gelees uit Deut. 34. Hy het daarop gewys dat daar taferele uit die Bybel is wat mens na die eerste kennismaking nooit weer vergeet nie. So is daar byvoorbeeld, Job op die ashoop en Moses op Nebo. Wat ons tref in die lewe van Moses, tref ons in die lewens van bvna alle groot manne en dis daardie onvoltooidheid. Moses het die volk gebring tot by Kanaӓn, maar moes hier wegdraai na ’n veel heerliker Kanaӓn. ʼn Ander moes sy werk voortsit. Dawid het die materiaal vir die tempel vergader, maar self nooit die tempel gesien nie. ʼn ander moes dit bou. So het ook nog baie gevalle uit die Bvbel en uit die geskiedenis genoem. Met ons voorouers was dit ook die geval. Ons weet ’n bietjie van groot dinge wat hulle tot stand gebring het. Maar hoe baie dinge is daar wat hulle wou doen, maar wat ons nooit van sal weet nie omdat ook hul son in die middel van hul werksaamhede ondergegaan het. Die lewe van die mens is soos ʼn mooi boek wat ons lees, maar as ons die laaste blad omslaan, dan sien ons “word vervolg” Na ’n eeu het ons nog getuienis van die mooi dinge wat ons voorouers gedoen het. Hulle het vir ons gebring tot by Kanaӓn; ons woon nou daarbinne. Ons het nou die bewyse dat hulle nie tevergeefs vir hul ideale gely het nie,
BY DIE KERKHOF
Nadat die slotgebed deur ds. G. A. Weich gedoen is het die stoet na die familiekerkhof gegaan waar die gebruiklike herbegrafnisformulier deur dr. D. J. Louw gelees is en waar eerw. C. J. Venter ‘n gebed gedoen het. Van daar is die stoet weer na die woonhuis van mnr. Dawid Joubert wat deur die ou stamvader self gebou is. Op die voorgewel staan die datum nog 1843 met die voorletters J. P. JB.
Hier het dr. Louw ’n paar gedagtes uitgespreek na aanleiding van die woorde: “Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën.” Hierdie ou tipe Afrikaners met hul Godsvaste. kerkvaste en Bybelvaste beginsels is vinnig besig om te verdwyn, maar hul nagedagtenis duur voort en word eerder sterker met die jare.
Daarna is een en ander uit die lewe van die stamouers vertel deur dr.Louw, mnre. Abraham Joubert en Dawid Joubert. Laasgenoemdes is neefs en kleinkinders van die oorledene.
SY LOOPBAAN
Jozua Petrus Joubert was die jongste van ʼn gesin van twaalf. Hy is op Franschhoek gebore, maar hulle moes vroeg al na die distrik Swellendam verhuis het, waar meeste van die kinders se name in die doopregister voorkom. Sy lewenspan het getrek van 16 Des. 1799 tot 16 Aug. 1865. Hy was getroud met Susanna Catherina Maria Burger van die Burgers van die Koo (Geb. 1 Apr. 1809, oorlede 20 Julie 1867). As wamaker het hy hom kom vestig op die plaas De Erf ongeveer drie myl uit Montagu, waar mnr. Dawid Burger tans woon. Daar het hy ʼn welvarende wamakery opgebou en moes self sy waens by die kopers bring. Hierin was sy seuns hom behulpsaam en het dikwels lang togte ondemeem wat soms tot by Aliwal- Noord gegaan het. As ouderling in die kerkraad van Swellendam het hy hom begin beywer vir die afstigting van Montagu. Later is hy as lid van n kommissie benoem om ʼn geskikte plek uit te soek. Die plaas Uitvlug waarop die huidige dorp Montagu aangelê is, is gekies en gekoop. Saam met ander dinge wat hulle later aan die nuut gekose kerkraad van Montagu oorhandig het, was ook die som geld van 9/- in kontant. Intussen het hy die huis op Rietvlei 2 gebou om ook to dien as kerk. ’n Vertrek in die huis is later ook ingerig as hofsaal waar hy as vrederegter sake verhoor het.
GE-EERDE BESOEKERS
In hierdie selfde huis het president Kruger en genl. Piet Joubert (’n neef van die oorledene kort voor die Eerste Vryheidsoorlog “(16 Des. 1880 tot 23 Maart 1881)” ’n afvaardiging van die Westelike Provinsie ontmoet om diplomatieke sake te bespreek. Van hier is die afvaardiging na Montagu waar hulle ʼn eetmaal aangebied is aan die huis van mnr. D. J. Burger (Jouberthuis), wat nou nog in Langstraat te sien is.
Naas sy wamakery en openbare werksaamhede het mnr. Joubert ook nog ‘n florerende perdboerdery gehad op die Waboomsberge. newens sy ander boerdery van vee en landbou.
Onder die familiebetrekkings wat van ver gekom het vir die plegtigheid. was mej. Johanna Rossouw (Kakamas). mnr. Josua Joubert (Kuruman). mnr. en mev. Gideon Joubert (Barkly-Wes) en hul seun. ds. Unio Joubert (Kuruman). mnr. en mev. J. van Schalkwyk en kinders. van Touwsrivier.
English Version
An Interesting Look into a piece of History about the Rietvlei 2 Joubert’s
THE LONG ROAD FROM FRANCE – 1688
(The gallery follows)
With the flight of the French Huguenots from France to surrounding Protestant countries, the Lords XVII (the directors of the Dutch East India Company) saw it as an ideal opportunity to supplement the numerical strength of the Cape colonists with Huguenots. The settlement at the Cape was only 30 years old. The white population in 1688 was only 573 souls. Of which 254 men, 88 women and 231 children. Favorable conditions were then set for the Huguenots. They would pay nothing for their journey to the Cape and would be given farms here for free, as large as they could use. Livestock, seed and agricultural tools would be provided to them on credit and at cost price. However, they had to stay at the Cape for at least 5 years.
It is believed that the French Huguenots numbered no more than 150. They initially struggled greatly because they lacked wagons and tools. The influence of the French Huguenots on South Africa is often exaggerated.
However, they made a significant contribution due to the strength of their numbers. In 1689, the French Huguenots constituted approximately 20% of the white population.
Among the farmers was PIERRE JOUBERT, whose descendants left deep traces in South Africa. Pierre, from De La Motte – d’Aigues, in Provence, France, came to South Africa in 1688 at the age of 23 on the ship “BERG CHINA”. His first wife, Susanne Reyne de la Roque, died on the way from France and before his arrival here he was married to ISABEAU RICHARD. Probably a bit soon but the brides were probably plentiful on the ship and how would he manage in such a foreign land without a wife. At the Cape there was only one woman for every three men.
The name of his first farm, which he acquired in 1695, was “Bellingkamp”. He was a wealthy man and became one of the great landowners who had many farms. He died in 1732 and was the father of 10 children.
Pierre and Susanne’s eighth child GIDEON married MARGARITE de VILLIERS, they lived in the Drakenstein area and had 5 children.
Gideon and Margarite’s third child, GIDEON, born on 28.05.1730 married HESTER du TOIT on 19.12.1751 and later married again on 03.03.1776 to MARTHA MARIA MÖLLER.
Gideon and Hester, living in the Swellendam area, had eight children. The third child, JACOBUS FRANCOIS, was born on 04.01.1756. He married SARA SUSANNA MÖLLER on 26.04.1778. (was murdered by his servant.)
Jacobus and Sara had twelve children. Five sons and seven daughters. The youngest was a son JOZUA PETRUS, he was born on 16.12.1799 and married SUSANNA CATHARINA MARIA BURGER. Jozua moved to MONTAGU and lived as a wagonmaker on the farm DIE ERF. He later bought the whole of RIETVLEI No 2. Initially he built a house in the vicinity of the stone kraals near the late Ton Joubert’s house. The six-gabled house where Dawid Joubert currently lives was built in 1843.
THE REBURIAL OF THE REMAINS OF JOSHUA AND SUSANNA
MONTAGU. 4 Oct. 1941. — A crowd of relatives from all over the country as well as other interested parties gathered today on the farm Rietvlei 2 to oversee the transfer of the Joubert family members from a tomb on the farm of Mr. Dawid Joubert where they had been resting for more than 70 years in a tomb that could no longer withstand the weathering of the years. They were transferred to the Jouberts’ family cemetery on the farm of Mr. Ben Joubert. This cemetery ground area has been legally separated from the rest of the farm to always serve as a family burial ground.
The crowd first gathered at the house of Mr. Ben Joubert, where Rev. Unio Joubert (who had come especially for this purpose from Kuruman, where he is currently an assistant minister) conducted the service. At a small table on which was displayed the old family state bible, which as far as can be determined dates from 1748 and is still intact, this great grandson read the Afrikaans Bible from Deut. 34. He pointed out that there are scenes from the Bible that one never forgets after the first reading. For example, there is Job on the ash heap and Moses on Nebo. What we encounter in the life of Moses, we encounter in the lives of all great men, for example the concept of incompleteness. Moses brought the people to Canaan, but had to turn away from there to a much more glorious Canaan. Someone else had to continue his work. David gathered the materials for the temple, but never saw the temple himself. Someone else had to build it. Many other examples are also mentioned from the Bible and from history. It was the case with our ancestors as well. We know a little about the great things they accomplished. But how many things there are that they wanted to do, but which we will never know about because their sun also set in the middle of their activities. The life of man is like a beautiful book that we read, but when we turn the last page, we see “to be continued.” After a century, we still have evidence of the beautiful things our ancestors did. They brought us to Canaan; we now live in it. We now have the proof that they did not suffer in vain for their ideals.
AT THE CEMETERY
After the closing prayer was said by Rev. G. A. Weich, the procession went to the family cemetery where the customary reburial form was read by Dr. D. J. Louw and where Rev. C. J. Venter said a prayer. From there the procession went back to the house of Mr. Dawid Joubert, which was built by the old ancestor himself. On the gable the date 1843 still stands with the initials J. P. JB.
Here Dr. Louw expressed a few thoughts based on the words: “The memory of the righteous is a blessing.” These old type of Afrikaners with their God-fearing, church-fearing and Bible-fearing principles are rapidly disappearing, but their memory continues and rather grows stronger with the years.
Afterwards, stories from the lives of the ancestors were told by Dr. Louw, Messrs. Abraham Joubert and Dawid Joubert. The latter are cousins and grandchildren of the deceased.
HIS CAREER
Jozua Petrus Joubert was the youngest of a family of twelve. He was born in Franschhoek, but they must have moved early to the Swellendam district, where most of the children’s names appear in the baptismal register. His life span stretched from 16 Dec. 1799 to 16 Aug. 1865. He was married to Susanna Catherina Maria Burger from the Koo Burgers (Born 1 Apr. 1809, died 20 July 1867). As a wagonmaker he settled on the farm De Erf which is about three miles from Montagu, where Mr. Dawid Burger currently lives. There he built up a prosperous wagon making business and had to also deliver his wagons to the buyers himself. His sons helped him in this and often undertook long journeys that sometimes went as far as Aliwal-Noord. As an elder in the church council of Swellendam, he began to campaign for the secession of Montagu. Later he was appointed as a member of a commission to find a suitable place. The farm Uitvlug on which the present town of Montagu was laid out was chosen and purchased. Along with other things that they later handed over to the newly elected church council of Montagu, there was also the sum of 9/- in cash. In the meantime he built the house on Rietvlei 2 to also serve as a church. A room in the house was later also set up as a courtroom where he heard cases as a justice of the peace.
HONORED VISITORS
In this same house, President Kruger and Gen. Piet Joubert (a cousin of the deceased) met a delegation from the Western Province shortly before the First War of Independence “(16th Dec 1880 to 23rd March 1881)” to discuss diplomatic matters. From here the delegation went to Montagu where they were treated to a meal at the house of Mr. D. J. Burger (Joubert House), which can still be seen in Langstraat.
In addition to his wagon making and public activities, Mr. Joubert also had a thriving horse farm on the Waboomsberge, in addition to his other livestock and agricultural farming.
Among the family relations who came from afar for the ceremony. were Miss Johanna Rossouw (Kakamas). Mr. Josua Joubert (Kuruman). Mr. and Mrs. Gideon Joubert (Barkly-West) and their son. Rev. Unio Joubert (Kuruman). Mr. and Mrs. J. van Schalkwyk and children. from Touwsrivier.
Gallery/Galery

Map by Mike the Mapman



Entrance to De Erf from the R318 (2025). Ingang na De Erf vanaf die R318 (2025)

Two sides of the boundry wall of the old cemetery from where the remains were removed. Twee kante van die grensmuur van die ou begraafplaas waar die oorskot verwyder is

The new Joubert Family cemetery at Rietvlei 2. Die nuwe Joubert Familie begraafplaas by Rietvlei 2
Picture: Google satellite

Entrance to the Joubert cemetery where the remains were reburied. Ingang na die Joubert-begraafplaas waar die oorskot herbegrawe is

The headstone shows where the remains were reburied. Die grafsteen wys waar die oorskot herbegrawe is

RIETVLEI No. 2 SE BEGRAAFPLAAS. RIETVLEI No. 2 CEMETERY
1. JOZUA PETRUS JOUBERT 16.12.1799 – 16.08.1865 en SUSANNA CATHARINA MARIA BURGER 1.04.1809 – 20.07867
2. BAREND BARTHOLEMEUS JOUBERT 30.09.1835 – 3.02.1919 en DIRKJE SUSANNA ELIZABETH COETZEE oorlede op 21.01.1884 op ’n ouderdom van 56 jare.
3. FREDERICK JACOBUS VAN ZYL JOUBERT 6.12.1865 – 26.07.1932
4. DAISY JOUBERT 17.04.1903 – 2.08.1982
5. FREDERICK JACOBUS JOUBERT 8.09.1915 – 8.04.1978
6. BAREND BARTHOLOMEUS JOUBERT 19.02.1900 – 3.01.1980
7. JOSINA CATHERINA JOUBERT (JOSSY) Geb. Van Zyl 16.06.1887 – 28.04.1944 en GIDEON JACOBUS . JOUBERT 4.01.1883 – 18.04.1947
8. Oop
9. JOZUA PETRUS JOUBERT 22.05.1881 – 14.04.1956 en STIENIE Geb, BURGER 14.04.1882 -6.08.1936
10. Gideon J JOUBERT 11.12.1853 – 9.03.1928
11. Anna D. JOUBERT geb. BURGER 7.12.1855 – 7.12.1938
12. ANNA DOROTHEA VAN DER MERWE geb. JOUBERT (DORA) 25.07.1896 – 31.10.1966
13. DAVID JACOB JOUBERT 12.06.1888 – 15.05.1961 en ANNA CATHARINA JOUBERT geb. BURGER 19. 04.1886 – 28.08.1973
14. GIDEON JOUBERT 16.10.1921 – 26.01.1983
15. DAVID JACOB JOUBERT 23.04.1928 – 6.10.1983 en Maria Magdalena Joubert (gebore Malherbe)
16. GIDEON JACOBUS JOUBERT 30.08.1912-16.02.1991

The family bible printed in 1749 is still today 2025 a proud legacy in the Joubert family./ Die familiebybel wat in 1749 gedruk is, is steeds vandag 2025 ‘n trotse nalatenskap in die Joubert-familie.


Pictures: Melanie Joubert

The room which was used as both a church and a courtroom. Die kamer wat as beide ‘n kerk en ‘n hofsaal gebruik was

Wat die konstruksie van die huis nog meer noemenswaardig maak, is dat die voorletters van die oorspronklike Jozua Joubert net bokant die datum van konstruksie verskyn. What makes the construction of the house even more noteworthy is that the initials of the original Jozua Joubert appear just above the date of construction

According to the owners it is the only house in Montagu with six gables. Volgens die eienaars is dit die enigste huis in Montagu met ses gewels.

A builders fault. See the angle of this gable. ‘n Bouersfout. Kyk na die hoek van hierdie gewel.
Pictures: Courtesy Peter Visser Mount & Home properties

Joubert House at one stage owned by D.J. Burger. Jouberthuis was op een stadium in besit van D.J. Burger
The first video clip made for Montagu Stories
Montagu Stories is pleased to announce that Mike the Map Man was able to recruit Peter Visser as part of our team. Peter owns the local company Mount and Home Properties and has volunteered his help with aerial videos and pictures using his drone when required.
Montagu Stories is bly om aan te kondig dat Mike die Kaartman vir Peter Visser as deel van ons span kon werf. Peter besit die plaaslike maatskappy Mount and Home Properties en het vrywillig sy hulp met lugvideo’s en -foto’s aangebied met behulp van sy hommeltuig wanneer nodig.
Thank you Sarina Joubert
