131.Mense van Montagu:Koos Kok

image_pdfDOWNLOAD PDF

Updated: 12/06/2025

Koos Kok as sketched by Francois Krige hangs proudly in the Nature Garden Resource Centre (2019)

 Koos Kok at the entrance to the Montagu Nature Garden

Wie was Koos Kok?

 Deur Blackie Badenhorst

ʼn Lewensgrotte houtskool portret geskilder deur sy vriend Francois Krige in 1977 van Koos Kok is die aggelope maand deur die kunstenaar se suster Suzanne Fox aan die museum geskenk. Suzanne Francois se oupagrootjie was bekend as “Vader Jacob” Joubert van Stellenbosch. Die kosbare geskenk was deel van die verjaarsdagvieringe tydens Jouberthuis se 150-jarige verjaarsdag. 

As karakter was Koos Kok ‘n skrywer en kustenaar se droom.  Hy het in die distrik Pietersfontein groot geword en dié distrik het hom besonder na aan die hart gelê.

Oom Koos was een van die stigters van die Montagu Museum en sy liefde vir die museum was maar een van baie liefdes vir hierdie baie ongewone mens – hy was ook filosoof, kenner van die mooie en oue, allermansvriend en bowenal kurator van die Natuurtuin van Montagu.  Onder sy liefdevolle en bekwame hande het NoemnoemBessiekop dié koppie met die grootste aangeplante vygies ter wêreld geword.

Koos stap in die Natuurtuin

Oom Koos se staaltjies was klassiek.  Hy was lief om te sê “’n vetplant is nie ‘n “fool” nie.  As dit die jaar ekstra baie reënt moenie dink ‘n vetplant sal sy wortelstelsel uitbrei en na die buitekant toe groter word nie.  Hy maak dan mos net sy verdampings oppervlakte groter.  En as daar dan weer droogte kom …..”.

‘n Veiling sonder Koos Kok was haas ontmoontlik en ‘n oog vir ‘n ouding dié het hy gehad.  Sy kamertjie op die hoek van Kohler- en Langstraat (hoek van Four Oaks) het soos ‘n negosiewinkeltjie daar uitgesien, en menige stuk het sy weg gebaan na die museum oorkant die straat.

Koos Kok met Gert April se geweer. Na die hofsaak het Kenneth Knipe se Oupa die geweer vir ʼn halfkroon gekoop. (See the story of Gert April by clicking on the link below)

Foto: Wynland

Oom Koos was ook geen “fool” nie – onder sy vriende en kennisse het die volgende getel:  Merwe Scholtz, André P. Brink, Betsie Roodt, Brian Rycroft, Douglas Hey, Breyten Breytenbach en Francois Krige, om maar net ‘n paar op te noem…..

‘n Lewensgrootte houtskooltekening van Koos Kok is deur sy vriend Francois Krige in 1977 geskets.  Hierdie portret is later deur die kunstenaar se suster Suzanne Fox aan die Museum geskenk.  Dié kosbare geskenk was deel van die verjaardagvieringe tydens Jouberthuis se 150 jarige verjaarsdag.


An extract from The Montagu Nature Garden written by Polly S. Sellman

Veld & Flora December 1976

Then came the first big breakthrough when Mr. Schreiber, formerly of Kirstenbosch National Botanical Gardens, came to live at Montagu and was appointed to take charge of the Garden first on a temporary basis, three days a week, and later permanently, full time.

This appointment was most fortunate: Mr. Schreiber was as dedicated as the founders, his knowledge and expertise were invaluable and folk still speak with appreciation of his improvements in the layout, plantings and general organisation. By this time, through the good offices of the town engineer and the municipal council, a thatch-roofed entrance gateway and a building incorporating a tea-kitchen and seed storeroom had been completed. Real progress was now evident. Then to the great sorrow of all, Mr. Schreiber passed away, but his loving spirit must surely still wander along the paths and slopes he did so much to beautify.

Then, by a stroke of luck, Mr. J.A. Kok, affectionately known as Oom Koos, was appointed Curator. Mr. Kok had been employed by Lord and Lady de Saumarez at their estate Springfield in the Bredasdorp district where he had worked with much success in the spectacular gardens and hot-houses. Mr. Kok has a wealth of knowledge of our indigenous flora and is a mine of information on everything connected with it. It is 12 years since his appointment, and the beauty and variety of the Garden bears testimony to the thought, loving care and wide knowledge which have distinguished his curatorship.

The Garden is at its best in the springtime – from the beginning of August to the middle of October – longer after good rains. Polygala myrtifolia (September bossie) and Euryops (Harpuis) start making a colourful appearance in August; Gazania pinnata, large and brilliant in shades of pale yellow to deepest orange, in August, September and October; Dimorphotheca and Ursinia anthemoides, like prayer rugs everywhere; Heliophila (flax) in shades of blue, and patches of white daisies act as a foil to the golden-hued blooms at the entrance to the garden. The original little stream, now somewhat enlarged, still separates the entrance from the garden; the two rustic bridges add to the rural picturesqueness of the surroundings. But the pride and joy of the Garden are the vygies (Mesembrianlhemum) in their incredible variety. They grow in clumps all over – nature here assisted by the expertise of Oom Koos and his labourers – and are spectacular on the slopes of Noemnoembessiekop behind the tea-house. In good years they flow across the slope shading from cream to yellow to orange to deep crimson.

Attracting special attention always is the Drosanthemum speciosumwhich thrives particularly well in our climate. In September and October come the watsonias – suurknolle in the vernacular – tall and short, big and small in lovely shades of pink and mauve (pyramidata and marginata),pale biscuit (hybrid) and virginal white (ardernei) ; Oom Koos has grouped them in a large area to the right of the entrance. Then, to round off the colourful spring, is the royal blue Aristea thyrsiflora.


Koos Kok writes to the Hofmeyrs from his hospital bed.


Oom Koos sal hier altyd bly lewe

Montagu Museum Pressbook no 10 18/02/1978

MONTAGU – Onder blyke van groot belangstelling is die 74-jarige Oom Koos Kok Maandagmiddag uit die N.G. Kerk op Montagu begrawe,

Na die begrafnis is talle van sy familie en vriende na die natuurtuin waar die burgemeester, mnr. Johan Viljoen, namens die munisipaiiteit, en mev, Polly Sellman namens die Tuinbou-unie, ‘n paar ‘ woorde as huldeblyk aan Oom Koos gebring het.

By dié geleentheid het die bekende mnr. Francois Krige ‘n skets wat hy van Oom Koos gemaak het aan die Tuinbou-unie geskenk, en mej. Kosie Botha het die laaste blom wat Oom Koos in die tuin gepluk het, gepers en geraam. Albei prente is in die mooi strooidak-teekamer aan die mure gehang.

Oom Koos het op die plaas Pietersfontein in die distrik Montagu grootgeword. Voordat hy in 1964 as kurator aangestel is by die natuurtuin op Montagu het hy sewe jaar op die plaas Summerfield in die distrik Bredasdorp deurgebring, waar hy ook die roostuin van lord De Saumariz, aan wie die plaas destyds behoort het, uitgelê.

Hy was ‘n groot kenner van rose, flora en vygies. Die natuurtuin beskik oor ‘n groot versameling van meer as sestig verskillende soorte vygies, almal aangeplant en versorg deur Oom Koos self. Deur middel van die groot vygieversameling het die na­tuurtuin wêreldberoemd geraak.

Hy was ook ‘n versamelaar van oudhede, en ‘n veiling op die dorp sonder Oom Koos, met sy fyn sin vir humor was haas onmoontlik. Kort voor sy dood is van sy oudhede deur die plaasiike museum aangekoop.

Oom Koos, wat die afgelope maande aan ‘n ongeneeslike siekte gely het, het geruime tyd behandeiing in die Karl Bremer-hospitaal in Bellville ontvang en daarna is hy na sy suster, mev Malherbe op Robertson totdat hy in die plaasiike hospitaal opgeneem is, waar hy verlede Vrydag oorlede is.

Oom Koos was ‘n vrygesel.


Memories from Montagu History Facebook page

Dorothea Dryer: Oom Koos Kok het elke dag by ons in Van Huyssteenstraat kom kuier. Dierbare ou oompie.
Hy was die dierbaarheid self. Ek was maar nog klein kleuter dogtertjie daai tyd. Maar kan oom Koos goed onthou.

Stefani Simmons: Ons het daai jare 60’s onder in Langstraat gewoon en hy entjie verder op h/v Kohlerstraat by Tannie Justine hulle. Elke dag met sy fiets na werk gou kom koffie drink by ons xxx.

Ek het altyd saam met Pa by Oom Koos Kok gaan kuier by sy huis en die ou sending Kerk waar hy sy ougoed gebere het, het nou nog goedjies wat hy vir my as kind gegee het en dis baie kosbaar vir my want hy het altyd ʼn storie rondom als gehad en vertel as hy by ons met sy fiets kom kuier het,dierbare oom gewees.

Eric Nieuwenhuis: Ek onthou hom baie goed. Hy het so mooi fiets gehad wat so silwer was.

Johan De Beer: Onthou Oom Koos baie goed met sy fiets.

Marieta Theron de Jongh: Wonderlike oom…baie saam met hom by die natuurtuin geloop…sy kennis was ongelooflik …van die min mens wat my eie pa geken het…

Gawie Breytenbach: Oom Koos en skoonma het rooskwekery destyds op Bonnievale gehad.

Marinda BreyHuysamen: Onthou vir oom Koos baie goed, ons het altyd vir hom gaan kuier in die natuurtuin, was mos net langs Montagu Suid, waar ons gewoon het, dan het hy altyd vir my en Stiaan “bunny licks” gegee!!!

Henk Conradie: Oom Koos het op die hoek van Lang en Kohlerstr by my Oupa gebly. Daar waar Four Oaks nou is. Hy het altyd soggens staan en wag en saam met ons koshuisbrakke gestap tot by die hoërskool. Op die carrier was gewoonlik ʼn pakkie koekies in die brêkfis blik wat hy gedeel het.

Four Oaks Long Street Montagu 2010

Picture: Google Street View


Blackie Badehorst onthou die volgende oor Oom Koos(2024)

Nog so ʼn ietsie oor Oom Koos Kok

Ek het Oom Koos Kok vroeg in 1970 by my eerste veiling op Montagu ontmoet. Die veiling is aangebied deur Oom Koffie Hofmeyr van Van Zyl & Hofmeyr en is gehou op die plein met reuse bloekombome – op die hoek van Du Toit – en Joubertstraat. Regoor was die mooi ou Art Deco – styl huis waar Tannie Yvonne Bussell se twee susters, Rina du Toit en Annie Millin altyd op die stoep gesit gesit het. Voor was ʼn welige tuin want die twee susters het die blomme vir die dorp se begrafinisse gemaak.

Daar was ʼn mooi bakkis op die veiling en ek wou dit koop. Oom Koos het na my gestap en gevra/sê: “Is jy die nuwe vrou van Qui–Si–Sana?”.

Ek het “ja” geantwoord. Die reuse huis het 7 slaapkamers (en badkamers) gehad en ek het nie meubels gehad nie. Ek hoop om die bakkis vir my kombuis te koop. Oom Koos het gesê dat hy ook daarin belangstel, maar nooit teen ʼn dame bie nie. Ek het R10-00 vir die bakkis betaal.

Qui-Si-Sana

Picture: “Transnet Heritage Library Photo Collection”

Drie jaar later het ek betrokke geraak by die museum en is as die eerste sekretaresse aangestel. Ek was pas 30 jaar oud en die hele komitee was bejaard, of afgetree, behalwe die dominee se vrou, Jeanne Weideman.

L/R: Esther Hofmeyr and Jeanne Weideman at the Nature Garden

Gedurende hierdie tyd het ek en Oom Koos groot vriende geword en hy het hard aan my opvoeding gewerk! Ek het ʼn paar Karooblomme geken maar dit was nie goed genoeg vir hom nie. Hy het 12 lang glase gebring, gevul met water en die blomme wat te sien was in die Natuurtuin op die groot peerhout tafel in die middel van die ou kerkgebou uitgestal. Baie hiervan was van die pypie – familie. Ek moes strokies papier knip en hulle name neerskryf, Ek kon nie eers die geleerde name uitspreek nie maar hy was geduldig, en het oor en oor gespel, totdat dit reg was. Sodra een begin flou lyk, het is dit vervang met ʼn vars enetjie.

Ons albei was lief vir die Karoo en stories – en het ure om gesels. Waar die argief vandag is was sy “museum” en versameling allerlei. Hy was erg oor my 3 seuntjies en as hulle kom kuier het kon hulle vir hulle ʼn boek kies, vandag almal Africana.

Sy staaltjies was kostelik en hy het dit vreeslik geniet as ek so lekker daarvoor gelag het. Die volgende een was my gunsteling en ek het dit vir Nettie Pekeur, die kosskryfster, vertel wat dit in een van haar rubrike “Aan tafel met Nettie Pekeur” gebruik het. (in Die Burger)

1.Dié storie het Tant Malie van Bonnievale aan haar vriendin Griekie vertel. Sy en haar ou man het elke dag om 2 uur geêet, en sy stuur hom na 11 uur om ʼn koolkoppie te gaan sny vir ete. Hy kom toe nie terug nie en sy gaan soek hom in die groentetuin. En daar lê hy – morsdood. “Onse Hemel, Malie! Wat doen jy toe?” roep haar geskokte vriendin. “Wat kon ek doen, Griekie? Ek het toe maar ʼn blik ertjies oopgemaak……”

2.Oom Jan was dol oor debatteer, en het nie een debat – aand gemis nie. Daar word toe gedebatteer oor: “ Wat is die voordeligste/beste: Om te reis of om te lees?”Dis ʼn lewendige onderwerp en almal neem deel, maar Oom Jan raak aan die slaap. Hy word wakker gemaak; wat is sy siening? “Nee my magtig, natuurlik reis! Wat op aarde is lekkerder as ʼn saggekookte skaapnekkie op “reis”?!

My pa, Japie Claassens van Jakkalsfontein by die Warmwaterberg, Barrydale en Oom Koos is kort na mekaar dood. My pa, ʼn maand na sy 60 ste verjaarsdag aan rugmurgkanker. Albei was wonderlike goeie mense sonder enige vyand, en albei het ʼn bittere lyding voor hulle dood gehad. Ek het kliphard in die kerk gehuil by albei se begrafinisse.

Oom Koos kom uit ʼn familie van oujongkêrels. Sy 2 susters het op Robertson gewoon en albei se seuns is bekende Robertsonners, nl. Kobus Bender, wat jarelank ʼn musiek winkel gehad het en sy neef Jaypee Malherbe bekende haarkapper. Oor Oom Jaypee se briewe aan sy ma op haar verjaarsdag vir Die Burger is daar ʼn toneelstuk geskrywe, met Chris van Niekerk in die rol van Jaypee.

Oom Koos se broer was ʼn baie gewilde en beminde slagter op Bonnievale,

Ek het ʼn ramkie by Oom Koos as present gekry, wat aan die museum geskenk is, maar dit het deur die jare voete gekry. Ek was lank hartseer daaroor.


Book

Oom Koos is also featured in a book written by Dalene Matthee called “die uitgespoeldes” which has also been translated into English under the title “driftwood“. The story is well worth reading


Want to know more about the Nature Garden please click on the link below

image_pdfDOWNLOAD PDF