119.Familie Verster
Opgedatuur: 10/11/2024
Die geskrewe woord raak skaars in hierdie tyd en toe Jasper sy storie in die handgeskrewe formaat ingestuur het, is besluit om dienooreenkomstig te plaas. Lees en geniet dus nog ‘n aspek van ons geskiedenis wat bewaar moet word
Iets oor die Verster-familie van Montagu soos onthou deur Jasper Verster
Albertus ( Bertie ) Adriaan Verster en ouma Miriam Elizabeth Verster se trou sertifikaart
Dokument: Don Woodford
Hierdie is ‘n familiefoto van die Verster familie maar ek weet nie in watter jaar dit geneem is nie.
Agter van links na regs: Hennie(2 de oudste seun) Gerrit (7de seun) Isak (4de seun) Johan (oudste seun) Altus (3de seun) Corneels (6de seun) Christo (5de seun)
Middel: Ester (8 ste kind en enigste dogter) oupa Bertie ouma Miriam
Voor: Jasper (9de seun en die enigste oorlewende nog)
Albertus ( Bertie ) Adriaan Verster en ouma Miriam Elizabeth Verster. Ouma Miriam Elizabeth (gebore Van der Vyver) en oupa Bertie met hulle 50 ste huweliksherdenking Desember 1970
Hierdie huis, Barrystraat 1, het aan my oupa Albertus ( Bertie ) Adriaan Verster en ouma Miriam Elizabeth Verster behoort. Die huis is verkoop na sy afsterwe in 1971. Waar die huise van Barrystraat 1 A en 1 B gebou is was wingerde in ons kleintyd
Foto: Google Street view (2010)
Jasper is ‘n gereelde besoeker aan Montagu en word hier gesien tydens sy besoek in Mei 2023. Hy het ook bevestig dat hy nog steeds tennis speel. Hy deel ook met ons ʼn beitjie oor sy dae van tennis speel.
’n Vorige skoolhof Jasper verkies steeds die tradisionele manier van skryf en deel van sy familie-inligting
Regstelling: Lou Kriel het in Piet Retiefstraat gewoon en nie Langstraat
Paul Fouche kommentaar soos volg: En daar het Robertson toe al die tyd eens ‘n Onderwyserskollege gehad. Seker die bes bewaarde geheim in die geskiedenis van onderwysersopleiding in Suid-Afrika!
Volgens Robertson-museum is die kollege in 1913 gebou – vandag die Hoërskool Robertson. Tot en met die sluiting van die kollege in 1922, was mnr. A. Ritter die rektor. Weens krimpende leerlinggetalle het die Hoër meisieskool en die Hoër seunskool in 1928 saamgesmelt as die Hoërskool Robertson in die gebou van die eertydse onderwyserskollege.
Waarom Robertson in 1913 gekies is as ligging vir ‘n onderwyserskollege bly ‘n tergende geheim soos die kortstondige bestaan van die inrigting. Waarom is omliggende kolleges toegelaat om so sterk te ontwikkel terwyl Robertson gesluit is? Oudtshoorn het vele landbou-onderwysers die land ingestuur, Paarl was die bron vir liggaamsopvoeding, hout- en metaalwerk, Wellington musiekonderwysers asook ‘n derdejaar akademies, later ‘n vierdejaar in musiek of wiskunde en wetenskap.
Van my Pa se Van Zyl-tantes van Rietrivier (Little Oaks) het Denneoord bo Robertson verkies vir onderwysopleiding.
Elise le Roux: Onthou Jasper. Goed tennis gespeel (Van Montagu History f/b blad)
Jasper: Ek moet iets oor die tennis sê
Mnr. Malan
Jasper se Galery
Agter L/R: Deon v Zyl, Jasper Verster, Rossie v Zyl
Voor: Frank Saayman, John Stemmet
– Ons wen die Boland Beker-
1952
1952 Brinks se brand
Foto: Jaco de Kock versameling
Klipheuwal plaas skool
Die Pietersfontein plaas skool op die bult agter links
Lourens Kriel wat die hek stelsel vir George Brink gemaak het
George Brinks se huis. Links van die ronde waterreservoir. Die groot huis met die grasdak
Die KWV gebou waar ons ketties geskiet het
Lovers Walk
Avalon warmbad
Die lugpendelstelsel in Brink Broers hoofkantoor was deur Blackie Badenhorst en Jurie Lombaard afgebreek en op ‘n stadium in die KWV gebou gestoor.
Barrystraat: kantein op die regte kant en die Verster huis op die linke kant
My matriek klas van 1952
Agter L/R: F.Combrink, I. Van Niekerk, S. Conradie, D. Roux, P. Hauptfleisch, J. Stemmet, D. Kriel, C. de Bod, R. Van Zyl, P. Stemmet, E. Eybers
Dames L/R: J. Kriel, C. Swart, S. Jordaan
Kniel L/R: J. Verster, G.Rossouw, P. Kriel, F. Zaaiman
Voor L/R: E. Struwig, M. Joubert, K. Olivier, B. Joubert, P. Joubert
Familie Verster prestasies
Erna Rossouw (Van die Montagu History f/b blad)
Jasper, een van die Verster seuns was later een van my onderwysers op Wellington. Hy het later skoolhoof op Hermon geword. Hy was baie kunstig en het destyds nasionaal deelgeneem aan ‘n kompetisie vir die ontwerp van ‘n vlag vir die Nuwe Suid-Afrika. Ek dink dit was ‘n Nasionale Pers kompetisie en hy was die wenner as my geheue my nie in die steek laat nie. (Jasper het dit bevestig op ʼn besoek na Montagu in 2023)
My Matriek Reünie 2002
Agter L/R: P. Kriel, D. Rossouw, D. Roux, S. Vermeulen, S. Conradie, P. Stemmet, J. Verster, I.Van Niekerk. Twee dames J. Kriel en C. Swart
Voor L/R: E. Struwig, M. Joubert, B. Joubert, Kitty Olivier, P. Joubert, Z. Jordaan, J. van Deventer
Iets wat ek onthou het terwyl ek die storie gedoen het