94.MeulPlaas Mill

image_pdfDOWNLOAD PDF

Updated 24/06/2024

A reminder of a couple and what they did to preserve some of Montagu’s history

Blackie and Piet Badenhorst

This undated article was found in the Montagu Museum archive and cannot better introduce Blackie and Piet Badenhorst

Deonet gesels met…….

BLACKIE BADENHORST – DIE VREDEMAKER

Boonop is sy onkonvensioneel en aards. Iemand met ‘n skerp humorsin. Eerlik en onpretensieus. Altyd bereid om die minste te wees en die vrede te bewaar. Dis hoe almal vir Blackie Badenhorst ken.

“Want”, sê Blackie op haar rustige manier. ” ʼn sagte antwoord keer die grimmigheid af.” Die middelkind van drie, het Blackie in Venterstad grootgeword. ‘n Skaam, stil en slim kind. Sonder omhaal, sê sy: “Ek was die swartskaap van die familie, Tot vandag toe dink ek is ek ‘n taamlike verleentheid vir my familie met my doen en late. Hulle is net soveel meer konserwatief as ek.”

Blackie vertel dat sy gek was oor haar pa. “Hy het nooit met my geraas of pak gegee nie. Ek dink ek het my geduld van my pa gekry en om goed te doen aan ander.”

Glimlaggend vertel Blackie dat sy tot Graad 1 nog bottel gedrink het, totdat haar pa haar oorreed het om haar bottel vir ʼn pragtige Chinese porselein koppie en piering te verruil. “Ek dink dis waar my liefde vir die ou en mooi goed vandaan kom en waarom ek later jare my lewe in ‘n museum sou slyt.”

Blackie was bang vir haar ma. En sê dat hulle tot met haar dood niks in gemeen gehad het nie, buiten hul passie vir hoenders. Sy onthou. “Soms het ek weggeraak as kind, dan kry hulle my later met ‘n hoender op my skoot terwyl ek wag dat sy ʼn eier moet Iê. My kinders lag vir my maar ek het nou nog hoenders. ‘n Broeishennetjie het haar tuisgemaak in my slaapkamer agter my deur en ek gesels tog te lekker met haar.”

Na Graad 7 is Blackie met die melktrein Bloemfontein toe waar sy in die koshuis was en haar matriek aan die Oranje Meisieskool voltooi het.

“Ek het nooit die vrymoedigheid gehad om in die klas op te staan en ‘n “statement” te maak nie. Maar ek was altyd die beste in Afrikaans en Kuns. want hierdie twee vakke was my passie,” vertel Blackie.

Daarom ook dat sy graag ʼn joernalis wou word. Maar in haar matriekjaar het die redakteur van die Volksblad haar afgeraai en gesê dis nie ʼn beroep vir ‘n vrou nie.

Tog was Blackie later jare vir meer as dertig jaar korrespondent vir Die Burger en kon sy so haar liefde vir skryf uitleef.

Na skool is Blackie na die Kunsskool, Michaelis aan die Kaapse Universiteit, waar sy Skone Kunste studeer het.

Na ses maande het sy egter haar groot liefde. Piet, ontmoet. ʼn Warrelwind romanse het gevolg, en ses maande later is hulle getroud. Blackie se studies het in die slag gebly.

Die jong egpaar het in Seepunt gebly. Blackie het geskilder en Piet het met sy Vespa-bromponie sy jong vrou se skilderye van woonstel tot woonstel verkwansel.

Na 3 jaar is hulle plaas toe in die Colesberg distrik waar Piet vandaan kom. net om na 2 jaar te sien dat die boerdery nie in sy bloed is nie.

Piet was toe kontrakteur vir die maak van brandpaaie en hulle was vir 3 jaar op Greyton.

Blackie het egter verlief geraak op ʼn groot gewelhuis buite Montagu naby die Bad. Qui si Sana, en dit gekoop. Dis in hierdie huis waar sy haar vier kinders. Rocco, Emile, Kurt en Maraja, grootgemaak het.

Hoe haar loopbaan by die museum begin het? Volgens Blackie het sy eers as sekretaresse in die Jouberthuis museum op Montagu gewerk. En het tydelik as kurator uitgehelp, wat toe op die ou end 33 jaar geword het. Piet het as assistant in die museum gewerk.

Wat haar altyd sal bybly van haar werk as kurator, is die ongelooflike mense wat sy ontmoet en bevriend mee geraak het. Dan ook haar liefde vir glas. porselein en tekstiele, veral lap werk.

Blackie is oorgeplaas na Somerset Oos waar sy kurator was en Piet het kurator van Adelaide geword. “Ons kinders het altyd gesê dis die mees romantiese ding waarvan hulle weet. Om ‘n ma en pa te hê wat mekaar net naweke sien en dan praat hulle net oor hulle werk.”

Na twaalf jaar het Blackie teruggekom Montagu toe. terwyl Piet agtergebly het. Sy is gevra om weer by die museum uit te help as hoof van Jouberthuis. en dis nou haar twaalfdejaar.

Piet is drie jaar gelede oorlede en Blackie het intussen ‘n wonderlike vriend Michael, gevind “Hy is ook ʼn kunstenaar en ʼn fantastiese beeldhouer. Hoewel hy jonger as ek is, laat hy my so aan my pa dink wat mal was oor klipwerk. Hy het dieselfde hande as my pa, die sagtheid. die jammerte en sal enigiets vir ʼn mens doen. Ek weet ook dis my laaste maat en ek is baie gelukkig,” kom dit eerlik van Blackie.

Op die oomblik is Blackie en Michael besig met ‘n projek om marmergrafte in die ou begraafplaas op Montagu te restoureer “Michael geniet die werk onder die sjpresbome, die rustigheid en stilte van die begraafplaas. terwyl my hondjie rustig op ʼn graf lê en kyk hoe hy werk.”

Vra ek vir Blackie hoe sy haarself as mens sien, kom die antwoord “Ek is baie opstandig teenoor onreg. In al my |are by die museum het ek nog nooit ʼn vyand gemaak nie. Ek is altyd bereid om die minste te wees vir die oomblik, en sal wel later my opinie stel. Ek is ‘n vredemaker en wil net almal om my gelukkig sien.

“Ek glo aan die uitdrukking “werp jou brood op die water”, want dan kom dit terug na jou. Boonop gee ek baie om vir diegene wat swaarkry en onreg aan vroue oumense en diere maak my kwaad”.

“My swakste eienskap is egter my rebelsheid. Dan het ek ook nog nooit ambisie gehad nie en is glad nie materialisties nie. My dogter kla ook dat ek ydel is. Dinge wat my bly maak is mense wat my liefhet, my diere, my huis en die somer”

Blackie ontspan op haar lekkerste tuis in die winter voor die kaggel en in die somer op die voorstoep deur te gesels en stories te vertel.

Haar belangstellings is tuinmaak en sy dink niks daarvan om self die kruiwa te stoot nie. Sy het mettertyd haar hele tuin met medisinale kruie vervang. Blackie het steeds ‘n passie vir kuns en lees graag daaroor op.

Vra jy haar uit oor watter kos haar laat watertand, dan sê sy reguit dat niks by ʼn bord mieliepap met bruinsuiker en egte botter kom nie. Maar vir ‘n bord sop sê sy ook nie maklik nee, asook vir stampmielies, boontjies, afval en wlldspastei.

Haar gunsteling boek is Gawie Fagan se koffietafelboek Brakdak, oor die platdakhuisies in die Karoo met modder op hul dakke en een peperboom voor die huis.

Blackie kyk graag die sewe-uur nuus en lees elke dag haar koerant en beskou die Karoo as die beste vakansieplek wat daar is.

Vra jy haar wie die grootste invloed op haar lewe uitgoefen het dan kom die antwoord: “Vroue soos my ouma, my skoonma, Esther Hofmeyr, tannie Yvonne Bussel en laastens Emily Hobhouse.”

Ouma van 9 kleinkinders sê Blackie dat sy nie ʼn goeie ouma is nie. Niks gebry of koekies gebak nie maar sy het haar kleinkinders almal met hul opstelle deur matriek gehelp. Soms vyfuur soggens oor die telefoon.

Haar groot begeerte is om nog ver paaie saam met Michael te reis en plekke in ons land te sien.

Dan glo sy ook: As jy iets gedoen wil hê vra altyd die besigste persoon en hy sal dit doen.


A legacy Montagu project tackled by Blackie and Piet

The Donkerkloof Water Mill

The story starts at the farm Meulplaas on the Barrydale Road

The Meulplaas mill was originally built on the farm Meulplaas just outside Montagu on the Barrydale road

Picture: Google Streetview 2019

Koos Esterhuyse owner of the farm Meulplaas (2019) stands in front of the original site of the Meulplaas water mill

Paul Fouche Onthou

Baie dankie! Wonderlike, hartverwarmende geskiedenis! Tog ook heimwee om Koos Esterhuyse langs die murasie van die eertydse watermeul te sien. Die meul het al gestaan toe ek in Rietrivier Primêre Skool was, maar ek en Marethna van Zyl het baie drinkwater vir die skool uit die meulstroom kom skep. Die lekkerste was om op my maag in die kweek te lê en water uit die bruisende stroom te drink. Ek en Martha Badenhorst het te lekker wegkruipertjie gespeel in en om die meul. Praat van ‘n oorvloed wegkruipplekke! Martha het my net die dood voor oë gesweer as ek sou waag om in die meul se binnewerk weg te kruip al was die versoeking hoe groot. Ek kan nie meer onthou of ek wel ‘n kans gewaag het nie.

Blackie se praatjie is ‘n stukkie onnabootsbare grootsheid in aardse eenvoud. So opreg selfloos, maar onwrikbaar doelgerig. Dié praatjie hoort op skrif – woord vir woord soos op die video. Formate verander gedurig, maar skrif kan eeue behoue bly. ‘n Volgende geslag moet kan leer hoe baie moeite en ondernemingsgees bewaring van geskiedenis werd kan wees. Dis ook hulle herkoms en miskien beleef die wêreld tog weer ‘n Renaissance na die huidige donker era.

The original stone water canal from the mountain eye

Ruins of the old water canal to the Meulplaas mill

Side of old mill building where the water wheel once stood


A new story starts

Picture: Blackie Badenhorst from the book Esther

Groot Meulprojek vir Montagu

Article: Blackie Badenhorst

(geen datuum)

Mnr. James Walton, skrywer van die boek “Water-mills, windmills and horse-mills of South Africa” het Meulplaas, in die Montagu distrik, besoek. Hy was baie opgewonde oor die ou meul wat hy daar gevind het, en volgens hom was die meul uniek vanwee sy gedraaide regop kiaatstutte van die meulbak, Sover sy kennis strek, was dit die enigste meul wat die gedraaide stutte gehad het en het hy sy spyt te kenne gegee omdat die meul nie beskrywe word in sy boek nie.

Mnr. Bennie Badenhorst, eienaar van Meulplaas, het toe die meul geskenk aan die Reklamevereniging van Montagu wat al ʼn paar jare aan die meulprojek gespandeer het. Verskeie take was reeds aangepak en voltooi, soos bv:

Verskeie kenners is uitgenooi om die meul te besoek en waardevolle inligting is bekom. Dosyne foto’s van die meul is geneem deur mnr. Streibel, afgetrede ingenieur van Kaapstad, en geskenk aan die Reklamevereniging. Mnr. Norman Noall, afgetrede argitek van Kaapstad en tans ʼn inwoner van Montagu, het die planne van die meul opgetrek – soos dit daar uitgesien het voor dit afgebreek is asook planne van die voltooide produk. Die Afdelingsraad het ʼn reuse taak verrig deur die meul af te breek en na die dorp te bring waar dit tans gebêre word in die Afdelingsraad se stoorkamers. Hierdie werk is verrig deur mnr. Gawie van Zyl.

Tot op daardie stadium het die Reklamevereniging die meulprojek verrig en toe aan die Montagu Museum oorhandig.

Die Museum, wat pas vier jaar oud was, het die meul se oorhandiging as ‘n verjaarsdaggeskenk gesien en weer op hulle beurt besluit om dit te restoureer en te verskuiwe as ʼn bydrae aan die Montagu-gemeente wat vanjaar sy 125-jarige bestaan vier.

In die Montagu Museum is daar ‘n argieffoto wat aan die begin van hierdie eeu geneem is deur die bekende fotograaf, Thomas Ravenscroft. Hierdie foto toon die watermeul van Montagu aan in die ingang van Badskloof – sedert 1972 ‘n verklaarde bergreservaat. Die meulenaars se woning bestaan vandag nog in die kloof en is in ʼn uitstekende toestand. Dit word bewoon deur ‘n gesin wat ‘n ogie hou oor die reservaat.

The original Donkerkloof water mill on the right. On the left is where the Meulplaas mill now stands

Picture: Western Cale Archives and Records Service AG 1084

The building in the foreground next to the main house now (2024) houses the restored mill

Picture: Transnet Heritage Library photo collection

The foundations of the old Donkerkloof mill. This was all that was left after the 1981 floods

Picture: Blackie Badehorst

Note: At time of posting none of the photo’s mentioned in Mrs. Badenhorst article could be found in the Montagu archives.

Die fondamente van hierdie meul is die afgelope paar weke oopgemaak en die terrein is reeds skoongemaak deur die Munisipaliteit. Die argieffoto (aan die Museum geskenk deur mev. Philipina Oberholzer, eggenote van Prof. J. J. Oberholzer, direkteur van die Raad van Nasionale Gedenkwaardighede) toon dat die Badskloof-meul aansienlik groter was as die Meulplaas-meul – dit moes, trouens, die hele dorp se inwoners voorsien het van meel. Hierdie fondamente sal net so oopgelaat word en die Meulplaas-meul sal hoër opgeskuiwe word.

The Meulplaas mill reassembled at Donkerkloof

Blackie Badenhorst recalls how she, her husband and many helping hands reassembled the Meulplaas water mill at Donkerkloof (Badskloof)

Picture: Taken inside the mill building at Donkerkloof 2019

Implements used in the water mill

Mnr James Walton het opgetree as raadgewer van hierdie projek – wat ook bekend sal staan as die eerste fase van die Meulprojek.

Hierdie terrein in Badskloof verleen homself perfek vir die inrigting van ʼn opvoedkundige sentrum vir skoolkinders – waar landsdienskampe gehou kan word, projekte aangepak kan word en wandelpaaie gekap kan word, Bogenoemde is die Museum, self ʼn opvoedkundige sentrum, se groot ideaal – en sal bekend staan as die tweede fase van die Meulprojek. Die natuur het reeds vir sydeel gesorg – die res behoort aan Montagu en sy kinders!!


Large mill project for Montagu

Mr. James Walton, author of the book “Water mills, windmills and horse mills of South Africa” ​​visited Meulplaas, in the Montagu district. He was very excited about the old mill he found there, and according to him, the mill was unique because of its twisted (turned) upright cage supports of the mill bin. He regrets that the mill was not described in his book.

Mr. Bennie Badenhorst, owner of Meulplaas, then donated the mill to the Montagu Publicity Association, which had already spent a number of years on the mill project. Several tasks had already been tackled and completed, such as:

Several experts were invited to visit the mill and valuable information was obtained. Many photos of the mill were taken by Mr. Streibel, a retired Cape Town engineer, and donated to the Publicity Association. Mr. Norman Noall, retired architect from Cape Town and currently a resident of Montagu, drew the plans for the mill as it looked before it was dismantled. He also drew plans for the finished product. The Municipality has done a great job by dismantling the mill and bringing it to the village where it is currently stored in the Municipal storerooms. This work was done by Mr. Gawie van Zyl.

Up to this point, the Publicity Association had been responsible for the mill project and then handed it over to the Montagu Museum.

The Museum, which was just four years old, saw the mill’s handover as a birthday present and, in turn, decided to restore and relocate it as a contribution to the Montagu community which celebrates its 125th anniversary this year. In the Montagu Museum there is an archive photo taken at the beginning of this century by the famous photographer, Thomas Ravenscroft. This photo shows the water mill of Montagu at the entrance of Badskloof – since 1972 a declared mountain reserve. The millers’ house still exists in the kloof today and is in excellent condition. It is inhabited by a family that keeps an eye on the reserve.

The foundations of this mill have been exposed in the past few weeks and the site has already been cleaned by the Municipality. The archive photo (donated to the Museum by Mrs. Philipina Oberholzer, wife of Prof. JJ Oberholzer, director of the National Monuments Council) shows that the Badskloof mill was significantly larger than the Meulplaas mill – in fact, it had to be as it provided flour for the entire town’s residents. These foundations will be left open and the Meulplaas mill will be moved higher.

Mr James Walton will act as advisor to this project – which will also be known as the first phase of the Mill project.

This site in Badskloof lends itself perfectly to the establishment of a museum educational center for schoolchildren – where environmental training camps can be held. Projects can be tackled and hiking trails can be created. This will be known as the second phase of the Mill project. Nature has already done its part – the rest belongs to Montagu and its children!!


Another museum project is successfully completed

(The following newsletter has been shorten)

AAN ONS VRIENDE VAN DIE MONTAGU-MUSEUM

NUUSBRIEF                                     MEI 1982                                            NOMMER 4

1982 sal onthou word as die jaar waarin daar sekerlik op die hoogste noot mee begin is: terwyl almal rustig langs die seewater vakansie gehou het, het ons begin met die verkoop van die kaartjies’ vir die David Kramer-uit- voerings. Wat ʼn chaos was dit nie! 1200 kaartjies het soos soetkoek verkoop en ons wins vir dié opwindende naweek was ʼn volle R2 000. Ongelukkig kon ons geen nuwe projek aanpak na dit suksesvolle een nie, want die Meulprojek het ʼn werklikheid geword.

MEULPROJEK:

Teen die tyd wat u hierdie brief lees, is hierdie projek voltooi: 3½ jaar nadat die museum die meul ontvang het van die Reklamevereniging as verjaarsdaggeskenk. As daar één projek was wat ellende op ellende beleef het, was dit hierdie een – maar ons glo dat dit, tesame met die meulhuis langsaan, ons héél mooiste besienswaardigheid gaan wees. Elke donateur wat R100 of meer skenk, se naam sal in die meulhuis aangebring word.

EYSSENHUIS:

Hierdie meulenaarswoning is die afgelope paar maande smaakvol gerestoureer én gemeubileer en sal die naweek van 21/22/23 Mei ingewy word. Op Sondag, 23 Mei sou Stephen Eyssen 92 jaar oud geword het, en alhoewel dit ʼn jaar na sy dood is, voel ons dat hierdie naweek uiters gepas is vir die inwyding van Eyssenhuis.

Ons wil Langeberg besonder bedank vir die skenking van R100 se bessie- konfyt vir die Eyssenspens. Dit maak ons spens prentjiemooi.

Vriendelike groete

BLACKIE BADENHORST


TO OUR FRIENDS OF THE MONTAGU MUSEUM

NEWSLETTER                                   MAY 1982                                             NUMBER 4

1982 will be remembered as the year which began on the highest of notes. While everyone was quietly vacationing along the coast, we started selling the tickets’ for the David Kramer performances. What chaos it was! 1200 tickets sold like hot cakes and our profit for this exciting weekend was a full R2 000. Unfortunately we could not tackle a new project, because the Mill project had become a reality.

MILL PROJECT

By the time you read this letter, this project will be complete: 3½ years after the museum received the mill from the Publicity Association as a birthday present. If there was one project that experienced misery upon misery, it was this one – but we believe that this, together with the mill house next door, will be our most beautiful attraction. The name of each donor who donates R100 or more will be placed in the mill.

EYSSENHUIS:

This mill house has been tastefully renovated and furnished over the past few months and will be inaugurated on the weekend of 21/22/23 May. On Sunday, May 23, Stephen Eyssen would have turned 92 years old, and although it is a year after his death, we feel that this weekend is extremely appropriate for the dedication of Eyssen House. We would like to thank Langeberg in particular for donating R100’s worth of berry jam to Eyssen House. It makes our pantry look picture perfect.

Friendly greetings

BLACKIE BADENHORST


The Restored Meulplaas Mill Opens

Article: Blackie Badenhorst

The restored mill 2019

Note: The mill was not operational at the time of posting due to a lack of suitable water supply. 


ʼn  Huldeblyk aan Blackie Badenhorst soos dit verskyn het in die Montagu Mail gedateer Augustus 2007 bladsy 3

Blackie Badenhorst het, na ‘n verbintenis van meer as 30 jaar met die museumwêreld, feitlik sinoniem met Mon­tagu geword. Maar dit wil voorkom asof sy binnekort die dorp vir Namibie gaan verruil – dit sal ‘n groot jammerte wees, nie alleen omdat sy ‘n ware ‘karakter’ op die dorp is nie, maar ook een van die kranigste bemarkers van Montagu is.

Tot twee jaar gelede was Blackie die kurator van die Jouberthuis-versameling. Saam met die ou KWV-gebou en die Ou Sendingkerk vorm dit die museum-kompleks in Langstraat. Vóór dit was Blackie die eerste kurator van die Montagu Mu­seum toe dié sy deure in 1975 in die Ou Sendingkerk geopen het. Vir die totstandbrenging van die Museum het Blackie haar saam met Esther Hofmeyr onvermoeid beywer. In Jouberthuis, wat bekend is as die oudste huis in Montagu, met 1853 op sy gewel, het Blackie ‘n hele paar jaar van haar lewe deurgebring.

Die feit dat Jouberthuis vandag nog staan, is grootliks aan Blackie en haar lewensmaat, Piet, te danke. Blackie en Piet was in een stadium albei by mu­seums in die Oos-Kaap betrokke. Nadat hulle Montagu toe verhuis het, het hulle groot taak hier begin. Teen 1980 was Jouberthuis in ‘n uiters vervalle toestand en is dit deur die munisipaliteit onveilig vir bewoning verklaar. ‘n Besoeker aan die dorp het die potensiaal van die ou gebou raakgesien, dit vir ‘n appel en ‘n eie gekoop en aan die Montagu Museum geskenk. Blackie en Esther Hofmeyr, voorsitter van die Museumkomitee, het geld ingesamel vir die restourasie van Jouberthuis, en in 1983 is dit deur die destydse staatspresident, Marais Viljoen, as ‘n huis-museum geopen.

Piet Badenhorst was in beheer van die bouwerk. Onder andere moes vloerplanke, dakbalke en rietplafonne vervang word, die pleister feitlik oral afgekap en oorgedoen word, ‘n nuwe perskepitvloer vir die kombuis ingesit word, en die gewels herstel en gestut word. Blackie vertel dat daar nou nog in die noordelike gewel ‘n ingemesselde domkrag staan wat Piet gebruik het om dit regop te hou. Vandag is Jouberthuis een van die Kaap-Hollandse sierade van Langstraat.

Nadat Blackie tot 2002 as hoof van die Montagu Museum diens gedoen het, kon sy na haar geliefde Jouberthuis terugtrek.Die bemarkingswerk wat sy by sowel die Ou Sendingkerk as Jouberthuis vir Montagu gedoen het, was van onskatbare waarde. Daar kon sy menige besoeker inlig oor die geskiedenis van Montagu en in die proses deernis vir hierdie pragtige dorp tussen die berge kweek. Plaaslike inwoners het graag donasies aan die Museum , en sy projekte geskenk en dit was hoofsaaklik aan Blackie se “skakelwerk” te danke.

Wanneer daar spesiale projekte soos uitstallings tuis of stalletjies elders aangepak moes word, is Blackie ook maar nadergeroep. Dit was aan haar te danke dat die gereelde uitstallings van kinderkuns begin is en dat mense soos die bekende kunstenaar en oud-Montaguer, Willie Bester, by die museumaktiwiteite betrek is. Tydens die jaarlikse jeugkunste- fees was sy ewe betrokke. Blackie was ook een van die groot geeste agter die Joubert-familiefees wat in 2003 hier gehou is.

Blackie se kennis van Montagu se geskiedenis en veral die mense en pioniersfamilies van die dorp is legen­daries. Menigmaal het afstammelinge van hierdie families al die dorp besoek en navraag gedoen oor hulle voorgeslagte en Blackie kon altyd help. Niemand ken ook die Museum se argiefversameling so goed soos Blackie nie, en sy is die soort mens wat mettertyd by so ‘n instelling onmisbaar word. Sy was ook oor ‘n hele klompie jare betrokke by die byhou van plakboeke met tyd- skrif- en koerantartikels, ens. oor Mon­tagu, wat vir naslaandoeleindes geweldig belangrik is.

Dit is ‘n kenmerk van ‘n beskaafde mens en samelewing dat hulle peïteit vir die verlede en die baanbrekerswerk van hulle voorgeslagte het, en in hierdie opsig het Blackie uitgemunt.

Blackie is ook ‘n kenner van die inheemse kruie van Montagu.  Sy het talle mense deur die kruietuin agter Jouberthuis geneem en inligting verskaf.

Montagu is verskuldig aan Blackie. Jouberthuis staan ​​trots in Langstraat as monument vir haar en haar oorlede man Piet.


A Tribute to Blackie Badenhorst as it appeared in the Montagu Mail dated August 2007 page 3

Blackie Badenhorst, after more than 30 years of association with the museum world, became virtually synonymous with Montagu. But it seems that she will soon be swapping the town for Namibia – which will be a great pity, not only because she is a true ‘character’ in the town, but is also one of Montagu’s most demanding marketers.

Until two years ago, Blackie was the curator of the Joubert House collection. Together with the old KWV building and the Old Mission Church, it forms the museum complex in Long Street. Prior to that, Blackie was the first curator of the Montagu Museum when it opened its doors in 1975 at the Old Mission Church. Blackie worked tirelessly with Esther Hofmeyr to establish the Museum in Joubert House, the oldest house in Montagu, with its gable indicating 1853.

The fact that Joubert House still stands today is largely due to Blackie and her husband, Piet. Blackie and Piet who, were both involved in museums in the Eastern Cape. After moving to Montagu, they embarked on a mammoth task. By 1980, Joubert House was in a very dilapidated state and was declared unsafe for housing by the municipality. A visitor to the village saw the potential of the old building, bought it cheaply and donated it to the Montagu Museum. Blackie and Esther Hofmeyr, chairperson of the Museum Committee, raised money for the restoration of Joubert House, and in 1983 it was opened by the then state president, Marais Viljoen, as a museum.

Piet Badenhorst was in charge of the construction work. Among the many tasks to be done were the replacement of the floorboards, roof beams and reed ceilings. The plaster was virtually stripped and redone everywhere. A new peach pip floor was installed for the kitchen, and the gables were repaired and supported. Blackie says that there is still a built-in jack in the northern gable that Piet used to hold it upright. Today, Joubert House is one of the Cape Dutch jewels of Long Street.

After serving as head of the Montagu Museum until 2002, Blackie was able to move back to her beloved Joubert House. The marketing work she did for Montagu, at both the Old Mission Church and Joubert house was invaluable. There she was able to inform many visitors about the history of Montagu and in the process cultivate compassion for this beautiful village among the mountains. Local residents gladly donated to the Museum, and its projects – and this was mainly due to Blackie’s “public relations”

When special projects such as exhibitions at home or on stalls elsewhere, had to be undertaken Blackie was also called upon. It was thanks to her that the regular exhibitions of children’s art was started, people like the well-known artist and ex-Montaguer, Willie Bester’s, involvement in the museum activities. During the annual youth arts festival she was equally involved. Blackie was also one of the great inspirations behind the Joubert Family Festival held here in 2003.

Blackie’s knowledge of Montagu’s history and especially the people and pioneer families of the village is legendary. Often the descendants of these families visited the town and inquired about their ancestors and Blackie was always able to help. No one also knows the Museum’s archive collection as well as Blackie, and she is the kind of person who becomes indispensable at such an institution over time. She was also involved for many years in keeping scrapbooks with magazine and newspaper articles, etc. about Montagu, which is very important for reference purposes.

It is a characteristic of a civilized person and society that they have a penchant for the past and the pioneering work of their ancestors, and in this respect Blackie excelled. Blackie is also an expert on the traditional herbs of Montagu. She took numerous people through the herb garden behind Joubert House and provided information. Montagu is indebted to Blackie. Joubert House stands proudly in Long Street as a monument to her and her late husband Piet.

Blackie is currently (2023) back living in Montagu 


Joubert House Gallery

Despite having already been declared a national monument is 1975, one of Montagu’s oldest houses remained sadly neglected and continued to deteriorate. Its death knell was the flood of 1981 which left Joubert House unfit for human habitation. In September 1981 the Montagu Museum Board of Trustees stepped in and acquired the desolated building, initiated its restoration and so helped save an historic landmark from oblivion.

Joubert House has a corridor, which served also as an entrance hall, extending half the width of the house and leading to a long and narrow central livingroom (agterkamer). The house is exceptionally narrow with the main bedroom consequently extending its full width.

On the 14th of October,130 years after its construction the restored Joubert House was officially opened by the State President Marais Viljoen. In June 1880 it had hosted the Transvaal leader, Paul Kruger accompanied by the Boer general, Piet Joubert whose forefathers hailed from the region. The homestead is now part of the Museum complex and is furnished to depict the platteland lifestyle of the late 19th Century.


Visit the link that follows to hear what Blackie has to say at the museum AGM in 2023

https://drive.google.com/file/d/1qPD3YyB9ElPUGBySVcDgp_Zav-Lq7Mwl/view?usp=drive_link

image_pdfDOWNLOAD PDF